Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Voetspore 2: 'n kookboek vir 4x4-entoesiaste
Voetspore 2: 'n kookboek vir 4x4-entoesiaste
Voetspore 2: 'n kookboek vir 4x4-entoesiaste
Ebook181 pages1 hour

Voetspore 2: 'n kookboek vir 4x4-entoesiaste

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Wie kan gaan krokodille kyk of 'n voertuig uit die modder sleep op 'n leë maag?

Johan Badenhorst en sy span het onlangs die agtste reeks, Voetspore op die Ewenaar, voltooi. Maar sulke reise kos fyn beplanning, veral wat die spys en drank betref.

Johan en sy vrou, Alma, put uit ondervinding wanneer hulle dié eenvoudige maar watertandlekker resepte met jou deel. Alles word gemaak van een goed uitgewerkte inkopielys; jy koop net die vars produkte langs die pad aan soos jy kan.

Hoogtepunte om die honger avonturier te versterk sluit in Keniaanse vermicelli-brood, pangebraaide oesters, hoender-flambé met whiskey, Cajun-kabeljou en natuurlik iets vir die soettand. Al die resepte dui die bereidings- en gaarmaaktyd aan sodat jy self kan besluit hoeveel tyd jy het voor die son sak. Die kookboek pas gemaklik in jou voertuig se paneelkissie - en is net so belangrik soos jou domkrag, noodwiel en sleeptou.
LanguageAfrikaans
Release dateJun 13, 2014
ISBN9780798163330
Voetspore 2: 'n kookboek vir 4x4-entoesiaste
Author

Johan Badenhorst

Johan Badenhorst, ervare televisieregisseur en program-vervaardiger, het reeds heelwat werk vir die omgewingsprogram 50/50 gedoen en ook die regie behartig van die skrywer Pieter Pieterse se kookreeks Boude en Blaaie en sy reisreeks Van die Kaap tot die Kunene, toe sy Voetspore-reekse in 2000 deur kykNET aanvaar is. In 2007 het Johan die reeks na SABC 2 geneem, en sedertdien is daar drie reekse, Gansbaai tot Gaboen, Casablanca tot die Kaap en Agulhas tot Alexandrie op SABC 2 uitgesaai. Die agtste reeks, Voetspore op die Ewenaar, is pas voltooi en word in Julie 2014 op SABC gebeeldsend.

Related to Voetspore 2

Related ebooks

Related articles

Reviews for Voetspore 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Voetspore 2 - Johan Badenhorst

    Voetspore 2

    'n kookboek vir 4x4-entoesiaste

    Johan en Alma Badenhorst

    Human & Rousseau

    Voorwoord

    Die Voetspore-manne glo daaraan om lekker te eet – dit is deel van die safari. Saans, om die kampvuur, sit mens en gesels, skil ’n paar aartappels, braai ’n bietjie uie en knoffel, maak ’n lekker peri-peri-sous vir hoender of kyk sommer net hoe die potjie prut.

    Die kosmakery is net soveel deel van die ekspedisie as om ’n voertuig uit die modder te pluk met ’n kinetiese band, om onder ’n koue stort te staan met die bosveld om jou as ’n badkamergordyn, of om ’n paar uur lank te kyk hoe olifante mopanieblare verorber.

    Kook is nie moeite nie – dis pure plesier. Die dae dat daar elke liewe aand vleis gebraai en dit saam met pap en sous geëet word, is lankal verby. Braai en pap en sous bly kampkos, maar maak nie meer die hele spyskaart uit nie.

    Kosmaak op toer is ’n manne-ding, nie dat hulle nie hulp nodig het nie. Hulle het nie huishoudkunde op skool gehad nie en weet nie hoe om Maizena te meng of van vlak- of diepbraai nie. Hulle maak net asof hulle weet, want dis die vroue wat heeltyd in hul oor fluister. Maar die manne ken van eksperimenteer, hoe om brood te bak en om so ’n bietjie flair aan die alledaagse te gee ... of so dink hulle.

    Kosmaak op safari is ook ’n bietjie anders as by die huis. Ontbyt is nie groot nie, tensy dit vir ’n spesifieke geleentheid beplan word, en dan haal mens al die speelgoed uit en maak ’n okkasie daarvan. Omdat daar meestal net koffie en beskuit vir brekfis is, word dit opgevolg met ’n vroeë middagete oftewel brunch. Die brunch is iets waaraan jy eintlik al die vorige dag begin beplan het. Wanneer jy saans kos maak, maak dubbel, want dan is daar ook iets vir môre se brunch en hoef jy net een keer se potte te was.

    Die hoeveelhede vir safarikos is belangrik – dis nie dat jy vyf gram van dié en tien milliliter van daai akkuraat moet afmeet nie, dis net dat daar nie gemors moet word nie. Die yskas is net groot genoeg, en in die boendoe kook mens nie vir opskeploerders nie.

    title

    Erkennings

    Die geheim is uit – die Voetspore-resepte word nie alles deur die manne ontwikkel nie. Alma, my vrou, het oor die jare ’n reuse-bydrae hierin gehad. Voor elke reis doen sy navorsing in kookboeke, op die internet en in die notas wat sy oor die jare versamel het terwyl ek en sy kook in die kombuis. Sy kyk deur watter lande ons reis, en watter bestanddele waarskynlik beskikbaar sal wees. So stel sy vir elkeen van die Voetspore-ekspedisies ’n kookboek saam. Hierdie Voetspore-kookboek is ’n keur uit die samestelling van al die resepte uit daardie kookboeke.

    ’n Resep is amper soos ’n idee en dit is nie juis moontlik om kopiereg daarop uit te neem nie. Ek sou glad nie omgee om die kopiereg op ’n resep vir braai, spaghetti carbonara of kaaskoek te hê nie. Daarmee sou ek miljoene kon maak. Dis miskien juis hoekom mense hul resepte so geheim hou en, as hulle dit vir jou gee, daar altyd een bestanddeel weggelaat is. In die Voetspore-kookboek is ons hopelik volledig, hoewel ’n klein bietjie innovering en eksperimentering aangemoedig word. Dis baiekeer noodsaaklik, bloot as gevolg van die beskikbaarheid van bestanddele of ander veranderlikes van die situasie.

    In dié boek word daar soms verwys na mense by wie ons ’n resep geleen, gebedel of gesteel het. Partykeer is dit bietjie aangepas. Dankie aan hulle wat ons al help kampkos maak het.

    Johan Badenhorst

    Mei 2014

    title

    Beplanning

    Spyskaart

    ’n Safari duur normaalweg tussen tien en twintig dae. Dit werk goed om een hoofgereg vir elke dag te beplan, naastenby die volgorde van die etes reg te kry en al die bestanddele bymekaar te sit. Dit help jou ook om die vrieskas te pak sodat die kos wat laaste op die safari gebruik sal word, heel onder in is.

    Wanneer meer as een gesin gaan saamtoer, is dit ’n goeie plan om die etes af te wissel en die verskillende gesinne vooraf te laat weet wanneer hulle kook. Met die reisbeplanning, voeg sommer ’n kolom by vir kookbeurte. Sit net vooraf koppe bymekaar oor die beplande spyskaart, anders eet julle straks drie aande agter mekaar skaapskenkelpotjie.

    Kookbeurte help wanneer mens ’n aandete en die volgende oggend se ontbyt saam beplan. Van die aand se oorskietkos kan dan in die spyskaart vir ontbyt of brunch ingewerk word. Die gesin wat nie die aand verantwoordelik is vir die ete nie, sorg net vir die drankies, geselskap en grappe (... veral as swaer Francois of vriend Ampie by is). Verder is dit hulle aandjie af en kan hulle behoorlik sit en ontspan, anders voel die vakansie naderhand alte veel soos werk.

    Met groter groepe is dit raadsaam om nie meer as drie gesinne saam in te deel nie. Die bestanddele vir etes vir meer mense, asook groot potte kan ’n probleem wees om saam te piekel, en verder wil mens so elke derde dag darem self agter die kospotte inskuif.

    Potte

    ’n Broodpot en ’n kookpot – albei van gietyster – is omtrent al wat nodig is. Dan ook een wat ’n bietjie kleiner is om ’n sous in te maak of rys in te kook. Driepootpotte lyk baie mooi op ’n foto, maar daardie pote is altyd in die pad as mens wil pak.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1