SARIE KOS

Blatjang met (Mrs) Ball’s

SOOS FAMILIE

Sy is ’n ou, gewaardeerde familievriendin. Maar julle is nie op voornaamterme nie. Nooit sal jy sommer sê: “Kan ek asseblief Ball’s kry?” nie. Nee, sy bly ’n stywerige “Mrs Ball’s”.

Die Engelse van toentertyd het mos so ’n formele klap weggehad. En Amelia Elizabeth Ball, wat dié op-die-bol blatjang op die mêp geplaas het, se ouers het kort tevore Brittanje se stof van hul voete geskud. ’n Skaars foto wys haar op reeds gevorderde leeftyd, grys hare strak agter haar kop vasgemaak, met digte wenkbroue bokant ’n swaar donkerraambril. Om haar nek is die stropsnoer wat sy altyd gedra het. Klein van postuur, maar selfgeldend, reguit, gewoond om haar sin te kry. Nié iemand wat twak van kabouters gevat het nie, vertel haar agterkleinseun Desmond Ball by monde van sy vrou, Diane. Hul woonplek in Glencairn is ’n hanetreetjie van Vishoek af, waar “Granny” Ball lank die septer oor huis en haard geswaai het. Die onbetwiste matriarg van ’n groot en hegte familie: Haar volwasse kinders het rondom haar in dieselfde straat laer getrek.

Dié vlytige vrou – die betekenis van haar naam in Latyn – het sewe kinders grootgemaak en terselfdertyd geboorte aan ’n produk gegee so eie aan ons land soos braaivleis en rugby. Dít in ’n tyd toe vroue as

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS2 min read
Klein Dade . . . Groot Vreugdes
Soos wanneer jy deur ’n groot groep mense moet beweeg en iemand maak vir jou plek sodat jy makliker kan verbykom. Of vreemdelinge wat vir jou sê “bless you” as jy nies – ’n ou bygeloof dat dit jou teen onheil sal beskerm. Wanneer iemand buk om iets o
SARIE KOS8 min read
• HERMAN PROE THAISE PERFEKSIE • KOSTEATER VAN STORIES EN SMAKE WÊRELDKLAS in Bangkok
’nKoservaring in Thailand is vinnig besig om die gewildheidsleer te klim op die fynproewerstoneel. Vir lank het die wêreld Frankryk as die geboorteplek van goeie kos beskou, wat natuurlik waar is, maar nou draai ons ons oë ook na die Ooste. Dalk is d
SARIE KOS2 min read
Eet Gesond
Dis hoeveel minute sampioene moet kook om sag te word. Sou jy dit langer wou kook, of van die tyd vergeet, gaan dit nie toffietaai raak nie. Punt is: Vir sampioene se tekstuur om te verander, moet dit ’n volle 40 minute kook. Dis dan 57% taaier, mini

Related