Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Herfs Gedigte
Herfs Gedigte
Herfs Gedigte
Ebook222 pages1 hour

Herfs Gedigte

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie bundel bevat een-en-tagtig gedigte. Van baie ernstige, emosionele, diep geestelike tot lekker lawwe en tong-in-die-kies rympies, bied 'n wye verskydenheid om van te kies. Soekie skryf met soveel eerlike opregtheid oor alledaagse dinge van die lewe. Maar dit is die doodgewoon, normale dinge wat die gladheid van ons gang bepaal. Soekie se versgedagtes sal jou weer laat dink oor die groot invloed van die "geraas van buite", wat die "stilte van binne" kan oorweldig, as daardie stilte nie groot genoeg is nie. Alle gedigte oorspronklik deur Soekie Krog.

LanguageAfrikaans
Release dateJan 10, 2023
ISBN9798215795835
Herfs Gedigte

Related to Herfs Gedigte

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Herfs Gedigte

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Herfs Gedigte - Soekie Sandra Krog

    My hart word bewoë deur goeie woorde.

    Ek dra my gedigte voor aangaande ’n Koning; my tong is die pen van ’n vaardige skrywer.

    – Psalm 45:2 –

    Soekie Krog

    Uitgegee deur Perisos Publishers Posbus 414

    Hartbeespoort 0216

    Eerste uitgawe 2009 Genre: prosa en poësie

    Ontwerp en uitleg deur Cilmi Steyn (cm.steyn@telkomsa.net) Nagesien deur Christa Strydom

    Foto’s gelisensieer deur stock.xchng

    Foto’s van Soekie Krog geneem deur Marieta Keet

    © Aanhalings uit die Bybel in Afrikaans (1933-vertaling) Gedruk in Suid-Afrika

    ISBN: 978-0-620-44301-2

    Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word op enige manier, meganies of elektronies, insluitende laserskyf- of bandopnames of foto- kopiëring, sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer nie, behalwe redelike aanhalings vir navorsing- en resensie- doeleindes.

    Ook beskikbaar op CD

    INHOUDSOPGAWE

    Oor my binneste

    Erdekruik

    Genre

    Passie

    Gevang

    Gehoor

    Oor seisoene, waarde, bediening

    Herfs

    Weiland

    Immergroen

    Anner gees

    Emmertjie

    Die ou viool

    Oor emosies, stryd, keuses

    Keuses

    Kwaadaardig

    Nek

    Soek

    Seemonster

    Toring

    Honger

    Die Sak

    Onpeilbaar

    Hoe lank nog?

    Oor vrou wees

    Spr 31

    Bewaak jou hart

    Die hart van ’n vrou

    ’n Man se hart

    Genoeg

    Spieëltjie

    Mamma ek wil ’n man hê

    Weggegooi

    Oor verhoudings, liefde of die gebrek daaraan

    Kom-innie-keer

    Verlief

    Wedding vows

    Wag

    Ek lief jou

    Gekraak

    Realiteit

    Die vrou by die put — Johannes 4

    Oor kinders en kleinkinners

    Die Hart van ’n Kind

    Gereed vir jou koms

    Groot Seun

    Wonner-ma-net

    Praat met my

    Londen-limeriek

    Gespeen

    Naam

    Bly

    Oor dood

    Só was hy

    Help my vergeet

    Wat koop ek?

    Nuwe dans

    Oor Israel

    Durf

    Poort

    Getsémané

    Pray for the peace of Jerusalem

    Oor dinge uit die Bybel

    Waarheid

    Geskenke

    Is Jesus al gebore?

    Oor alles en nog wat

    Wonderwerk

    Nommerpas

    Psalm 139

    Friends

    Oudste Seun

    Oor mense wat ek ken

    Halfmens

    Inspirasie

    Esna

    Mart

    Art by Ettienne

    Riana

    Helena

    Hannelie

    Theron

    Oor dinge om my

    Loftus 2008

    Waterkloof vier

    skok@london

    Stene

    Hormoon

    King Pie kar

    Kamp-gogga

    Ongeteer

    Groot Geheim

    VOORWOORD

    Ek onthou hoe ek as drie-jarige dogtertjie op my pa se skoot gesit het en hy my geleer het om rympies te maak. Toe ek vyf was (ek kon nog nie skryf nie), het ek my eerste gediggie gemaak:

    Ek word so kwaad vir skoentjies, Dit wil tog glad nie werk

    Ag, mamma moet tog gou-gou kom En dis al amper kerk

    Mamma sê eks glad te dom Om skoentjies aan te trek En glo vir my: dieselfde dag Toe kom ons laat vir kerk

    Sedertdien was dit vir my maklik om liedjies en gediggies te skryf. Amper al my gedigte rym. Die meeste is uit lewenservaring en fyn waarneming. As jy dit nie kan waardeer nie, moet ‘seblief nie daarop trap nie, maar as jou gees resoneer met enkele van hierdie pêrels; geniet dit, onthou dit, leer daaruit, lees dit hardop en begin om jou gedagtes neer te skryf. Al is dit net vir jouself.

    Aan die Grootste digter en skrywer wat self Lewende Woord genoem is; alle eer vir die voorreg om met hierdie eerste bundel ’n gerf terug te sit op die dankoffer-altaar. Mag dit vir Hom lekker ruik.

    Di’s vir my heerlik om iets te deel van wat die kreatiewe Skepper-God (YAHWEH Elohim) in my gees gegee het. Die Woord in Psalm 45 begin so: ‘My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande ‘n Koning; my tong is die pen van ‘n vaardige skrywer.’ Die woord ‘My hart word bewoë’ is in Engels to indite/stirr en in Hebreeus rachash (to gush) amper soos ‘n fontein wat opborrel. Dit is die enigste plek in die hele Bybel waar hierdie spesifieke woord voorkom.

    My gebed aan God is: Roer my hart, borrel my gees, laat my tong tog ‘n skrywerspen wees. My begeerte? Mag digkuns (soos die Vader dit bedoel het), weer sy regmatige plek inneem.

    Soekie

    Oor my binneste

    1 ERDEKRUIK

    My hart is ‘n erdekruik Uitgegiet en oor-gebruik Heelgemaak en duur gekoop Weer gevul om oor te loop en oor te loop

    en oor te loop

    My lewe is ‘n pot van klei Wat maklik breek en seer kan kry maar binne vol van heerlikheid

    ontblote skat vir ewigheid

    My kruikie het ’n krakie Maar dit maak glad nie saak-ie

    Want kyk net wat gebeur?

    God se lig skyn deur!

    My hart is ‘n erdekruik Uitgegiet en oor-gebruik Heelgemaak en duur gekoop Weer gevul om oor te loop en oor te loop

    en oor te loop

    ––––––––

    2 Korintiërs 4:7

    Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die

    krag van God mag wees en nie uit ons nie.

    2 GENRE

    Kyk deur ’n skrefie van my hart Deel maar ‘n stukkie van my gees Vat maar ‘n bietjie aan my siel  As jy my taal kan lees

    3 PASSIE

    Vlak koper bak met jou groot oop bek wat onophoudelik mors en lek giet in oorvloed weer en weer  jou inhoud op die aarde neer

    Dat elke mens so vol gedrink vir lekkerte nog ’n glasie skink

    en dronk word en bly... van God se Gees Mag jou lewe nooit weer dieselfde wees

    4 GEVANG

    Mesmeraais my oog: Klippe, takke, grasse, blare Blomme,

    wolke,

    son se strale...

    Mesmeraais my Hart: Lig-en skadukant-skakerings

    Onbevange

    tot subtiel....

    Mesmeraais my hand: Vloei die lyne, smelt die kleure

    Vorm

    diep bevrediging

    5 GEHOOR

    Sou dit my laaste CD wees

    of die eerste van ’n nuwe reeks? Dink almal dalk ek is ‘te oud’

    of nee: ‘geskei en weer getroud’?

    Sou iemand hierdie CD koop

    en laat stof

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1