Voordat ek my sit kan kry in Pella se katedraal, moet ek voor vader Angus Osborne bieg. As joernalis moet jy dikwels bely: Ek is hier met ’n kamera en notaboek. Die vader lyk skepties en kwaai agter die masker waarmee hy vir my en vir Covid koes. Maar ek word tog agter die ligblou altaar aanvaar.
“Maar asseblief,” vra hy, “geen foto’s as ek die heilige kommunie aan die kinders bedien nie.”
Vanoggend sal ’n groepie kinders die eerste keer die hostie (die ronde koekie wat die liggaam van Christus word) van die vader ontvang en deel word van die Pella-gemeente. Die gewigtige Rooms-Katolieke tradisies lyk half vreemd hier in die amperse woestyn noordwes van Pofadder. Dis Boesmanland dié. G’n pous sal ooit hier uitkom nie.
Die voorsang met klawerbord en tamboeryn is net so mooi en aards soos die mense en kokerbome wat tussen die harde Pellaberge oorleef: “Jy bly ’n wenner as jy by die Here bly. Stryde en beproewing sal jou nie onderkry. Jy bly ’n