Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Dit is Verby
Dit is Verby
Dit is Verby
Ebook90 pages1 hour

Dit is Verby

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Vir alles is daar 'n vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd. Ook verhoudings het `n vaste tyd. `n Tyd wanneer dit begin en `n tyd wanneer dit verby is. Soms is die einde van `n verhouding pynlik onverwags en ander kere verbrokkel dit langsaam en is die einde onafwendbaar. Hierdie is my onthutsende, eerlike verhaal as `n gewese predikant wat geleidelik besef het dat daar nog `n vrou in my lewe was, en dat hierdie ander vrou oor die jare `n geweldige invloed op my en my gesin gehad het. Haar rol sou ons lewens in `n rigting stuur wat niemand van ons kon voorsien nie. 

LanguageAfrikaans
Release dateApr 4, 2022
ISBN9798201945879
Dit is Verby

Related to Dit is Verby

Related ebooks

Related articles

Reviews for Dit is Verby

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Dit is Verby - Dr Rudi Labuschagne

    1

    GENESIS

    ’N TYD OM GEBORE TE WORD

    Presies tien jaar na my oudste suster gebore is, maak ek my opwagting as die vyfde kind van wat uiteindelik sewe kinders sou wees. Ek is die derde seun en my pa se naamgenoot. Fris en gesond, welgeskape met ’n yslike bos swart hare, maar met ’n geboortemerk wat strek van bokant my regteroog tot by die begin van my haarlyn. Rooi. Duidelik. Opvallend. Dis jou unieke merk,sou Pa my altyd troos. Soos wat ek die skaaplammers merk om te weet dis myne. Liewe Jesus het jou so gemerk. Jy kan nie wegraak nie. Jy is gemerk.

    Ek was tevrede. Om die waarheid te sê, ek het eintlik spesiaal gevoel en later daarvan vergeet. Eers weer as tiener het dit ernstig by my kom spook. Tieners is mos hiperbewus van hulle voorkoms. ’n Puisie is ’n ramp. Wat nog van ’n geboortemerk? Toe wou die Liewe-Jesus-het-jou-gemerk-storie nie meer werk nie.

    My kinderdae was sorgeloos. Kort voor my geboorte het my pa ’n plaas gekoop. Dit was vir my die mooiste plek. Sanderige wêreld met die lieflikste kameeldoringbome en soetgras. Ons huis was aan die voet van ’n rantjie geleë met ’n nie-standhoudende spruit wat tussen die huis en die rantjie loop. Pa het naby die huis in die spruitjie ’n damwal gebou, en wanneer dit reën, het die water met die spruit afgekom en daar opgedam. Daar het ons ure gespeel.

    Ons het gedurende daardie tyd eenvoudig geleef. ’n Viervertrekhuisie wat vir lank nie eens plafonne gehad het nie, en ook geen elektrisiteit nie. Lampe en kerse was die ding. Die badkamer was buite en die toilet was agter in die hoek van die erf. Niemand het hieroor gekla nie al was dit soms ongerieflik. Ons was ’n hegte gesin en dit was al wat belangrik was. Geld was dalk skaars, maar kos en liefde was volop.

    Later in my lewe sou ek net meer en meer besef dat liefde inderdaad al is wat regtig eintlik belangrik is.

    ‘N TYD OM SKOOL TOE TE GAAN

    My sorgelose kleintyd kinderjare saam met my ouers op die plaas het verbygevlieg en ek moes skool toe gaan. Die skool was ver van die plaas af en ek sou moes koshuis toe gaan. Ek onthou hoe bang en verbouereerd ek was. Dit was die eerste groot verandering in my lewe. Alles was vir my so groot en vreemd en nuut. Vreemde kinders. Vreemde kos. Vreemde kamer. Ek was ses jaar oud, bang en alleen en het huis toe verlang. Saans wanneer al die ligte uit is, het ek aan almal by die huis gedink en dan saggies gehuil sodat die ander in die slaapsaal my nie hoor nie.

    Dan dink ek terug aan so baie dinge. Die gesellige kuiers en skerts en eet om die groot kombuistafel. Ek verlang na die bekende geluide en reuke van die plaas. Ma se kos wat sy op die koolstoof gekook het en die geur van vars moerkoffie en tuisgebakte brood. Die reuk van my pa se pyp. In my gedagtes verbeel ek my ek hoor die beeste bulk en die skape blêr en wonder hoe dit met die hanslam wat pa spesiaal vir my gemerk het, gaan.

    Ek verlang na my twee Tswana maatjies. Ek onthou hoe ons wilde vrugte in die rantjies gepluk het en agter die honde aangehardloop het wanneer hulle ’n haas jaag wat hulle iewers onder ’n bos in die veld uitgeruik het. Hoe ons mekaar bang gepraat het oor die mensvreter-tier wie se spoor ons in die rivierloop gesien het. Ek herroep ons kleilatoorlog by die plaasdam en hoe ons na die geveg kaal in die vuilbruin modderwater swem om later doodmoeg op ’n graskol in die son te gaan lê om droog te word.

    Maar dit is verby.

    Nou is ek in die skool. Klokke wat lui en onderwysers wat besluit wat jy doen, hoe laat jy eet, wat jy eet, wat jy aantrek, wanneer jy moet opstaan en wanneer jy moet gaan slaap. En ek huil oor baie dinge…maar veral omdat ek weet dis verby. Dinge het verander.

    By die skool pas ek aan, maak maats, speel, werk fluks en presteer goed. Die slegste deel was naweke wanneer al die maatjies huis toe gaan en ek en my suster soms alleen in die koshuis moes agterbly. Dit was te ver vir Pa om ons elke naweek te kom haal. My Ouma het in die dorpie naby die skool gebly. Party Saterdae het sy ons kom haal. Haar huisie was klein, maar knus. Dan drink ons koffie en eet nat beskuit terwyl ons op die bankie op haar voorstoep sit en kuier.

    Na twee jaar het ek in die ritme van hierdie nuwe fase in my lewe gekom. Ek het aangepas by die ritme van salige vakansies en sommige naweke op die plaas, en dan die lang kwartale in die koshuis.

    En toe op ’n dag... is dit ook verby.

    My ouers het besluit dis beter dat ons verder sal skoolgaan op ons naaste groot dorp. Dit was ’n groter skool met beter geleenthede, maar helaas was dit nog verder van die huis af. Weer verandering. Nuwe omgewing. Nuwe maats. Nuwe onderwysers en alles lyk en was tien keer groter as die klein skooltjie waarin ek was. Die koshuis was groot en daar was honderde nuwe kinders.

    ’N TYD OM TE KERK

    Op hierdie nuwe groter dorp was daar ’n groot indrukwekkende kerk. Lang, blinkgepoleerde banke, sagte matte, ’n indrukwekkende kansel en ’n regte pyporrel. Hierdie kerk was so anders as die tuisgemeente wat ek geken het.

    Die kerk op die dorp was so anders as die gemeente van my kinderjare. Ons was maar in die twintig gesinne. ’n Mens het so tussen mielielande deur gery om by die kerkie te kom wat op ’n hoogtetjie tussen ’n klompie doringbome gestaan het. Die boer aan wie die plaas behoort het, het gelukkig altyd gesorg dat die hekke Sondae oop was. Niemand van ons was lus om plaashekke oop te maak as jy in jou Sondagklere uitgevat is nie. Dit is warm wêreld. Die sonbesies het vroeg al begin sing en daarom het almal die koelte onder die enkele kameeldoringbome op die terrein

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1