Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Soldaat
Soldaat
Soldaat
Ebook147 pages2 hours

Soldaat

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Reynardt Hugo speel Dr Tertius Jonker in Binnelanders en was lid van die Afrikaanse popgroep ADAM. Tog, agter al sy sukses was daar ’n diep gewonde en verlore siel. Reynardt praat eerlik oor die impak wat sy ouers se egskeiding op hom gehad het, en die invloed van drankmisbruik in hulle huis, sy swakheid vir vroue en die gevolge van sy dade. Vandag is Reynardt Hugo ’n suksesvolle jong man wat se lewe ’n getuienis is van hoe God ’n storie van verwoesting in ’n storie van hoop kan verander. 
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateFeb 1, 2021
ISBN9780796322074
Soldaat
Author

Reynardt Hugo

Reynardt Hugo is gebore in Durban en word groot in Phalaborwa en Pretoria. Hy gaan studeer drama by die Universiteit van Pretoria. Hy speel die rol van Dr Tertius Jonker in Binnelanders. Hy was deel van die Afrikaanse popgroep ADAM en begin sy sololoopbaan in 2020. Hy is verloof aan Anna en woon in Randburg, Johannesburg.

Related to Soldaat

Related ebooks

Related articles

Reviews for Soldaat

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Soldaat - Reynardt Hugo

    9781776190690_FC

    Reynardt

    Hugo

    Soldaat

    Lux Verbi

    Aan Anna: die beskermer van die kinders

    Voorwoord

    Dit was 2009.

    Ek was op pad Foxstraat toe in Johannesburg se middestad vir my eerste toneel in Binnelanders. Ek was senuweeagtig en angstig. Dit sou die eerste keer ná twee jaar wees dat ek weer toneelspeel. Ek het so pas ’n lewe van verslawing en losbandigheid agtergelaat. My reputasie het my ver vooruit geloop, en ek het geweet ek sou myself moes bewys en die skinderstories doodleef.

    Nadat ek by die produksiekantoor aangeklop het, besluit ek om ’n sigaret te gaan rook. Hulle het vir my gesê as ek wil rook, moet ek asseblief na die rookgedeelte agter in die gebou gaan.

    Ek stap toe by die beknopte kamertjie met drie stukkende swart leerbanke en asbakke vol ou sigaretstompies in.

    En daar ontmoet ek vir die eerste keer vir Reynardt Hugo. Met ’n sigaret in sy hand en ’n breë glimlag op sy gesig.

    Hey, dude, sê hy ewe gemaklik toe ons hand skud. Ek is Reynardt, ek speel dokter Tertius Jonker.

    Sy warm ingesteldheid en oop gemoed het my dadelik welkom laat voel. Dit was die begin van ’n ware vriendskap. ’n Vriendskap wat ek nooit gedink het eendag in die hemel voortgesit sal word nie. Letterlik.

    Om vir Reynardt Hugo te ken is ’n voorreg en ’n belewenis. Dié wat hom ken, sal saamstem dat daar nooit ’n vervelige oomblik saam met hom is nie. Hy is ’n mallemeule van grappe, vrolikheid, opwinding en liefde. Hy is ’n gebore komediant. Dis wonderlik om in sy geselskap te wees. Hy is ’n briesie vars lug, ’n tonic. Hy herinner ’n mens gereeld om jouself nie so ernstig op te neem nie.

    Tog, agter al sy sukses, sangtoere, toekennings en die vele lofbetuigings is daar ’n diep gewonde en verlore siel. Nes duisende ander mans, het Reynardt jare lank gestoei om sy verwondheid met drank, dagga, vroue en pornografie te verdoesel. Sy oorlog was ’n soeke na betekenis en aanvaarding.

    Soldaat vertel van ’n klein seuntjie en die verwarrende wêreld waarin hy, nes soveel ander kinders, grootgeword het. Hy praat eerlik en opreg oor die invloed wat sy ouers se egskeiding op hom gehad het, van die drankmisbruik in hulle huis en hoe hy dit alles as jong seun ervaar het en daarvan moes sin maak. Hy praat openlik oor sy swakheid vir vroue en die gevolge van sy dade.

    Vandag is Reynardt Hugo ’n suksesvolle jong man wat ’n groot impak maak op ons jeug in Suid-Afrika. Die jeug van vandag hunker na betekenis. Hulle soek egtheid in geloof, in verhoudings, en word nie meer ’n rat voor die oë gedraai deur kunsmatige wenke en die voorgee van mense wat nie doen wat hulle sê nie. Hulle is desperaat op soek na antwoorde.

    Tog is die invloede daar buite baie meer as ooit en die druk op ons jeug iets verskrikliks. In hierdie wêreld is Reynardt Hugo ’n gloeiende voorbeeld dat die hedendaagse rustelose jeug volwaardige betekenis en ’n doelgerigte lewe in Christus kan vind. Hy is ’n rolmodel en iemand om na op te kyk.

    Soldaat is Reynardt se kragtige en boeiende verhaal. My hoop is dat die hele land hierdie boek sal lees en dat dié wat dit lees dieselfde Koning sal leer ken wat my vriend Reynardt Hugo se lewe omgedraai het. Hierdie soldaat gaan ’n Christenlegende van sy tyd word!

    Ek is in trane – trane van geluk. My vriend en vertroueling Reynardt Hugo het sy ware stem gevind, en dit is nie sy sangstem nie. Reynardt is nie net een van ons land se talentvolste sangers, akteurs en liedjieskrywers nie; hy het uiteindelik ook sy ware identiteit gevind – in die akkoorde en melodieë van ons Skepper en hemelse Vader.

    Die pad was lank en rof en hy moes vele uitdagings oorkom, maar vandag is sy lewe ’n ware getuienis van wat God kan doen met iemand wat op moedverloor se vlakte sit, en hoe God ’n storie van verwoesting in ’n storie van hoop kan verander.

    Reynardt se verhaal sal jou boei. Dit bevat al die elemente van tragedie, intrige, neerlaag en oorwinning, maar ook die heel belangrikste bestanddeel: die krag van die evangelie van Jesus Christus.

    Hykie Berg

    Augustus 2020

    Proloog

    Dit het alles met ’n angsaanval begin. ’n Baie ernstige angsaanval.

    Ek het die vorige aand saam met vriende in Pretoria gekuier. Ek was dronk. Baie dronk.

    Ek kan die begin van die aand onthou, maar die res van die aand het uit my geheue vervaag. Ek weet ons het tot in die vroeë oggendure gekuier en ek het uiteindelik op my vriend se bank uitgepass.

    Ek moes vroeg die volgende oggend opstaan, want ek het my jongste stiefbroer belowe ek sal sy eerste atletiekbyeenkoms by die hoërskool bywoon. Ek het met my ma gereël dat ek haar by die hoërskool sou kry.

    Ek was bang my ma sou sien ek is steeds dronk, en ek het dit vir haar probeer wegsteek. Maar ’n ma ken haar kind. Ek het geweet, dit maak nie saak hoe goed ek dit probeer wegsteek nie, sy sou weet daar is iets fout.

    Ek het my broer se atletiekitem klaar gekyk en vir my ma gesê ek moet ongelukkig dadelik in die pad val.

    Dit was bewolk en het liggies begin reën. Skaars tien minute van die skool af het ek ’n snaakse gevoel begin kry. Dit het gevoel of die wêreld op my gaan val. My lyf het begin bewe en my hart het te vinnig geklop. Ek het nie geweet wat aangaan nie. Ek het dié gevoel glad nie geken nie.

    Skielik het ek onthou van ’n vriendin wie se pa ’n hartaanval gekry het terwyl hy bestuur het. Enkele oomblikke later het hy daar langs die pad gesterf.

    Was ek besig om ’n hartaanval te kry? Is dít hoe dit voel? Is dít hoe dit voel om dood te gaan? Soveel gedagtes en vrae het gelyk deur my kop geskiet.

    Ek onthou iemand het eenkeer vir my gesê een van die tekens van ’n hartaanval is dat jou linkerarm lam raak. Ek het my verbeel my linkerarm raak lam. My kop het oortyd gewerk. Ek het van die pad af getrek en uit my motor geklim. Dit het gereën en daar was ’n modderpoel langs die pad. Ek het die modderige water met my hande opgeskep en oor my gesig gegooi. Ek het net daar gestaan en nie geweet wat aangaan nie. Ek was deurmekaar.

    Toe my hartklop begin bedaar, het ek teruggeklim in my motor. Ek het steeds erg gebewe. Dit is nie ’n hartaanval nie, het ek besef, en verder gery. Al met die N1 langs, terug Johannesburg toe.

    Toe gebeur dit weer. Presies dieselfde gewaarwordings. Presies dieselfde gevoel.

    Ek het by ’n vulstasie langs die N1 stilgehou en by die winkel ingehardloop. Ek het ’n pakkie Disprin, water en ’n Energade gekoop. Terug in my motor het ek begin bid. Ek het die Here gevra om my asseblief nie te laat doodgaan nie. Nie nou al nie. Ek is nog jonk. Daar is so baie dinge wat ek nog wil doen. Ek het die Here belowe dat ek nooit weer sou drink nie.

    Terug by my huis in Randburg het ek vir my ’n diep bad getap, lank in die water gelê en toe in die bed gaan klim.

    Ek was bang.

    My meisie An-maré – of Anna, soos almal haar noem – het ná werk na my toe gekom en net by my gesit. Ek het gehuil en vir haar belowe ek gaan nooit weer drink nie. Daar was so baie gedagtes wat deur my kop gemaal het. Ek het besef hoe baie dinge in my lewe nie reg was nie.

    Skuldgevoelens. Pyn. Skaamte.

    Ek het besef ek het ’n drankprobleem. Ek sou moes hulp kry. Alles het opgebou tot by hierdie punt. Die angsaanval was maar net die begin.

    Ek het regtig nie geweet wat om te doen en waar om hulp, die regte hulp, te kry nie. Moes ek met ’n sielkundige gaan praat, of moes ek pille drink? Watter sielkundige, en watter pille?

    Daar is mense wat weier om te glo dat jy pille nodig het. En daar is mense wat glo pille kan jou help om gesond te word, of dit nou jou liggaam of jou gees is wat siek is. Apteke se rakke is dan ook vol pille. Wat kies jy? Drink jy natuurlike middels, of drink jy sinteties vervaardigde medisyne? En hoekom wil jy pille drink? Waarvoor het jy dit nodig? En het jy dit regtig nodig?

    Daar is soveel opvattings daar buite, soveel boeke wat al geskryf is, soveel seminare wat aangebied word en soveel mense wat hulle eie redes het hoekom hulle pille drink, of nie drink nie.

    Toe ek ’n kind was, het ons nooit baie pille in die huis gehad nie. Daar was net ’n medisyneboks met salf en pleisters vir wanneer jy jou toon gestamp het en Disprin vir wanneer jou kop seer was.

    Ek het regtig nie geweet watter kant toe nie. Al wat ek geweet het, was dat ek dringend hulp nodig gehad het.

    Maar dit was eers ongeveer drie jaar ná hierdie eerste angsaanval dat ek die hulp gevind het wat ek regtig nodig gehad het.

    Ná twee psigiaters wat my nie regtig gehelp het nie en die verkeerde medisyne wat nie ’n goeie uitwerking op my gehad het nie, het ek gehoor van ’n psigiater wat by Denmar, ’n psigiatriese inrigting in Pretoria, werk.

    My ervaring van psigiaters was in daardie stadium natuurlik glad nie positief nie, maar hierdie dokter was my laaste hoop. Ek het nie geweet wat ek sou doen as ek nie daar die hulp sou kon kry waarna ek so gesmag het nie. Ek was op die punt om moed op te gee. Ek wou ophou werk, ophou sing, net weggaan, uit die samelewing verdwyn en nooit weer terugkom nie. Ek wou alles waarvoor ek so hard gewerk het sommer net in die drein af gooi.

    My kop en my lyf was moeg. So moeg.

    Maar ek was bereid om my lewe te verander, ek wóú my lewe verander. En ek het maar net gehoop hierdie psigiater sou my kon help om dit reg te kry.

    Koponderstebo het ek by die spreekkamer ingeloop en vir die ontvangsdame gesê ek is hier om die dokter te sien. Op daardie oomblik het ’n deur oopgegaan en ’n vrou het uitgestap. Reynardt, het sy vriendelik gesê, jy kan maar inkom.

    Ek het in haar spreekkamer

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1