Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op 'n ware verhaal van geloof en oorwinning
Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op 'n ware verhaal van geloof en oorwinning
Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op 'n ware verhaal van geloof en oorwinning
Ebook224 pages4 hours

Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op 'n ware verhaal van geloof en oorwinning

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

As 16-jarigevlug Engela na Bloemfontein, want die leier van die Sataniese Groep 13 wil haar doodmaak. Haar paaie kruis met dié van Pieter, vriend van haar broer, wat haar aan bordeel-eienaar uitlewer as betaling vir die geld wat hy hom skuld.
Na haglike en armoedige kinderlewe raak Engela as rebelse tiener deurmekaar met Satanisme, drank en dwelms en word uiteindelik as seksslaaf aangehou. Haar enigste begeerte is om te ontsnap, maar hoe? Elke aand word die klub se deure dig gesluit. Haar laaste kans op vryheid is die jong student, Jacques, wat in die ontvangslokaal van die klub werk. Maar dan verdwyn hy ook uit die prentjie na raaiselagtige ongeluk in die Drakensberge.
Van Skoolbank tot Bordeelbed is spanningsroman deur Jaco Hough-Coetzee, gebaseer op die aangrypende lewensverhaal van Elanie Kruger.
In die tweede gedeelte van die boek gesels Elanie self met die leser oor haar bittere ervarings. Sy vertel hoe sy haar gevoelens van verlorendheid, alleenheid, pyn en vernedering vanuit Christelike perspektief leer hanteer het. Sy reik uit na ander gewese seksslagoffers en moedig hulle aan om hul harte uit te stort om emosionele genesing mee te bring. Sy praat oor die krag van vergifnis en aanvaarding, en gee ook lewensbelangrike praktiese wenke aan ouers en kinders.
LanguageAfrikaans
PublisherJonathan Ball
Release dateFeb 20, 2015
ISBN9780908387564
Van Skoolbank tot bordeelbed: Gebasseer op 'n ware verhaal van geloof en oorwinning

Related to Van Skoolbank tot bordeelbed

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Van Skoolbank tot bordeelbed

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Van Skoolbank tot bordeelbed - Jaco Hough-Coetzee

    cover.jpg

    As 16-jarige vlug Engela na Bloemfontein, want die leier van die Sataniese Groep 13 wil haar doodmaak. Haar paaie kruis met dié van Pieter, ʼn vriend van haar broer, wat haar aan ʼn bordeel-eienaar uitlewer as betaling vir die geld wat hy hom skuld.

    Na ʼn haglike en armoedige kinderlewe raak Engela as rebelse tiener deurmekaar met Satanisme, drank en dwelms en word uiteindelik as seksslaaf aangehou. Haar enigste begeerte is om te ontsnap, maar hoe? Elke aand word die klub se deure dig gesluit. Haar laaste kans op vryheid is die jong student, Jacques, wat in die ontvangslokaal van die klub werk. Maar dan verdwyn hy ook uit die prentjie na ʼn raaiselagtige ongeluk in die Drakensberge.

    Van Skoolbank tot Bordeelbed is ʼn spanningsroman deur Jaco Hough-Coetzee, gebaseer op die aangrypende lewensverhaal van Elanie Kruger.

    In die tweede gedeelte van die boek gesels Elanie self met die leser oor haar bittere ervarings. Sy vertel hoe sy haar gevoelens van verlorendheid, alleenheid, pyn en vernedering vanuit ʼn Christelike perspektief leer hanteer het. Sy reik uit na ander gewese seksslagoffers en moedig hulle aan om hul harte uit te stort om emosionele genesing mee te bring. Sy praat oor die krag van vergifnis en aanvaarding, en gee ook lewensbelangrike praktiese wenke aan ouers en kinders.

    Van Skoolbank tot Bordeelbed

    Gebaseer op ’n ware verhaal van geloof en oorwinning

    Elanie Kruger met Jaco Hough-Coetzee

    Voorwoord deur Hykie Berg

    DELTA UITGEWERS

    JOHANNESBURG & KAAPSTAD

    Aan al die slagoffers van mensehandel – daar is hoop, daar is genesing en die kettings sal afval ... jy is nie alleen nie!

    Elanie Kruger is in 1977 in Brits gebore. Sy het een dogter en bly in Johannesburg.

    Jaco Hough-Cotzee is ’n senior journalis by Huisgenoot/YOU.

    VOORWOORD

    Nadat ek in 2012 van Elanie Kruger gehoor het, het ek ’n afspraak met haar gemaak en haar in ’n restaurant in Randburg ontmoet. Ek was toe baie betrokke by PSARU (People Search and Rescue Unit), ’n organisasie wat vermiste kinders en volwassenes opspoor en terugkry, onder andere slagoffers van mensehandel. Ek was nuuskierig om na haar storie te luister, maar terwyl sy my daarvan vertel het, kon ek nie glo wat ek hoor nie. Die prentjie wat sy geskets het, het net nie gestrook met die pragtige en saggeaarde brunet wat voor my gesit het nie. Haar storie sal enige persoon se hare laat rys en hierdie nagmerrie-ondervinding sal haar altyd bybly, het ek gou besef. ’n Mens kan amper nie glo dat sy dit alles oorleef het nie.

    Later het ek ’n ander kant van haar leer ken: haar vurige passie om nie net slagoffers van mensehandel te help nie, maar ook om proaktief op te tree om te keer dat ander nie in dieselfde strik val nie. Sy leef absoluut daarvoor om te help om hierdie euwel stop te sit.

    Ons het vriende geraak en saam het ons talle praatjies by verskillende plekke in die land aangebied om bewustheid oor mensehandel te skep. Sy vertel haar storie met eerlikheid en ’n oop gemoed, iets waarvoor min mense in die lewe sal kans sien. Elanie Kruger is vandag nie meer bang nie: sy is vreesloos en doelgerig met die taak wat sy haarself opgelê het.

    Sy beteken ook baie vir PSARU – iets waarvoor ek en die hele span baie dankbaar is.

    Sommige mense mag dalk die indruk kry dat sy hard en dikvellig is, maar tog is sy net soos enige ander meisie – iemand met ’n hart vol drome. ’n Meisie bly tog altyd net ’n meisie.

    In hierdie boek word haar aangrypende verhaal boeiend deur Jaco Hough-Coetzee vertel. Die verhaal van ’n dapper en vreeslose vrou wie se onverskrokke gehoorsaamheid aan God, saam met ’n onselfsugtige diensbaarheid aan die gemeenskap, haar dryfkrag is om ’n verskil te maak in diegene se lewens wat slagoffers is van dié amper onvergeefbare daad.

    Hykie Berg

    www.hykieberg.com

    EEN

    Die vyfuur-spitsverkeer vanuit die middestad kruie stadig van robot tot robot voort. Dit reën saggies. Pieter en Engela ry in die teenoorgestelde rigting in Kerkstraat, vanaf Oranjesig stad se kant toe.

    Dis Vrydag, 15 Oktober 1993, en die naweek is hier! gesels Jaco de Wet oor die motorradio. Die weerburo voorspel ’n triestige en nat naweek hier in Bloemfontein, maar die musiekklanke van Radio Oranje sal dinge heerlik gesellig hou. So, kom ons spring weg met Billy Joel se nuutste treffer, ‘The River of Dreams’.

    Engela neurie saam. Sy is in ’n vrolike bui, want sy is op pad na haar eerste werk toe. Pieter se oë dwaal kort-kort na sy 16-jarige passasier langs hom. Sy is dêm mooi, dink hy. Sy dra ’n stywe jean wat haar lang bene beklemtoon. Die rondinge onder haar rooi bloesie bevestig haar oorgang vanaf tiener na jong vrou. Engela kyk na hom en glimlag. Hy glimlag stram, draai sy oë vinnig terug pad toe en skakel oor na derde rat. In hom baklei twee stemmetjies: Nee, Pieter, wat jy doen, is nie reg nie, Pieter, sê die een. Sy’s ’n méns! Te hel daarmee, bestorm die tweede stem sy gedagtes. Sy hét dit tog al immers gedoen. Haar broer het hom vertel. Sy weet mos alte goed hoe om dit te doen! Weer die eerste stem: Néé, Pieter. Néé! Pieter huiwer skielik. Hy stuur oor na die linkerbaan en ry stadiger. Het jy ’n keuse, Pieter? Enige ander oplossing? Nee, Pieter, jy het nie! Doen dit en kry klaar!

    Wat’s fout? wil Engela weet.

    Niks. Is maar net versigtig omdat dit reën.

    * * *

    Pieter het ses maande gelede die klub Lady Femmé in die middestad van Bloemfontein, op die hoek van Oos-Burger- en Charlesstraat, deur middel van ’n advertensie in die Volksblad ontdek. Die ingangsfooi was buitensporig duur, ’n hele R100, maar hy het gedink so what. Dit was sy 24ste verjaarsdag en hy was alleen en hy wou nie alleen wees nie. Hoekom dan nou nie maar ’n bietjie geld op homself blaas nie? It only happens once a year, het hy homself oortuig. Daardie aand het hy by die kroeg gesit en brandewyn en Coke drink en gestaar na die beloftes wat genotvol onder die meisies se stywe eina-eina-kleertjies wink. ’n Meisie met groot blou oë het langs hom kom sit. Jacky, het sy haarself voorgestel en haar bene na hom toe gekruis.

    Hy steek sy hand uit. Pieter. Aangename kennis.

    Jou eerste keer hier, nè? Ek onthou mos altyd ’n handsome jong man as ek een sien! sê sy en streel oor sy wang. Jacky is so ’n paar jaar ouer as hy.

    Pieter voel die opgewondenheid in sy broek gedy – niemand het nog ooit vir hom gesê hy is handsome nie. Wel, ja. My eerste keer. Ek is maar baie besig met my ... met my sakebelange, probeer hy verskoning soek. Het nie juis tyd om uit te gaan nie.

    Is dit so? vra sy stuitig. En, as ek mag vra, Pieterman, wat doen jy wat jou so besig hou?

    Pieter neem twee vinnige slukke van sy brandewyn en Coke. Nou moet jy mooi dink, Pieter, gaan dit deur sy kop. Nou moet jy baie mooi dink! Want om in dié plek te kom sit en sê jy is ’n mechanic, gaan nie werk nie. Hy kyk na die ander mans: hulle lyk na hoëprofiel-dudes. Sommige dra pakke, ander weer duur ontwerpersklere. Pieter is bly hy het vanaand sy beste uitgaanklere aangetrek, maar voel tog sy jean en T-hemp steek af by die res.

    Invoere, sê hy dan onnodig hard. Enige iets. Veral van Europa af. Hy kom nie agter hoe die man agter die kroeg skielik belangstellend na hom kyk nie.

    Jacky lê vertroulik nader aan hom: Dan sal jy tuis voel hier, Pieterman. Die ouens wat hiernatoe kom, is almal suksesvolle sakemanne. Net soos jy. Haar oë gly deur die vertrek. Dokters, prokureurs, argitekte, sake-eienaars, stadsraadslede. Sulke mense, jy weet.

    Ja, soos ek gesê het, ek is baie besig. Daar lê nou hoeka hierdie groot transaksie vir my in China voor.

    Dan moet ons vanaand jou kosbare tyd baie goed gebruik! koer Jacky in sy oor. Haar bors skuur toevallig oor sy arm. Kom roep my as jy bietjie pret wil gaan hê!

    Sy staan op en stap na die pooltafel aan die ander kant van die kroeg toe. Hy bestel sy vierde. Hel, dink hy, hy is op die regte plek! Dis manne met groot geld wat hier uithang. Manne met connections en behoeftes wat jy eenvoudig móét ken as jy iets in die lewe wil bereik en jou eie besigheid wil begin. Hy móét eenvoudig weer terugkom om kontakte op te bou. Dis after all nie wie jy is nie, maar wie jy ken. Die probleem is egter: met sy salaris van R1 500 per maand by Nick’s Auto Repairs kan hy dit nie juis bekostig om gereeld saam met dié big shots uit te hang nie. ’n Man kom sit langs hom en stel hom voor as Steve. Ek hoor jy is in invoere? Pieter knik sy kop.

    Interessant! Soos wat?

    Die vier dubbels verander Pieter in ’n groot man. ’n Slim man. ’n Man met ’n visie in die lewe. Enige iets, antwoord hy. Spotgoedkoop en sonder lastige papierwerk. En natuurlik hoef die Ontvanger ook nie van al hierdie transaksies te weet nie, knipoog hy.

    Steve betrag die man met sy jean en wit T-hemp hier voor hom. Maar hoekom weet ek nie van jou nie? Bloemfontein is maar klein, jy weet?

    Want ek werk undercover, spoeg Pieter sy skerptong-antwoord uit. Hy het immers dié een verwag.

    Jy sit en lieg nie hier vir my nie, nè?

    Pieter skud net sy kop, steek nonchalant ’n sigaret op en drink nog ’n sluk uit sy glas. Sy glimlag is die ene selfvertroue. Nee, hy lieg nie, vertel daardie glimlag. Oukei, dalk tog so ’n bietjie, dink hy, maar dít hoef hulle nie te weet nie. Sy groot invoerbesigheid en al sy kontakte is nog net ’n droom, maar daarvoor het hy customers nodig. En híér sit hulle nou voor hom. Die manne met die geld.

    Steve klink sy glas teen Pieter s’n. Ons sal weer gesels – ás ons mekaar weer sien.

    Steve verdwyn iewers in die klub en Pieter bly alleen by die kroeg agter. Flippit, hy was goed, dink hy. Een van die dae hoef hy nie meer in olierige enjins rond te krap nie.

    Anthony Grand, sê iemand anders skielik langs hom. Ek is een van die vennote hier. Nog ene? vra hy en beduie na Pieter se leë glas.

    Maar Pieter se beursie is ook leeg. No thanks. Huis-toe-gaan-tyd.

    Last one. On the house.

    Pieter knik instemmend. Anthony bestel twee dubbels, een vir hul elkeen. Cheers! klink Anthony joviaal Pieter se glas. So, ek hoor jy sê jy kan enige iets kry?

    Jip.

    Enige iets, soos in enige iets?

    Jip.

    In daardie geval ... ek dink ek het dalk ’n deal vir jou. Dalk twee. Hoe groot kan jy gaan?

    Skielik is daar geen keer aan Pieter se selfvertroue nie. Hoe groot wil jy hê moet ek gaan?

    Anthony bars uit van die lag. I like what I hear. I like! Cheers! Hul glase ontmoet mekaar die tweede keer klingelend in die halfskemer van die klub. Die ysblokkies kap koud teen die glaswande.

    Is jy môreaand hier? vra Anthony. Hy beduie vir die man agter die kroeg om die Ritmeester-houtboksie aan te gee. Hy maak die deksel oop en rig dit uitnodigend na Pieter wat dadelik ’n sigaar uithaal. Anthony se goue Zippo-aansteker flikker voor Pieter se gesig.

    Ja, antwoord Pieter sonder om te dink. Ek dink so.

    ’n Dik bol sigaarrook dwarrel om die klubeienaar se gesig. Anthony takseer die jong man wat voor hom sit in stilte. Goed so, sê hy dan. Maak dit so teen tienuur se kant.

    Pieter besef dit was ’n opdrag, daarom is hy die volgende aand daar. Om presies tien voor tien druk hy die klokkie langs die veiligheidshek van die klub. Die jong man wat in die ontvangslokaal werk, druk ’n versteekte skakelaar onder sy lessenaar en die hek klik oop.

    Welkom, Anthony wag vir jou, sê Jacques.

    Pieter volg hom deur die kroeggedeelte en dan in ’n lang gang af. Daar is drie deure aan die linkerkant en vier regs. Vanuit twee van die kamers hoor hy die klanke van weldadige seksgille. Die gang loop dood voor ’n houtdeur met ’n PRIVATE-bordjie in die middel daarvan. Jacques klop drie keer voor hy die ronde silwer deurknop oopdraai. Binne is ’n luukse sitkamer ingerig met ’n swart leerstel wat om ’n langwerpige koffietafel staan. Sigaarrook hang swaar in die gedempte lig wat die groot erotiese skildery teen die een muur amper onsigbaar maak.

    Pieter! Pieter! roep Anthony uit toe hy uit sy stoel opstaan en Pieter met ’n joviale omhelsing verwelkom. Kom sit! Wat drink jy? Konjak?

    Pieter knik instemmend, groet vir Steve wat aan sy linkerkant sit en steek sy hand uit na die onbekende man wat op die bank oorkant die tafel sit. Hy lyk Grieks. Sy lang swart hare hang in ’n poniestert in sy nek. Die dik goue ketting om sy nek en die groot flitsende ring aan sy vinger oordonder sy swart broek en oopknoophemp.

    Mark, Pieter, stel Anthony die twee aan mekaar bekend terwyl Jacques die houtdeur agter hulle toetrek, net om ’n paar minute later weer met ’n silwer skinkbord en drie glase konjak te verskyn. Dubbel met net ys in. Mark hou vir Pieter met skrefiesoë dop en sê nie veel nie. Anthony se stem is saaklik terwyl hy die agtergrond van die transaksie skets: Mark is op soek na ’n Porsche 911, ’n nuwe een. 1993-model, maar ’92 sal ook doen. Afgelewer in Welkom, onder die radar. Privaat en diskreet. Met ’n nuwe enjinnommer en die nodige dokumentasie wat die padvalke tevrede sal hou. Maak nie saak waar Pieter se kontakte die kar gaan skraap nie. Mark sê steeds niks; hou net vir Pieter dop terwyl hy die ysblokkies in sy drankie rondrol. Pieter sluk aan die knop in sy keel. Hy oorweeg sy opsies. Is dit nie dalk beter om nou kop uit te trek nie? Dinge het dalk net te vinnig gebeur na gisteraand se grootpratery. Miskien moet hy net opstaan en sê: Sorry, manne, ek kan nie.En dan loop. Mark en Anthony se oë brand op hom. Steve blaas ’n bol rook uit. Pieter wonder of hulle kan sien hy bluf. Mark leun vooroor en tip sy sigaaras versigtig in die groot ronde asbak op die tafel tussen hulle.

    Jou fooi ... is R20 000 vir die kar, sê Mark toe hy weer gemaklik agteroorlê.

    Liewe magtig, dink Pieter. Dit is meer as tien maande se salaris!

    Natuurlik sluit dit jou onkostes uit. Mark kruis sy bene. Hoeveel sal dit wees?

    Pieter weet nie wat om te antwoord nie, want eintlik het hy geen kontakte of ondervinding in die onderwêreld nie. Eintlik het hy geen idee waar en hoe om ’n kar te laat steel, ’n enjinnommer en papierwerk te vervals, en dit ongesiens in Welkom af te lewer nie. Dit sal ’n rukkie vat. Dalk ’n maand. Miskien twee, sê Pieter om tyd te wen.

    En jou uitgawes? Hoeveel? vra Mark weer.

    Ons sal sien ... hang af ...

    ’n Sweempie irritasie slaan deur Mark se stem. Hy wil die transaksie nóú afhandel. Sê jou wat. Kom ons maak dit R50 000. Sal dit genoeg wees?

    Pieter knik sy kop.

    Ek kan nie hoor nie? sê Mark dan. Ek vra: R50 000 vir uitgawes; R20 000 vir jou fooi. Het ons ’n deal?

    Ja ... ons het ’n deal. Pieter se stem klink nie heeltemal so selfversekerd soos hy gehoop het dit sou nie.

    Bravo! Bravo! Mark klap sy hande stadig teen mekaar. Hy druk sy hand in sy broeksak, haal ’n rol note uit en gooi dit op die koffietafel. Hier is twee duisend. Vooruit. Die res kry jy by aflewering. Afgespreek?

    Nou het Pieter geen ander keuse nie. Afgespreek, sê hy en lig sy glas na Mark toe voor hy die laaste drank afsluk.

    Jy het gesê twee maande? Maks? vra Mark.

    Twee maande. Ja.

    Op ’n suksesvolle ontmoeting dan! Anthony glimlag breed; Pieter wonder hoeveel kry hy hieruit.

    Een laaste ding ... Mark se stem het ’n dreigende ondertoon toe hy voor Pieter kom staan. Moenie my bevark nie. Moenie eers probeer nie, want dán sal jy jou gat sien. Verstaan jy my?

    Dan vir Anthony: Genoeg gepraat vir een aand. Kry vir my ’n girl. Ek soek die rooikop.

    TWEE

    Die eerste stem wil nog argumenteer: Moenie, Pieter! Maar dis die ander een wat die debat wen. Pieter ry vinniger. Nog net tien minute, dan is hulle daar. Hy skrik toe Engela haar hand skielik vol kinderlike vertroue op sy bobeen sit.

    Dankie, Pieter, sê sy sag. Jy’s ’n pel.

    Hy draai sy kop vinnig na haar gelukkige glimlag. Ag, dis sommer niks, maak hy dit af. Dit is mos hoekom ons daar is vir mekaar.

    As dit nie vir jou was nie ... dankie ... Sy kruis haar arms en staar na die reëndruppels teen die voorruit. Die ruitveërs vee dit binne sekondes skoon. Sjoep, sjoep, maak sy die klanke saggies na. Die werk wat Pieter vir haar gereël het, gaan net so al die trane uit haar lewe wis. Opgewondenheid spoel deur haar: uiteindelik ’n werk wat haar lewe sal verander.

    Watse werk is dit? vra sy. En ... en sal hulle my vat? Skielik twyfel sy. Sedert sy drie weke gelede die skool gelos en uit Dewetsdorp gevlug het, soek sy nog heeltyd hier in Bloemfontein werk. Sonder sukses.

    Pieter glimlag. Hy stop by die rooi verkeerslig by die Selbournelaan-kruising. Ja, natuurlik sal hulle jou vat. Jis, girl, jy weet net nie hoe graag hulle jou wíl vat nie! Die verkeerslig slaan oor na groen. Eerste rat, tweede rat. Sjoep, sjoep, vee die ruitveërs die druppels water van die voorruit af, maar die ruit bly nat. Net soos wanneer ’n mens huil, dink Engela. Jy kan die trane uit jou oë vee, maar jou oë bly nat. En het sy nie juis dié jaar al die meeste in haar hele lewe gehuil nie? Of dalk nie, want miskien lewer elke jaar sy eie kwota huil op, maar sodra die volgende huil kom, vergeet jy mos van gister s’n. Vandat sy kan onthou, het sy gehuil. Vandat sy ’n klein dogtertjie was in Brits, voor hulle Bloemfontein toe getrek het, het sy gehuil oor die armoede, die hongerte en die bakleiery in die huis. Dié drie dinge was nog altyd deel van haar lewe. Kos op die tafel was maar skaars en die balju was lief vir hul voordeurklokkie, want geld was daar nie juis nie – daarvoor het pa Andries en ma Dorothy te kwaai gedrink. En dan was daar die bakleiery na elke drinksessie. Drie jaar gelede het haar ma uit hul huis in Fauna hier in Bloemfontein na ’n woonstel in die middestad getrek en Engela

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1