Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Dogter Jy Kan
Dogter Jy Kan
Dogter Jy Kan
Ebook166 pages1 hour

Dogter Jy Kan

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie boek sal die wonde van die dogters genees! In hierdie langverwagte boek word vroue uitgedaag om die wysheid van God toe te laat om die baie onmoontlike situasies te oorkom wat op hulle pad kom. God sal jou lewe aanraak en vir jou krag gee wanneer jy hierdie kragtige boek geniet wat spesiaal vir die dogters geskryf is ...

LanguageAfrikaans
Release dateJul 28, 2016
ISBN9781613953204
Dogter Jy Kan
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Dogter Jy Kan

Related ebooks

Related articles

Reviews for Dogter Jy Kan

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Dogter Jy Kan - Dag Heward-Mills

    Dit is ’n boek wat ek vir vroue skryf. Dit is ’n boodskap vir vroue van oral. Vroue is anders geskep as mans en ek glo dat hulle ’n besondere boodskap verdien. 

    Jesus verwys op twee verskillende maniere na dames. Hy noem hulle òf vroue òf dogters

    Daar is ’n verskil tussen ’n dogter en ’n vrou. As ek ’n dame was, sou ek dit verkies het as Jesus my dogter noem. Ek dink ’n dogter is oor die algemeen meer ontvanklik, meer oop en meer nederig. In die gewone lewe kan ’n volwasse vrou nie so maklik soos ’n dogter beïnvloed word nie.

    Die bitterheid van die lewe

    Baie vroue het verbitter geraak deur die ervarings in hulle lewe. Hulle is verhard, onvergewensgesind en ongenadig. Die pynlike ervarings van die lewe het die krag van geloof en vertroue weggewas. Moet nooit ’n man vertrou nie, sê hulle. Hulle sê ook vir hulleself: Moet nooit ’n ander vrou vertrou nie. Ek merk hoe baie vroue in eensaamheid lewe. Hulle is eenlopers met amper geen vriende nie.

    Let op hoe Jesus met die vrou van Samaria gepraat het. Hy het probeer om die vrou sover te kry om die dinge te glo wat Hy gesê het.

    Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ’n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.

    Johannes 4:21

    Let ook op hoe Jesus met die vrou gepraat het wat in owerspel betrap is. Dit was ’n vrou wat deur die toedoen van onvergewensgesinde mans amper haar lewe verloor het. Hy wou haar help om weer in liefde te glo.

    Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.

    Johannes 8:10-11

    Kyk ook hoe Jesus met die vrou gepraat het wat vir agtien jaar onder ’n bose gees gely het wat haar heeltemal verswak het. Hierdie vrou het baie deurgemaak. Sy het bitterheid en pyn vir baie jare ervaar. Hierdie vrou het ’n wonderwerk nodig gehad. Luister na hoe Jesus met haar praat:

    Vrou, jy is van jou krankheid verlos. En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik.

    Lukas 13:12-13

    Hoofstuk 2

    Die dogters

    In die gewone lewe is dogters nie vol bitterheid en onvergewensgesindheid nie. Daar is ’n mate van skatlikheid en onskuld wat ’n dogter kenmerk. Bo alles is daar ’n spesiale vertroue wat ’n dogter vir haar pa het. Ongelukkig verdof die geloof, die hoop en die liefde van die dogters as hulle volwasse vroue word.

    Jesus het na sommige vroue as dogters verwys. Ek glo dit was as gevolg van die geloof wat hulle in hulle gehad het. Hy het die suiwer liefde raakgesien wat hulle teenoor Hom gehad het.

    Kom ons kyk na hierdie groep vroue wat uit Jesus se bediening voordeel getrek het. Hierdie keer let ons op hoe Hy hulle anders aangespreek het. 

    In een van die grootste wonderwerke wat Jesus ooit verrig het, die genesing van die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, sien ons dat Jesus na haar verwys as ’n dogter! Hierdie vrou was in staat om die salwing te ontvang, al kon ander mense rondom haar niks aanvoel nie.

    … sy het aan haar liggaam bemerk dat sy van haar kwaal genees was.

    Markus 5:29

    Maar Jesus antwoord: Iemand het My aangeraak, want Ek het gemerk dat krag van My uitgegaan het.

    Lukas 8:46

    Daar is iets in verband met hierdie dogter waarop ek jou aandag wil vestig. Heel eerste het sy ’n groot vertroue in Jesus se vermoë gehad. In haar siekte en swakheid het sy deur die skare gebeur totdat sy die soom van sy kleed aangeraak het.

    Dit moes groot geloof van hierdie vrou gevra het om deur die malende skare te beur. Dit is presies wat van haar ’n groot dogter gemaak het: geloof en vertroue. Haar twaalf jaar van bitter ervarings met verskillende mense was nie genoeg om geloof in haar hart te blus nie.

    Versigtige vroue

    Soms maak ’n agtergrond van sondige ervarings met verskillende mans dit vir ’n vrou moeilik om enige man te vertrou. Sy het min vertroue in haar pa, haar pastor en enige man van God. Sy kan eenvoudig nie meer glo dat goedheid en reinheid bestaan nie. Dit gebeur soms dat die saad van wantroue voortdurend gesaai word, net omdat sy in ’n kultuur van agterdog en skinderstories grootgeword het. Sulke vroue neig daartoe om voortdurend twyfelend, ongelowig, skepties en agterdogtig te wees. ’n Vrou wat nie kan vertrou nie, is gewoonlik nie in staat om lief te hê nie. Sy is vol vrees. Volmaakte liefde dryf die vrees uit. Die Bybel sê die liefde …

    … glo alles …

    1 Korintiërs 13:7

    Dogters ontvang die salwing van hulle vaders

    Die ander merkwaardige kenmerk van hierdie dogter (die vrou wat aan bloedvloeiing gely het) was die feit dat sy die salwing van Jesus ontvang het. Dit is die enigste keer in die Bybel waar die salwing van een persoon na ’n ander gevloei het en waarvan albei dit letterlik gevoel het. Jesus het gevoel hoe die salwing Hom verlaat en die dogter het gevoel hoe die salwing in haar liggaam inkom.

    Jy sien, dit is kinders wat die kosbaarste gawes van hulle ouers ontvang. Dit is kinders en nie gelykes of kollegas nie wat die erfdeel van hulle vaders ontvang.

    Daar kom ’n tyd in die lewe van ’n vrou wanneer sy geneig is om die gesag van ’n man te bevraagteken. Ek neem haar nie kwalik nie, omdat baie mans onverantwoordelik en onbetroubaar is.

    En tog, as jy mans beveg en hulle gesag bevraagteken, dan kan dit maklik verhoed dat jy die salwing ontvang. Jy sal ’n voortgaande weerstandige gesindheid teenoor God se gawe hê. Jy sien, baie van die werktuie wat God gebruik, is mans.

    Wanneer jy iemand as ’n vader ontvang, open jy jouself om die kosbaarste gawe van hom te kry. Miskien is dit die rede waarom Jesus na haar verwys het as dogter.

    Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees van jou kwaal genees.

    Markus 5:34

    Dogters is vir altyd

    By ’n ander geleentheid, toe Jesus na die kruis op pad was, het ’n groot skare Hom gevolg. In hierdie skare was vroue wat ongelukkig was oor die onreg wat Hom aangedoen word. Hulle het Hom openlik ondersteun en in die openbaar sy kant gekies.

    Op die tyd toe al die mans en apostels die Here verlaat het, het die vroue sterk gestaan. Jesus het na hulle toe gedraai en woorde van profesie uit sy hart aan hulle bedien. Hy het nie na hierdie ondersteunende dames as vroue verwys nie, maar as dogters.

    Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders.

    Lukas 23:28

    Besluit om ’n vrou te wees wat Jesus as ’n dogter sal sien. Iemand wat oop is vir die salwing! Iemand wat die man van God sal ondersteun! Iemand wat bereid is om openlik en met ywer met die visie saam te gaan!

    Hoofstuk 3

    Die bedekking

    Vroue het ’n bedekking nodig

    Vroue het ’n bedekking vir hulle lewe nodig. Hierdie bedekking dien as ’n skild van beskerming. Ongelukkig is daar baie vroue wat hierdie werklikheid nie wil aanvaar nie. Hulle sien hulleself as gelykwaardig aan mans en so goed as enigiemand anders.

    Maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan.

    1 Korintiërs 11:5

    Dit is net met ’n gees van nederigheid dat jy hierdie werklikhede kan aanvaar. Die koninkryk van God kan op die beste met die gesindheid van ’n klein kindjie nagejaag word.

    Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

    Matteus 18:3

    Dit is belangrik vir ’n vrou om geestelik bedek te wees en hierdie bedekking kom deur ’n hoof. Of ’n vrou getroud is of nie, sy kan hierdie bedekking kry wat sy nodig het.

    … die man is die hoof van die vrou …

    1 Korintiërs 11:3

    Hierdie bedekking word soms deur eggenote, pastors of geestelike vaders voorsien. ’n Vrou wat sonder hierdie geestelike bedekking bedien, is uit haar plek uit. Natuurlik, as jy met ’n ongelowige getroud is, kan hy nie jou geestelike bedekking wees nie.

    As jy getroud is met ’n man wat geestelik agter staan, is hy nie jou bedekking nie. Iemand wat geestelik bokant jou staan, moet daardie bedekking voorsien. Dit is waarom dit ’n bedekking genoem word.

    Liewe suster, het jy ’n geestelike bedekking? Is jy oop vir die berading van die manne wat God vir jou bedekking aan jou gegee het? Wie is jou geestelike bedekking? Of is jy ’n rebel? Moenie vergeet nie dat niemand van ons bo die Woord van God is nie.

    Hoofstuk 4

    Dogter, dis jou eer!

    Maar Barak sê vir haar: As u met my saamtrek, sal ek gaan; maar as u nie met my saamtrek nie, gaan ek nie. Toe sê sy: Ek sal sekerlik met jou saamtrek, maar die eer sal nie joue wees op die pad wat jy sal gaan nie; want die Here sal Sísera in die hand van ’n vrou verkoop; en Debóra het opgestaan en saam met Barak na Kedes getrek.

    Rigters 4:8-9 

    In hierdie verhaal word die geleentheid aan ’n vrou gegee om die eer van ’n man te ontvang. Die man se taak het in die hande van ’n

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1