’n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue volg op twee susksevolle Pharos-publikasies deur dr. Anton F.Prinsloo, naamlik Spreekwoorde en waar hulle vandaan en Bygelowe en waar hulle vandaan...view more’n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue volg op twee susksevolle Pharos-publikasies deur dr. Anton F.Prinsloo, naamlik Spreekwoorde en waar hulle vandaan en Bygelowe en waar hulle vandaan kom.
Toe dr. Anton Prinsloo tien jaar oud was, is sy eerste twee verhale in die destydse dagkoerant, Die Transvaler, gepubliseer.
Sedertdien is hy in die wetenskap van taal geïnteresseerd, maar veral in die herkoms van Afrikaanse woorde en uitdrukkings.
Hy was voorsitter van die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Taaladviesraad van die destydse SAUK. Hy het verskeie artikels vir linguistiese tydskrifte geskryf en het nie minder nie as agt boeke gepubliseer. Hy is reeds ‘n dekade lank die skrywer van die rubriek “Taalkruie”, wat in die dagblad, Volksblad, verskyn.
Dr. Prinsloo het onder meer pryse van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, die ATKV en die FAK vir sy skryfwerk ontvang.view less