Huisgenoot

DIE SKOOT WAT SY PA VAT

‘HOEKOM SAL EK MYSELF DEUR SO BAIE PYN EN LYDING SIT? HY WAS MY ALLES GEWEES’

WANNEER sy dorp toe gaan, voel sy hoe die oordeel dik in die lug hang.

“Mense kryt my uit as ’n moordenaar,” vertel die jong vrou hier in die kuierhoekie van die huis op Brits waar daar eens so baie gelag is.

“As ek inkopies in die dorp gaan doen, kan ek voel hoe mense na my staar. Ek wens net hulle kan besef dit was regtig net ’n fratsongeluk.”

Dis ’n oomblik wat Megen Kloppers (25) oor en oor in haar nagmerries herleef.

Die ligte skop van die .22-geweer teen haar skouer, die knal van die skoot. Dan haar man se woorde: “Ag, nee, Lovie, jy het my raakgeskiet…”

Sy het eers gedink hy maak ’n grap, maar toe sak hy ineen.

“Ek het koud geword en die geweer neergegooi,” vertel sy en begin ontroosbaar huil.

Die jong ma praat vandag eksklusief met Huisgenoot oor die skietdood van haar man, Freek (31), wat soveel opspraak verwek het.

Megen hou vol sy dood op 6

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
’n Huis Met ’n Uitsig
DIS nié die Vanrhynsdorp wat ’n mens in toeristebrosjures sien nie. Die vlakte lê eindeloos voor jou uitgestrek en daar is nie ’n veldblom in sig nie. “Spitsverkeer op Vanrhynsdorp is wanneer daar vyf karre is,” sê Maria Lakay en wys uit haar ruim si
Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot1 min read
Maak Jou Eie Papier
Verwyder alles uit die houtraam en plaas dit op ’n oppervlak met die kleiner opening na bo. Plaas die maasdraad bo-op sodat dit die oop deel van die raam bedek. Kram dit dan reg rondom vas. Skeur die papier in klein stukkies en plaas dit in die menge

Related