Huisgenoot

Boeke vir die feestyd

ZELDA BEZUIDENHOUT

Harry Kalmer se ’n Duisend stories oor Johannesburg, wat al in 2014 verskyn het, het eers vanjaar op my bedkassie beland. Wat ’n boek! Dis ’n stadsroman, maar ook ’n “raamverhaal”, wat beteken dat die hoofstukke in die boek eintlik elkeen ’n verhaaltjie op sy eie is. Dieselfde karakters loer elke dan en wan in en die stories kan in enige volgorde gelees word. Shuggie Bain deur die Skotse skrywer Douglas Stewart was ’n aangrypende, hartseer en dikwels ook skreeusnaakse roman oor alkoholverslawing.

Die waarde van stil bure

’n Ligte spanningsverhaal met sterk verhoudingselemente en ’n goeie dosis mediese intrige. En ’n identiese tweelingsuster.

Die kind se naam is Anneke

Juliana se dogter, Anneke, se lewe is vir altyd verander deur ’n waterpokkievirus wat haar brein aangetas het.

JULIANA COETZER

Gerda Taljaard se historiese roman, Vier susters. Dis die verhaal van die sterk, onafhanklike en soms gevaarlike vroue teen die agtergrond van die plaas. Die effek van die oorlog op elkeen van hulle het my betower.

Tot my skande moet ek erken dat ek eers vanjaar die Napolitaanse reeks van Elena Ferrante gelees het en daarna is ek heeltemal obsessief oor dié enigmatiese skrywer. Alles wat sy skryf, verorber ek. My Brilliant Friend, wat gaan oor die vriendskap tussen twee meisies van Napels, is vir my die hoogtepunt van haar oeuvre.

ASHWIN ARENDSE

Ek lies at least een kee ’n maand. Nathan Trantraal change ie game hie vi ammel. Is is een vanne paa amazing novels wat ek as part vanne project recently gelies et. Deerie chaos skryf Irvine Welsh ’n generation-defining boek wat jou oppe trip sit soesie hard drugs wat groot deel het innie boek se subject matter.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
’n Huis Met ’n Uitsig
DIS nié die Vanrhynsdorp wat ’n mens in toeristebrosjures sien nie. Die vlakte lê eindeloos voor jou uitgestrek en daar is nie ’n veldblom in sig nie. “Spitsverkeer op Vanrhynsdorp is wanneer daar vyf karre is,” sê Maria Lakay en wys uit haar ruim si
Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot1 min read
Maak Jou Eie Papier
Verwyder alles uit die houtraam en plaas dit op ’n oppervlak met die kleiner opening na bo. Plaas die maasdraad bo-op sodat dit die oop deel van die raam bedek. Kram dit dan reg rondom vas. Skeur die papier in klein stukkies en plaas dit in die menge

Related