Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Man in die maan
Man in die maan
Man in die maan
Ebook272 pages9 hours

Man in die maan

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Sedert die dag toe die maan deur ’n asteroïde getref is, weet almal dat dit onafwendbaar is: dis die begin van die Einde. Tog gaan die lewe op Dennehoop eintlik ongesteurd voort. Maar dan verdwyn Stegman, die makelaar wat alewig versekering aan almal probeer verkwansel, spoorloos. En terwyl Kaptein Emma Rosely die saak ondersoek, kom sy agter dat die inwoners van Dennehoop ’n klomp geheime vir mekaar wegsteek.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateAug 20, 2021
ISBN9780624089872
Man in die maan
Author

Etienne Fourie

Etienne Fourie is ’n visuele kunstenaar en bekroonde draaiboekskrywer en regisseur in Kaapstad. Hy is onder meer bekend vir films soos Die Windpomp (2014), Dis Koue Kos, Skat (2016), Liewe Kersfeesvader (2017) en Stiekyt (2021). Man in die maan is sy debuutroman.   

Related to Man in die maan

Related ebooks

Related articles

Reviews for Man in die maan

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Man in die maan - Etienne Fourie

    9780624089810_FC

    TAFELBERG

    Hoofstuk Een

    DIE EINDE

    1

    25 Junie 2022

    Een ding waarvan polisiekaptein Emma Rosely oortuig is, is dat institusionele dekor ’n groot gelykmaker is. Niemand kan gemaklik wees daarmee nie. Dis ’n emosionele en liggaamlike onmoontlikheid: metaalstoele, beige mure en ’n verleppende varing is eenvoudig nie bedoel om vreugde te verskaf nie.

    Na vyftien jaar by dieselfde werk is Emma dit gewoond. Die mense wat mekaar aan die ander kant van die lessenaar opvolg, is egter nie.

    Deur die loop van ’n dag waarin sy die een op die ander mededorpenaar sien wriemel in die stoel oorkant haar, het sy dit ernstig oorweeg om aansoek te doen om ’n verplasing.

    Sy kan haarself ten minste troos aan die wete dat Anna Raaisel, ’n voormalige skoonheidskoningin wat intussen die tekens van veroudering onder lae goedkoop grimering en parfuumwalms begin verbloem het, Emma se laaste onderhoud vir die dag is.

    Kan jy daarop uitbrei? vra sy vir die soveelste keer. Bewus van, en bedonnerd oor, die feit dat sy al hoe meer soos ’n terapeut klink.

    Anna vee haar skarlakenrooi krulle uit haar gesig en teug aan haar koffie. Sy kug. Hoewel sy skaars dertig jaar oud is, het sy die hees stem van iemand wat al dekades lank rook.

    Ja, uhm … dit was … ’n verrassing. Niemand het dit sien kom nie. Sy trek haar skouers op. Maar selfs al het ons, en sy neem nog ’n slukkie koffie, is daar niks wat enigiemand daaraan sou kon doen nie, so …

    Emma het dit alles reeds gehoor. Dis asof dit ál is waaroor mense kon praat. Selfs nou, veertien jaar later. Dis net ’n kwessie van tyd voor dit die onderwerp van die gesprek word.

    Sy maak keel skoon, moet die onderhoud terug op koers kry. Ek moet vir jou ’n paar vrae vra rakende die verdwyning van –

    Gaan jy dit tape? vra Anna, haar oog op die bandopnemer tussen hulle.

    Ja. Dit neem reeds op. Ons is mos nou al hieroor –

    Ek check net.

    Okay, so –

    Kan ek ’n copy kry?

    Ekskuus?

    Van die opname.

    Vir wat?

    Anna trek haar skouers op: Vir my showreel. Ek probeer in radio inkom. Almal weet dit.

    Emma onderdruk ’n sug. Ons sal sien. Probeer vir nou asseblief om te konsentreer.

    Onderhoud nr. 17 – Raaisel, A. 25/06/2022

    KAPT. E. ROSELY: Vyf-en-twintig Junie, onderhoud nommer sewentien: Anna Raaisel. So, mejuffrou Raais-

    ANNA RAAISEL: Toets-een-twee, toets-een-twee …

    KAPT. E. ROSELY: Dis nie nodig nie.

    ANNA RAAISEL: Gaan jy action sê, of begin ek net?

    KAPT. E. ROSELY: Met wat?

    ANNA RAAISEL: Met die onderhoud.

    KAPT. E. ROSELY: Ek moet jou eers ’n vraag vra.

    ANNA RAAISEL: Fantasties. Net wanneer jy gereed is …

    KAPT. E. ROSELY: Goed, uhm … dankie. So, op die oggend van die twee-en-twintigste Junie – waarmee was u besig?

    ANNA RAAISEL: Action! Okay, hier gaan ons. Was dit die Dinsdag of die Woensdag?

    KAPT. E. ROSELY: Woensdag.

    ANNA RAAISEL: Ek kan glad nie onthou nie.

    KAPT. E. ROSELY: Is daar enigiets van daardie dag wat u wel onthou?

    [Pouse.]

    ANNA RAAISEL: Ek dink ek het my gunstelingtoppie aangehad – jy weet, die blou ene. Kant op die kragie, wit knope?

    KAPT. E. ROSELY: Ek’s nie vertroud met u klerekas nie –

    ANNA RAAISEL: U nogal! Sjoe.

    KAPT. E. ROSELY: Dis ’n formele onderhoud, juffrou Raaisel, soos ek reeds –

    ANNA RAAISEL: Ek kan nogal gewoond raak hieraan, hoor. Laat my voel soos, ek weet nie, iemand belangrik.

    KAPT. E. ROSELY: Is daar ’n –?

    ANNA RAAISEL: Soos prinses Di – of ’n onderwyser.

    [Lang stilte.]

    KAPT. E. ROSELY: Is daar ’n spesifieke rede waarom u uitrusting daardie dag in u geheue …?

    ANNA RAAISEL: Ek onthou, want dis dieselfde een wat ek aangehad het toe, jy weet, toe dít gebeur het …

    KAPT. E. ROSELY: Kan u onthou of u enigiemand opgemerk het by –?

    ANNA RAAISEL: Dit was crazy daai dag. Heeltemal mal. Wel, jy sal onthou, jy was daar.

    KAPT. E. ROSELY: Ja, ek was. Luister, juffrou Raaisel, as ons net kan probeer om te hou by –

    ANNA RAAISEL: Almal het uitgefreak. Onthou jy? Arme Attie van die slaghuis het die hasepad gevat. Letterlik! Jy weet daardie bergpaadjies as jy die R42 uit die dorp uit vat?

    KAPT. E. ROSELY: Ja.

    ANNA RAAISEL: Wel, hy’t een van hulle gevat. Hom nooit weer gesien nie.

    KAPT. E. ROSELY: Dis vir nou belangrik dat ons ons bepaal by die meer onlangse gebeure van –

    ANNA RAAISEL: Daar was niks wat enigiemand kon doen nie. Ek dink altyd daaraan. Wat het jý gedoen, Emma?

    KAPT. E. ROSELY: As u vir nou asseblief na my kan verwys as kaptein Rosely, sal dit –

    ANNA RAAISEL: Het jy ook uitgefreak? Ek’s seker jy het, ek bedoel, fok … Sorry, allamapstieks.

    [Lang pouse.]

    KAPT. E. ROSELY: U kan seker maar so sê, ja. Het u … uhm … uitgefreak?

    ANNA RAAISEL: Dit wás die einde van die wêreld. Wat meer kan jy doen behalwe as om jou seat belt vas te maak?

    KAPT. E. ROSELY: Ek dink –

    ANNA RAAISEL: Fokol, dís wat. Know what I mean?

    [Pouse.]

    KAPT. E. ROSELY: Wil u nog koffie hê?

    ANNA RAAISEL: Hang af – is dit verniet?

    [Hoorbare sug.]

    KAPT. E. ROSELY: Ja.

    2

    15 Januarie 2008

    ’n Gehyg na asem maak plek vir ’n uitgerekte gil wat vir ’n paar sekondes die radionuusleser se stem uitdoof. Dan is hy weer hoorbaar, professioneel en skynbaar onbetrokke:

    Die minister van omgewingsake en toerisme se kantoor het pas aan Radio Treffer-en-Trap, 94.8 FM, ‘Jou Nuus – Jou Wêreld’, bevestig dat …

    Ratte knars soos die Opel Kadett tot sy nederige uiterste beproef word. Yan Duvenhage, met ’n meelbesmeerde voorskoot oor sy klere, kyk besorgd na sy vrou op die passasiersitplek. Magriet, papnat gesweet, sit vooroor gekrul met haar voete teen die paneelkissie geplant. Sy het nie meer baie tyd oor nie – húlle het nie.

    … en dat die asteroïed binne die volgende uur die maan sal tref. Die minister doen ’n beroep op almal om asseblief kalm te bly … Die nuusleser se formele stemtoon bly onveranderd, … ten spyte van die feit dat jou hele lewe ’n totale mors van tyd was, en dat jy daarvan oortuig is dat minstens twee van jou pragtige kinders ’n ander man s’n is, en jy spyt is oor elke liewe besluit wat jy ooit geneem het …

    Toe die nuusleser se fasade verkrummel en daar net die geluid van onbeheerste snikke is, skakel Yan die radio af. Die man se stem het hom nog altyd geïrriteer, en die huilery maak beswaarlik dat hy meer van hom hou.

    Hou vas, herinner hy sy passasiers, al moet hy self die histerie onderdruk. Hoor jy, Francois?

    Op die agtersitplek hou die vyf jaar oue seuntjie die naghemel met groot oë dop. Francois Duvenhage klou aan sy veiligheidsgordel asof sy lewe daarvan afhang.

    Amper daar! Yan kan dit nie verhelp nie. Al weet hy wat hy gaan sien, leun hy oor na die voorruit en kyk op – net om weer terug te deins. Here, help ons …

    Die volgende oomblik moet hy uitswaai om ’n botsing met ’n ambulans – verlate en met oop deure, die enjin luierend – in die hospitaal se parkeerterrein te voorkom. ’n Leë trollie hang halflyf by die agterkant uit. Yan bring die Kadett met skreeuende bande voor die noodingang tot stilstand.

    Daar is nie ’n enkele mens in sig nie. Dit is die einde van die wêreld.

    Halfpad om die Opel Kadett om Magriet uit te help, word Yan se blik wéér opwaarts getrek, asof deur ’n onsigbare aantrekkingskrag. Die helder volmaan lewer ’n skitterende vertoning, moontlik sy laaste, want daar is ’n bal vuur en klip wat vernietigend deur die naghemel soontoe voortsnel.

    Francois! Die seuntjie staan en bewe, sy oë wyd. Vat Mamma se ander hand. Kom!

    Die Duvenhages sukkel by die outomatiese deure in. Daar is niemand by die ontvangstoonbank nie, net ’n telefoon wat aanhou en aanhou lui.

    Hallo? roep Yan. Dis asof die stilte sy stem saam met die telefoon se laaste lui sluk. Hallo!

    Niks.

    Dan kraak ’n deur aan die punt van die gang oop.

    ’n Verpleegster verskyn, histeries aan die huil. Sy hardloop met ’n blinde vaart verby hulle, dalk nie eens bewus van die feit dat daar mense is nie. Die Duvenhages kyk haar agterna, tot sy by die outomatiese deure uitglip en die nag in verdwyn.

    Yan lei Magriet by ’n kamer met vier beddens in en help haar om op die naaste bed te gaan lê.

    Francois, sê hy so kalm as wat hy kan, sy hande op sy seun se skouers, jy gaan my moet help. Vir Mamma moet help. Verstaan jy?

    Die seun knik gedetermineerd, al lê die trane duidelik vlak.

    Ongeag sy duidelike herinneringe aan Francois se geboorte, het Yan geen idee hoe om self ’n bevalling te hanteer nie. Die enkele ouerskapshandleiding wat hy kon klaar lees – en dit wás vyf jaar gelede – het nie ’n hoofstuk hieroor gehad nie. Hy sal moet improviseer, staatmaak op sy skrapse kennis van dié onderwerp, en dit kom alles uit flieks en televisieprogramme. Iemand vra gewoonlik vir handdoeke en warm water – maar waarvoor word dit gebruik? Só ver uit sy diepte was hy nog nooit.

    Yan se verligting toe hy handdoeke opspoor, verdwyn sodra hy dit begin inspan. Dit is in ’n oogwink skarlakenrooi gevlek.

    Ons het nog handdoeke nodig! gil hy.

    Yan. Magriet se stem is hees van kort gelede se geskree. Yan …

    Kan sý tog nie maar antwoorde hê nie? Die een of ander stel instruksies wat hy moet volg. Dit voel of hy in sy paniek gaan verdrink.

    Ek weet nie wat –

    Luister! beveel sy. Luister net …

    Hy leun oor na haar toe. Dan vorm daar ’n stralekrans om Magriet se kop – van ’n polsende, blinkhelder lig wat soos ’n laser deur die gordyne dring.

    Ek kan hom sien … fluister Magriet, en staar na iets wat nie een van die ander Duvenhages kan sien nie. Hy … hy is pragtig.

    Magriet, waarvan …

    Die lig verdwyn so gou as wat dit verskyn het. Trouens, die kamer is stikdonker en daar kom ’n diep, swaar geluid wat Yan laat besef die hospitaal se krag het pas afgegaan. Oomblikke later skop ’n kragopwekker egter in en word die vertrek met ’n koue blou noodlig gevul.

    Yan. Magriet se stem word ál swakker. Yan …

    Asseblief, my liefste, asseblief. Sy oë brand van die trane, van sweet. Hou net vas, okay? Ons is amper daar!

    Sê vir hom … voeg sy sukkelend by, staar steeds verby hom. Sê vir hom ek sal vir hom wag – reg aan die einde …

    Sy gil – ’n kreet wat deur die vertrek skeur. Die drie Duvenhages deel die laaste oomblikke van geboorte – drie uitdrukkings van vrees en dan, uiteindelik, van verslaentheid.

    Dan is die verblindende lig terug. Dis asof die hele hospitaalkamer ’n ruk gee.

    Die laaste woord wat Magriet sê, vir iemand wat net sy kan sien, is klokhelder ten spyte van die chaos om hulle.

    Haai …

    Die pasgebore babatjie se gehuil.

    Die gedonder van ’n ontploffing iewers in die verte.

    Rondom hulle versplinter ruite en trek meubels deur die lug toe iets – ’n skokgolf? – die aarde tref. Maar Yan bly staan met die baba in sy arms.

    Hennie Duvenhage is gebore op die dag dat die wêreld eindig.

    En in die oorverdowende stilte wat volg, word Magriet se hand pap in Francois s’n soos sy wegglip, met net die skim van ’n glimlag wat op haar strak gelaat bly spook.

    3

    25 Junie 2022

    Anna Raaisel sit in stilte en kyk hoe ’n nuwe kassetjie in die bandopnemer gedruk word. En toe Emma vir haar die groen lig gee, gaan sy voort asof daar geen onderbreking was nie.

    Jy weet, vir party mense was dit rêrig daardie dag die einde. Know what I mean?

    Ja.

    Foeitog.

    Ironies, dink jy nie?

    Ja, seker maar. Emma se geduld is besig om uit te rafel.

    "Shame. Soos daai gesin wat hulleself in die swembad ge-electrocute het met die –"

    Ek onthou.

    Of die Meyers wat hulleself agter op daai perde vasgebind en –

    Ja, ja. Ek onthou.

    Hulle’t nooit daai meisie se arms gekry nie, het jy geweet?

    Ek weet, sug Emma, dan: Ons het orals gesoek.

    Nou skilder sy glo pragtige stillewes met haar –

    Dink jy ons kan terugkeer na die gebeure van –?

    Vir party was dit regtig die einde van die wêreld, dis eintlik al wat ek sê. Maar vir die res van ons … Anna laat die gedagte in die lug hang en teug diep aan haar sigaret. Mense doen vreemde dinge, weet jy, wanneer die wêreld vergaan.

    Terwyl sy deur die dag se aantekeninge gaan, moet Emma ten minste met dáárdie punt saamstem.

    Die polisiestasie loop leeg om haar terwyl sy tussendeur na die beeldmateriaal kyk. Soos die ander, het Anna Raaisel nie geweet daar is ’n kamera wat elke beweging vasvang nie. Nugter weet hoe dít haar sin vir die dramatiese sou aangevuur het.

    Tog was die onderhoud met Anna nie die vreemdste van die dag nie. Nog lank nie.

    Emma druk weer Play, vis ’n metaalflessie uit haar onderste laai uit en gooi ’n stewige dosis van die inhoud by wat oorbly van haar koffie. Die gedagte aan ’n verplasing begin al hoe meer aanloklik klink. Hierdie plek is nie haar stadige verval in alkoholisme en ’n voortydige hartaanval weens spanning werd nie.

    Op die volgende dorp, stel sy ’n heildronk in.

    Met haar vry hand beweeg sy deur die beeldmateriaal op die rekenaar.

    Mense is vreemd, Kaptein Rosely. Op die skerm is ’n man in sy sewentigs, aangetrek soos Cher, en met sy wange besmeer van die maskara nadat hy trane afgevee het. Ek bedoel, net die ander dag …

    Emma laat die video vinnig aanbeweeg; dit was erg genoeg om een keer daarna te moes luister. Sy spoed verby etlike ander onderhoude, druk dan weer Play.

    Elias Winter, ’n lang, seningrige man in sy sestigs, het die blas, sonbeskadigde voorkoms van ’n baie ouer man. Sy welige baard hang laag oor sy poeierblou kleed waarop ’n ingewikkelde embleem geborduur is: twee sirkels wat inmekaargevleg is, die een groter as die ander, met twee horisontale lyne daardeur. Hy sit tjoepstil, geduldig, arms voor sy bors gevou.

    Aan die begin was dit chaos. Maar toe mense agterkom dat die einde van die wêreld soos enigiets anders tyd vat om te gebeur, het dinge effens … gekalmeer. Ek self sou nooit –

    Emma beweeg aan.

    Sanet, ’n tingerige vrou met hare in ’n olierige bolla op haar kop soos ’n vetkoek, sit langs die manlike tolk, ’n bleeksiel met ’n middelpaadjie, wat spesiaal vir die onderhoud laat kom is. Soos Sanet se hande die een gebaar na die ander maak, vind dit klank in die tolk se growwe, eentonige stem: Die lewe moes aangaan. Mense moes eet, slaap, skool toe gaan, werk …

    Dan, toe ’n vars koppie koffie voor haar neergesit word, kom daar uit Sanet se mond die woord: Dankie!

    Die tolk se mond val oop. Sanet, rooi gebloos, maak nog een laaste gebaar: Oepsie.

    Emma sug en beweeg aan.

    Op die skerm is Peach, ’n vrou in haar laat dertigs met ’n ronde, vriendelike sproetgesig en twee voortande wat steurend oorvleuel. Sy het met daardie uitgerafelde trourok aan ingestap, daarna gewys en verduidelik: Trek aan vir die verhouding wat jy wil hê, nie vir die een wat jy het nie!

    Hulle’t gesê die stuk maan wat afgebreek het, sou uiteindelik die aarde tref – en dan, jy weet, kaboooeeem! Sy het vir ’n oomblik meegevoer gelyk, dan haal sy haar skouers op. Maar dit was veertien jaar gelede, so …

    Emma beweeg aan.

    Ons wag nou nog, sug ’n bejaarde mevrou Van Rooy, plooie só diep dat Emma byna wou glo sy het dae lank in ’n bad lê en week voor sy ingekom het. Ons is die mense wat wag. Ek hoop maar net die ouderdom haal my in, eerder as die maan … Nadat mevrou Van Rooy dié presiese stelling vir die vierde maal gemaak het, het Emma die onderhoud kortgeknip en ’n kollega gevra om die tannie by haar huis te gaan aflaai.

    Emma spoel lukraak, vir oulaas, deur die beeldmateriaal en stop dan weer by die onderhoud met Elias Winter.

    Daar’s iets … en Elias draai die punt van sy baard om sy wysvinger terwyl hy die regte woord soek, beeldskoon aan die wete dat dinge stadig maar seker besig is om tot ’n einde te kom, dink jy nie, kaptein? Iets mooi. Heilig selfs.

    Kom ons keer terug na …

    Sy kon hom toe nie by die punt hou nie.

    Forward.

    Anna Raaisel maak gereed om nog ’n sigaret aan te steek. Is dit okay as ek rook hier binne, by the way?

    Nee.

    Sy steek die sigaret aan. Anyway. Daar’s vreemde goed aan die gang, ek sê jou, en sy slaan oor na ’n sameswerende fluisterstem, "selfs moord."

    Ek’t gesê ‘vermis’, nie ‘vermoor’ nie.

    Natuurlik, knipoog sy vir Emma.

    Emma spoel die video verder vorentoe. Op die skerm vee sy na ’n stiltetjie haar sjokoladebruin hare uit haar gesig en kyk na haar notas. Sy maak die boekie toe.

    Dankie vir jou tyd, juffrou Raaisel.

    Emma druk Stop. Genoeg is genoeg. Sy kry haar goed bymekaar.

    Toe sy vyf minute later deur die parkeerterrein na haar kar toe stap, is dit met die gevoel dat die hele dag se moeite alles verniet was. Sy sit met ’n vermiste-persoon-saak en al waaroor enigiemand wil praat, is dat die wêreld meer as ’n dekade gelede ámper tot ’n einde gekom het, en nog steeds enige oomblik kán.

    Emma sukkel om te dink hoe dit eens op ’n tyd anders was. Dit is seker maar die permanente gedagte aan iets wat letterlik bo hulle koppe hang wat die mense so senuweeagtig, kriewelrig maak. Sy, daarenteen, dink selde dié tyd van die dag verder as die bevrore aandete en bottel chardonnay wat by die huis wag. Dit is die klein dingetjies wat kan maak dat jou kop nie uithaak nie, veral in tye soos dié.

    Tog, terwyl sy by die parkeerterrein uitry, vind sy dat sy ook aan daardie tyd terugdink. Nadat sy die hele dag moes luister na mense wat die heeltyd daarna verwys, kan dit seker ook nie anders nie.

    Die eerste paar dae was presies wat ’n mens kon verwag. Regoor die wêreld het televisieskerms dieselfde storie uitbasuin. Daar was berigte van chaos vanuit elke uithoek van die wêreld. Geldeenhede het geval, die eerste domino. Die aandelemark het ontplof met ’n atoombomgrootte knal. Landerye vol dooie gewasse het van horison tot horison gestrek. Strande het besaai gelê met dooie visse (te danke aan die getye wat in ’n harwar was) en die grillerige uiteindes van ’n massa-selfmoord wat stuk-stuk begin uitspoel het. Die TV-nuus was vol tonele van betogers en plunderaars wat die mensdom se hartseer vier met televisies en elektronika wat hulle uit brandende afdelingswinkels sleep, afgewissel met advertensies vir U2 se Farewell … Forever-konsert.

    Eintlik was dit maar ’n doodgewone CNN-uitsending, met die uitsondering van ’n gebroke maan,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1