Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Nadia: Paaie van hoop
Nadia: Paaie van hoop
Nadia: Paaie van hoop
Ebook228 pages2 hours

Nadia: Paaie van hoop

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Nadia neem jou saam as passasier op die paaie wat sy al geloop het: kronkelpaaie, snelweë, bergpasse en ompaaie. Sy deel haar harsteertye, maar ook haar vreugdetye. Die leser leer ken die meisie weg van die kalklig waar dinge nie altyd so glansryk is nie. Dit is ʼn verhaal van diepe hartseer, maar ook van uitbundige vreugde. Op die ou end wys sy ons dat ons almal se paaie nie dieselfde lyk nie. Maar net omdat jou pad anders lyk, beteken nie daar wag nie ’n gelukkige einde nie.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateMar 1, 2017
ISBN9780796320124
Nadia: Paaie van hoop
Author

Nadia Beukes

Nadia Beukes is ’n TV-aanbieder, aktrise, sangeres en stemkunstenaar met ’n honneursgraad in Bemarkingskommunikasie. Sy het al verskeie rolle op die verhoog, TV en silwerdoek vertolk en het selfs al haar lyf radio-omroeper gehou. As anker-aanbieder van seisoen 7 en 8 van Boer soek ’n vrou op kykNET het sy behoorlik ons land platgereis. Ander aanbiedingswerk sluit in: Tuine&Tossels, kykNET-kontinuïteit, M-Net se Magic 2 the Max en talle korporatiewe produksies. Sy het ook al verskeie rolle vertolk in musiekteater-produksies, waaronder Ons vir jou, Ester, Houtkruis, Dirty Dancing, Tree aan en Liefling. Rolprente op haar kerfstok sluit in: Born to Win, Pretville, Die spook van Uniondale asook Mooirivier. Verder het Nadia ook al heelwat rolle op TV vertolk, onder andere in Hartland, Sterloper, 7de Laan en Binneland. Tans is sy te sien in Getroud met rugby op kykNET.

Related to Nadia

Related ebooks

Related articles

Reviews for Nadia

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Nadia - Nadia Beukes

    Nadia

    Paaie van hoop

    Nadia Beukes

    Soos vertel aan Jana van der Merwe

    Lux Verbi

    Opgedra aan my ouma, my ouers, my familie en vriende en die Dinamiese Dames.

    Ook my lieflingman David – ek het jou lief sonder ophou.

    Oprit van my grootwordhuis

    My ma het in haar matriekjaar in 1973 reeds besluit dat as sy eendag ’n dogtertjie sou hê, sy haar Nadia sou noem. Sy het op skool van die legendariese Roemeense gimnas Nadia Comăneci gehoor wat later in die Olimpiese Spele van 1976 drie goue medaljes sou verower en die eerste gimnas ter wêreld sou word om ’n perfekte telling van 10 te behaal.

    Die naam Nadia, wat van Slawiese herkoms is, beteken hoop. Ek wonder of my ma bewustelik oor dié betekenis opgelees het toe sy my Nadia Marianne Beukes genoem het, want ek glo daar is hoop oor my lewe uitgespreek. Ek het altyd geglo daar is hoop, maak nie saak wat in my lewe gebeur nie. Daardie hoop het definitief nie uit myself gekom nie! Ek glo dit is die Here, want Hy het geweet ek sou baie daarvan nodig hê.

    My begeerte om in die vermaaklikheidsbedryf te wees, het reeds kleintyd begin. Ek glo dit is ’n liefde wat ek by my pa geërf het. As befaamde operasanger het my pa, Rouel, die land en later oor die wêreld heen getoer om vir ons ’n goeie lewe te kon voorsien.

    Ek onthou die dag toe my onderwyseres-ma, Eureke, my as kaalvoetkleuter by ons huis in Midrand in Johannesburg my oor my drome uitgevra het. Wat wil jy eendag word as jy groot is, Niets? Hoewel ek die vraag onthou, het my presiese antwoord oor die jare vervaag. Al wat ek onthou, is dat ek net in die kollig wou wees. Jy wou ’n prinses word, het my ma my onlangs help onthou. ’n Prinses? Maar dit is dan nie eers ’n regte werk nie? het ek gereageer. Weer het sy my antwoord van destyds bevestig. Sy het my immers dieselfde vraag gevra. Sy wou toe ook by my weet: Nou wat doen ’n prinses? My antwoord was blykbaar kort en kragtig: ’n Prinses trek mooi aan en waai vir die mense! In hierdie onskuldige antwoord wat dalk as oppervlakkig kan oorkom, was my meisie-hart versluier.

    Die behoefte om aanvaar en waardeer te word, om geliefd te wees, om in ’n posisie van invloed te wees en mense te inspireer, het van kleins af in my geleef. Ek wou in die mooi van die lewe deel en ook ander daarvan deel maak. Die meeste van ons ken die verhaal van Aspoestertjie, wat ná haar ouers se dood by ’n nare stiefma en stiefsusters moes gaan bly. Sy moes haarself dag ná dag vir hulle afsloof totdat sy uiteindelik haar prins ontmoet het. In die jongste rolprentweergawe van hierdie verhaal, sê Aspoestertjie se ma vir haar as klein dogtertjie voor haar lewenspad dié aaklige draai neem: I have to tell you a secret that will see you through all the trials that life can offer; have courage and be kind. Dít was vir my só ’n belangrike les oor hoe om die lewe aan te pak – en dit is waarna ek streef.

    squiggle

    Ek het in ’n goeie huis grootgeword. My ouers is gelowiges wat ’n vervullende en veilige hawe vir my en my broer, De Villiers geskep het. Vandag besef ek hoe gelukkig ek was om my kinderjare in so ’n bevoorregte omgewing te kon deurbring. My kamer was prinsespienk en by ons kinderpartytjies was daar altyd baie lekkergoed, springkastele en maats.

    In die huis onthou ek ’n formele sitkamer met ’n wollerige wit mat waar ons die dominee kon onthaal. Buite was ’n groot en baie diep swembad.

    Benewens die swemlesse het ek en my broer van ’n jong ouderdom aan verskeie aktiwiteite deelgeneem – van karate vir De Villiers tot allerlei danssoorte op die verhoog vir my. Al het ek nie enige titels verwerf of groot kompetisies gewen nie, het my ma my altyd mooi aangetrek, my hare gekrul en het ek altyd soos ’n prinses gevoel. Ek het alle soorte dansstyle probeer, maar in moderne danse en klopdanse uitgeblink. Ballet was heeltemal te gedissiplineerd vir my hardkoppige persoonlikheid wat van kleins af al alles bevraagteken het.

    Hoewel my hardkoppigheid my vandag steeds soms in die warmwater laat beland, bly ek glo dat dit ’n goeie eienskap is. As kind het dit my egter baie meer in die moeilikheid laat beland as ek soos ’n snip begin terugpraat het. Dissipline is goed en my ouers was nooit onredelik nie. Die struktuur en stabiliteit wat hulle vir my en De Villiers in ons kinderjare gegee het, was baie waardevol.

    Ons werf was eintlik meer soos ’n plaas. Ironies dat ek as totale stadsmeisie my jare later op vele plase in ’n Toyota-bakkie sou bevind met die reeks Boer soek ’n Vrou.

    Asof al die verskeie troeteldiere nie genoeg was nie, was daar ook jaarliks ’n gewemel in die huis van my hordes sywurms. In ons tuin was ’n groot moerbeiboom en daar kon ek blare pluk sodat die sywurms hulleself trommeldik kon vreet. Vir my kleine self was dit hartverskeurend toe ek een keer die eiertjies op die vloer van een van die vertrekke in ons huis onder ’n tafel laat lê en die miere alles verorber het. Ek het dae lank oor die verlies getreur, want wat die begin van ’n nuwe lewensiklus moes wees, is eensklaps beëindig.

    Ná jare in Midrand het ons in my standerd een, ofte wel graad drie jaar, in 1991 na Centurion verhuis. Daar kon ek jare lank sorgeloos met my fiets na die Laerskool Hennopspark ’n paar blokke ver ry en het vinnig met die bure se kinders vriende gemaak.

    In dié huis was my kamer met ’n Biggie Best-tema gestileer, kompleet met muurpapier in skakerings van appelkoos en ligte blou. Daar was altyd genoeg slaapplek as ’n maatjie kom kuier het. My ma het ’n stokkie daarvoor gesteek toe ek ’n skelpienk Barbie-kamer wou gehad het. As troosprys het sy vir my ’n Barbie-kussingsloop gekoop.

    Ek onthou soos gister hoe ek op dié gunstelingsloop en met my geel en wit Telly Quack-eendjie van die TV-speletjiesprogram Telly Fun Quiz snags aan die slaap geraak en gedroom het om soos my pa op die verhoog te wees. Ek het definitief my liefde vir die kunste van hom gekry.

    My pa het in ons kinderjare voltyds by die Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (TRUK) gewerk. My ma was byna 40 jaar lank ’n onderwyser en het 34 jaar daarvan by Halfway House Primary in Midrand skoolgehou, wat destyds nog as Laerskool Halfway House bekend gestaan het.

    As gesin het ons ’n redelike normale ritme gehad. My pa was in daardie tyd by verskeie fantastiese verhoogproduksies in die Pretoriase Staatsteater betrokke en het ons altyd saam na vertonings geneem. Dit was betowerend! Ek dink dit is daardie blootstelling aan my pa se loopbaan wat iets diep binne-in my laat roer het om ook eendag deel van die vermaaklikheidswêreld te wees.

    As sesjarige het ek gereeld in my pa se aantrekkamer by die teater gespeel of selfs geslaap omdat operas vir my vervelig was. Kort voor lank was ek egter voor, agter en op die verhoog meer tuis as by die huis. Ek onthou so goed die verwondering wat ek ervaar het wanneer die karakters met stylvolle danspassies oor die verhoog gesweef het, die musiek en sang, die grimering en kostuums. Die grootsheid van dit alles het my klein laat voel.

    Elke produksie – van die operas Rigoletto, Carmen en Turandot tot die musiekblyspele en pantomimes soos Sneeuwitjie waar akteurs in die rolle van die sewe dwergies op hul knieë geloop het – het my na ’n wonderwêreld weggevoer. Ek kon ure lank swymel oor die pragtige soprane in hul balrokke en die blink afwerkings op hul kostuums. Buddy Holly het weer my hart met sy kitaar gesteel.

    Saam met my pa kon ek agter die skerms die magiese verhoog en dekor aanskou. Toe my pa die hoëpriester in Aïda vertolk het, het hulle regte diere – selfs ’n olifant – op die verhoog gehad. Ná die opera kon ek aan die einste olifant vat. Die grimering vir die hoëpriester was so goed dat ek nie my pa kon herken met die lyne op sy gesig en die kappie wat sy hare versteek het nie. Dit het hom nes ’n bejaarde priester laat lyk. Een keer het hy gaas oor sy oë gedra toe hy ’n blinde karakter moes vertolk. Met so ’n kis vol grimering en rekwisiete was dit nie vir my pa moeilik om my vir ’n temapartytjie ook met ’n lang lelike neus en moesie te vermom nie.

    Ongelukkig was my pa nie altyd net op die Pretoriase Staatsteater se verhoog nie en moes hy soms oor die land heen in Durban, Bloemfontein, Kaapstad of selfs oorsee gaan sing. Hoewel ons soms vir ’n rukkie op ’n slag vir hom kon gaan kuier, was dit nie dieselfde as om hom naby te hê nie. Ons het hom gemis. Daar is nie vandag enige verwyte nie, maar my pa se afwesigheid later jare was natuurlik vir my by tye swaar. Soveel soos wat my kop dit verstaan het en ek geweet dat hy dit vir ons doen, het ek baie keer gewens dit was anders. Ek het nooit gevoel hy gee nie om nie. Inteendeel, ek dink hy sou dit ook anders wou gehad het, maar die situasie in ons land het dit later nie meer toegelaat nie.

    Hy moes doodeenvoudig die geleenthede wat oor sy pad gekom het, aangryp en die beste daarvan maak. Die gevolg was dat ons sondermeer moes aangaan en die beste van die situasie maak – en ons het. Dit was moeilik vir my en my pa om dit te erken, maar hy weet ek sou wou gehad het dat hy meer in my lewe betrokke moes gewees het. Ek weet wel dit was nie altyd vir hom moontlik nie.

    Al het hy my oor die jare baie ondersteun en als bygewoon wat hy kon, het hy byvoorbeeld baie van my dans- en trompoppie-vertonings gemis.

    Trompoppies was ’n groot deel van my skoolloopaan aan die Hoërskool Zwartkop in Centurion. Ek het begin as ’n vlagdraer en gevorder tot by onderleidster en later hoofleidster van my span. Uiteindelik het ek provinsiale kleure verwerf. Gelukkig het my pa my darem ’n paar keer op die veld as leidster van my trompoppiespan sien loop en ek glo hy was trots op my prestasie in hierdie sport.

    Ongelukkig kon hy nie my matriekafskeid bywoon of by een van my twee gradeplegtighede wees nie. Hy was wel teenwoordig toe ek belydenis van geloof in die NG Kerk Sesmylspruit in Centurion afgelê het. Die gemis was nie noodwendig iemand se skuld nie, maar dit was nie altyd maklik nie. Dit was nou maar die verloop van ons lewenspad as gesin. Miskien het dit my sterk genoeg gemaak om onafhanklik te kon funksioneer, selfs al was dit toe nie vir my altyd lekker nie. Dit is beslis nie ’n pad wat ek graag eendag vir my man of my kinders sal wil hê of kies nie.

    My ma was altyd daar en het haar plek as ouer vol gestaan. Sy het vir ons lesse geleer en altyd male sonder tal vir my en De Villiers gesê jou omstandighede hoef nie jou menswees te bepaal nie. Sy het ons geleer dit maak nie saak in watter situasie jy jouself bevind – jy moet dit soos ’n dame of heer hanteer, sorg dat jy ordentlik en ingelig is en maak die beste van dit wat die lewe jou bied. Jy hou jou kop omhoog en gaan aan. As ’n mens hierdie soort aanslag het, dan sal almal dit weet ongeag jou geld, status of gene. Jy moet selfrespek hê en dan sal ander jou ook respekteer. Hierdie waarheid is diep in my en my broer se denke ingeprent en ek is dankbaar dat my ma ons nie juis toegelaat het om onsself jammer te kry nie.

    Ek en my broer het geleer om hard te werk vir dit wat ons wil hê en te baklei vir waarin ons glo. Ek onthou nie ’n tyd voor my broer nie daar was nie. De Villiers, wat vandag as bestuurder op ’n kommersiële varkplaas in Middelburg, Mpumalanga werk, is drie en ’n half jaar jonger as ek. Van sy begin af was ek daar, maar dit voel vir my of hy ook vir altyd nog saam met my was. Ek onthou ons kleintyd meestal aan foto-herinneringe – kosbare oomblikke vervaag mos maar mettertyd.

    squiggle

    Niks wat die moeite werd is, is maklik nie. Ek weet vir seker dat volharding die lewe met sukses inkleur. Alle dinge is wat jy aan die einde daarvan maak, maar dit vat bloedsweet en volharding. Om net te bestaan vra min lewe, maar om te leef, om te volhard in wat jy doen en glo, vra lewe. Ek weet vir seker dat God saam met dié is wat aanhou.

    Hoe jy grootword vestig die grondslag van jou lewe. Tog bepaal jou verlede nie jou toekoms nie. Die keuses wat jy maak, dra soveel meer gewig en strek soveel dieper. Ek glo ’n mens se kompas vir jou lewe, jou ware noord is gegrond in jou karakter, jou morele waardes én in jou geloof. Dit is die kompas wat jou rigting en keuses behoort te bepaal.

    Die roete wat jy volg om daarby uit te kom, is natuurlik ’n heeltemal ander storie. Jy kan die lang pad vat, jy kan vlieg, jy kan ’n panoramiese roete ry, maar uiteindelik, het jy steeds ’n bestemming in gedagte.

    Kom ons veronderstel dat ek en jy is op pad Kaap toe vanaf Johannesburg. Ons kan op pad by Matjiesfontein stop en so baie daarvan hou dat ons nie eens meer die behoefte het om Kaap toe te gaan nie …

    Soms bevind jy jou op die snelweg. Almal het vir jou gesê dis die beste pad, die GPS wys vir jou dis die kortste en vinnigste pad, maar toe is daar erge verkeer …

    Soms is jy op ’n stofpad en alles om jou lyk vir jou dieselfde. Dit is dan wanneer jy eintlik moet stop, uitklim en na die klein dingetjies om jou kyk om te besef die pad het ook sy eie bekoring en dit is waar jy nou moet wees.

    Daar is vrae wanneer jy aan jou lewensreis terugdink. Waar het alles begin? Wat het jy alles in jou tassie gepak? Wat is die bagasie wat jy ingelaai het en wie was die mense wat ook deel van die reis was?

    Die lewe was inderdaad by tye vir my moeilik. Ek het egter goeie lewenswaardes van my ouers gekry. Lewenswaardes soos eerlikheid, empatie, naasteliefde, bedagsaamheid, integriteit, regverdigheid en vergifnis is te danke aan hulle wat dit diep in my hart graveer het.

    Ek was drie jaar oud toe ek vir die eerste keer alleen van Johannesburg na Durban gevlieg het om by my grootouers aan my ma se kant, ouma Jane en oupa Rip, te gaan vakansie hou. Baie van my uithouvermoë het ek

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1