Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Beeld in die Spieël
Beeld in die Spieël
Beeld in die Spieël
Ebook99 pages1 hour

Beeld in die Spieël

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Ina is opgewonde oor haar matriek seëvakansie, asook haar toekoms planne om as Sielkunidge te gaan swot. Die lewe leer Ina sommer vroeg in haar lewe en op 'n harde manier dat jou planne in die wiele gery kan word en jou drome soms net drome sal bly, toe sy swanger raak met Gert se kind op hul matriek vakansie in Margate. Ina en Gert word gedwing om te trou en Gert glo vas dat 'n vrou se plek by die huis is en nie in die sake-wêreld nie. 'n Ma moet haar kind versorg en 'n pa moet die broodwinner wees. Hoe sal Ina ooit hom tot ander insigte kan bring?

LanguageAfrikaans
PublisherIvy Kotze
Release dateMay 14, 2021
ISBN9798201470067
Beeld in die Spieël

Related to Beeld in die Spieël

Related ebooks

Related articles

Reviews for Beeld in die Spieël

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Beeld in die Spieël - Ivy Kotze

    Hoofstuk 1

    Ina Visser gooi haar skooldas in die lug op.  Hy tol die lug in en val op die baksteen plaveisel voor die skoolsaal. Ina buk, tel hom op en gee hom 'n soen. 'n Juigende kreet klief deur die lug terwyl sy op haar tone in die rondte dans. Jjippee! gil sy dit uit. Ek is klaar met skool!

    Sy hardloop na Liza en gooi haar arms om haar. Margate, hier kom ons! gil sy dit uit. Hulle tol in die rondte. Dit gons van kinderstemme. Soos miere koek die 1994 matrieks saam, lag en gesels oor die jaar wat verby is en die vakansie wat voorlê.

    Sien jou môre, Liza; ons moet nog gaan swemklere koop vir jou en onthou my tog dat ek 'n hoed vir my inpak. Sy kyk rond. Hier kom my ma. Sy waai met haar hand en drafstap na haar ma se silwer Porch Carrera. Sy skud haar kop. Sy het nog nooit van die ding gehou nie, lyk hopeloos te veel na 'n padda met uitpeuloë. 'n Glimlag trek haar mondhoeke uitwaarts.

    Sy soengroet haar ma. O, ma ruik lekker, wat is dit? Sy leun nader en snuif-snuif in haar ma se rigting.

    Mercia kyk stip voor. Hulle het vandag 'n nuwe soort behandeling gedoen aan my gesig. Ek hoop net dis die moeite werd; die plooie wys deesdae al meer. Sy maak haar agterlyf reguit en loer in die tru-spieëltjie.

    Oppad huistoe is Ina se mond vir geen oomblik stil nie.Ek kan nie wag vir volgende jaar nie! Liza gaan ook Universiteit van Pretoria toe. Sy lag en kyk na haar ma. Sy dink ek is mal om Sielkunde te gaan swot; sy sê sy is wil nie elke dag ander mense se probleme aanhoor nie. Wat nog te sê van al die tannies met hul depressiewe gesigte en sorge van die lewe wat hulle by jou kom afpak nie. Maar mamma weet dis my passie: om mense te help. Daar is soveel mense wat met seer en probleme worstel. Ek hoop dat ek 'n verskil in hul lewens sal kan maak. Haar oë versag.

    Ina, ek weet jy sal dit kan doen. Jou geduld en liefde vir mense is 'n sterk punt vir jou loopbaan. Boonop is jy altyd so positief, sy draai na Ina en glimlag. Met jou borrelende geaardheid kan dit nie anders dat jy mense sal beinvloed nie.

    Dankie ma, dat ma en pa my so ondersteun in wat ek wil doen met my lewe.  

    Mercia loer skuins na Ina. Jy weet natuurlik ek is nie ten gunste van hierdie Margate toe ganery nie. Daar broei altyd onheil uit by sulke geleenthede. Sy kyk stip voor haar in die pad.Jy weet hoe mense praat, en almal ken ons. Jou pa se besigheid is al immers vyftig jaar aan die gang hier in Pretoria. Mense ken ons van heide en ver. Oupa het 'n goeie reputasie gehad. Sy draai in die lang geteerde oprit in wat kronkel soos 'n slang onderdeur groot Jakarandabome tot dit stop voor die wit gepleisterde dubbelverdieping.

    Ag ma, antwoord Ina terwyl sy uitklim, Ma hoef nie bekommerd te wees nie, ek weet mos hoe om myself te gedra. Buitendien, Liza sal my nie onder haar nuuskierige oë laat uitgaan nie.

    DIE DAE SLOER VERBY, Ina se senuwees is aan skerwe oor haar rapportuitslag. As die tyd net wil aanbreek, die gewag voel soos 'n ewigheid.

    Vroeg, vroeg gaan koop Ina die koerant, sy soek en soek haar naam daarbinne.

    Jippee, ek is deur, ek is deur! skreeu Ina in die huis oppad na haar ouers in die TVkamer. Ek het sopas my uitslae gekry, en raai wat? Ek kan met groot trots sê ek het met twee onderskeidings geslaag, vertel Ina opgewonde aan haar ouers waar hulle op die rusbank sit, koffie in die hand en die oggendprogram op TV kyk.

    Dis wonderlike nuus Ina, sê haar pa, ek en jou ma is so trots op jou.

    Jan Visser is n bekende figuur in die sakebedryf.  Hy is eienaar van 'n baie bekende restaurant in Pretoria, en Jan is glad nie bang vir werk nie; sy huisgesin is sy trots en lewe. Hy is opreg en saggeaard, daarom hou almal soveel van hom.

    So, ek kan maar saam my vriende Margate toe gaan, nê Pa? borrel Ina dit uit.

    Natuurlik kan jy my kind, jy verdien die vakansie, sê haar pa en knipoog vir haar.

    Ina, wie gaan almal op die vakansie, vra haar ma? Sy loer onder deur haar bril. Mercia Visser is 'n stylvolle en elegante vrou met baie selfvertroue, maar streng. Natuurlik is sy beeldskoon ook, daarvoor sorg net die beste styliste in Pretoria. Geld is nie n faktor nie, en Mercia hou daarvan om daarmee te spog onder haar welaf vriende. Sy geniet dit tog so as sy teë-partytjies uit haar porseleinkoppies kan bedien vir haar ewe ryk en stylvolle vriendinne; eintlik is dit net 'n byeenkoms om te spog oor wie het die meeste en beste leefstyl handhaaf. Die kinders, die huis, die besighede, sommer als word as 'n kompetiesie beskou onder die klomp vrouens.

    Ma, ma weet mos wie gaan almal saam: dis net ons klomp wat nog al die jare saam netbal gespeel het en 'n paar van die eerste span rugbyspelers wat saam gaan. Ons is 'n groep van so vyftien, stel Ina haar ma gerus.

    Nou goed, nou goed, sê sy met 'n tevredenheid in haar stem, dan sal ons seker eers vir jou 'n nuwe baaikostuum en en 'n paar rokkies moet gaan koop om saam te vat. Jy kan nie afsteek by die ander kinders nie, jy is immers 'n Visser. Ons is gesiene mense in die publiek en jy moet dit altyd onthou my kind. Haar oë kyk ernstig na Ina.

    Jaaa ma, natuurlik! Ina spring op. Ek gaan nou eers gou na Liza toe, ek sien julle weer met aandete, lig sy hulle in terwyl sy met 'n drafstap die kamer verlaat.

    Jan draai na Mercia en glimlag. Liza en Ina is ook al jare lank vriendinne. Liza is 'n goeie kind. Hy skuif op in sy stoel. Ons kan trots wees op Ina, vrou. Sy het 'n goeie kop op haar skouers. Mercia knik instemmend.

    INA EN HAAR MA SE DAE is vol om alles reg te kry vir die vakansie. Ma dring natuurlik daarop aan dat hulle van haar hawermout- en koffiekoekies móét saamvat. Vakansie by die see sonder dit, is nie vakansie nie. Oormôre ry hulle met die bus Margate toe. Ina kan nie wag nie.

    Mercia kan maar net nie gewoond raak aan die idee dat Ina so ver alleen gaan ry nie. Dis die seuns wat saamgaan wat die onrustigheid in haar hart veroorsaak. Dit sou beter gewees het as daar toesig was.

    Daardie nag lê sy en rondrol in die bed. Jan kry ook nie geslaap nie. Hy sit sy arm om haar. Hy verstaan hoe sy voel.

    Jan, begin Mercia saggies praat, ek voel bekommerd oor die see-toe-ganery. Dink jy nie ons moet dalk self 'n paar dae vakansie neem en Margate toe gaan nie? Sy draai om op haar rug. Dan kan ons ten minste 'n ogie hou oor die kinders.

    Jan skuif op teen die kussings. Nee vrou, dit is tyd om haar van jou rokspante los te maak. Sy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1