Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hoefslag Van My Hart: en ander verhale
Hoefslag Van My Hart: en ander verhale
Hoefslag Van My Hart: en ander verhale
Ebook138 pages2 hours

Hoefslag Van My Hart: en ander verhale

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hoefslag van my hart is ’n kortverhale bundel propvol lekkerlees kortverhale en ’n pragtige novelle, Liefde soos Geel Magrietjies, waar Franciska haar lesers op ’n verbeeldingsvlug neem saam met die wel en weë van haar karakters. Doodgewone mense wat soms in ongewone situasies beland.

Resensie deur: Sybie Kleynhans
(Skrywer/digter/dromer) van Potchefstroom.

Hoefslag van my hart is Franciska Mouton se eerste boek en wat ’n plesier was dit nie om te lees en saam met haar woorde te stap nie.

Daar is ’n paar dinge wat my krophou slaan en dit is eerstens haar taal, dit is ons praat-Afrikaans. Soos ons die woorde en die gedagtes uitspreek, vat sy die leser saam met haar woorde. .
Soos in Hoefslag van my hart: “Sy sluit haar oë en loop weer op ver paaie terug die verlede in.”
In Die Kassie vat sy jou terug na daardie skeurseer tyd van die ABO, kan jy die vrees en ook die vasberadenheid van tant Johanna, die Boervrou, proe en voel.
“Ouma kan rus. Ek sal na hom kyk.”
En in Een nag lank gelede sluit sy ’n grusame motorongeluk af na ’n soet, terugdink oomblik: “Dan maak hy maar ’n koffietjie en wag dat die nuwe dag moet breek.”
In Aandster word jy bewus dat Franciska aan die mooi van die liefde glo, in haar vingers vloei dit uit: “Mag ek die Aandster gaan pluk en aan jou vinger steek?”
Afgesien van die mooi woorde kan jy agterkom dat Franciska die natuur ken, haar liefde vir diere, veral perde vloei uit haar hart tot op die papier.

Voorwaar ’n bedkas-boek en die eerste van nog vele.

LanguageAfrikaans
Release dateDec 26, 2017
ISBN9781370717903
Hoefslag Van My Hart: en ander verhale
Author

Franciska Mouton

Franciska is in Frankfort, Noordoos Vrystaat, gebore. Sy het grootgeword op die plaas Kaalfontein in die distrik Frankfort. Haar Hoërskool jare in Wilgerivier Hoërskool Frankfort. Na skool het sy verpleegopleiding in Welkom gedoen. Sy het ook verskeie diplomas verwerf by die SA Noodhulp Liga. Na verpleging het sy 'n joernalistiek diploma verwerf en by Die Frankforter as joernalis gewerk. Sy het ook as vryskutjoernalis vir die Vrystater en Volksblad koerante gewerk. Sy woon tans in Pretoria.

Related to Hoefslag Van My Hart

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Hoefslag Van My Hart

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hoefslag Van My Hart - Franciska Mouton

    Resensie deur: Sybie Kleynhans

    (Skrywer/digter/dromer) van Potchefstroom.

    Hoefslag van my hart is Franciska Mouton se eerste boek en wat ’n plesier was dit nie om te lees en saam met haar woorde te stap nie.

    Daar is ’n paar dinge wat my krophou slaan en dit is eerstens haar taal, dit is ons praat-Afrikaans. Soos ons die woorde en die gedagtes uitspreek, vat sy die leser saam met haar woorde. .

    Soos in Hoefslag van my hart: Sy sluit haar oë en loop weer op ver paaie terug die verlede in.

    In Die Kassie vat sy jou terug na daardie skeurseer tyd van die ABO, kan jy die vrees en ook die vasberadenheid van tant Johanna, die Boervrou, proe en voel.

    Ouma kan rus. Ek sal na hom kyk.

    En in Een nag lank gelede sluit sy ’n grusame motorongeluk af na ’n soet, terugdink oomblik: Dan maak hy maar ’n koffietjie en wag dat die nuwe dag moet breek.

    In Aandster word jy bewus dat Franciska aan die mooi van die liefde glo, in haar vingers vloei dit uit: Mag ek die Aandster gaan pluk en aan jou vinger steek?

    Afgesien van die mooi woorde kan jy agterkom dat Franciska die natuur ken, haar liefde vir diere, veral perde vloei uit haar hart tot op die papier.

    Voorwaar ’n bedkas-boek en die eerste van nog vele.

    Resensie deur: Ria Richards

    Ek het Franciska leer ken as ’n plat op die aarde omgee-mens wat lief is vir die mense om haar. Haar besonderse liefde vir diere – veral perde – word deurgaans sterk uitgebeeld in haar verhale. Franciska het ’n natuurlike aanleg en is besig om te ontpop in ’n skrywer met ’n stylvolle, gemaklike skryfstyl en passie vir haar moedertaal.

    Elke verhaal word met oorgawe vertel. Geloofwaardige karakters wat jou saamneem op ’n verbeeldingsreis na ’n ander wêreld. Ek het die voorreg en plesier gehad om haar te help om hierdie uitsonderlike bundel met eg menslike stories saam te stel. Die titel en kleurvolle buiteblad prikkel dadelik jou nuuskierigheid om die bundel te lees. Die leser word ingetrek en gevange gehou vanaf die eerste bladsy tot aan die einde.

    Een van die verhale wat mens aangryp is: Deur Sy groot Genade. Een oomblik kry jy ’n knop in jou keel wanneer Daan sy vrou en ongebore drieling babas tydens ’n aardbewing verloor en hy daarna ’n ridder van die grootpad word. Brûe word sy slaapplek, asblikke sy restaurant. Dan is jy weer saam met hom bly wanneer hy na vyf jaar van hel, sy pad terugvind waar ’n blink toekoms op hom wag.

    Hoefslag van my hart is beslis ’n bundel wat oud en jonk sal geniet om te lees.

    Tierboskat in ’n bikini

    Tant Lien staan op die voorstoep van haar strandhuisie en kyk na die meisie op die skimmelhings wat rond en bont spring in die kniediep branders.

    Wilde meisiekind. Tant Lien klap met haar tong. En dan is sy nog halfkaal én bloots op daardie duiwel van ’n perd. Mienkeeee, haai nee, my kind! Sy waai met die voorskoot in Mienke se rigting. Sal die kind nou wragtig nie ’n bang haar op haar kop hê nie? Tant Lien stap die huis in om verder te skil aan die mandjie geelperskes. Plaas die kind my eerder kom help. Nou flenter sy en haar perd en hond in die branders rond.

    Alla wêreld, Edel, jy en Raka moet nou klaar speel. Mienke klop Edel teen sy nek. Kom, resies tot doer by die ou uitspoel stomp.

    Die oggendson gooi oranjeblink strale oor die water. Branders maak witstert perdjies wat ligroos verkleur en hulle dan self op die sand uitspoeg.

    Donderend jaag sy op die harde sand. Kom, Raka, jy raak agter, jou ou karnallie.

    Die wind waai haar lang blonde hare in ’n deurmekaar kraaines om haar kop. So nou. Hokaai, Edel, magtig is dit die geelmieliepitte wat jou so laf maak? Mienke kry haar sit op die stomp en vang haar hare vas in ’n lang poniestert. Wow, wat het ons hier, Raka? Stadig my honde hy lyk heel vriendelik.

    Stadig kom Ryno Malherbe met sy branderplank uit die see gestap. Hy skud sy skouerlengte swart hare uit sy gesig. Die son blink op sy bruingebrande lenige lyf. Sy rooi surfers sit perfek om sy smal heupe.

    Mienke trek haar asem in. Wat ’n beeld van ’n man! Sy lek oor haar droë lippe.

    Hey, jy sit op my stomp. Hy kom aangestap en steek sy branderplank regop in die sand.

    Jou stomp? Wat jy waar kry?

    Ry jy wragtie met daardie klein tiervel bikini bloots op daardie skimmel? Nie bang jy verloor jou bo-stukkie nie?

    Ag, sharrap jy, man!

    Aangename kennis, klein tierboskat. Ek is Ryno Malherbe. En jy is?

    Mienke, net Mienke. En hou op staar.

    Ek staar nie, ek kyk, jou eh... eh watsenaam steek uit.

    Mienke loer af na haar toppie en spring om. Bloedrooi draai sy terug. Wat soek jy hier? Sy gluur hom boosaardig aan.

    Ek bly hier. En jy?

    Sy sit haar twee vingers tussen haar lippe en fluit hard. Dadelik kom Edel en Raka aangedraf.

    Soos blits spring sy op die skimmelhings se rug, kap met haar hakkel in sy lieste. Met ’n vaart spring hy weg. Ek ook! skreeu Mienke in die wind.

    Hel, wat ’n pragtige wilde entjie mens. Ryno skud sy kop, tel sy plank op en begin aanstap.

    Fluitend kom Mienke by die agterdeur ingestap en gaan sit by die kombuistafel. Het ouma iets gemaak met kaneel?

    Sal jy graag wil weet, nè? Kry jou bas in rat en gooi vir ons koffie in. Lekker vars melktert sal nou lekker smaak. En Mienke, kry iets oor daardie halfkaal lyf. Meisies loop nie so rond nie.

    Ai, Ouma, ja Ouma, reg Ouma. Sy gryp tant Lien om die lyf en wals al om die kombuistafel.

    Sie jy nou, meisiekind. Jy moet ’n ou vrou respekteer. Toe, toe, roer vir jou.

    Sien ouma het die perskes ook ingelê. Nee maar ek wil dit hê! Skuus, Ouma maar dit was so ’n lekker oggend en Edel en Raka het my uitgenooi om strand toe te gaan.

    Ja toe jy. Tant Lien plak ’n soen op haar kleindogter se wang.

    Later toe die maan hoog bo in die hemelruim sit en sy strale blink op die branders gooi, sit Mienke nog steeds op die stoepie. Pens en pootjies bo op die riempiesbank met haar ken op haar knieë.

    Wie sou die man wees wat so manjifiek uit die branders gestap het? Net die gedagte aan die prentjie, laat haar hart galop. Rilling op rilling gaan deur haar lyf en sy slaan pure hoendervleis uit. Watse gevoel is hierdie, wonder sy en vryf oor haar arms. Net die gedagte aan sy sonbruin lyf laat rillings gaan oor plekke waar sy nie geweet het sy het plekke nie.

    Mienke kyk op haar horlosie en sien dat dit amper tienuur is. Sy stap binne toe en kry ’n warm baadjie, dan loer sy by tant Lien se kamer in en sien sy is reeds in droomland.

    Kom, Raka, kom ons gaan stap ’n entjie, jong. Die stoepsittery maak my morbied. Uitgelate hardloop die groot swart herdershond voor haar uit.

    Dit is hoogwater en Mienke loop op die rug van die duin. Die nag is helder en sterbelaai. Branders slaan met mag en krag teen die rotse. Ver see in sien sy die liggies van ’n baie groot skip. Sy gaan staan vir ’n oomblik stil en kyk op na die miljoene sterre in die Melkweg.

    Mamma, Pappa, watter sterretjies is julle? ’n Traandruppel gemeng met die branders se sproei loop teen haar wange af. Sy vee met die agterkant van haar hand oor haar wange.

    Die uitstoot brandertjies raak-raak aan die groot stomp en sy en Raka gaan sit bo op waar die water hulle nie kan bykom nie.

    Jy moet end kry om my hier te ontmoet. Mense kan begin praat.

    Mienke skrik haar boeglam en is sommer onmiddellik de vieste in.

    Wie de... Wat de hel! Wat soek jy hier, meneer Watsenaam? Dit is al oor jou slapenstyd, jy hoort in die bed.

    Hoor wie praat. Meisie alleen hier in die nag. Dit is gevaarlik, jy weet dit darem seker nè?

    Ek het nie ’n bang haar op my kop nie, en buitendien; Raka is by my

    Sien jy is darem welvoeglik geklee. Daardie flentertjies van gister het my laat bloos.

    Mienke voel hoe haar nekhare rys. Het jy nog nooit ’n meisie in ’n bikini gesien nie, meneer Die Wysneus?

    Ek het al, juffrou Snip. Maar nie in so ’n mín enetjie nie.

    Mienke gryp ’n hand vol sand en probeer om hom te gooi. Hy koes en gryp haar aan die hand. A nee a, Snip, kom ons begin voor. Ek is Ryno Malherbe, en jy is?

    Mienke voel of sy aan ’n elektriese paling raak. Skok op skok skiet deur haar lyf en klits haar brein en hart deurmekaar.

    Ek is Mienke Taljaardt, as jy dan nou moet weet.

    En waar slaap jy in die aand, Mienke Taljaardt?

    Mienke voel of sy kan moor. Hoekom maak die man haar so senuagtig? Ek bly by my ouma net so ’n entjie hiervandaan.

    A, dit is beter. Ek probeer vriendelik wees maar jy het die veglus van ’n tierboskat. Sê jou wat. Ek kry jou môreoggend so tienuur se kant weer hier by die stomp, dan gaan duik ons. Dit word nou laat en hier waai nou ’n koel windjie.

    Mienke staan op en skud die sand van haar broek af. Goed, tot môre. Ryno glimlag vir haar en sy verdrink amper in sy donker oë.

    Die volgende oggend kom hulle tegelykertyd by die stomp. Môre, Snip, ek sien jy het darem skaflike swemklere aan. Ek was net bang die visse skrik vir die tierboskat in haar bikini.

    Ag skei uit, Ryno. Kom ons gaan duik ek het nie die hele dag tyd nie. Elk met die gepaste toerusting hardloop hulle die see in.

    Na ’n uur kom al twee uit die see gestap en gaan sit in die son om droog te word. Dit was lekker, nè? Ryno vee ’n blonde haarsliert van haar wang af.

    Pragtig, veral die see-anemone.

    Kom eet saam met my vanaand. Ek bespreek vir ons plek by die Blou Marlyn. Reg so?

    Klink lekker. Vlinders skarrel in haar maag rond. Gedra jou Mienke, betig sy haarself, maar diep in haar hart weet sy die koeël is deur die kerk. My adres is Seemeeustraat nr.12.

    "Dankie, Snip. Sien jou

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1