Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Tussen die Vuur en As
Tussen die Vuur en As
Tussen die Vuur en As
Ebook211 pages5 hours

Tussen die Vuur en As

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie is die verhaal van Mirre Malan en hoe sy telkemale moet opstaan uit die as van die lewe. Watter een van JJ, Johan of Jacques kan die vuur in haar aansteek sodat dit vir altyd kan bly brand sonder om in as te verander.

LanguageAfrikaans
PublisherThea Sonnekus
Release dateAug 28, 2018
ISBN9780463831717
Tussen die Vuur en As
Author

Thea Sonnekus

Thea Sonnekus woon op 'n tropiese eiland in Thailand saam met haar man, twee seuns, twee skoondogters en twee dierbare kleinkinders. Sy is versot op lees en het op 'n vroeë ouderdom haar moeder se liefdesverhale skelm onder die komberse met 'n flitslig gelees. Haar man is haar muse en ook haar sterkste kritikus. Sy glo in die liefde en ook dat daar nie perfekte verhoudings bestaan nie, maar dat elke verhouding wel perfekte oomblikke het. Die familie besit 'n besigheid op die eiland en sy koester die saamwees tye saam met die kinders en kleinkinders. Vir haar bestaan die lewe elke oomblik uit keuses en kies sy geluk, waardering, opregtheid en liefde as die grondslag vir haar bestaan. Daarom skryf sy "feel good" boeke met gelukkige eindes.

Read more from Thea Sonnekus

Related to Tussen die Vuur en As

Related ebooks

Related articles

Reviews for Tussen die Vuur en As

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Tussen die Vuur en As - Thea Sonnekus

    Tussen die Vuur en As

    Published by Thea Sonnekus at

    Smashwords

    Copyright 2010 Thea Sonnekus

    Discover other Titles by Authorname

    Seenimf van Samui

    Wittebrood, Bitterbrood

    Dokter uit die Woestyn

    Polfyntjie se Ridder

    Die Kolos se Kiekies

    Hoofstuk 1

    Dokter Justin Jansen draai die neus van sy luukse viertrek voertuig by die hek van die groot en nuwe privaat hospitaal in. Hy kyk met 'n geoefende oog rond na die nuutste toevoeging by sy lys van hospitale wat hy nou besit. Hy het al 'n lank ruk gespeel met die idee om in Kaapstad te kom bly en toe die geleentheid hom voordoen om die hospitaal oor te neem, het hy dit aangegryp. Hy het al 'n paar jaar gelede vir hom 'n prag huis in Clifton gebou en geniet elke oomblik van sy verblyf daar. Hy is nou hartlik moeg vir rondreis en in die buiteland werk.

    Hy kyk uit vir 'n parkeerplek aangesien die parkeerarea vol is en trap dadelik rem toe hy 'n oop een reg voor hom gewaar. Die volgende oomblik is daar 'n harde slag en sy voertuig ruk vorentoe.

    Wat de... prewel hy en kyk in sy tru-spieëltjie. Hy sien 'n groen dak van 'n Kewer wat uitsteek agter sy motor. Die deur vlieg oop en 'n vrou vlieg by die deur uit en kom met afgemete treë na sy voertuig toe aangestap. Hy maak sy veiligheidsgordel los en nog voor hy die deur kan oopmaak, word dit oopgeruk.

    Wat dink jy doen jy! Om sommer so sonder waarskuwing te stop. Kyk hoe lyk my arme Bessie. hoor hy hoe iemand skel.

    Hy draai sy kop en langs sy motor staan die mooiste vrou wat hy nog ooit gesien het. Sy het raafswart hare en haar amper pers oë skiet vonke van woede. Hy swaai sy lang bene uit die voertuig en kom orent. Hy moet afkyk na haar, want sy reik net tot by sy bors.

    Sy druk haar vinger teen sy bors. Is jy dan nie net onnosel nie, maar stom ook? Wat het jy vir jouself te sê? skel sy voort.

    Hy vang haar hand tussen sy vingers. As jy my kans sal gee, sal ek ook iets sê! antwoord hy rustig.

    Mirre Meyer voel hoe die fluweelsagte stem deur haar skok. Sy kyk op in sy gesig en sluk vervaard toe sy in 'n paar helder groen oë vaskyk. Sy laat haar oë vlugtig oor sy gesig gly en kan nie anders as om te merk dat hy een van die aantreklikste mans is wat sy nog ooit haar oë op gelê het. Blonde hare met sonstrepies, vol lippe met 'n kuiltjie in sy ken en 'n goedgevormde neus.

    Hoekom ry jy so vinnig in 'n parkeerterrein dat jy nie betyds kan stop nie? vra hy dan met opgetrekte wenkbroue.

    Ek het g'n vinnig gery nie, ek het net by my parkeerplek uitgetrek en begin ry toe jy soos die rots van Gilbrartar voor my stop. beduie sy en stap na die agterkant van sy voertuig toe. Kyk net hier.! wys sy nou met trane in haar oë. My arme ou Bessie.

    Hy stap nou self na die agterkant van sy motor en sien dat die kewertjie se hele neus onder sy voertuig ingedruk is.

    Mirre sukkel om haar trane weg te sluk. Sy het so pas 'n skof van agtien ure by die Trauma eenheid agter die rug en is doodmoeg. Al wat sy nou wou doen is om in haar bed neer te val en die hele dag net te slaap.

    Ek sal my versekering kontak om jou voertuig te kom wegsleep. beduie die mooi man. Jou versekering sal seker die helfte moet betaal. Dit is nie net my skuld nie.

    Hy sien hoe Mirre verbleek. Eh.. ek het nie versekering nie. stamel sy in 'n klein stemmetjie.

    Hy kyk haar fronsend aan. Dit is darem onverantwoordelik van jou om sonder versekering rond te ry. sê hy afkeurend.

    Mirre sak op haar hurke neer. Sy sit haar hande voor haar gesig en bars dan in trane uit. Sy is gewoonlik nie 'n emosionele mens nie, maar daar was 'n busongeluk tydens haar skof waarby kinders betrokke was en hulle het 'n paar kinders verloor, al het sy haar bes gedoen. Die ou Vollatjie is al wat sy van haar oupa Seb oor het en ook haar enigste vervoer. Alles voel net sommer te veel vir haar.

    Justin kyk haar eers verskrik aan en kyk dan verleë rond. Dan trek hy haar aan die hand op. Toemaar, dit is nie nodig dat jy so huil nie. Ons sal 'n plan maak. probeer hy onbeholpe troos. Hy kon nog nooit 'n huilende vroumens hanteer nie. Hy bied haar ewe lomp sy silwerskoon sakdoek aan.

    Ek is j... j... jammer.. snik sy. Ek is net vreeslik moeg. Ek wil net by die huis kom en gaan slaap. Gee my jou details dan kan jy maar met Bessie maak wat jy wil. Ek sal moet gou maak om die bus te kry huis toe. beduie sy tussen die trane deur en snuit haar neus hard.

    Hy haal 'n visite kaartjie uit sy beursie en oorhandig dit aan haar. Noem my sommer JJ. sê hy dan.

    Mirre.. en hier is my nommer. sy gee haar nommer in 'n moeë en moedelose stem.

    Wag, ek gaan reël gou met die sekuriteit dat hulle na jou karretjie omsien, dan vat ek jou huis toe.

    Sy is te moeg om te stry en knik net haar kop halfhartig.

    Toe hy terugkom van die sekuriteitswag af, trek hy sy voertuig vorentoe en stop. Hy kom maak seker of daar skade is, maar behalwe vir 'n klein duik op die buffer is sy voertuig ongeskonde. Hy kan egter nie dieselfde van die kewertjie sê nie.

    Mirre bars opnuut in trane uit toe sy haar motortjie sien. Sy gaan haal haar handsak uit die voertuig. JJ neem haar ferm aan die arm. Gee vir my jou sleutel sodat ons jou motortjie uit die pad kan trek. Ek sal dit kom uitsorteer. belowe hy dan ferm.

    Hy help haar in sy voertuig in en toe haar vingers dom met die veiligheidsgordel sukkel, neem hy dit uit haar hande en maak dit vas.

    Waarheen? vra hy toe hy sy deur agter hom toemaak nadat hy haar kewertjie uit die pad getrek het.

    Mirre gee vir hom die adres en hy sleutel dit op die GPS in. Sy krul haar self in 'n klein bondeltjie en maak haar oë toe.

    JJ kyk 'n paar maal vlugtig na die klein bondeltjie mens hier langs hom. Hy sien hoe haar lang wimpers oor haar vlekkelose bleek wange waaier en die ongelukkige trek om die mooi roosknop mond.

    Toe hulle voor haar woonstel stop skud hy haar liggies wakker. Ons is hier. sê hy saggies.

    Sy vlieg vervaard regop. Vir 'n oomblik nie seker waar sy haar bevind nie. Dan sien sy haar woonstelblok en kyk dankbaar na hom.

    Dankie, jy red my lewe. mompel sy en klim vinnig uit. Sy wil hom nog keer om saam te loop, maar hy is klaar langs haar en neem haar elmboog met 'n vasberade trek op sy gesig. Jy lyk of jy enige oomblik kan omval. Kom ek help jou.

    Sy sukkel met die sleutel en hy neem dit uit haar bewerige hande en sluit dan die deur oop.

    Dankie, ek is nou reg. beduie sy vinnig. Sy wil nie hê dat hy haar karige gemeubileerde woonstel sien nie.

    Hy knik. Ek sal dan gou jou motor gaan uitsorteer. Skakel my asseblief as jy enigsins hulp nodig het. vra hy. Hy kyk vinnig oor haar kop en sien hoe karig haar woonstel daar uitsien. Hy besef dat hier inderdaad 'n gebrek aan geld is. Siestog seker 'n arm student of iets wat vir iemand in die hospitaal gaan kuier het... maar darem 'n dekselse mooi student...

    Hy tree terug en sy maak die deur toe. Sy stap traag na haar kamer toe en val sommer met klere en al op die bed neer. Gelukkig is sy nie op roep nie. Sy val dadelik in 'n diep slaap weg.

    Hoofstuk 2

    Mirre het regdeur geslaap tot vroeg die volgende oggend. Sy kom orent en strek haarself uit. Nou voel sy weer haarself. Dan onthou sy van arme ou Bessie en gryp haar foon om haar vriendin te bel om haar op te kom laai. Daar is nie busse so vroeg in die oggend nie. Sy spring vinnig deur die stort, drink 'n beker swart koffie saam met haar laaste twee beskuite.

    Sy draf vinnig uit toe sy 'n motor buite hoor toeter blaas. Dit is haar vriendin Elza, wat ook by die hospitaal werk as een van die teatersusters.

    Jy het ook alles gemis gister, jong. vertel Elza gretig.

    Wat? vra Mirre nuuskierig.

    Ons nuwe baas het opgedaag. En is hy vir jou 'n beeld van 'n man! My knieë raak lam as ek net aan hom dink. vertel Elza opgewonde.

    Okay, en? vra Mirre sonder veel belangstelling.

    Hy het besluit dat hy self in die hospitaal gaan kom spesialiseer. In Kardiotoraks chirurgie. Hy het oral oorsee gewerk en is nou lus om te settle in sy eie land. brei Elza opgewonde uit.

    Wat is die man se naam? vra Mirre onbelangstellend.

    Justin Jansen. antwoord Elza

    Mirre sit vinnig orent en kyk met meer belangstelling na Elza. "Die Justin Jansen?" vra sy vinnig.

    'Inderdaad. Sup het hom klaar ingelig dat jy baie in sy rigting belangstel en graag by hom sal wil leer. Elze glimlag breed vir haar. Jou gelukkige derduiwel."

    Jy weet ek stel nie in mans belang nie, my vriendin. Ek het te veel verpligtinge wat ek moet nakom. sug Mirre.

    Elza lê haar hand op Mirre s'n. Ai my ou mater, ek wens so ek kon jou met meer help. Maar jy weet jy kan altyd op my knoppie druk as jy my nodig het. Sy druk Mirre se hand.

    Mirre sluk aan die knop in haar keel. Dankie my vriendin, jy sal nooit verstaan hoeveel waardeer ek jou nie.

    Vertel nou eers vir my wat het met Bessie gebeur.? vra Elze nuuskierig.

    Een of ander ryk vent het met sy fensiê kar sommer net skielik morsdood voor my gestop. En jy weet ek moet eers Bessie se remme 'n bietjie pomp voor dit vat. Daar was nie tyd daarvoor nie. Toe ry ek reg onder sy fensiê kar in. Arme ou Bessie is omtrent verfrommel. Sy sluk 'n paar keer hard.

    Ag nee.! En wat sê die man? vra Elze fronsend.

    Hy het my so ewe formeel ingelig dat dit my skuld ook is en dat ek vir die helfte van die skade verantwoordelik is. Ek weet nie waar ek dit gaan uitkrap nie, want ek kan nie versekering bekostig nie. Ek kan nie nog meer skofte werk nie. antwoord Mirre moedeloos.

    Gaan praat met die man. Jy het seker sy nommer? Hoor of jy nie kan afbetaal of iets nie? probeer Elza 'n plan maak.

    Ja ek het sy besigheidskaartjie êrens in my handsak ingedruk. Ek sal hom etenstyd bel. sug sy.

    Elze parkeer op haar parkeerplek en hulle haas na binne. Hulle sorg altyd dat hulle betyds is vir 'n koffie en van die toebroodjies wat gratis verskaf word. Mirre gaan trek haar wit jas aan in die aantrekkamer en steek haar naamplaatjie vas. Sy gaan sit by Elze wat al reeds vir hulle broodjies en koffie gekry het. Sy luister afgetrokke na die gemurmer van stemme rondom haar. Sy hoor die naam 'Dokter Jansen' meer as eenmaal. Sy besluit sommer daar en dan dat sy nie van die man hou nie.

    Ek moet wikkel, ek het vroeg reeds teatergevalle. groet Mirre en staan op en loop uit. Sy loop haastig kop onderste bo by die deur uit en kom hikkend tot stilstand teen 'n klipharde lyf.

    Twee hande gryp haar skouer om haar regop te hou. Stadig oor die klippe. Jy sal iemand verongeluk hoor sy dieselfde fluweelstem van die vorige dag bo haar kop.

    Sy kyk vinnig op en sien hoe die groen oë verbaas rek. Alweer jy! Genugtig vrouemens kan jy niks stadig doen en betyds stop nie..? berispe hy haar.

    Ek... Mirre voel hoe haar wange verkleur en sy kyk voor haar. Jammer meneer, ek was haastig.

    En waarheen is jy so haastig op pad? vra hy afgemete.

    Egh.. ek moet in die teater wees. Ek opereer binnekort. antwoord sy.

    JJ kyk verbaas af na die flentertjie mens voor hom. Jy opereer? vra hy ongelowig. Dan vat hy haar naamkaartjie en lees. Dokter Mirre Malan, Pediatriese chirurg.?

    Mirre knik net en dan fokus haar oë op die wit jas voor haar en vlieg dan na sy naamkaartjie. Dokter Justin Jansen. prewel sy. O, gits, nee!

    Die uwe. buig hy oordrewe.

    So, jy is die wonderlik Dokter Malan waaroor almal so tekere gaan? Hy kyk haar op en af.

    En jy is die kwansuise wonderlike Dokter Jansen waaroor almal ook tekere gaan. snip sy. Verskoon my. Sy draai haarself onder sy greep uit en stap haastig in die rigting van die teaterklompleks.

    JJ staan haar en agterna staar. Hy kan nie glo sy is 'n dokter nie. Nie met daardie klein en petite lyfie nie. En as hy almal moet glo, is sy super intelligent en uitstekend met haar werk. Hy skud sy kop. Kan jy nou meer! Maar, iets maak nie sin nie. Nie as jy haar motortjie en karige woonstel in ag neem nie.

    Ag nee, nie dit nie. Moet dit nou dieselfde man wees wie se kar sy gestamp het dink Mirre verward. Sy trek haar asem in sy kry weer sy reuk wat in haar neus opstuif. Skoon en manlik.

    Sy stap haastig by die teater se skrop area in en kry haarself reg vir die operasie. Sy stap na die teaterbed toe en knik vir die narkotiseur. Langs die bed is daar 'n klein houttrappie waarop sy staan om behoorlik by te kom aangesien sy so kort is. Kort voor lank is sy verdiep in die prosedure. Op 'n stadium wil sy haarself verbeel sy ruik vir JJ, maar haal nie haar oë van haar pasiënt af nie. Dit is 'n klein seuntjie wie se milt gebars het nadat hy uit 'n boom geval het. Na vier ure kom sy regop en vra vir die assistent om toe te werk. Sy kyk op net om in twee heldergroen oë vas te kyk. Dan het sy haar nie verbeel nie...

    JJ kyk vol bewondering na haar. Knap gedaan. sê hy goedkeurend.

    Dankie. sê sy skrams. Dan draai sy na die teaterpesonneel toe. Kry die volgende pasiënt reg asseblief. Sy klim van haar trappie af en verdwyn in die skropkamer in.

    Mirre opereer tot nege-uur die aand. Sy gaan stort en gaan soek dan iets om te eet by die kafeteria.

    Toe sy binnestap sien sy vir JJ by 'n tafeltjie sit. Hy kom vinnig orent. Ek het vir jou gewag. Ek het nie geweet of jy ander reëlings getref het om huis toe te gaan nie.

    Sy skud haar kop. Nee ek het nie, maar ek kan my vriendin bel om my te kom haal. Ek wil jou nie moeite aandoen nie.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1