Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Adri
Adri
Adri
Ebook487 pages5 hours

Adri

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dit is 'n interaktiewe weergawe. Die leser kan kies met skakels of hy/sy die skoon (geen beskrywings tydens bedtonele nie) of erotiese weergawe (volle beskrywing van bedtonele) wil lees.

Adri het Morné onwetend lelik afgejak en hy het aanstoot geneem toe sy gesê het hy sal nie by haar pas nie. Dit was Morné se eerste liefdesskuif op Adri. Morné het gevolglik in die buiteland gaan werk vir nege jaar na hy vir een jaar vliegopleiding ondergaan het. As radio omroeper is sy getaak op een oggend in haar vriendin Ronel se plek te gaan vlieg op die ontbyt verkeersvlug. Tot haar skok besef sy die vlieënier is Morné. Sy kon hom na al die jare nie vergeet nie.

Hul vriendskap bly platonies en sy besef spoedig sy is nog lief vir hom, maar hy wil niks weet nie. Na verloop van tyd word sy sy buurvrou en verdiep hul vriendskap en kry sy hoop. Onwetend, omdat sy nie oop kaarte met hom gespeel het hoekom sy hom nie na die dans kan vergesel nie, maar dat sy saam met haar kollega gaan, vevreem sy hom weer. Nou het sy geen hoop nie. Sy begin desperaat raak, want hy neem ander vroue uit, en sien haar net as platoniese vriendin.

Sy word mettertyd in die bestuurspos aangestel by Meyer Industries en sy werk nou saam met hom, maar van romantiese vooruitsigte is daar geen sprake nie. Hy wil ook nie met haar praat dat sy kan verduidelik nie. Haar vriendinne gee haar raad, maar sy maak geen vordering nie. Wanneer haar desperaatheid omskakel na depressie maak sy die deurbraak waarna sy met haar lewe gesmag het.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateAug 8, 2015
ISBN9780620666442
Adri
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Adri

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Adri

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Adri - Johan Crous

    Adri

    deur Johan Crous

    Eerste hersiene uitgawe (Interaktief).

    ISBN : 978-0-620-66644-2 (epub)

    ISBN : 978-0-620-67359-4 (mobi)

    Inhoudsopgawe

    Titelblad

    Kopiereg

    Meer oor die boek

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Slot

    Nabetragting

    Biografie

    Kopiereg:

    Copyright © 2015 by Johan Crous

    All rights reserved.

    Cover design by Johan Crous

    Cover obtained from https://publicdomainpictures.net under public domain license and at pixabay.com

    The cover is designed by Melizandé Celine.

    Book design by Johan Crous

    No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review.

    This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidental.

    Self-published in the Republic of South Africa by Johan Crous 2015

    ISBN : 978-0-620-66644-2 (epub)

    ISBN : 978-0-620-67359-4 (mobi)

    Meer oor die boek:

    Adri het Morné onwetend lelik afgejak toe hy haar vra om saam met hom uit te gaan, en hy het aanstoot geneem toe sy gesê het hy sal nie by haar pas nie. Dit was Morné se eerste keer dat hy toenadering soek tot Adri. Morné het gevolglik in die buiteland gaan werk vir nege jaar na hy vir een jaar vliegopleiding ondergaan het.

    As radio omroeper is sy getaak op een oggend in haar vriendin Ronel se plek te gaan vlieg op die ontbyt verkeersvlug. Tot haar skok besef sy die vlieënier is Morné. Sy kon hom na al die jare nog steeds nie vergeet nie.

    Hul vriendskap bly platonies en sy besef spoedig sy is nog lief vir hom, maar hy wil niks weet nie. Na verloop van tyd word sy sy buurvrou en verdiep hul vriendskap en kry sy hoop. Onwetend, omdat sy nie oop kaarte met hom gespeel het hoekom sy hom nie na die dans kan vergesel nie, maar dat sy saam met haar kollega gaan, vervreem sy hom weer.

    Nou het sy geen hoop nie. Sy begin desperaat raak, want hy neem ander vroue uit, en sien haar net as platoniese vriendin.

    Sy word mettertyd in die bestuurspos aangestel by Meyer Industries en sy werk nou saam met hom, maar van romantiese vooruitsigte is daar geen sprake nie. Hy wil ook nie met haar praat dat sy kan verduidelik nie. Haar vriendinne gee haar raad, maar sy maak geen vordering nie. Hoe gaan sy ooit deurdring na hom?

    Hierdie is die interaktiewe weergawe van Adri. Aan die einde van hoofstuk 9 kan u kies om voort te lees as die romantiese weergawe, waarin die bedtoneel nie beskryf word nie, of u kan per skakel spring na die slot weergawe waarin die bedtoneel beskryf word. U moet self u keuse maak as u daar kom. Nou kan ek meer lesers bereik.

    Hoofstuk 1.

    Ben Bruwer draai links in by die onderdak parkeerarea van die The Terraces gebou, geleë op die kruising van Breë- en Riebeeck Strate, Kaapstad. Dit is net voor nege. Dit is 'n warm oggend in die somer. Die eerste werksdag in Januarie is gewoonlik so warm. Ben is gekleed in sy gebruiklike snyerspak, sy das en bypassende hemp en skoene. Hy het 'n formele, egte leer aktetas by hom, deel van sy beeld. Hy sluit sy luukse Mercedes Benz motor en dan vat hy die hysbak na die sesde vloer. Die klokkie van die hysbak maak sy kenmerkende geluid wanneer hy by die sesde vloer stilhou. Ben loop uit wanneer die deure oopskuif.

    MEYER INDUSTRIES. Die woorde is duidelik en staan uit op die glas deure van die hoofkantoor. Ben groet sy sekretaresse, Gerda Bruwer, wat terselfdertyd ook sy kleinniggie is.

    Môre Gerda, die gewone asseblief. Hoe was jou vakansie?

    Môre oom Ben, die vakansie was baie lekker, ek het goed gerus, maar te veel geëet. Ek bring Oom se koffie.

    Enige afsprake?

    Sovêr net Oom se afspraak met meneer Meyer om twaalfuur. Die res van die dag is oop. Môre is dit egter besig.

    Wanneer hulle alleen is sal sy hom aanspreek as oom, maar wanneer hulle in ander se teenwoordigheid, noem sy hom Meneer.

    Dankie Gerda, jy is 'n staatmaker. Ek het amper vergeet.

    Ben stap na sy kantoor, wat op die hawe uitkyk. Die woorde, CEO en Mr. Ben Bruwer, pryk op die deur. Die binnekant van die kantoor is luuks uitgerus met 'n lessenaar van eik en gemakstoele. In die een hoekie is ingeboude kaste van eksotiese hout, en dit steek 'n klein, maar goed toegeruste kroegie weg. Ben moet soms kliënte onthaal en dit is gerieflik om transaksies te beklink.

    Ben is twee en vyftig jaar oud, maar daar is reeds plooie van bekommernis om sy oë. Hy gaan hierdie kantoor en posisie mis. Hy het hierdie besigheid opgebou tot die reus wat dit tans is. Na Morné Meyer se pa dood is, het hy oorgeneem as die uitvoerende bestuurder omdat Morné nog te jonk was. Morné mag in elk geval eers oorneem het as hy vyf-en-twintig is, en hy is nou reeds agt-en-twintig.

    Ben het reeds voorsiening gemaak vir vandag, en soveel as moontlik geld gespaar om voorsiening te maak as hy dalk afgelê word. Morné is jonk en sal seker nie meer vir hom wil hê nie. Ben is realisties en weet hy sal nie welkom wees as Morné oorneem nie. Hy sien ook nie kans vir 'n troos posisie nie. Hy het tog self alles opgebou. Dit is tog maar net menslik om so te voel. Hy was self verbaas toe Morné nie op vyf-en-twintig oorgeneem het nie, maar eers aangebly het in die buiteland.

    Kwart voor twaalf staan hy traag op, neem sy baadjie en stap af na sy motor. Hy ry af in Breë Straat, regs in Hans Strydom, links in Heerengracht en weer links in Tafelbaai Boulevard. Hy draai links in by P3 van die Kaapstad Internasionale Konvensie Sentrum, of KIKS, soos hulle dit deesdae noem. Hy druk die knoppie vir sy parkeerkaartjie en parkeer. Hy druk die knoppie wat sy motor outomaties sluit en neem die roltrappe na die eerste vloer. Hy stap met 'n swaar gemoed na die Marimba restaurant om Morné te ontmoet.

    Ben herken Morné amper nie. Hy staan op toe Ben instap. Morné is bruin gebrand en het beslis baie frisser geword as wat hy destyds was toe Ben hom gegroet het. Die vet seun het nou 'n fris man geword. Daar is 'n lewendige vonkel in sy oë. Morné glimlag toe hy Ben met die hand groet. Hy is minder formeel geklee. Hy het 'n kakie kleur broek aan en 'n wit oopknoop hemp. Sy arms steek bruin af teen die wit materiaal. Hy is glad geskeer en sy borselkop hare is skoon. Die hare is langer bo-op en staan regop en is plat gesny.

    Oom Ben, dit is goed om Oom te sien. Ek vertrou dit gaan goed.

    Morné, dit is net so goed om jou te sien.

    Ben kan geen teken sien van bedrog in Morné se oë nie. Morné kyk hom reguit in die oë en hy skep effens moed.

    Wat gaan Oom drink? Ek is lus vir 'n yskoue bier.

    Ek sal ook enetjie neem dankie.

    Morné beduie aan die kelnerin en sy neem hul bestelling. Hulle sit is stilte totdat die bier gebring word. Dit is yskoud en smaaklik vir so 'n warm dag.

    Oom Ben, ek was nou tien jaar weg en het baie tyd gehad om te dink. Ek gaan nie weer terug Irak toe nie. Ek gaan Oom nie verveel met my stories nie, maar ek gaan met die deur in die huis val. Ek wil oom Ben vra om aan te bly in Oom se posisie asseblief. Ek is nie in staat om die werk so goed te kan doen soos Oom nie. Of liewer, ek kan dit glad nie doen nie, en ek erken dit. Ek gaan my eie potjie krap en voortgaan as vlieënier. Ek verwag nie Oom moet dit verniet doen nie. Oom Ben het Oom afgesloof vir 'n salaris en hierdie maatskappy opgebou tot die reus wat dit vandag is. My prokureurs gaan oom Ben kom sien. Ek dra tien persent van die besigheid se opbrengs as bykomende kommissie oor aan oom Ben. Dit sal 'n stewige inkomstetjie beteken op sy eie. Sal oom Ben dit oorweeg?

    Morné, ek is verstom. Ek het dit nie verwag nie. Ek het my voorberei om vandag te hoor my dienste word beëindig. Ek weet nie wat om te sê nie.

    Oom Ben is die maatskappy. Ek wil nie eers probeer nie.

    Goed Morné, ek sal aanbly en jy is reg, die besigheid is my lewe. Ek sal jou nie teleurstel nie. Vertel my meer van jouself. Ek het jou lank nie gesien nie.

    Oom Ben, ek was nou lank in die buiteland. Ek het vaste vlerk vliegtuie en helikopters gevlieg. Ek het nou genoeg gehad van gevaar en infrastruktuur wat nie behoorlik onderhou word nie. Ek wil nou eerder ons afdeling uitbrei in George. Die groot werk los ek vir oom Ben. Ek is seker ek sal 'n sukses kan maak.

    Ons dink al lank om verder uit te brei na daardie kant. Jy kom of jy gestuur is.

    My ondervinding sal help. Ek kan in enige omstandighede vlieg en ek sal ook bemarking doen vir vliegtuie en helikopters. Ek sal seker my reputasie kan verkoop.

    Ja, beslis. Jou reputasie as Bronco het beslis jou naam vooruitgeloop.

    Die kelnerin neem hul bestellings en beide bestel biefstuk en skyfies. Wanneer die bestelling gelewer word val die twee mans weg. Beide het nog 'n bier bestel.

    Oom Ben, ek kan net die hemelse Vader dank dat ek behoue tuisgekom het. Ek was twee keer al gewond en my helikopter was een keer raak geskiet, en ek moes gevolglik 'n noodlanding doen. My vliegtuie is ook by twee geleenthede raakgeskiet. Ek is nou voorbereid om in byna enige omstandighede te kan vlieg. Ek kan ook aan skoue deelneem. Ek kan oor see heen vlieg en op oliebore land. Ek het alle moontlike graderings geslaag. Ek het selfs opleiding gegee. Ek wil graag voortgaan om te vlieg, maar ek is moeg vir die oorlog. Ek het genoeg van die dood gesien, genoeg ontwrigting ervaar. Ek het geen familie meer oor nie en ek wil nou net rus. Oom is die naaste wat ek het aan familie.

    Ja Morné, ons het maar almal gedink jy maak 'n fout toe jy destyds begin vlieg het, maar jy het goed gevaar. Dankie vir die vertroue wat jy in my stel. Ek sal jou nie teleurstel nie.

    Oom het nog nooit nie. Oom is die beste wat daar is.

    Waar gaan jy bly Morné?

    Oom, ek gaan vir my 'n woonstel iewers koop, of dalk 'n strandhuis. Ek wil in Mosselbaai tot Grootbrak se wêreld koop. Ek het genoeg geld gespaar, want ek het tog nooit uitgawes gehad waar ek was nie. Ek het nie my geld uitgesuip soos my kollegas gedoen het nie. So ek kan nou 'n belegging maak in 'n blyplekkie. My winste en dividende het ek nog nooit aan geraak nie. Oom weet mos. Alles is net so gespaar.

    En het jy weer iemand in jou lewe?

    Nee, daar is niemand nie. Na my afjak wat Adri my gegee het soveel jare terug, het ek nog nie weer iemand ontmoet nie. Ek was in elk geval nie blootgestel aan vrouens in die buiteland nie.

    Morné, ek sal met Petrus Vermaak praat en jy sal die pos opneem van 'n senior vlieënier by ons maatskappy se George tak.

    Oom Ben, ek is net 'n werker. Niemand mag weet ek besit die maatskappy nie, asseblief Oom.

    Goed Morné, jou geheim is veilig by my.

    Oom, ek wil nie altyd alleen wees nie, maar ek sien nie kans om met iemand te trou wat net in geld belangstel nie. Ek bly dan eerder maar alleen. Ek het nog altyd alleen gebly. Adri het my baie lelik afgejak. Ek is nou versigtig vir vroue, veral mooi vroue. Van my kant af sal ek die maatskappy nie skade aandoen nie. Ek sal privaat met Oom praat. Ek wil dit stil hou. Mense mag weet ek ken Oom, maar hulle mag nie weet van ons werklike verbintenis nie.

    Morné is voor Ben klaar. Hy het in die sekuriteitslewe geleer om vinnig te eet.

    Hierdie vleis was voorwaar heerlik sag.

    Ja Morné, ek eet graag hier. Jy het my onverhoeds betrap vandag.

    Oom, ek het dit nog nooit oorweeg om by Oom oor te vat nie. Oom is die beste wat daar is in hierdie werksrigting. Ek kan nie eers in Oom se skaduwee kan beweeg nie. Oom het die maatskappy se winste elke jaar verhoog, en nou is dit tyd dat ek na Oom ook kyk.

    Dankie Morné, ek waardeer dit.

    "Ek kan nou rustig slaap. Ek weet Meyer Industries is nou in goeie hande."

    Na ete, na die twee mans mekaar gegroet het ry Ben weer terug na sy kantoor. Hy glimlag vir Gerda toe hy by haar verbystap.

    Koffie asseblief Gerda. En maak dit sommer twee, dan kom drink jy saam met my asseblief.

    Dankie oom Ben, ek is nou-nou daar.

    Ben hang sy baadjie op teen die hanger en kyk uit by die venster. Hy sluit sy laai oop en haal die bruin koevert uit. Hy stap na Gerda se kantoor en druk dit deur die snippermasjien. Niemand sal ooit weet dat sy bedankingsbrief reeds opgestel was nie. Vanaand gaan hy rustig slaap.

    Gerda klop aan sy deur, maak die deur oop en stap na binne met die skinkbord. Sy skink vir hom en toe vir haarself. Sy gaan sit op die gemakstoel voor hom. Haar notaboekie is gereed om notas te vat.

    Gerda, jy kan ontspan. Ek het nie werk om jou te gee nie. Ek wil net graag vir jou sê dat ek jou deursettingsvermoë en ondersteuning waardeer. Jy is regtig 'n steunpilaar.

    Dankie oom Ben.

    Gerda, ek gee jou met onmiddellike effek 'n vyftien persent salarisverhoging. Stel asseblief die dokumentasie vir my op.

    Baie dankie oom Ben.

    Jy verdien dit.

    Meyer Industries, by George Lughawe is geleë in 'n drie vliegtuiglootse aan die kant van die aanloopbaan. Die loodse bevat verskeie vastevlerk vliegtuie en helikopters. Petrus Vermaak bestuur die tak al vier jaar en het die tak nie net winsgewend gemaak nie, maar ook onmisbaar in hierdie deel van die land. Die maatskappy het genoegsame lugvaart kontrakte om sy bestaan te regverdig en om uit te brei. Vandat meneer Bruwer hom aangestel het, het hy homself bewys as regverdige bestuurder en sy bekwaamheid word deur niemand enigsins betwyfel nie.

    Vermaak is bekommerd, want sy hoofvlieënier is drie dae gelede oorlede. Hy het 'n hartaanval gehad. Hy het meneer Bruwer laat weet en hy is meegedeel dat hy 'n plaasvervanger stuur. Hy sou eerder self iemand wou aanstel. Wat weet Bruwer van vlieëniers se ondervinding en bekwaamheid af? Enige hierjy kan nie as vlieënier werk nie. John kon beide vaste vlerk vliegtuie en helikopters vlieg. Wat gaan hierdie snotkop kan verrig? Hy is maar net agt-en-twintig jaar oud.

    Vermaak kyk op sy horlosie. Dit is nog sewe-en-dertig minute voor sy afspraak met die jong Meyer. Hy kyk uit sy kantoor na die vliegtuie in die loods. Daar is 'n Lockheet L100-30, twee De Havilland Canada 600-300 vliegtuie en drie Pilatus Porters. Daar is verskeie helikopters. Die Mesherschmidt BO 105, die Sikorski en die Bell.

    Hy hoop maar die nuweling sal sy sout werd wees. Hy gaan John se bekwaamheid regtigwaar mis. Dit help nie hy is kwaad nie. Hy sal moet maak soos Bruwer wil hê. Hy betaal sy salaris. Vermaak weet hy word baie goed betaal en dus sluk hy maar sy trots.

    Om presies tienuur die oggend, hou daar 'n donkerblou Hyundai Tucson stil voor die loots. 'n Jong man in sy laat twintigerjare klim uit. Sy hare is borselkop gesny en hy het 'n T-hemp aan by sy kamoefleer langbroek. Hy is atleties gebou en Vermaak kan onmiddellik sien hierdie jong man het militêre ondervinding. Hy het 'n toerits portefeulje by hom. Die motor is onberispelik skoon. Vermaak begin wonder of hierdie man nie dalk beter bekwaam is as wat hy dink nie.

    Nolene Verhoog, Vermaak se sekretaresse, sien die man binnekom en sy glimlag vriendelik. Sy hou baie van wat sy sien.

    Goeie môre Meneer, kan ek u help?

    Goeie môre, ek is Morné Meyer, ek het 'n afspraak met meneer Vermaak.

    Sit so 'n oomblikkie asseblief.

    Sy skakel op die binnelyn.

    Meneer, meneer Meyer is hier.

    Sy lui af.

    U kan maar instap Meneer. Die deur daar voor aan u regterkant. Meneer Vermaak wag reeds vir u.

    Vermaak sien die man stap in by sy kantoor. Daar is 'n vriendelike, maar waaksame uitdrukking op sy gesig. Hy steek sy hand uit en die man groet hom.

    Goeie môre, meneer Vermaak? Ek is Morné Meyer. Ek is na u verwys deur meneer Bruwer.

    Goeie môre, sit gerus. Ek het u verwag insake die betrekking wat by ons vakant is vir 'n vlieënier. Watter vorige ondervinding het u meneer Meyer?

    "Ek het so pas van Irak af teruggekeer. Ek het operasioneel gevlieg vir Sonar Consultants. Ek het drieduisend-twee-honderd ure as vlieënier op die helikopters, die Puma, BO 105 en Eurocopter of Bell. Ek het seshonderd ure op die groot Sikorskis. Ek het nie my ure gemeld as medevlieënier nie. Ek het enkele ure as medevlieënier op die Chinooks. Verder het ek net meer as drieduisend ure op die C130-30, agthonderd ure op die DHC 600-300 en die CASA Aviocar gesamentlik en dan eenduisend-en-driehonderd ure op die Porter en C185 stert draai vliegtuigies. Op die Cessna Grand Caravan het ek nege honderd ure. Ek het nege jaar operasionele vliegondervinding in Irak waar ek nag en dag gevlieg het. Ek moes selfs al noodlandings gedoen het na ek raakgeskiet was. Ek is verder gegradueer in navigasie, instrumente landing en nagvlieg. Op die kleiner klasse is ek gegradueer om alleen te vlieg, en ook op die kleiner helikopters. Die kleiner helikopters se ure is agt honderd as mediese ontruiming. Ek het die basiese kursus geslaag in operasionele onderhoud. Ek is ook as valskerm springer gekwalifiseerd. Het tot vryval gevorder en is gekwalifiseerd as pakker. Graad agt paramedikus. Hier is my vlieg boekie en my CV."

    Vermaak neem die dokumente, totaal oorbluf. Hy het nie besef die kandidaat is beter gekwalifiseerd as John nie.

    Wanneer kan u begin meneer Meyer?

    My naam is Morné Meneer. Ek kan nou begin.

    Vermaak sien die naam Bronco op die omslag geborduur.

    Waarvoor staan die naam Bronco as ek mag vra?

    Dit was my radio roepnaam Meneer.

    Bronco wat die neergeskiete vlieëniers agter die gevegslyn gaan haal het en toe raakgeskiet is, maar hulle veilig terug gebring het?

    Ek wil dit eerder stilhou Meneer. Dit was ek gewees.

    Morné, beleid vereis dat ek jou prakties moet laat toets.

    Ek verstaan Meneer en dit is nie 'n probleem nie.

    Hy skakel 'n nommer.

    Kom gou na my kantoor.

    Na enkele minute is daar 'n klop aan die deur. Die deur gaan oop en 'n man in vlieëniersuniform kom in.

    Morné, dit is Kobus Theron. Kobus dit is Morné Meyer, ons nuwe vlieënier, in John se plek. Sy vliegure maak hom ons mees ervare vlieënier. Toets hom op die BO 105 en die L100. Sommer nou, en dan wys jy hom rond. Hy begin môre saam met julle.

    Aangename kennis Morné.

    Bly te kenne.

    Die twee mans is daar weg, en sommer dadelik na die BO 105 helikopter. Die helikopter is bo-op 'n plat sleepwa geparkeer. 'n Entjie voor die sleepwa staan die trekker waarmee dit gesleep word. Morné weet hy word in die diep kant ingegooi om seker te maak hy kan vlieg. Min weet hulle dat hy dit al jare lank doen, en dit vanaf 'n kleiner sleepwa. Hy begin heel eerste om om die vliegtuig te stap en doen die voorvlug inspeksie en vergelyk die rekords van die vliegtuig. Kobus kan onmiddellik sien hy het met 'n ervare vlieënier te doen.

    Het jy vir my die nuutste weerverslag, of moet ek vir Beheer vra?

    Geen reën. Wind teen vyf-en-twintig knope, rukwinde teen vyf-en-dertig knope. Noord-Wes.

    Dankie.

    Morné maak die deur regs voor oop en klim in. Hy haal die lys uit en begin die vliegtuig nagaan. Hy vergelyk dit met die lys en begin die vliegtuig aanskakel. Hy gaan die metertjies na volgens spesifikasies. Uit die sy sak van sy broek haal hy sagte leer handskoene uit en trek dit aan. Hy sit die vlieghelm op sy kop en sit die mikrofoon aan nadat hy dit ingeprop het.

    Die registrasienommer, ZS RSK, roep julle Zoeloe Sierra, RSK of iets anders?

    Meyer Chopper twee.

    Dankie.

    Dan roep hy op die radio na Beheer.

    "George Beheer dit is Meyer Chopper twee, dit is 'n ongeskeduleerde toetsvlug. Ek sien geen nabye verkeer op my TCAS nie en versoek toestemming om op te styg tot vlughoogte nul een ses asseblief. Rigting een agt zero. Dit is Bronco."

    "Meyer Chopper Twee, dit is George Beheer, jy het toestemming om op te styg in rigting een agt zero, tot vlug hoogte nul een ses."

    Dankie beheer.

    Bronco?

    Ja?

    "Morné Meyer?

    Ja.

    Bronco, dit is Gert Schoeman van Bravo Kompanie, ek skakel jou later.

    Kobus sien Morné glimlag. Sy hand is op die gesamentlike vlak beheer hefboom en sy regterhand op die siklus beheer hefboom. Hy skakel die enjins aan en dan monitor hy die temperatuur wat eers na die warm kant neig, maar dan geleidelik stabiliseer tot normaal. Sy voete is gelyk op die rigting pedale. Die enjins begin raas en dan lig die helikopter stadig en gelyk, ten spyte van die rukkerige wind. Die helikopter leun na vore en dan beweeg hulle vorentoe terwyl die helikopter stadig vorentoe beweeg en geleidelik vinniger.

    Kobus kan geen fout vind met die hantering nie en is beïndruk met Morné se vaardigheid.

    Vlieg see toe asseblief.

    Morné weet uit ondervinding dat Kobus wil toets of hy turbulensie sal kan hanteer. Hy hou homself onge-erg en doen wat van hom verwag word. Hy vlieg reguit see toe en Kobus beduie na Haroldsbaai se kus toe. Hy laat Morné die pad volg en dan in die klofie af en dan verlang hy dat Morné bokant die branders moet stil hang. Morné doen dit en die helikopter hang doodstil, ten spyte van die wind. Hy vra nog ander toetse ook.

    Hang vir my op vier voet asseblief.

    Morné sak tot een komma twee meter en Kobus is tevrede.

    Gaan sit op die rotse daar voor asseblief.

    Hy beduie waar. Morné vlieg na die rots en gaan sit. Net die een slee sit op die rots weens die skuinste en Morné is tevrede.

    Dankie, Morné. Jy ken hierdie helikopter baie goed. Jy kan maar terug vlieg.

    Meteens is daar 'n baie sterk rukwind, maar Morné hanteer die helikopter meesterlik en Kobus weet hyself sou dit nie kon doen sonder om die helikopter te laat swaai nie. Morné styg weer op en vlieg terug lughawe toe. Hy hou by die toelaatbare hoogte van eenduisend en ses honderd voet.

    "George Beheer, dit is Meyer Chopper twee, ek versoek toestemming om te kom land op rigting zero. My TCAS wys nie enige verkeer naby nie. Ek wil land by Meyer Industries loods asseblief."

    "Meyer Chopper twee, dit is George Beheer, jy kan maar inkom om te land. Geen onmiddellike verkeer is sigbaar nie."

    Morné nader die sleepwa en gaan sit die helikopter presies in die middel neer. Die wind ruk taamlik maar hy hou die vliegtuig onder beheer. Hy skakel die vliegtuig af nadat hy die navlug inspeksies gedoen het.

    Jy het nie nonsens gepraat nie, Morné. Jy het die vliegtuig meesterlik hanteer. Ek sou nie die rukwind so meesterlik kon hanteer soos jy gedoen het nie. Ek is tevrede dat jy weet hoe om hierdie helikopter te vlieg. Jy is beslis 'n aanwins vir hierdie maatskappy.

    Nege jaar is seker genoeg ondervinding?

    Baie beslis. Nou vir die L100. Meneer Vermaak het reeds 'n vlugplan ingedien vir 'n kort vlug.

    Die L100 is die Lockheet Martin L100-30, die siviele weergawe van die C130, die gestrekte weergawe, vandaar die -30 agterna.

    Dit is 'n groot vragvliegtuig en Kobus is slegs gegradeer as medevlieënier. Hy ken egter die vliegtuig baie goed. Hy staan by toe Morné die voorvlug inspeksie doen. Morné het reeds die vlugplan bestudeer.

    Morné neem die linkerste sitplek op. Hy skakel die mikrofoon aan sodat hy en Kobus mekaar kan hoor, want hierdie vliegtuig is nie geïsoleer nie en dit raas baie. Na Morné die kajuitinspeksie gedoen het en hy tevrede is skakel hy eers enjin vier bokant sy kop aan. Nadat die enjin stadig begin draai en toe gevat het, skakel hy enjin een aan, dan twee en dan drie. Toe al vier loop en die temperature korrek is is hy tevrede en kontak hy die beheer.

    George Beheer, dit is Meyer Herk een, toestemming om te taxi asseblief. Die vrag is niks. Dit is slegs 'n toetsvlug. Dit is 'n visuele vlug. Vlugplan Alfa drie een vyf. Bronco aan die stuur.

    Meyer Herk een, dit is George Beheer, jy kan voortgaan om te taxi. Die windspoed is steeds dieselfde. Daar is geen lugverkeer nie.

    Morné druk die vier hefbome stadig na vore en met die slinger links voor stuur hy die vliegtuig totdat hy by die punt van die aanloopbaan kom en dan draai hy om. Hy aktiveer die parkeer remme toe hulle opgelyn is vir opstyg. Morné doen die volledige vooropstyg inspeksielys en vra dan toestemming om op te styg.

    Na hy toestemming gekry het, skakel hy die flappe na vyftien grade en druk stadig die vier hefbome ten volle na vore. Die vier motore raas nou en die hele vliegtuig vibreer. Morné los die parkeer remme en die vliegtuig beweeg al hoe vinniger na vore. Op een honderd en vyftig knope lig hy die vliegtuig en dan styg hulle taamlik steil na bo. Dit gaan maklik want die vliegtuig is leeg. Morné druk die flappe na nul grade en geleidelik tel hulle spoed op. Op vlughoogte 20, dit is twintigduisend voet, is hulle reeds oor die see en Morné draai stadig en vlieg na Mosselbaai. Reg bokant Mosselbaai draai Morné weer regs terug George toe.

    Morné, jy weet beslis hoe om hierdie ding te vlieg.

    Morné vra toestemming om te daal en hy verminder geleidelik hoogte. Op een duisend voet, nadat hy toestemming verkry het om te land begin hy spoed verminder en stapsgewys ontplooi hy die flappe. Op eenhonderd-en-veertig knope het hy al die veertig grade merk bereik en dan draai hy stadig na regs. Sy tydberekening is perfek, want feitlik onmiddellik daarna is die ligte stampie daar toe hy die vliegtuig saggies neersit, ten spyte van die wind van die kant af. Morné druk die vier hefbome heeltemal na agter en die agteruit rotasie van die vier propellers stop die vliegtuig in 'n kort gedeelte van die aanloopbaan. Morné taxi die groot vliegtuig terug na die loots en dan doen hy die navlug inspeksie voor hy die vliegtuig afskakel.

    Vermaak wag vir hom toe hy klaar is. Morné sien Kobus is voor hom daar.

    "Morné, Kobus is tevrede dat jy 'n beter vlieënier is as wat oorlede John was. Meneer Bruwer was reg toe hy op jou aanstelling aangedring het. Ek en Kobus is albei tevrede dat jy beslis weet wat jy doen. Welkom by ons hier by Meyer Industries. Dit is nogal toevallig dat jy dieselde van het. Kobus sal jou verder wys wat aangaan en jou ook neem na die kantoor van John. As die hoof vlieënier is dit nou jou kantoor. Enige iets wat jy nodig mag kry sal Kobus jou mee help. Jy kan oormôre-oggend begin. Kobus sal jou vergesel. Jy kan begin met die radio verkeersvlug. Jy tel een van die radio omroepers op en van sewe-uur tot negeuur vlieg julle rond en die verkeersverslag van Radio Suid sal vanuit die helikopter gedoen word. Sien jou dan môre. As jy sesuur hier is sal jy betyds wees. Jy kan dat om twee-uur uitval."

    Dankie Meneer, ek waardeer dit en sal stiptelik om sesuur hier wees. Wat is my drag?

    Jy kan eers in siviele drag vlieg. Ons kan later vir jou amptelike drag verskaf.

    Ronel Du Plooi, en haar vriendin en kollega, Adri Steyn drink koffie in die Radio Suid radiostasie se eie koffiewinkel. Die radiostasie is geleë in die Langeberg winkelsentrum, reg oorkant die populêre gimnasium, waarvan beide lede is. Die gedeelte van die sentrum is naaste aan Hartenbos.

    Ronel Du Plooi is blond met skouerhoogte hare en sy is twee-en-dertig jaar oud. Haar vriendin Adri Steyn is sewe-en-twintig jaar oud, met lang swartbruin hare wat tot laag op haar rug hang. Sy is lief om haar hare agter met 'n rekkie vas te bind. Haar hare is haar trots. Dit dra ook heelwat by tot haar skoonheid.

    Adri, hoekom kan jy nie daai Morné ou vergeet nie? Dit is al amper tien jaar.

    Ronel, ek is die oorsaak dat hy heel waarskynlik seergekry het. Hy het toenadering gesoek en gevra om my uit te neem. Ek het nie kans gesien om saam met hom te gaan nie want hy was vet. Ek het hom afgejak. Ek wou eintlik hom aanspoor om iets te doen insake sy gewig. Ek het egter ook dieselfde teenoor hom gevoel. Sy reaksie het getoon dat hy aanstoot geneem het. Hy het my nooit weer gekontak nie en ek het nooit weer van hom gehoor nie. Sy ouers en een van sy vriende het gesê hy is Irak toe na die oorlog en niemand het ooit weer van hom gehoor nie. Dalk is hy dood. Ek verwyt myself nog steeds daaroor. As ek maar net my woorde kon terugtrek. Hy is heel waarskynlik ongelukkig en ek is die oorsaak daarvan.

    Wel jy kan nie.

    Ek weet, en dit is my reg om te besluit met wie ek myself wil assosieer, maar ek kon dit beter gestel het. Ek het hom seer gemaak en hy het dit nie verdien nie. Ek voel nog steeds vir hom, maar ek weet nie wat van hom geword het nie. Maar nou ja, ek kan niks daaromtrent doen nie. Gaan jy nou môre vlieg?

    Ja, dit is my eerste kans om die verkeersverslag te doen en ek sien so uit daarna. Die twee vlieëniers kom my môre om vyf voor sewe optel by die hoërskool se rugbyveld.

    Jy is so gelukkig. Jy moet net nie verlief raak op die ouens nie.

    Nee, ek sal nie vriendin. Ek verstaan die een ou is nuut, dit is hoekom daar twee is.

    Ek kan al 'n romanse ruik.

    Ag jy is laf. Terloops, wat sal jy maak as jy weer die ou raakloop wat jy afgejak het?

    Ek weet nie, ek sal seker baie skaam wees. Ek hoop maar net ek sal die moed hê om hom te vra om my te vergewe. Maar dit is ook onwaarskynlik. Ek het hom jare lank glad nie weer gesien nie. Ek weet nie eers of hy nog lewe nie.

    Wel jy sal moet besluit as jy hom sien.

    Hy is seker maar dood. Niemand sal so lank in Irak leef nie.

    Ek is nou in elk geval weer op pad. Ek wil nog gaan klere was. Ek het nie die naweek gewas nie en nou moet ek die gelag betaal.

    Gelukkig het ek klaar gewas, maar ek sal jou dan môre weer sien. Ek wil alles hoor van jou vlug.

    Sien jou dan, ek sal jou alles vertel.

    Pauline kyk op haar polshorlosie toe haar telefoon lui. Sy tel die telefoon op wat op haar lessenaar is.

    Pauline Eiendomme goeie môre.

    Jammer, verkeerde nommer.

    Die persoon lui af voordat sy kon praat.

    Pauline weet dit is nog te vroeg vir haar afspraak met meneer Meyer. Sy besluit om tog maar vroeër te gaan. Sy wil nie 'n slegte indruk skep deur laat op te daag nie. Sy kyk in haar grimeer spieëltjie. Haar hare is netjies gebind met 'n swart rekkie en hang los agter haar rug. Sy het spaarsamig haar wange vanoggend donkerder gemaak. Haar oë het sy effens blou gemaak. Haar lippe het sy ook effens rooier gemaak.

    Sy is geklee in 'n wit rompie wat bokant haar knieë sit en wat haar atletiese bou beklemtoon. Sy spandeer elke week 'n paar ure in die gimnasium om haar bene so te hou. Sy het nie sykouse aan nie, want sy het dit nie nodig nie. Sy het 'n mooi vel en sy is mooi donker gebrand in die son. Haar sandale is wit en het mooi hoë hakke. Haar rooi bloese het kort moutjies en haar effens gespierde arms vertoon bekoorlik. Sy is tevrede met wat sy sien. Sy weet nie wat meneer Meyer wil doen, anders as om eiendom te verhuur nie, maar elke bietjie

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1