Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Blywende woorde: Oordenkings oor vroue wat glo
Blywende woorde: Oordenkings oor vroue wat glo
Blywende woorde: Oordenkings oor vroue wat glo
Ebook111 pages1 hour

Blywende woorde: Oordenkings oor vroue wat glo

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Blywende woorde is ’n dagstukkieboek met 90 oordenkings wat gebaseer is op aanhalings deur bekende vroue soos Elize Parker, Helene de Kock, Christine Ferreira, Marzanne Leroux-van der Boon en Milanie Vosloo. Vroue sal bemoedig word deur die woorde van hierdie besonderse vroue wie se lewens getuig van hul Christenskap. Geïnspireer deur vroue se geloof en hul verhouding met Christus. ’n Voorbeeld van aanhalings: Die dinge wat ons so seer kan maak dat dit onuithoudbaar raak, word die krag waarna ons vra om ons die hoogtes uit te dra. – Helen Steiner Rice. Die beste wat jy vir jou kinders kan gee, is jou deernis, jou teenwoordigheid, jou vergifnis, jou liefde, jouself. – Maretha Maartens
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateAug 20, 2012
ISBN9780796315908
Blywende woorde: Oordenkings oor vroue wat glo

Related to Blywende woorde

Related ebooks

Related articles

Reviews for Blywende woorde

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Blywende woorde - Sylvia de Kock

    cover.jpg

    Titelblad

    Sylvia de Kock

    Blywende woorde

    Oordenkings oor vroue wat glo

    LUX VERBI

    Opgedra aan

    Met dank aan ons hemelse Vader, wat my elke dag deur sy genade en woorde lei. Aan my ma, wat my die waarde van opregte woorde geleer het. Aan my pa, wat ons kinders daaraan herinner dat ons God in woord en daad moet dien. Aan al die vroue wie se woorde die tydloosheid van God se woorde vasvang.

    Voorwoord

    Voorwoord

    Blywende woorde spruit uit aanhalings van vroue oor hul geloof en hul verhouding met Christus. Daar is baie vroue soos hulle wie se woorde met die tyd sal wegwaai as dit nie vasgevang word nie. Daar was deur die eeue duisende Christenvroue wat wyse woorde oor hul verhouding met Christus en hul geloof kwytgeraak het. Hulle het met hul gesinne gepraat, met hul gemeentes, met hul naaste en met God. Min van hierdie woorde is ooit in ’n bundel gepubliseer en hierdie is ’n beskeie poging om so ’n klompie vroue se woorde byeen te bring. Deur dit te doen wil ek graag hulde bring aan alle vroue wat die moed het om hul geloof deur woorde te bely.

    Sylvia de Kock

    1. Om tot God se beskikking te wees

    1

    Om tot God se beskikking te wees

    Ek is tot die beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.

    – LUKAS 1:38, MARIA, JESUS SE MOEDER

    Watter lofwaardige getuienis uit die mond van ’n vrou wat baie swaargekry het. Sy moes besef het hoe moeilik haar pad sou wees om die Seun van God groot te maak. Ons moet bid vir hierdie soort inskiklikheid om God te gehoorsaam. Dit is nie maklik nie. Dit kan nooit eenvoudig wees om God te dien nie. Tog verwag Hy gehoorsaamheid van ons. Meer nog, soos wat Hy Maria vertrou het met die allergrootste taak op aarde, naamlik om die Seun van God op te voed, so vertrou Hy jou en my ook om sekere take vir Hom te verrig. Daarby moet ons geëerd voel dat God ons goed genoeg ag om Hom te dien. Hy het ons, soos vir Maria, uitverkies om groot dinge in sy Naam te vermag. En soos Maria, moet ons ook onmiddellik en met vertroue op God se versoek reageer. Wie weet watter wonderlike dinge God kan vermag deur jou inskiklikheid en gewilligheid om te gehoorsaam.

    Maria het geantwoord: Ek prys die Here. Ek juig in God my Verlosser! Want Hy het omgesien na sy nederige diensmeisie, en nou sal geslag na geslag my geseënd noem.

    – LUKAS 1:46–48 (NLV)

    2. In sy hande

    2

    In sy hande

    Hoe moeilik die nuwe jaar ook mag wees, hoe skrikwekkend die dreigende ellendes, niks is naastenby so groot soos Hy nie. Die hande wat sy dissipels se voete gewas het, is die hande wat my lewe vashou, en dié van almal wat ek liefhet.

    – MARZANNE LEROUX-VAN DER BOON

    Ons staar ons so maklik blind teen alle soorte gevare – dié wat werklik is en ook dié wat ons altyd vrugbare verbeelding uitdink. En dis alles so onnodig. En ongelowig daarby. Die Here is in beheer. Hy was nog altyd in beheer, en Hy is steeds en tot in alle ewigheid in beheer. Ook van my en jou lewe. Dis nie dat daar geen gevaar is nie. Dis net dat sy teenwoordigheid die gevaar demp, dit anders maak, want ons hoef ons nie blind te staar daarteen nie. Ons kan maar net na Hom kyk. Hy wat die hemel en die aarde onderhou, en gewillig is om ons voete te was. Hy wat ons die opdrag gee om nie ontsteld en bang te wees nie. Dit is hoekom ons gereeld tot stilstand moet kom en besef dat God ons in sy hande omvou. By Hom is daar geen twyfel nodig nie. Saam met Hom is daar geen rede om te vrees nie. Hy is en bly God.

    Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.

    – JOHANNES 14:1

    3. Ons pyn kan ons krag word

    3

    Ons pyn kan ons krag word

    Die dinge wat ons so seer kan maak dat dit onuithoudbaar raak, word die krag waarna ons vra om ons die hoogtes uit te dra.

    – HELEN STEINER RICE

    Daar is baie tye in ’n mens se lewe waartydens jy wonder hoe jy deur die dag gaan kom. ’n Mens staar jou blind teen vrese en soek fout waar daar nie is nie. Hierdie tye druk jou plat, maak jou kragteloos. Tog is dit juis hierdie tye wat God gebruik om jou nie net krag te gee nie, maar jou bewus te maak daarvan dat jy innerlike krag het. Hierdie innerlike krag word juis ontwikkel wanneer jy en jou Here deur moeilike tye gaan. Bitter tye kom, of jy dit nou wil hê of nie, want dis die lewe. Maar weet dit: God is by jou in so ’n tyd, en Hy gee jou krag en dra jou wanneer jy nie meer kan nie. Dikwels is ons so vasgevang in ons eie swakheid dat ons nie besef dat God ons juis in ons swakheid leer om ons eie krag te ontdek nie. Juis in tye van swakheid kan en wil God ons help om kragtig te word.

    God omgord my met krag, Hy maak my pad voorspoedig … U het my met krag omgord vir die stryd.

    – 2 SAMUEL 22:33, 40

    4. Ontdek jou identiteit

    4

    Ontdek jou identiteit

    Wie is ek? is ’n vraag wat onbeantwoord sal bly totdat ek myself in Christus vind.

    – HELENE DE KOCK

    ’n Mens hoor so in die omgang dikwels die woord identiteit. Wie is ek?, Waarheen is ek op pad? en Is dit genoeg vir my? is vrae wat dikwels gevra word. Wat is ’n mens as jy nie weet wie jy is nie? Ja, wie is ek nou eintlik? is dan ’n vraag wat gereeld by die meeste mense opkom. Selfs kinders begin in ’n stadium daaroor wonder. En geen wonder nie! ’n Mens se identiteit is belangrik, so belangrik dat jy verlore voel daarsonder. Almal wil graag iewers vandaan kom en almal wil iewers hoort. As ons eerlik wil wees, wil ons graag by iemand hoort. En daar is net een Iemand

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1