Huisgenoot

LANDUIT – MAAR HÓÉKOM?

DIS dieselfde breë, skitterwit glimlag wat van hom so ’n gewilde en charismatiese televisieevangelis en die leier van ’n welvarende gemeente gemaak het. Die goedheid straal behoorlik uit hom uit terwyl hy innemend na die kamera kyk, sy gesin langs hom.

Kan dit wees? Is dit hý op die foto?

Ja, sowaar, dis Andries Enslin, bekend aan sy aanhangers as die stigter van die Alberton Lewensentrum-kerk (ALS), Christelike skrywer en voormalige aanbieder van die program Die Woord op kykNET.

Maar waar in die wêreld ís Andries? Steeds in Alberton?

Nee. Hy bevind hom in Austin, Texas, kan Huisgenoot nou bevestig. Dit is die tuiste van die Rhythm Church, Andries se nuwe gemeente in Amerika.

“Niks maak my meer opgewonde as ’n klein begin nie; 20 jaar gelede het ons ’n kerk in Suid-Afrika met 14 mense begin. Nou, danksy God se roeping, doen ons dit weer,” skryf die nuwe leraar van dié oorsese gemeente op die Rhythm Church-kerk se Facebookblad.

Andries se onverwagte verskyning as herder van die Austin-kudde kom nadat hy Alberton net maande gelede verlaat het op ’n manier waaroor sy Albertonse gemeente steeds gons. Op Sondag 24 November was hy, soos dikwels tevore, agter die ALS-kansel. Min mense het toe geweet dit was vir eers sy laaste preek hier.

Die volgende dag, 25 November, was Andries en sy gesin op ’n vlug na Amerika. Baie van sy ALS-lidmate was onthuts

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
’n Huis Met ’n Uitsig
DIS nié die Vanrhynsdorp wat ’n mens in toeristebrosjures sien nie. Die vlakte lê eindeloos voor jou uitgestrek en daar is nie ’n veldblom in sig nie. “Spitsverkeer op Vanrhynsdorp is wanneer daar vyf karre is,” sê Maria Lakay en wys uit haar ruim si
Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot1 min read
Maak Jou Eie Papier
Verwyder alles uit die houtraam en plaas dit op ’n oppervlak met die kleiner opening na bo. Plaas die maasdraad bo-op sodat dit die oop deel van die raam bedek. Kram dit dan reg rondom vas. Skeur die papier in klein stukkies en plaas dit in die menge

Related