Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Reise van Isobelle
Reise van Isobelle
Reise van Isobelle
Ebook864 pages16 hours

Reise van Isobelle

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die jare 1894 tot 1994 is vir die Afrikaner ’n tydperk van grootse maar veral pynlike gebeure. ’n Gewone Suid-Afrikaanse familie beleef in hierdie roman die Anglo-Boereoorlog, die Eerste Wêreldoorlog, die 1914-Rebellie, 1918 se tragiese Groot Griep en 1938 se besielende Voortrekkereeufees, die Tweede Wêreldoorlog se gruwels, die 1948-verkiesing wat tot apartheid se hoogbloei lei, en die tagtigerjare se opstande.  Belangwekkende historiese gebeure bly egter kil feite voor dit deur die individu deurleef word. Daarin lê die groot krag van hierdie meesterlike roman: Dit gebeur met mense – iedereen met sy persoonlike oortuiging en ideale – wat nie net op persoonlike vlak met andere bots nie maar ook vasgevang word in burgeroorloë en lotsbepalende besluite. Smutsmanne, apologete vir apartheid, liberale en oorlogshelde en bekende volksfigure soos die patriargale dominee en die oujongnooitante spreek tot die leser as onvergeetlike mense in eie reg. Wie en wat is die Afrikaner? En wat is verraad? Wie is “my mense”? Wanneer word die mens bloot vermink en wanneer is die stryd sinryk? Dit is die diepgaande vrae waaraan hierdie karakters dimensie verleen. As sodanig gooi die roman sy net so wyd dat dit ook aktuele werklikheid inhou vir meer as net die Afrikaner.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 1, 2011
ISBN9780624053828
Reise van Isobelle
Author

Elsa Joubert

Elsa Joubert is op 19 Oktober 1922 in die Paarl gebore. Sy wen die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978). Haar magistrale roman Die reise van Isobelle (1995) is met die Hertzog-prys bekroon.

Read more from Elsa Joubert

Related to Reise van Isobelle

Related ebooks

Related articles

Reviews for Reise van Isobelle

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Reise van Isobelle - Elsa Joubert

    Die reise van Isobelle

    Elsa Joubert

    Vir my kleinkinders

    Chris en Elsa, Lisa en Stephanie, Isabeau en Nicolas

    Inhoud

    DEEL I

    Vooraf

    DEEL II

    Agnes

    DEEL III

    Belle

    DEEL IV

    Leo

    DEEL I

    Vooraf

    Reise van Isobelle-title.jpg

    1

    Later het Issy aan Grandma gesê: Emma was too young to be allowed to spend a weekend on her own. And too impressionable.

    Miss Golightly, ’n gesette, permanent beangste dame met groot buuste, fyn enkeltjies en nerveuse bewegings, sou haar chaperone wees op die halfdag-treinreis van Worcester na Stellenbosch.

    Tot die jong Emma Anderson se ergernis.

    Maar op die Stellenbosch-stasie het hul paaie geskei: Emma om tuis te gaan in die pastorie by cousin Charles en haar niggies; Miss Golightly by minder deurlugtige vriende.

    Ná die Sondagete het cousin Charles, voordat hy sy servet oprol en in die silwer-servetring steek, sy mooi silwergrys moestas versigtig gedep. Teen die oorkantste muur hang die olieskildery wat sy vader van die gemeente ontvang het by sy aftrede. Die skildery inspireer hom daagliks.

    Soos die teenwoordigheid aan tafel van sy vrou, sy seuns en sy dogters, en vandag ook sy fraai kleinniggie, vir hom rede tot dankbaarheid is. Die Here is goed vir hom.

    Ek het ’n takie om aan julle op te dra, sê hy vir die meisies. Ter ere van ons Hemelse Vader op sy heilige dag.

    Hy skuif sy silwer-servetring armlengte van hom af, en voordat hy dank, sê hy, ná ’n oomblik se swye om hulle aandag behoorlik te kry:

    Vanmiddag om halfdrie sal ’n afstuderende proponent sy proefpreek lewer. Ek sal teenwoordig wees, saam met my kollegas, in die agterste ry. Dit is moeilik om jou beste te lewer in ’n dolleë kerk voor ’n onsigbare gemeente. Die sigbare teenwoordigheid van die pastoriegesin sal die jong man onderskraag.

    En dit is hoe Emma Anderson om halfdrie op die snikhete Stellenbosch-Sondag in die tweede ry van voor in die kerk sit, haar kop agteroor, haar oë met toewyding gerig op die kansel. Lastige sweetdruppels op haar bolip vee sy met so min moontlik beweging van hand en sakdoek af, om die sakdoek op gevoel af, sonder beweging van haar kop, weer weg te bêre in die klein retikule van swart systof wat langs haar op die bank lê.

    En toe die jong Josias van Velde die preekstoel bestyg om sy woorde hemelwaarts te stuur, sy donker oë gesluit en sy jong gesig bleek van toewyding, en waarskynlik senuwees, voel sy ’n geneentheid in haar opstoot, ’n drang tot beskerming en ’n betrokkenheid by die jong proponent soos sy nog nooit tevore in haar lewe ervaar het nie.

    Die skemerte in die kerk op die middaguur, die fyn dans van stofdeeltjies waar ’n stukkie son tog skuins by ’n venster binnedring, is vir haar opeens onlosmaaklik verbind aan hierdie nuwe gevoel. Sou dit verband kon hou met die groot onuitspreeklike woord: Liefde?

    In haar boeke lees sy daarvan, in Tennyson, in Lord Byron se gedigte, in haar gedagtes fantaseer sy daaroor, en nou, hier, neem dit besit van haar. Sy het opgehou met asemhaal; sy voel haar hart het opgehou klop. Totdat haar liggaam die spanning nie langer kan verduur nie. Haar asem stoot met drie klein rukkies uit, haar boesem gee in drie klein bewegings mee. Asof dit in drie klein suggies die onafwendbaarheid van ’n nuwe bestaan herken. Sy is verwonderd oor die oorname van haar liggaam deur emosie.

    Haar niggie kyk besorg na haar; daarvan bly sy onbewus.

    Ook die proponent het haar gesien. In die tweede ry van voor, saam met die hooghartige dogters van sy promotor. Die donker krulletjies onder haar strooihoedjie het los gestoot asof hulle wou vry wees van die inperking van kondee of hoed. Op die soet gesiggie, soos sy opkyk na hom, is ’n trek van bekommernis wat haar winkbroue na mekaar laat plooi in ’n klein fronsie, asof sy meeleef met elke woord wat hy sê en oor hom intiem besorg is. Oor die afstand van die preekstoel na die tweede ry van voor sien hy haar in ’n stralekrans en voel hy vir goed verbind, in ’n gewillige, bykans ongelowig blymoedige gevangenskap.

    Hy word genooi om ná sy preek by die dominee aan huis te kom.

    Hy staan langs Emma en hou haar koekbordjie vas terwyl sy senuagtig die flou swart tee met die skyfie suurlemoen daarin sluk. Die fyn lyn van haar neus, die dik bos bruin hare, verleidelik noudat die hoedespeld uit die strooihoedjie getrek en die hoedjie opsy gesit is, maar veral die groot donker oë wat, soos straks in die kerk, besorg na hom opkyk, en die effe tuit-bolippie, vermurwe sy hart.

    Die alledaagsheid van eet en drink is ondenkbaar.

    Nie tee vir my nie, dankie. Nee, ek is nie dors nie.

    Hy eien haar daardie eerste middag as syne. Hulle trou ’n jaar later, November 1894. Emma neëntien en Josias in sy laat twintigerjare.

    Nothing good will come of it, het Issy, ’n jaar of tien ouer as haar suster, reeds met die onverbiddelike eiewysheid van ’n oujongnooi voorspel.

    Miss Golightly het die trourok gemaak. Cousin Charles het hulle op Worcester getrou. Emma se moeder, self ’n pastorieweduwee, het haar met die huwelik versoen slegs nadat Josias na haar tuisdorp, Worcester, beroep is. Miskien het cousin Charles sy invloed gebruik; miskien was hy, met die toenemende behoeftes van sy eie gesin, verlig dat die voorreg/verpligting/las van die gedeeltelike versorging van die weduwee-niggie en haar twee dogters nou op die gretige skouers van Josias van Velde oorgedra kon word.

    Hemel, so jonk. Cousin Charles voel sy jare. Hoeveel tyd bly vir hom oor? Sy deurlugtige voorvader in die houtraam teen die eetkamermuur was skaars sestig toe hy gesterf het. Toe hy voor die preekstoel die jong paartjie se hande oor mekaar vou, is hul jeug opeens onverduurbaar. Hy voel verganklikheid soos ’n donker vlerkgeklap nader kom.

    Waarmee Issy haar nie kon versoen nie, is dat Josias se familie onteenseglik handelaars is.

    In trade.

    Nuwe bloed, Issy, het cousin Charles getroos. ’n Vroom jong man.

    Hy wis dat ook die gemeente verlig was dat die leraarsweduwee en haar dogter hul intrek by die jong pastoriepaar sou neem, en hulle sodoende sou onthef van die las/plig/voorreg om die huur van die beskeie huisie te betaal, en daarmee van die skuldgevoel dat die maandelikse bedrag aan die gesin van hul geliefde gestorwe leraar so skraal is. Eintlik ’n bestiering dat die kansel vakant geword het.

    God se weë is te wonderlik vir ons om te begryp. Berus nou, klein Issy.

    ‘Klein’ – ’n aansienlike verdraaiing van die waarheid, want Issy is lank en stokkerig gebou, haar hare styf agteroor gekam en in ’n bolla gedraai. Haar gelaatstrekke sou aantreklik kon wees as haar oë nie wantrouig en met gedurige mishae die wêreld betrag het nie.

    Wat maak jou aunt Issy so ’n suurpruim? sou ’n maat van Leonora, een van Emma se dogters, haar op ’n keer vra. En Leonora en sy sou, gedagtig aan die gedigte wat hulle so graag lees, ’n liefdesteleurstelling versin. Maar die moontlikheid van aunt Issy met ’n vryer sit hulle so onbedaarlik aan die giggel dat hulle later hulpeloos op die gras van die pastorietuin rondrol.

    En nie weet nie dat aunt Issy agter die kantgordyntjies van die sitkamervenster hulle dophou, en dink: Waarheen het my jeug verdwyn? En paniek in haar voel opstoot: Is alles verby?

    Die ‘klein’ van cousin Charles had eerder betrekking op die moeder wat ‘Grandma’ genoem word vanaf die geboorte van Emma se eerste kind, ’n seun, ’n jaar of wat ná die troue. Selfs haar ou gemeentelede het begin opmerk: sy word kleiner. Soos oumense maar kleiner word. Maar die koppie, met ewe styf teruggekamde hare as haar oudste dogter, af en toe met ’n klein plukkie agtertoe getrek as sy haar woorde wil beklemtoon, is nog net so regop op haar smaller wordende skouers. Haar kort treetjies klap nog net so weerklinkend doelgerig oor die lang plankvloer van die pastoriegange. En haar stem bly nog net so beslis.

    Haar opinies ook.

    Om die vrede te bewaar het Josias toegelaat dat sy eersteling Stuart gedoop word, na die oupa aan moederskant. Hy had agting vir die Anderson-stamboom. Godsmense, soos hy in alle waarheid nie van sy eie stamboom kon sê nie. Sy vader is ’n goeie, gesiene burger, maar weer daardie vernietigende etiket: ‘in trade’. Agent en vendusieafslaer in die nabygeleë Wellington. Met wamakersbelange wat byna skrikwekkend toeneem namate die eeu na sy einde snel.

    Skaars ’n jaar ná Stuart se geboorte het Emma ’n miskraam.

    Grandma en Issy kyk Josias verwytend aan, soos hulle in die jare wat kom so dikwels sou doen – ’n gepynigde trek om die mond en oë.

    Waar die skielike ophou van haar hartslag en intrek van haar asem by die eerste sien van Josias op die kansel veel goeds voorspel het vir ’n moeitelose en bevredigende fisieke eenwording in hul huwelik, is die voorspelling nie bewaarheid nie. Toe Josias in hul hoë dubbelbed, heeltemal oorgegee aan haar, met sy kop op haar bors lê, het sy haar oë gesluit en die goue stofdeeltjies wat dans in die skuins straal van die son deur die kerkvenster, met al haar wilskrag probeer oproep. Terwyl sy nog stil kon lê en sy kop streel, selfs sy winkbroue liefderik kon platstryk, was dit goed, het die gewig van sy kop teen haar borste selfs aangename en verrassende nuwe gewaarwordings in haar liggaam ontketen. Maar word hy vuriger, kom daardie vreemde uitdrukking – is dit wellus? – oor sy gesig en dan gee die dansende goue stofdeeltjies summier uit haar gedagtes pad. Dan hoor sy hoe die woorde wat haar moeder die aand voor haar troudag in hulle ‘little talk’ gesê het:

    It will be hard, my dear. Submit with dignity.

    Teerheid teenoor Josias het nooit, selfs tot die einde, by Emma ontbreek nie. Maar die streep wat ‘submission with dignity’ haar liggaam herhaaldelik getrek het: swangerskap op swangerskap, was onvoorsien. En die gang van die swangerskappe onstuitbaar: die mislikheid, die duiseligheid, die kragteloosheid wat die sweet van haar laat tap, haar met onversorgde hare in die huis laat ronddwaal, die uitswel van haar liggaam tot ’n onooglike berg – met ’n vreemde indringer wat woel en krul binnekant haar lyf.

    Die eerste baba word ná die geboorte aan Issy oorhandig vir versorging.

    Haar tweede swangerskap – veels te gou ná die geboorte – eindig in ’n miskraam. Sy herstel besonder maklik. Nie lank nie of haar dierbare Josias kan weer teen haar nestel en terwyl die stofdeeltjies in ’n sonstraal dans, en sy sy gesig opgehef na die kerkplafon met vurige konsentrasie in haar gedagtes oproep, ‘submit’ sy met ‘dignity’, selfs gretigheid. ’n Gretigheid wat haar totaal verbaas. En onderdruk moet word. Grandma se woorde bly onuitwisbaar in haar ore: Not for women of our class, dear.

    Vroeg in haar derde swangerskap, vyf jaar ná haar troue, kom Josias se jonger en enigste broer, Hennie, met sy verloofde, Jessie, die dogter van ’n wynboer van Wellington, by die pastorie op Worcester kuier. Haar tante kom saam as chaperone.

    Uit familiefoto’s, uit enkele briewe wat bewaar gebly het, uit oor-leweringe en familiestories dwing hierdie Bolandse jongmense van die laat neëntiende eeu om uit die newels na ons terug te keer. Beskermde Bolandse jongmense. Die jong vroue met die klein ingegorde middeltjies, hoëhalsrokke en ewige chaperones, die mans met hooggeknoopte onderbaadjies en ‘flyaway’-boordjies staar ons ernstig uit die foto’s aan.

    Die kuis kleredrag, die streng formaliteite en norme wat hul daaglikse gedrag bepaal, kan as getuienis aanvaar word dat hulle as kosbaar beskou is deur hul aardse moeders en vaders. Waarskynlik het hulle ook kosbaar gevoel. En hierdie soet gevoel van kosbaar te wees, was maklik oor te dra op die verhouding met die Hemelse Vader. Wat immers sy bloed gestort het om hul kosbare onthalwe.

    Gebore en getoë op die aflopende gety van die groot godsdienstige herlewing in die Boland gedurende die laaste helfte van die laaste dekade van die eeu, is hierdie jongmense suiwer vlam vir die Here. Uit ’n brief van Emma aan Josias, kort voor hul troue: My dearest one. Our Lord has made our hearts beat as one. May our lives be spent in His service.

    En die skape buitekant die hemelse kraal? Van hulle was daar tog sekerlik ook. ’n Vader wat drink, ’n owerspelige moeder, ’n onbeheerde neiging tot die ‘breë’ pad, of ongehude moederskap? Hieroor is daar, asof dit deur die gemeenskap woordeloos bepaal is, in groot mate geswyg. En oortreders is eenvoudig uit die gemeenskapslewe uitgesluit.

    Eufemismes gedy in hierdie Laat-Victoriaanse gemeenskap. Liggaamlike drange moet ‘gesublimeer’ word. Mans wat hulle nie kan beteuel nie en by vroue in die onderdorp gaan slaap, selfs by geleentheid kinders by bruin vroue verwek, word agter geslote deure en toegetrekte gordyne verdoem. Mens praat nie daaroor nie. Tog is daar niemand wat nie weet in juis wié se agterplaas op hierdie witwarm Bolandse dorpie die bruin vrou met die rooikop- of blondehaarkind haar neerplak aan die einde van die maand en nie loop voor haar onderhoud betaal is nie. En die kennis word diep in die gemeenskaplike geheue gebêre.

    Die kerk? Tug? Vertroulike kerkraadsvergaderings? Soms. Soms ’n wenende vrou wat ná die diens voor die kansel sonde bely terwyl kinders, vooraf uit die kerk gestuur, deur die toe kerkdeure probeer afluister. Om aan die Sondagmaal-tafel deur susters verklap te word: jy het, jy het …

    Met Emma wat so dikwels swanger is, het Josias begin vermoed hy val ook na sy skoonma en skoonsuster se mening onder die mans ‘who cannot control themselves’. Reeds is by hom gesinspeel op die ‘sublimation of the flesh in God’s service’. Maar ag, hy is so lief vir haar. Wanneer hy die los donkerbruin hare op die spierwit kussings sien, die lieftallige, groot bruin oë, die wit arms na hom uitgestrek, die bolippie effens getuit, die tandjies so wit en nat, kan hy die kragtige gedruis van die jong bloed deur sy are met geen wil op aarde, of uit die hemel dan, onderdruk nie.

    Hennie en sy verloofde, Jessie, saam met die tante-chaperone, bly ’n naweek langer as beplan om die eerskomende Sondagaand na die preek van ’n besoekende prediker, ’n vermaarde held in Christus, te gaan luister. Hulle sit in die pastoriebank. Eers Grandma, dan Issy, dan Jessie se tante, dan Emma, met Jessie en Hennie langs haar.

    Die olielampe teen die mure word met elke binnekoms van gemeente-lede verstoor en brand onegalig, selfs onbeheers. Die mense stroom die kerk vol. Buite waai die wind sterk. Die orrel vul die kerk met sy lae, sonore klanke wat die orrelis met moeite uitstoot. Iets skort met die orrel.

    Emma sluit haar oë. Toe sy hulle oopmaak, staan die twee figure in swart op die trap van die kansel, een hand op die houtreling, Bybel onder die arm vasgedruk, die hoof gebuig. Hoe jonk en klein lyk haar Josias, twee trappies onder die groter en veel ouer gestalte van die besoekende prediker. Sy voel die bekende beskermende drif vir hom in haar opstoot.

    Hy doen die aankondigings, dan stel hy die prediker voor. Hy klink bewoë – sou die gebede in die konsistorie hom só ontroer het?

    Waarde gemeente, het is ons een eer en een voorrecht om vanavond krachtens de genade van de Heer zijn zeer bijzondere dienaar in ons midden te hebben: de weledele heer Doktor Karl Kumm, zendeling in Gods dienst in de Soedan en in Nigerië. Terwijl hij daarginds werkt onder de duistere heidenen, richt hij vanavond ook een boodschap tot onze gemeente.

    Hy gaan sit en die ouer man neem sy plek agter die kateder in. Stil staan die groot gestalte daar, minute lank, sy arms voor hom uitgestrek. In elke vuis hou hy die gepoleerde rand van die kateder vas.

    Hy sê niks. Die geskuif van die gemeente verstil. Die gekug hier en daar sterf weg. Nog sê hy niks. Die olielampe brand nou egaliger, die kerkdeure is gesluit, die wind loei buite.

    Met sy hande nog vasgeklem aan die kateder, verskuif hy effens. Die skaduwee van sy liggaam vloei grotesk met die beweging. Hy draai na die regtervleuel van die kerk en roep met ’n harde stem: ’Allo!

    Die gemeente sit onbegrypend.

    Hy draai terug na die skip van die kerk. Hy wag. Hy roep: ’Allo!

    Dan keer hy hom na die linkervleuel. ’Allo!

    Hy wag ’n rukkie. Hoor julle my? Dring my woorde tot julle deur?

    Vir die emosioneel ontvanklike gemeente lyk dit asof die gestalte van die prediker aan die wette van swaartekrag ontkom het, asof hy nader kom en weer terugsak. Ook die lig van die olielampe skyn aangeraak te word deur die stem, en gaan in antwoord daarop aan die flikker.

    In die skaduwee van die Almagtige sal ek skuil, dwaal Emma wat begin naar voel.

    Die olielampe hoor my. Hoor júlle my?

    Die wit beffie, die welige bos wit hare verskyn soos hy uit die donkerte van die kansel na vore kom om dan weer terug te sak. Hy lig sy arms op. Die twee blink mansjetknope maak strepe soos lig wat uit ’n ster skiet. Die mou-flappe van die toga laat donker skaduwees teen die mure vloei. Langsaam kyk hy weer in al drie rigtings.

    ’Allo, ’allo, ’allo! Hoor julle my?

    Die gemeente sit versteen.

    Oplaas begin hy praat. Die spanning en aandag gee nie skiet nie. "Dit gebeur aan die Weskus van Afrika. ’n Vyftal verlorenes vaar in ’n roeiboot. Die mis bedek hulle, dit strek van kim tot kim. Waar hulle is, weet hulle nie. Ook wanneer die mis lig, weet hulle nie waar hulle hulle bevind nie. ’n Vyftal verlorenes. Hul lyding word groot, want hulle is sonder water. Die dors verteer hulle. Hulle sien ’n roeibootjie nader kom oor die water. Die spane beweeg soos deur een hand gelig en neergelaat, geluidloos. Dit stoot die bootjie deur die water. Hulle kan die roeiers nie sien nie. Hulle skree: ‘’Allo, ’allo, ’allo! Hoor julle ons?’

    "‘Ons hoor julle,’ kom die antwoord.

    "‘Help ons dan, ons gaan dood van die dors.’

    "‘Skep met julle emmers van die water waarop julle vaar.’

    "‘Maar die water is sout. Ons sal sterf.’

    ‘Julle het die monding van die rivier binnegevaar, die water is vars. Skep met julle emmers en drink. Oral om julle is water.’

    Sag, sonder liggaamsbeweging of stembuiging, asof hy dit vir hom-self sê, of opeens vermoeid is, herhaal die prediker: Met die dood van ons Heiland, het óns die monding binnegevaar. Skep met julle emmers en drink. Oral om julle is water.

    Ná die laaste gesang en die uitspreek van die seën begin die gemeente gedemp uit die banke skuif, wag om deur die mensestroom in die gang opgeneem te word. Issy en Grandma en die tante van Jessie is reeds ’n ent ver. Daar word vir hulle deurgang gemaak. Hulle sien nie hoe Emma weer gaan sit en aan Jessie vashou nie. Sy voel duiselig en naar. Miss Golightly wat dit opgemerk het – die verkeer in die gangetjie is nou minder druk – skuif met haar kort treetjies by die bank in. Sy is immers kleremaakster, weet net hoe om met bekwame handjies die korset op die mins opmerklike manier effens te laat skiet gee. Sy hou haar sakdoekie met eau-de-cologne voor Emma se neus. Hulle al drie bly sit, hoofde gebuig, asof hulle bid. Miss Golightly beskut Emma.

    Later die aand, in die studeerkamer, sê Hennie, ’n ernstige, stil jong man, aan Josias: Doktor Kumm het my besiel. Jessie is dit eens met my. Ons bied ons dienste vir die sending aan.

    Josias druk sy broer aan die skouer. Ek sou met jou saamgaan, Boet. Maar soos jy kan sien, is dit onmoontlik.

    Emma het hom huilend in die slaapkamer vertel dat sy weer swanger is.

    Ek het reeds my onderwysdiploma, sê Hennie. Miskien nog ’n jaar by die Sendinginstituut. Dan sal ek, menslik gesproke, gereed wees.

    Skep met jou emmer. Oral om jou is water.

    Ek begryp nie mooi nie, kla Emma. Watter water?

    Die liefde van God, Emma, die liefde wat ons omhul.

    Laat mý arbeidsveld dan maar my gemeente wees, dink Josias.

    Die tweede kind van Emma wat lewe, is ook ’n seuntjie. Josias dring daarop aan om hom na sy eie vader, Frederik, te noem. Wat Grandma en Issy gretig verkort na Fred. Ondersteun deur Emma hou hy voet by stuk, en die seuntjie bly Frikkie, sy oupa se noemnaam. Grandma en Issy sluk swaar daaraan, maar moet toegee.

    Die twee vroue, geklee in hul swart katoen of tafsy, Grandma met die ferweelbandjie om die nek, en die ‘mourning brooch’ met ’n klossie van haar gestorwe man se hare in goud gemonteer aan haar jabot vasgesteek, Issy met ’n kamee aan haar styf geplooide swart kraag – deur wie aan haar geskenk, wanneer? – is ’n onontkombare teenwoordigheid in die huis. Van hul stemtoon, ook van bevele aan die kindermeisie, kan afgelei word dat Stuart die gunstelingkind is. Maar Frikkie is ’n maklike kind en gee nie moeite nie.

    Die reëlings vir Hennie en Jessie se vertrek sendingveld toe sloer. Hulle is reeds ’n jaar lank getroud en wag steeds. Die oorlog wat in die noorde tussen die Britse Ryk en die twee Boererepublieke dreig, ontwrig ook sendingbedrywighede, soos dit groepslojaliteite, selfs in die verwyderde Boland, op die spits dryf. Ou gesindhede, pro-Boer of pro-Engels, begin al hoe meer na vore kom en skaaf.

    Die oorlog is reeds ’n paar maande aan die gang toe Hennie oplaas hoor dat reëlings vir hul vertrek getref word. Hulle sal met ’n Portugese boot tot by Beira reis, dan met die Zambezi na Tete, en van daar oor land na Njassaland. Die reis kan maande duur.

    Dit is einde Desember 1899.

    Hulle kom na Worcester om Josias en Emma te groet, en bly oor om die eeuwenteling met die pastoriegesin mee te maak. Die Oujaarsdiens is reeds die middag gehou sodat die boere in die distrik voor donker tuis kan wees. Ook die dorpsmense. Die nuusberigte vertel van Boerekommando’s wat Natal toe opruk, wat die onvoorbereide Tommies in die Vrystaat platskiet, selfs so ver suid as Colesberg, en by die Stormberge deurbreek. Daar is sprake van imminente krygswet.

    Die aand se viering is stemmig. Terwyl die vroue die nuwe eeu in die voorkamer inwag, sê Josias aan sy broer: Kom stoep toe. Laat ons bietjie lug skep. ’n Soet tand had ek nooit.

    Die vroue bedien aandtee en soetgebak en lekkers. Die koek en lekkergoed wat in die silwerskotteltjies aangebied word, is vanaand vir hom tot aanstoot. Die gebak – vrugtekoek, swaar en donker met korente, groenvye en neute, met die harde wit suikerversiering, die pienk en wit skuimkoekies, die sponskoek, die botterkoek – is oordadig. Die sitkamer ruik na laventel. Dis ’n gesin oorheers deur vroue, dit weet hy al geruime tyd. Selfs die kraffie soetwyn wat op die dientafel gereed staan – die wyn ’n rustige rooi juweel, sý bydrae – is hom tot ergernis.

    Die kanferfoelie-rankplant het ná die lentereëns wild uitgeskiet en hang in slierte van die traliewerk om die veranda af. Ook die plant ruik soet. Hy haal die knipmes uit sy sak en begin los ranke afsny, gooi hulle opsy. Ander kan hy nie bykom nie, want hy is kort van gestalte. Hy knip teësinnig die mes toe. Môre bring ek ’n leer, sê hy.

    Hoe haal jy dan jou ongedurigheid op die plant uit? vra Hennie. Hy suig rustig aan sy pyp. Te rustig, dink Josias. Voel hy dan nie die tweespalt in die huis, in die land aan nie?

    Sit daardie pyp weg, en rook ’n sigaartjie saam met my.

    Ook die dosie sigare waarvan hy met omsigtigheid af en toe een rook, is ’n geskenk van cousin Charles, dink hy met leedvermaak. Tog geregverdig vanaand, Oujaarsaand, Ou-eeu-aand, hierdie een klein luukse – die Engelsgesinde skenker ten spyt. Hy haal twee sigare uit sy binnesak, maar Hennie skud sy kop.

    Nou goed dan. Josias sny met die knipmes die punt van die sigaar af, lek ’n paar keer oor die afgesnyde punt, en dan oor die lengte van die sigaar. Hy spoeg. Die lucifer kirts. Hy suig vinnig en aanhoudend, sien die klein vonkie wat begin smeul.

    So ja. Die Here vergeef my my oorgawe aan die swakheid, maar die sigaartjie help tog.

    Hennie staan met sy voet op die stoepmuurtjie sy pyp aan ’t suig. Reg agter hulle is die vensters van die sitkamer, aan die ander kant van die voordeur die vensters van die studeerkamer. Die vensters is opgeskuif, die luike wyd oopgestoot. In elkeen brand ’n olielamp helder.

    Daar moet Lig wees vir die nuwe eeu, het Grandma gesê toe sy self die lampe opgesteek het. Sodat die gemeente kan sien dat die pastorie die nuwe eeu vroom inwag. Genoeg duisternis om ons. Laat ons Lig maak waar ons kan.

    Josias het geswyg, later aan sy broer gesê: Ek vind niks verkeerd met haar sentiment nie, behalwe dat ek my nie vereenselwig met die spesifieke lig wat sy begeer nie.

    Die olielampe brand stil. Die vlammetjies word af en toe deur ’n ligte stoornis of ’n stil stootjie wind van stryk gebring. Dit lyk asof hulle ’n oomblik lank sidder. Dan brand hulle weer egalig voort. Muurlampe verleen ’n rosige skynsel aan die sitkamer, iets feesteliks in teenstelling met die gedempte kleure van die vroue se tabberds. Tafsyvoue vang die lig waar daar opgestaan word om ’n teekoppie neer te sit, of ’n mou roer soos Emma buk om tee te skink.

    Sit down, Emma, everybody has had enough. If the men insist on staying outside … Issy neem die teepot uit haar hande, vee versiersuikerkrummels in ’n koekbordjie saam. Well, if they insist, they can go without their tea.

    Die gesprek oor die reis van Jessie en Hennie en die stoornis wat die oorlog bring, word vir die soveelste keer hervat.

    Op die stoep rook die twee mans in stilte saam. Dis ’n donker, maanlose nag. Daar kom min geluid van die dorp. Hulle kyk hoe die soeklig wat in afwagting van krygswet reeds by die stasie aangebring is, met sy gereelde baan ’n sekelgreep deur die donker trek. ’n Oomblik is die strate verlig, dan weer donker. Onbewus wag hulle in hul gesprek op die beweging van die baan, hou op met praat, volg met aandag die verskuiwing van lig.

    Die jong mans by Mrs Blair se losieshuis lok alte graag die soldate uit. Ek hoop hulle bly vanaand tuis.

    Dis maar jongmense.

    Die dorp is verdeeld. By julle seker ook. Pro-Boer en pro-Brit. Grandma en Issy steek hulle gevoelens nie weg nie. Soms voel ek die pastorie is by die boeremense verdag. Waarskynlik ek ook.

    Die hand wat die sigaar vashou, steek hy voor hom uit, druk sy twee polsgewrigte teen mekaar.

    Geboei. Dis hoe ek voel.

    Die skril oumensstem van Grandma klink skerp op in die sitkamer skuins agter hulle. Van die oorlog en sy onheile het die gesprek na die Britse magte en die ou koningin verskuif. Hulle hoor hoe haar stem al hoër klim, iets histeries kom by.

    Luister, knik Josias vir sy broer.

    Like Her Gracious Majesty, the Queen, I am not interested in the possibility of defeat.

    Colenso, Magersfontein, Stormberg. Daardie veldslae het haar totaal onkant gevang. Ek het haar byna jammer gekry. Sy dweep met die koningin. Jy sal nie glo hoeveel portrette van die armsalige ou vrou teen haar slaapkamermure hang nie.

    Soos hy aan die sigaar suig, vlam die kooltjie klein op.

    God vergewe my, maar ek het oplaas my man gestaan. Ek het geweier dat die portrette sitkamer of selfs eetkamer toe kom. Dit was moeilik. Sy laat my nie vergeet dat sy op haar dag pastoriemoeder in dieselfde huis was nie.

    Hennie skud net sy kop. Ma is ook maar goed Engelsgesind. Maar Pa bedwing haar. Ook in sý stem het bitterheid gekom. Nie dat Pa nie groot geld maak uit die oorlog nie. Perde, voer, selfs donkies. Jy moet sien hoe lyk dit daar by ons op die werf.

    Wat doen die oorlog tog nie aan ons nie, Boetie! Selfs ons, die Godsmense. Dit maak my soms skaam. Maar sonder lojaliteite kan mens tog nie wees nie. Dit is seker vir jou ’n verligting om pad te gee.

    Hennie merk die verlange in Josias se stem. Hierdie oorlog moet verbygaan. Stel jou visier verder as die hede, Josias. Dis ’n tydelike ver-steuring in jou huis. Bewaar die vrede.

    Maar sy broer skud sy kop. Dis ons eie mense wat aan Engelse hand sterf.

    Ons moet teen bitterheid stry, waarsku Hennie. Vir elke liefdelose gedagte bly ons tot in ewigheid aanspreeklik.

    Josias dink ’n oomblik na. Net met Hennie kan hy uitpraat. Ek voel by my gedurig die tweespalt. Ek vra my af of my gevoel vir my volk noodwendig in stryd met die Christelike naasteliefde moet wees. Is dit my plig om vredesonthalwe in my huis stil te bly?

    Hulle stap stadig langs die stoep op, bly staan voor die studeer-kamervenster waar die lamp begin rook. Josias verstel die pit. Soos hy orent kom, sê hy: Jy ken my geaardheid. Ek begeer, nee, nog meer, ek het die behoefte om my vir ’n saak waarvoor ek voel, met hart en siel ten stryde te kan werp. Met hart en siel, ja, hartstogtelik.

    Hierdie vryheid hét jy tog, in jou werk vir God.

    My skoonmoeder werk my ywer teë. Boetie, man, sy lok my uit. Die staanhorlosie in die gang agter die oop voordeur begin die kwartiere aftel. Vier keer. En dan begin die uurslae. Hulle tel. Nege, tien, elf, twaalf. Êrens in die dorp word ’n geweerskoot afgevuur. Die klank kom uit die soldate-barakke. En dan, miskien van die Engelse kerk, ’n huiwerige klokkespel. Dit sterf weer weg. Die dominee het nie die koster laat kom om die kerkklok te lui nie. Hy omhels sy broer.

    Geseënde nuwe jaar, my boet. Geseënde nuwe eeu. Mag God dan op jóú werk sy seën laat rus.

    Jy moet moed hou, Ouboet. Hierdie dinge sal verbygaan. Gods seën ook vir jou.

    ’n Rukkie staan hulle so, bewoë, onder die indruk van die gewyde oomblik. Dan stap hulle binnetoe.

    Emma se donker oë kyk vraend na hom. Daar is vlugtig ’n ontevrede trek in haar blik wat gewoonlik so sag is. Vandat die horlosie begin slaan het, hou sy die stoep deur die venster dop.

    Waar bly jy so lank? Grandma het gemeen jy sal ’n gebed vir ons wil doen.

    Dan doen ek dit nou. Hy kyk om hom rond, beduie dat almal hul hoofde moet buig. Hy neem albei Emma se hande in syne. Dan buig hy sy hoof. Hemelse Vader, schenk Uw zegen aan ons in het nieuwe jaar, in deze nieuwe eeuw. Laat dit jonge echtpaar dat op het punt staat te vertrekken naar donker Afrika, zich steeds bewust zijn van Uw tegenwoordigheid. Schenk ook Uw zegen aan dit verscheurde land. Laat Uw gerechtigheid overwinnen. Schenk ons Uw vrede.

    Geluk met die nuwe jaar, Josias, fluister Emma. Sy lig haar arms en sluit haar hande om sy nek, laat rus haar kop ’n oomblik teen sy bors. Grandma wou hê jy moet vir die koningin bid, maar dis niks nie, dis reg so. Maar jy moet haar gelukwens, om my ontwil …

    Sy skoonmoeder vergun hom ’n piksoentjie op elke wang en voeg betekenisvol by: May God guide you.

    Issy skenk hom haar wang.

    Dis net Jessie, die spontane jong plaasmeisie met die blou oë en die ligte roeskleur in haar hare, wat hom opreg omhels. Dan kyk sy hom ondeund aan en praat sag sodat die ander nie hoor nie.

    Ek het vanaand jou twee seuntjies help bad. Stuart dring aan: oom Hennie moet vir hulle elkeen ’n leeu gaan skiet! Lyk my ons het maar almal ons leeus, nè?

    Wat gaan die nuwe jaar vir hierdie twee jongmense bring? Waar hy vroeër die aand sy broer vlugtig beny het, voel hy nou ’n beklemming.

    Ons sal baie lank nie van julle kan hoor nie.

    En ons nie van julle nie. Ons sal nie eens weet hoe dit met die oorlog verloop nie. Dit ontstel my. Daar kom ’n treurige blik in haar oë. Haar ouers, weet hy, is pro-Boer.

    Soms twyfel ek of ek die weggaan van almal wat ek liefhet, sal kan verduur. Soms word ek bang, dan stel ek my voor dat ons in die diep gras en bosse gaan inloop, en dat die gras en bosse weer agter ons toemaak. Dan is ons heeltemal verlore.

    Nie verlore nie, Jessie. Nooit verlore nie.

    Nee wat, dit dink ek nie regtig nie. Nie verlore nie, maar geborge.

    Maar Emma roep hom na die dientafeltjie. Die klein glasies met hul lang steeltjies is uit die kas gehaal. Hy neem die kraffie soetwyn by haar en skink die robynrooi stroop totdat dit ’n halfvingerbreedte onder die glasrand lê. Dit is mooi, elke glasie ’n klein rooi flonkering.

    Geseënde nuwe jaar. Geseënde nuwe eeu.

    Emma kyk na hom, die ontevredenheid het uit haar oë verdwyn, en hy glimlag met haar op hul eie, intieme manier. Op jou, my liewe Emma.

    Tog is hy bly om klaar te drink, sy sigaar uit die asbak op te tel en weer aan te steek. Hy staan by die oop venster dat die reuk nie sy skoonmoeder ontstel nie. Die bult van die tweede sigaar in sy binnesak is vir hom op ’n vreemde manier tot troos.

    2

    Oujaarsaand 1899 word in die huis van die weduwee Valeria Greylinck in Sunnyside, Pretoria, met veel groter deftigheid gevier.

    Tientalle kerse brand in die kroonlugter bo die lang tafel in die eetkamer. Die egalige gloed word ook hier as stil klein robyne weerkaats in die wyn wat in die fyn glase geskink word. Die kerslig besorg aan die wynnattigheid op rooi jongmeisielippe, aan hulle donker oë, ’n dowwe, onontdekte, teer geglim.

    Die weduwee Greylinck, moeder van drie seuns in die veld, oorskry vanaand haar selfopgelegde beperkings. Sy bring die hoeveelste glasie wyn na haar lippe. Hoe mis ons nie ons jong mans, ons seuns, verloofdes, eggenote nie, sug sy. Sy knik na die ouer here wat tussen elke derde, vierde vrou geplaas is – mans is ’n skaars kommoditeit in oorlogstyd. Hulle is die vaders van vriende, lede van diplomatieke sendings wat nog in die dorp gevestig is, ’n bejaarde dokter, ’n sakeman.

    Hoe treurig sou ons klein feestelikheid vanaand nie gewees het sonder u teenwoordigheid nie. Sy trek ’n pruilmond wat op haar ouderdom skalks, maar tog simpatiewekkend is. Sy vind aanklank by mans; haar lewe lank het sy haar nog hierop beroem. Weer lig sy haar glasie, haar tong lek aan die rand. Sonder ons galante here!

    Die here knik erkentlik, eers na haar aan die hoof van die tafel, dan ’n kleiner gebaartjie teenoor die dame links en regs van hulle. Insgelyks, sê hul glimlag, sê die versigtige afvee van die wyn se nattigheid aan die moestas. Gedagtig aan hul amptelike en tot op hede streng gehandhaafde neutraliteit in die oorlog, weerhou die diplomate hulle daarvan om ’n heildronk in te stel op die krygers, of op die oorwinnings wat die laaste paar maande van die jaar die Pretorianers so verheug het.

    En om haar gaste nie in verleentheid te stel nie, doen die weduwee Greylinck dit ook nie. In plaas daarvan strek sy haar hande uit om die gaste aan albei kante van die tafel te omsluit, arms dik maar glimmend in die swart satynmoue. Arms gul soos haar ete, arms wat soos haar oorvol hart alles omhels, alles insluit (vir die oomblik selfs haar skoondogter), gul in die sekerheid van die glansryke oorwinning van die dierbare Vier-kleur. Gul in die sekerheid van die immer hartverwarmende galantheid van here. Op haar dag was sy onweerstaanbaar.

    Ons drink, en almal mag tog hierop drink: op ons geliefdes wat nie vanaand by ons kan wees nie …

    Die glasie wyn in haar regterhand word effens skeef omhoog gehou, die rooi vog dreig om oor die rand te stort. Sy sug, maar gaan moedig voort: En mag die Here hulle bewaar en in die taak hulle opgelê oor-vloediglik seën.

    Die gaste klink. Ook Irma, die skoondogter, klink en drink met volle oorgawe. Die diplomate buite rekening gelaat, is sy al een wat bewus is van die wensdenkery, van die futiele hoop wat hierdie feesvierinkie onderskryf. Deur haar verbintenis (in volle oorgawe) met een van die jonger lede van die Franse Diplomatieke Sending weet sy dat ‘de glansrijke overwinningen der eerste maanden, het veroveren van gepantserde treinen, het doen springen van bruggen, het belegeren van steden’, waarna haar skoonmoeder vroeër die aand verwys het, en wat ’n gewilde, vertroostende verwysing geword het, slegs ’n tydelike monstering van krag was.

    Insgelyks is menige heer van die Korps vanaand aan die weduwee Greylinck se tafel diep in sy hart bedroef oor wat die toekoms vir die twee dapper klein Republieke gaan bring. Die Italiaanse konsul, die heer tweede in bevel van die Nederlandse konsulaat en die konsul van Duitsland is toenemend ongerus, selfs beangs. Hierdie goeie mense besef nie, dink hulle, dat die Britse leeu nog skaars die slaap uit sy lyf geskud het nie. Wanneer hy eers ontwaak het en sy krag monster, wag niks goeds op hierdie tenger klein hoofstad nie, hierdie gul, groot vroue, hierdie aanvallige jong dogters met die drome nog rookdonker in die oë, hierdie erbarmlike land wat hulle skynbaar so hoogag.

    Onsekerheid wag ook op hulle en hul diplomatieke missies. Lank sal die Boere nie weerstand kan bied nie. Sal Pretoria verdedig, of ontruim of verwoes word?

    Laten wij drinken op de vriendschap tussen onze volkeren.

    Die here uit Nederland, Italië en Duitsland lig die glase. Daar is egte ontroering in hul stemme, van donker en oud en bas tot tenoor, soos hulle elkeen op sy beurt herhaal: Wij drinken op vriendschap tussen onze volkeren.

    Die gasvrou gee die teken, die maaltyd is verby. Stoele word teruggeskuif, die geselskap verdaag na die ontvangkamer waar een van die dames wat ’n sanggroepie van vier stemme gaan begelei, haar bladsye musiek uitsorteer. Irma, die skoondogter, raak aan haar skoonmoeder se arm soos hulle die gang af loop en wys dan met die duim en middelvinger van haar regterhand na haar slape. Hoofpyn, gee sy te kenne. Sy sal liewer gaan rus.

    Later, dink die weduwee Greylinck, later sal sy aan die probleem aandag gee. Sy kry geen samewerking van Irma nie. Die kamerdeur sal stellig, soos reeds gebeur het, sorgvuldig toegetrek wees, sou sy na die gaste se vertrek daar wou ingaan. Tot dusver het sy gehuiwer om die knop te draai, om te toets of die deur gesluit is. Maar een van die mooi dae … Die gedagtes maal agter haar witgepoeierde, effe beswete voorkop, onder die gladde, nog steeds donker kapsel, terwyl sy met van die gaste ’n woordjie wissel, ’n glimlag afstaan terwyl sy hulle die voorkamer binnelei. Een van die mooi dae gaan sy die deur oopdraai en afrekening van haar skoondogter eis.

    Haar beringde hande slaan self die klavierdeksel oop. Om maar te gewillig terug te staan toe een van die here hom haas om haar te help. Sy sit op ’n regop stoel met vergulde leunings, op ’n met brokaat gestoffeerde sitplek waarvan die gouddraad reeds plek-plek dof geword het. Haar swart sytabberd val grasieus om haar nog slanke, gekruiste enkels, die regtervoet begin geluidloos op die tapyt die maat van die inleidende passasie aftik; sy skep behae in die beweging van haar voet, die ritmiese op en neer beweging laat ’n loom gevoel van ontspanning deur haar liggaam sprei. Miskien kan dit ook die wyn wees.

    Sy sluit haar oë, en haar kop en haar vol ken roer op en af in tyd met haar voet. Maar sy dut nie. Sy geniet onteenseglik en intens die vrouestemme wat trillend en sonoor by mekaar in- en uitvleg soos ’n vlug lughartige swawels.

    Ná die dames tree ’n soliste op. Toe, op aanvraag, die Italiaanse heer met sy pragtige tenoor. Die ryk, teer tremolo, en die hand nog teerder teen sy bors gedruk, ontroer die dames. Terwyl sommige ongesiens ’n traan wegpink met die klein kantsakdoekie, lig die weduwee Greylinck opeens die kop. Sy kyk in die kamer rond. Irma, aan wie sy haar geliefde middelste seun, Daniël, afgestaan het, vir wie sy soos ’n eie dogter aan huis ontvang het toe haar eie moeder sterf en sy g’n bloedverwant in die land had nie en die moeder se losieshuis wat sy help bestuur het, onder die hamer moes kom, is nog nie hier nie.

    Die horlosie in die gang begin slaan. Eers die ligte gedreun van die vier kwarte se uurspel, dan ’n oomblik stilte. Dan begin die diep, harde slae die ure aftel.

    Die gaste het by die eerste klokkeslag verstil, die musiek vergete. Dié wat in pare daar is, soek die een die ander se hand. Sommige van die gaste tel met geluidlose mondgebaar. Die gewigtigheid van die jaar, van die eeu wat ingeslaan word, is opeens, ná die vrolikheid, ondraaglik.

    Agt … nege … tien … elf … twaalf.

    ’n Jong meisie, wat vir die eerste keer so laat toegelaat is in groot-mensgeselskap, begin huil. Haar ma troos haar. Haar pa en broers is in die veld. Haar ma huil ook.

    Op spoedige weerzien van onze geliefdes, sê die Nederlandse konsul, diplomatieke versigtigheid vergete.

    Op spoedige weerzien, herhaal die ander, en dit skyn te troos.

    Die weduwee Greylinck is bewoë. Sy sou Irma teen die hart wou druk. Alles in ag genome, deel hulle dieselfde kwelling, het hulle slegs mekaar tot versterking. Maar sy is nie hier nie. Alleen in haar kamer sou die oomblik vir haar des te droewiger wees. Sy kyk om haar rond. Haar gaste kan sy nie summier verlaat nie, anders sou sy haar na Irma haas.

    Ook maar goed, want alleen was Irma nie. Ook nie in haar kamer nie. In die tuin van die Greylinck-woning, in die skaduwee van die druiweprieel, staan sy vasgedruk teen die bors van die jong visekonsul van Frankryk. Sy streel oor sy wange, oor sy oë, sy voorkop. Sy streel oor sy lippe, totdat hulle haar vingers wegstoot en gulsig na haar lippe, édeler gespreksgenoot, soek. En oplaas die nog edeler voedsel wat haar liggaam roekeloos aanbied, met ’n ewe roekelose, onversadigbare drif verslind.

    Hierdie toneel, moet erken word, mag denkbeeldig wees. Wat feit is, want dit is opgeteken, is dat in die eerste helfte van 1901, toe die oorlog op sy haglikste was, die konsentrasiekampe op hul wreedste, en Pretoria reeds byna ’n jaar lank deur die Britte beset, die visekonsul van Frankryk ’n reispermit van die Britte verkry het vir ’n vrou en haar vier weke oue baba, en dat die vrou, ‘of Dutch/Boer extraction’, en die baba uit Pretoria afgereis het Kolonie toe.

    Ook dat, want dit is desgelyks opgeteken, die terugtrekkende Boere-kommando’s ongeveer tien maande tevore, in Mei 1900, verhonger, vermoeid en verslae deur Pretoria teruggeval het, ’n dag of wat daar kon vertoef by geliefdes, ’n halfdag kon uitrus, bemoedig deur die vertroostende arms van hul medelydende eggenotes, en toe weer vort is – sommige om te sterf, ander om oplaas hande in die lug te gooi, mausers op die grond, en oor te gee, party om tot die bitter einde aan te hou met veg.

    Vir Irma, die vrou met die totale oorgawe aan die visekonsul, was haar man, Daniël, se skielike terugkeer met die Boerekommando’s, op vlug voor die oprukkende Britse magte, hoogs onverwags en daarby hoogs ontstellend.

    Sy was in die kombuis besig om haar skoonmoeder te help vleis bewerk – met die soort ywerigheid en minsaamheid waarmee vroue gewoonlik ’n klandestiene avontuur verdoesel – toe die woord kom: Die Boerekommando’s sleep terug na Pretoria, hulle is uitmekaar geskiet; hulle retireer vir eers, die Engelse troepe is in opmars.

    Die weduwee Greylinck het haar dik, bekwame hande met die lap naaste aan haar afgevee en haar moue – vir die taak opgerol – afgetrek, die mansjetknopies versigtig vasgemaak.

    Gelukkig het ons gister gebak.

    Sy begryp nie die gebrek aan geesdrif by haar skoondogter nie. Dit moet die skok wees. Sy vat haar aan die skouer: My kind, besef jy wat jy gehoor het? Ons krygers is op pad. Mag die Here gee dat my seuns nog lewe. Begryp jy nie? Jou man is op pad terug.

    Daar bestaan verslae van ooggetuies wat vier, vyf diep opgedam gestaan het langs die strate van Pretoria om die intog van die moeë perde, die tot die dood toe vermoeide en ook verwarde ruiters gade te slaan. Wat die kontras met die marsjerende voorhoede van die Britse troepe ’n paar dae later aanstip en sê: By die aanskoue van hierdie kontras het die wanhoop ons vir die eerste keer oorweldig.

    Tog is daar ook vertellings van hoe jong meisies die Tommies wat op die Kerkplein uitgestrek gelê en rus het, skouerpak en geweer aan die sy, toegesnou het: Die oorlog is nie verby nie. Die oorlog het so pas begin!

    Die skoondogter het nie veel kans gekry om die krygswetlike implikasies van hierdie onverwagte terugkeer te besef nie. Sy moes noodgedwonge – terwyl haar hande selfs vinniger as haar skoonmoeder s’n beddens oortrek, klere uit kaste haal en agtertuin toe laat dra om uit te vars, kamers oopmaak en laat uitvee, vars water in die lampetbekers aandra – aandag gee aan ’n ander, meer persoonlike probleem.

    Ek is skoon verward, sê haar skoonmoeder, hand teen die voorkop, toe sy opeens in ’n stoel neersak. Irma bring vir haar ’n glas water, wat sy stadig sluk. Dan sit sy weer orent. Ons moet die huis-regmaak staak en aan kos dink. Ons moet vleis maal en derms stop. Haar gesig trek saam asof sy wil huil. Hoeveel biltonge sou ons nie kon gereed gehad het nie, as ons net wis.

    Ons kan vannag beskuit bak en droë, sê Irma en sien hierin ’n uitkoms. Ek sal dwarsdeur die nag werk, Moeder kan slaap, ek sal nie ’n oog toemaak nie, dink sy terwyl sy plan maak: Hoe kry sy ’n boodskap aan die visekonsul dat hulle ontmoeting onder die prieel daardie nag, en wie weet die volgende paar nagte, van die baan is?

    Die skoonmoeder kyk haar dankbaar maar ook berekenend aan.

    Ek sal ou Mieta inkry vir die ooghou oor die uitdroë. Soos sy die glas aan haar skoondogter teruggee, stryk die ander hand aaiend oor die jong middellyf, so plat nog, so digby haar. Siestog, my kind, sê sy, alle wrewel van die laaste paar maande weg uit haar stem, vir jou was die skeiding ook nie maklik nie. Dan druk sy haar uit die stoel uit op, weer sterk.

    Eintlik moet ons eers alles los en strate toe om nuus van hulle te hore te kom. Sy knoop haar ruim voorskoot los, vou dit op en sit dit weg. Ons moet ons regmaak, jy ook, kind. Ons stryders sal versterk word deur die aanskoue van ’n goed versorgde vrou. Hulle moet kan weet hulle veg vir iets van waarde.

    Maar toe die verewaentjie uiteindelik voor die deur ingetrek is en die twee vroue wil inklim vir die rit na die middedorp, vat die ouer vrou die jonger een aan die arm en hou haar teë.

    Luister.

    Hulle hoor perdepote stadig die straat af kom. Die perde loop, trippel of pronk nie soos toe hulle die oggend byna ’n jaar tevore daar weg is nie. Selfs perdepote kan van nederlaag vertel.

    Luister.

    Die ouer vrou sluit haar oë, draai haar kop, hou stywer vas aan die arm van die skoondogter, sodat haar gesig byna teen haar blad is. Sy vrees wat sy sal sien. Wie van haar seuns?

    Maar die jonger vrou se oë is skerp en haar gemoed minder betrokke. Sy druk haar skoonmoeder saggies van haar af weg; kyk stip straataf.

    Ek sien vir boeta Piet, sê sy. En skuins agter hom vir Daniël. En daar’s nog ander wat om die draai kom, miskien is boetie Jan onder hulle. Moeder, moenie so bevrees wees nie, kyk tog self.

    Sy haak haar skoonmoeder se hand van haar arm los, en wink vir die koetsier om die verewaentjie terug te neem en die perde stalle toe.

    Dan tel sy haar rok op en hardloop na die tuinhek, ruk dit oop en, oorweldig deur die ontmoeting, steier sy byna onder haar man, Daniël, se ryperd in.

    Sy herken skaars die groot, grof geboude man met die rooibruin gesig en die lang, stofvuil roesbruin baard soos hy van die perd klim en sy arms om haar slaan. Sy word teen sy liggaam gedruk, sy ruik sweet en stof; sy word so vasgedruk dat die bandelier haar seermaak en sy haar losmaak uit sy greep, maar nou het sy hand haar ken opgelig en hy kyk haar aan asof hy sy herinnering meet aan wat hy voor hom sien. Is dit trane wat sy oë laat blink? Hy omvat haar kop met albei hande en druk dit weer teen sy bors. Sy wil verstik van die reuk van sy lyf. Die baddens, dink sy, ons het vergeet om die kastrolle water op die stoof te sit. Hulle sal wil … hulle móét bad. Weer druk hy haar terug, om haar beter te kan sien. Sy oë is nog dieselfde koel ligblou, byna kinderlik teen die verweer van die gesig, die grofheid wat kepe in die vel gemaak het. Die gedurige sonbrand en afdop het die vel taai, byna verrimpeld gelaat. Sy roesbruin hare het gebleik, hang ongesny in sy nek en koek plek-plek van die vuil. Sy merk nou eers dat die omhelsing hom ook pyn besorg het. Hy los haar en stut sy linkerelmboog met sy regterhand.

    Ek wil Moeder groet. Dan kan ons ingaan.

    Piet is reeds by sy moeder. Hoe verspot was ons, dink die jonger vrou, om te dink ons moet mooimaak vir die krygers. Hul visie strek soveel verder, hul waarneming is op ’n heel ander vlak as ons s’n. ’n Oomblik lank het iets haar aangetrek tot hierdie vreemde man met sy kinderlike maar versiende oë, waarin trane opwel soos hy na haar kyk, asof hy in die krag van sy emosie iets besit wat sy nooit sal bereik nie, iets sien wat vir haar verberg is. ’n Oomblik lank had sy ’n vermoede van ’n diepte van gevoel wat kan bestaan, ’n gevoel vir ’n ander persoon, groter, wyer, ewiger as wat sy self ooit kon vermoed het; staan sy op die drumpel om na hom toe deur te breek, daardie veraf blik in sy oë te begryp, hom lief te kry. Maar toe hy die aanraking verbreek, sy arms van die omhelsing terugtrek, is die oomblik verby.

    Sy lag senuagtig.

    Dis vir my al asof julle groter geword het, of ons gekrimp het. Sy wil op haar beurt hom aanraak, maar hy beskerm nog steeds sy linkerelmboog met sy regterhand. Sy wou gesê het: Kyk daar hoe groot is Piet, en hoe jou moeder soos ’n kind lyk in sy omhelsing, maar in plaas daarvan is haar woorde besorg: Ag, moenie sê jy’s gewond nie!

    Gelukkig my linkerarm. En dis ’n ou wond. Hy hou sy linkerarm effens weg toe sy moeder van Piet wegdraai en na hom toe kom, haar styf teen hom vasdruk. Hy buig oor haar en soen haar op die voorkop. Sy lig haar kop en vra: En Boetie Jan?

    Toe hulle nie antwoord nie, kyk sy van broer na broer. Haar jongste. Haar mond trek op ’n vreemde manier saam, asof sy wil huil, maar sy bedwing haar.

    Hoe moet julle nou ook alles weet, julle is nie eens saam hier weg nie. Kom, ons gaan binnetoe.

    Moenie nou die ergste dink nie, Ma. Boetie Jan is ’n goeie vegter. Hy sou na homself gekyk het.

    Sy antwoord nie, maar loop voor hulle uit, die huis binne. Sy hou haar besig met tafel dek, laat skottels uit die kombuis indra. Haar skoondogter help, maar waar sy ook beweeg, volg Daniël se oë haar. As sy naby hom verbyloop, vat hy met die hand aan haar arm, haar middellyf, haar hare, haar nek onder die hare. Sy kan haar nie daartoe dwing om sy liefkosings, selfs met ’n druk van die vingers, te beantwoord nie. Sy treur oor die gevoel wat wou deurskemer, maar kan dit nie terugroep nie.

    Eers ná donker kan die dokter, wat sedert vroegmiddag van huis tot huis ontbied is, na Daniël se wond kom kyk. Sy moeder bring komme water en staan die dokter by; sy het haar man begrawe, sy is, haar vroulike koketterigheid ten spyt, ’n ou strydros. Sy kyk hoe die lae geskeurde lap wat die dokter van die wond draai, op ’n vuil, bebloede, plek-plek ettergeel hopie op die vloer gaan lê; sien die donkerblou, styf geswelde wond in sy boarm. Eers tóé laat sy toe dat die trane oor haar wange loop. Sy vee hulle nie af nie, sy skeur lakens vir skoon verbande, sy bring wat die dokter nodig het. Sy kyk nie weg toe die wond opnuut oopgesny word dat die etter kan uitloop, of toe die ontsmettingsmiddel in die wond inloop en haar kind ineenkrimp van pyn nie. Sy dink aan haar jongste, Boetie Jan. Tot Irma, wat onnodig lank in die kombuis besig was, met nog kookwater en skoon handdoeke binnekom en sê: Gaan Moeder nou sit. Ek sal help.

    Daniël se oë is toe, sy lippe styf opmekaar gepers.

    Hy het baie pyn, sê die dokter. Maar dis nou skoon, en ek spalk dit weer.

    Dan moet die dokter gaan. Daar is talle gewondes en siekes wat op hom wag. Hy laat ’n slaappoeier agter om die gewonde man van ’n goeie nagrus te verseker. Die pasiënt verkies egter om in die arms van sy opeens sku geworde vrou vergetelheid te vind.

    Irma is swanger. Die oorlog duur voort. Soos die meisies op die dorpsplein gesê het: die terugtog na Pretoria was maar die begin. Die Boere trek in klein groepies rond, val militêre teikens aan, steek soos perdebye, verskeur soos hiënas, veroorsaak lewens- en goedereverlies, ly self ook verliese.

    Die skoonmoeder stuur brief op brief met die talle Boerespioene wat die dorp binnekom om voorrade, veral medisyne en ammunisie, soms ook wapens, na die krygers in die veld te neem. Haar seun moet weet: sy vrou verwag ’n kind.

    Een van die briewe bereik hom tog. Hy verhard sy ore teen die sterwens- en lydenskrete. Hy buig sy hoof onder die wye sterrehemel en dank God dat daar te midde van verwoesting en dood ook lewe geskep kan word. Daar is trane in sy oë. Die sterre maak lang speke, hulle raak mekaar aan in die swart uitspansel, soos met hande. Die res van die nag bring hy deur aan die sy van sy kamerade. Hy help dié wat gewond is, neem water vir dié wat dors het, hy doen ’n gebed by dié wat sterwe. Daar is ’n koel gloed in sy hart, ’n tevredewees en vervulling wat hy nooit tevore geken het nie. Dié nag straal daar uit hom ’n krag wat aan sy medekrygers oorgedra word.

    In later jare sou hy nie wou terugdink aan dié nag nie.

    Hy leen êrens skryfgoed en skryf ’n brief aan sy vrou, teer en sorg-saam. Ongelukkig kry sy dit nie. Die boodskapper kry ’n skoot deur sy slaap toe hy onder die doringdraad probeer deurkruip waarmee die besetters Pretoria omhein het.

    Die brief word saam met sy dokumente gekonfiskeer. Nadat die rapporte gelees en die feite daarin neergestip is, word die persoonlike briewe in ’n doos geplaas waar dit lê tot aan die einde van die oorlog, waarna dit saam met ander papiere in ’n kelder geberg word.

    Haar swangerskap kon Irma nie lank vir die huismense geheim hou nie. Nadat haar skoonmoeder drie oggende ná mekaar soos sy in die gang verbystap, braakgeluide in haar kamer gehoor het, draai sy die deurknop oop en gaan binne. Irma sit op die rand van die bed en hou die slopemmer vas. ’n Paar slierte gal hang nog van haar mondhoeke af; haar hare hang in toutjies. Sy glimlag flou toe sy haar skoonmoeder sien, sit die emmer neer en vee haar beswete kop met die agterkant van haar regterhand af.

    Dan’s dit sulke tyd, my hart. Die troetelnaam val vreemd op, dis die eerste keer dat sy so iets tot die skoondogter rig. Irma knik.

    Die weduwee Greylinck gaan sit op die bed langs haar, plaas haar dik arm om die skouers wat moeg is van die inspanning van opgooi en sigbaar hang. Sy druk die skouers, sodat die jong vrou teen haar vasgedruk word. Jy moes my eerder gesê het. As jy wis watter vreugde …

    Maar Irma het oorgeleun en weer die slopemmer opgeraap. Sy hyg en die sametrekkings ruk deur haar liggaam. Maar niks kom uit nie. Die skoonmoeder neem haar hand van haar skouer weg, stryk die kussings plat en sê besorg: Lê maar ’n rukkie, toe. Later bring ek iets om jou beter te laat voel.

    Nadat haar skoonmoeder vir haar ’n afspraak met die dokter gereël het, dring Irma só daarop aan om alleen te gaan dat die ouer vrou maar toegee aan haar wens. Die dokter bevestig dat sy die kind in die tweede maand van die nuwe jaar kan verwag. Op pad terug sê sy aan die tuinier wat ook die koetsier van die verewaentjie is: Laai my hier in die dorp af. Die dokter het gesê ek moet stap. Ek sal self huis toe kom.

    Die visekonsul is verbaas om haar op die drumpel van sy kantoor te sien. Sy hou aan die deurkosyn vas en dit kom voor asof sy wil struikel.

    Hy staan op van agter sy lessenaar, haas hom na haar en help haar om te gaan sit. Hy bring vir haar ’n glas water.

    Ek verwag ’n kind, sê sy vir hom.

    Ten spyte van haar sigbare ontsteltenis hou sy hom versigtig dop. Hy besef dat sy hom dophou. Hy werp sy mooi versorgde hande na vore, palms omhoog in ’n gebaar van ongeloof, dan vreugdevolle geskoktheid. Sy handgebaar en die klein, versigtig beheerde beweging van sy vingers is al teken van die warboel emosies wat deur hom spoel. Hy kyk, byna verlangend, rond in die klein kantoor. Hiér sal hy moet uit.

    Ek vra om ’n verplasing, sê hy dan. Jy kom saam met my. Europa, miskien ’n ander vasteland.

    Daar het nie veel tyd verloop tussen haar woorde, die uitstrek van sy ongelowige hande, en sy besluit nie. Sy is daaroor verlig, en dankbaar. Sy is opreg lief vir hom.

    Maar hy is prakties. Jou skoonmoeder? vra hy.

    Sy weet. Sy dink dis haar kleinkind.

    Nou kyk sy af op haar hande wat op haar skoot lê. Sy besef die implikasies van haar woorde, maar of en hóé dit hom tref, wil sy liewer nie sien nie. Hy sal sy emosie hieroor nie vir haar kan verberg nie. Liewer nie sien nie. Maar dit is jou kind, ek weet dit.

    Hy het ’n potlood opgetel en sy vingers speel daarmee. So gou sal ek nie ’n verplasing kan kry nie. Dit kan maande duur. Jy sal nie meer kan reis nie.

    Ek sal hier bly vir die bevalling. Hulle sorg goed vir my.

    Stel ek my dit alles te teatraal voor? vra Leonora, Emma se dogter, haar af, twee dekades later toe die storie van die oorlogsromanse en bevalling in Pretoria in die Worcester-pastorie vertel word; toe sy die ene ore luister; toe sy met die streep wederstrewigheid in haar wat later so opmerklik sou word, leedvermakerig

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1