Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die verleiding van Eva de Winter
Die verleiding van Eva de Winter
Die verleiding van Eva de Winter
Ebook200 pages4 hours

Die verleiding van Eva de Winter

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Wanneer Josua een middag vir Eva de Winter in ’n Rotterdamse koffiewinkel ontmoet, voel dit vir hom onwerklik dat ’n begaafde regsgeleerde soos sy in ’n verhouding sou belangstel. Maar sy getuienis vroeër in ’n hofsitting interesseer haar – dit lei tot verdere afsprake, en algaande word hulle vriende. Dis eers ná hul huwelik voltrek is dat Josua begin begryp daar is iets onpeilbaars aan Eva. Hoeveel raaisels het sy van hom weerhou, en wat hy slegs d.m.v. obskure soekenjins oor haar kon naspeur?
LanguageAfrikaans
Release dateApr 8, 2022
ISBN9780798182737
Die verleiding van Eva de Winter
Author

Louis Krüger

Louis Krüger is op Upington gebore. Hy studeer teologie en Afrikaans/Nederlands aan Universiteit Stellenbosch, en in 1984 verhuis hy na Nederland. Hy is predikant by die Koningskerk in Rotterdam. Sy debuutroman, Die skerpskutter, is met die Eugène Maraisprys bekroon. Hierna volg verskeie romans, waarvan 'n hele paar ook in Nederlands vertaal word. 

Related to Die verleiding van Eva de Winter

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die verleiding van Eva de Winter

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die verleiding van Eva de Winter - Louis Krüger

    9780624089810_FC

    Die verleiding van Eva de Winter

    Louis Krüger

    Human & Rousseau

    DEEL EEN

    Go, go, go, said the bird: human kind

    Cannot bear very much reality.

    Time past and time future

    What might have been and what has been

    Point to one end, which is always present.

    Vandat hy hier is – hoe lank? ’n Ewigheid? ’n Oomblik? ’n Leef­tyd? Nee, nie ’n leeftyd nie, dit bestaan nie hier nie – is die hunkering weg. Dis vervang deur teerheid, verwagting. By Eva is die hunkering nog ’n vorm van soeke en onsekerheid. ’n Gemis. (Waarom kan hy haar nie laat gaan nie?) Al wat hier oorbly, is die verwagting dat die Geliefde enige oomblik langs jou kan staan. ’n Vervulde begeerte na sy teenwoordigheid. Die hunkering is vervang deur kennis wat alles moontlik maak, wat jou alles laat verstaan, wat alles verklaar. Hy het dit as ’n eerste skemering beleef – iets soos ’n sagte, soel wind wat in sy gesig waai, en hy het hom verwonder aan die eenvoud van sy bestaan en die eenvoud van die wêreld rondom hom. Hy had die gevoel dat hy nooit weer alleen sou wees nie – ook sý sou altyd naby hom wees.

    Dit is asof hy Eva kan sien loop tussen die hoë geboue in Laan op Zuid, in die verlate straat, in die skemer van ’n te vroeë winteraand. Ná werk, op pad na die gimnasium – Anytime Fitness. 24/7.

    Of miskien het sy afgesien van haar voorneme om te gaan oefen, en loop sy na haar motor, bewus van haar eie eensaamheid – die kwesbaarheid van iemand sonder ’n metgesel. ’n Oomblik lank die herinnering aan die aand toe hy verby die gym gery het en sy nie daar was nie, terwyl sy gesê het dat sy sou gaan oefen, en hy geweet het dat sy by hóm was. By Laksman.

    Moeiteloos druk hy die gedagte weg – dit verdwyn uit sy bewussyn soos ’n ligte mis by die ritseling van ’n bries.

    Hy kan haar volg as hy wil. Veral in hierdie eerste dae sonder Eva – háár dae – is hy naby haar. Hy het nog nooit regtig besef hoe belangrik dit is om te wil en om te kies nie. Hy kan Eva na haar motor volg (nog steeds die Alfa), na waar sy by die Blue Band geparkeer het, dan na hul huis, wat vroeër háár huis was, en nou weer, hoewel sy dit nog nie besef nie.

    Hy ervaar verlossing, dit waarvoor hy soveel keer ná die ongeluk gebid het, en ook later, namens haar: verlos ons van die bose, verlos ons van onsself. Krampagtig, en ook hardnekkig, soos ’n drenkeling wat aan ’n reddingsboei of ’n stuk dryfhout vasklou. Hy onthou die swaar, dragtige wolke oor die Erasmusbrug en die Jakobsleer, terwyl die son in goud ondergaan. Suiwer en immaterieel, soos gister se wordende dae, soos gevoelens, begeertes, gedagtes. Dit wat oorgebly het, die onaangetaste, die onverganklike.

    As hy naby Eva bly, sal hy haar langer kan aanvoel. Maar selfs nou ervaar hy haar stryd, haar rusteloosheid, die selfverwyt. Red ons van die bose. Verlos ons van alles wat ons wil vergeet en wil uitwis, tot slegs dit wat suiwer is, en net dit waarna ons gehunker het oorbly, en verlos ons van onsself, om te sterf en tot ’n nuwe lewe op te staan.

    Is dit nie waarna hy ná die ongeluk verlang het nie? – om alles agter te laat; om in die groot stilte te verdwyn?

    Maar dit is nie werklike stilte nie, nie leegheid nie. Dit is asof hy die gesuis van hoë, kosmiese winde hoor, en die stil hartklop van die skepping, van die heelal. Asof ’n louwarm, vroeë somerwind deur sy liggaam waai en hom met ’n stil tevredenheid vul.

    Hy onthou die kuiltjie agter in haar nek, waar hy haar so dikwels wou soen. En haar kaal skouers. Dit is wat hy onthou. In die smalheid van haar skouers, en die sagte rondinge en die twee kuile het hy haar weerloosheid gesien, soos dié van ’n meisie, ’n kind. Hy sê haar naam sag: Eva. En sy is weer by hom, naby, soos die laaste oomblikke toe sy na hom kyk, haar oë gevul met liefde én afgryse. En terselfdertyd vol angs, vrees.

    In daardie een ondeelbare oomblik is sy verlange na haar vervul; dit was asof hulle een was – een onverdeelde siel, een gees, een vlees.

    Miskien was dit die belangrikste kenmerk van hul huwelik: eerlikheid.

    Dié dag het hy hom verwonder aan die openhartigheid waarmee Eva hom vertel het van haar ontmoeting met Peter Laksman. Sy noem dit terloops, terwyl sy hom oor haar dag op kantoor vertel, maar haar manier van praat, haar houding was ongewoon, daarom het dit hom opgeval en was hy skielik op sy hoede. Hy kon dit in haar stem hoor – haar asem was gejaagd; daar was ’n effense maar onmiskenbare trilling in haar stem.

    Hy het die naam Peter Laksman net vaagweg geken. Waarskynlik ’n BN’er, ’n Bekende Nederlander, of iemand uit die sakewêreld.

    Hy was so sjarmant … Sy het die laaste twee woorde beklemtoon. Hy het gesê ek is ’n pragtige vrou. Hy het my genooi om saam met hom te gaan eet. Weer was daar die opwinding in haar stem. Sy was ontspanne, vrolik. Die spanning van die voorafgaande paar weke was weg. Sy het haar donker, stylvol geknipte hare ligweg geskud, soos iemand wat pas uit die swembad kom, of van onder die stort.

    Dit was asof Eva sy huiwering kon aanvoel – sy voorkennis van ’n naderende onheil, ’n onmiskenbare voorgevoel, dieselfde as net voor die ongeluk.

    Maar moet nou nie iets daaragter gaan loop en soek nie, probeer sy hom gerusstel, en met die rugkant van haar hand streel sy vlugtig oor sy wang. Sy glimlag. Ek ken mans soos hy. Ná die tyd spog hulle by hul vriende dat hulle gaan uiteet het met ’n aanklaer, en nogal ’n vroulike een. Dit is wat vir hulle belangrik is.

    Opeens die behoefte om haar teen hom aan te trek – die bekende begeerte, die hunkering na aanraking. Haar onbereik­baarheid verhewig die emosie, soos ’n heftige golf stoot dit in hom op.

    Dit was die ander deel van hul huwelik: begeerte. Sý deel daarvan. ’n Knaende gemis. Hy wou sy arms om haar vou en haar op haar mond en op haar wange soen, op haar ooglede en voorkop, terwyl sy hande oor haar lyf beweeg en hy die warmte en sagtheid van haar liggaam ervaar. Die tydskrifte wat sy lees sou sy begeerte afkeur. Op dié tydstip het sy nie behoefte gehad aan sy aanraking of ’n omhelsing nie. Hy moes haar wense re­spekteer, en haar opgewondenheid oor die ontmoeting met Laksman. Haar liggaam was háár eiendom, hy mog dit nie waag sonder haar uitdruklike toestemming nie. Maar selfs hierdie wete kon sy verlange na Eva nie demp nie.

    (Hul huweliksnag: halfdronk gaan hulle die huis binne, albei onvas op hul voete. Háár huis, in die Catharina van Zoelen­straat. Sy kop is draaierig, en tóg, soos die eerste keer dat sy hom hierheen genooi het, die aand toe hulle na die Luxorteater was, val die strakheid van die huis hom op. ’n Strakheid wat hom soos ’n vreemdeling laat voel, ’n indringer. Alles presies op sy plek, modern, funksioneel.

    Ek is moeg, sê sy. Sy stop by die deur van haar slaapkamer. Met haar elmboog steun sy teen die muur.

    Jou kamer is daar, sê sy en beduie na die deur langsaan. Jy begryp tog?

    Hy knik, maar hy begryp nie.

    Ons moenie oorhaastig word nie, fluister sy. Op so ’n manier beskadig ons net iets wat baie mooi kan wees. Jy moet my vertroue wen, en eers dan … Haar belofte bly in die lug hang, en sy draai om en verdwyn in haar kamer.)

    Weer die onheilsgevoel. Vergeefs probeer hy dit onderdruk – ’n sweem van onsekerheid, ’n ligte trilling van angs. Sy hande was skielik natgesweet.

    Veral oortreders en misdadigers wil saam met ’n aanklaer gaan uiteet. Hoe het jy hom ontmoet? Hy het sy bes gedoen om nonchalant te klink, maar sy het agterdogtig na hom gekyk.

    Hy was saam met Bijleveld. Frank Bijleveld, die advokaat. Ek het nie geweet dat hulle mekaar ken nie, maar blykbaar het Frank hom vroeër ’n keer verteenwoordig. Dus, dit was maar toevallig. Of sien jy weer spoke? Eva het gelag. Jy is tog nie jaloers nie?

    Jy kan nooit weet nie. Miskien is ek.

    Ek het jou nog nooit daarvoor aangesien nie – die jaloerse tipe.

    Ja, want ek is te saai daarvoor.

    Ek sou gevlei wees as jy jaloers op my was – partykeer dink ek dat jy nie regtig vir my omgee nie … dat jy meer begaan is oor jou rekenaar as oor jou vrou.

    Die lot van elke data-ingenieur: ’n vrou wat hom beskuldig van owerspel met ’n rekenaar.

    Soms kon hulle nog steeds soos verliefdes met mekaar praat, soos ’n paartjie wat mekaar nog maar kort ken. Soos in Suid-Afrika, op hul wittebrood.

    Daar was tye dat hy kon glo Eva was regtig op hom verlief. Per slot van rekening het sy hóm gevra om met haar te trou. Dit was ten minste sy weergawe van hoe dit gekom het dat hulle getroud is – twee mense van wie die meeste van hul kennisse, vriende en kollegas nie werklik verwag het om ’n paartjie te word nie.

    Terselfdertyd besef hy dat sy dinge subtiel omdraai: skielik was hý in die beskuldigdebank.

    Haar smal skouers, haar trotse maar skraal figuur het by hom die behoefte gewek om haar te beskerm – weer eens die begeerte om sy arms om haar skouers te vou en haar na hom toe te trek. Dit is sy geheim: sy voortdurende behoefte om haar te beskerm. Maar hy weet sy sal vir hom lag as hy dit aan haar bely.

    In sy gedagtes kon hy haar reaksie hoor: Die beskermende prins op die wit perd, hoe roman­ties! Dan, byna geïrriteerd, in ’n ander stem, asof sy ’n ander persoonlikheid aanneem: Kom nou, skat, dié tyd is al lankal verby. Evatjie kan goed vir haarself sorg. Eva werk wel met moordenaars, skelms en verkragters, maar sy het regtig nie die beskerming van ’n man nodig nie. Sy kan haar man staan, glo my maar!

    Nou goed … Sy stem was onvas. En wanneer wil hy jou uitneem vir ete?

    Nie wanneer nie. Ons was al. Vanmiddag in my mid­dag­pouse.

    By Bagels and Beans?

    Weer die pynlike eerlikheid: Eva het geen poging aangewend om haar afkeer van sy vraag te verberg nie.

    Dink jy hy’s die soort man om ’n vrou vir ete na Bagels and Beans te neem? Nee, ons is in styl na die Zalmhuis.

    Die manier waarop sy hom van die ontmoeting vertel het, het hom behoedsaam gemaak. Dieselfde versigtigheid wat ná die ongeluk deel van hom geword het. Maar nie onmiddellik ná die ongeluk nie. Eers later, mettertyd, het hy stadig en ongemerk iets van sy vroeër self ontdek en weer deel van die lewe geword. Miskien was dit selfs ’n teken van sy pynlik trae genesing.

    Maar kan ’n mens praat van genesing as jy dood was?

    Jy kan sy ontmoeting met Eva as toeval beskryf, in sover toeval bestaan.

    Vir hom was dit te onwaarskynlik en tegelyk te veelseggend om as toeval beskou te word. Hy het nog altyd hul ontmoeting en hul band met mekaar beleef as iets wat voorbestem was, deel van ’n groter plan. Onafwendbaar, voorgeprogrammeer. Maar as hy terugdink aan hul eerste kennismaking, besef hy dat Eva bewustelik in Bagels and Beans op hom afgeloop het om hom te ondervra oor wat hy tydens die hofsaak gesê het. Miskien het sy hom selfs gevolg, of was sy dalk toevallig daar en het sy hom herken? Sy het immers gereeld daarheen gegaan vir middagete.

    Ook as jy só daarna kyk, was hulle ontmoeting nie toevallig nie – in daardie geval was dit Eva se keuse.

    Die hofsaak op Zuid. Hy onthou die geluid van sy voetstappe die trap op, en dan in die portaal wat lei na die ingang van die hof. Regs van hom ’n muur met rankplante, ’n kalmerende suggestie van die natuur. Verder weg, by die draaideuringang aan die kant van die Tillemakade, agter glas ’n stil wêreld waar­in motors, voetgangers en fietse, en af en toe ’n bromfiets, geluidloos verbysweef, met die donkerrooi sykant van die Luxor sigbaar, teen die agtergrond die Rijnhaven sonder skepe – leeg, verlate.

    Hy volg die aanwysings: aanmeld by die toonbank, dan die trappe op, derde verdieping. Hy kon die hysbak neem, maar dit was asof hy sy aankoms in die hofsaal wou uitstel. In die glasplafon bo hom die grys Rotterdamse lug. Deur sekuriteit. Alles woordeloos: die polisieman wat hom nader wink. Hom met ’n effense knik en ’n handgebaar na die skandeerder nooi.

    Dit was die eerste keer in twee jaar en ’n week ná die ongeluk dat hy in ’n hof kom. Sy liggaam was in verset – hy het moeisaam geloop; sy hande was natgesweet, sy mond droog. Bo die glasplafon kon hy nog steeds die troostelose grys lug sien, nou laer en digter as tevore, asof dit besig was om die stad toe te vou.

    Hy moes nie ingestem het nie, het hy toenemend besef. Elke getuie en elke beskuldigde het die reg om te swyg. Dit was wat hy meestal gedoen het sedert die ongeluk en tydens die ondervraging … swyg.

    Privacy First het hom as deskundige getuie geroep. Die saak is aanhangig gemaak teen BasicLine, wat die vorige jaar nog die Gazelle-trofee by BNR-radio gewen het. ’n Proefproses om ’n opt-in-opsie vir mikrofoon van hul ServeYou-app af te dwing. Al jare lank het Privacy First na so ’n geleentheid gesoek. Dit was nie meer nodig om op ’n uitspraak van die Europese Hof te wag nie – die verhoor kon in Rotterdam gehou word omdat die ontwikkelaars hier gevestig was. Nóg ’n poging om die flagrante, hardnekkige privaatheidskendings en die afluister van privaat gesprekke te verbied. Het vervaardigers die reg om apparate te bemark wat hulle in staat stel om alles binne bereik van die mikrofoon sonder toestemming af te luister? Is dit toelaatbaar vir die vervaardiger of die bemarker om die gesprekke van miljoene Nederlanders te registreer en dit as big data te oes om voorkeure te identifiseer, te ondersoek en bemarkingstrategieë te ontwikkel? Kan die Nederlandse regering gedwing word om een keer in ’n onhoudbare situasie verantwoordelikheid te neem en die verbruiker te beskerm teen die skending van die reg op privaatheid? Big Brother luister. Verset teen ’n bloedlose staatsgreep. Die wettiging van afluisterpraktyke: die bedry­wighede van die Stasi van die voormalige DDR, van die KGB, die CIA en die interne intelligensiediens is oorgeneem deur onskuldige ondernemers wat in die Rotterdam Science Tower gehuisves is. Jong ondernemers met puisiegesigte en poniesterte, meisies met kort pageboy-haarstyle in stywe rokkies, is die mense van die toekoms. Met hul apps om die gordyne in die huis oop en toe te maak, die termostaat te stel, te weet wat in die yskas is en die koffiemaker aan te skakel, het hulle al 20% van alle Nederlandse slaapkamers, kombuise en toilette binnegedring.

    Onderskat nooit die domheid van die mens nie, het hy ’n keer gelees. Waarskynlik Yuval Harari of Michio Kaku. Die mens het sy misterie verloor. Of miskien verkwansel. Big data is die nuwe olie, die nuwe goud. Maar net kosbaarder.

    Hy het alles van die eerste oomblik af verstaan. Filippini, die grootbaas van Privacy First, het destyds vir hom die doel van die regsgeding uitgelê. Maar die vrae en die etiese beginsels waarmee hulle geworstel het, was buite sy kennisveld. Wat hy kon uitlê, was die tegniese werking van ’n oop mikrofoon, watter data die ServeYou-app versamel, en hoe dit gebruik of misbruik kon word.

    Volgens Privacy First het dit die persoonlike regte van die burger en die verbruiker geraak, daarom was dit van openbare belang. Die praktyke van BasicLine het voldoende gronde gebied vir ’n ondersoek. Die kans op suksesvolle vervolging was beduidend – BasicLine het nie die onbegrensde finansies van ’n multinational gehad nie, en ook nie genoeg mag en invloed om soos Google, Microsoft, YouTube, Amazon en Instagram te sorg dat die politiek sou ingryp om hulle te beskerm nie.

    Hy het sy getuienis uitgeskryf. Twee kollegas, Marjan Witstock en Keesje de Kort, het hom hiermee gehelp. Hy sou begin met die aanhaling

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1