Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vers & vrou: 258 gedigte
Vers & vrou: 258 gedigte
Vers & vrou: 258 gedigte
Ebook369 pages4 hours

Vers & vrou: 258 gedigte

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Versameling gedigte oor vroue, deur vroue, vir vroue – en vir dié wat met vroue leef.
Lees oor beroepsvroue en huisvroue, verliefde, geliefde en ontnugterde vroue, vroue met kinders en sonder kinders, vroue wat in die kalklig staan en vroue wat deur grense breek. In dié boek word die heelal beskou deur ’n vroulike blik. ’n Bloemlesing om aan te gee vir ’n vriendin of ’n suster, vir ma’s en vir dogters, vir geliefdes – omdat ons almal ’n bietjie so is, en ook nié so is nie. 
 
LanguageAfrikaans
Release dateApr 21, 2020
ISBN9780798180672
Vers & vrou: 258 gedigte
Author

Karen de Wet

Karen de Wet is ’n letterkundige wat in die poësie spesialiseer. As dosent het sy al klas gegee in die Afrikaanse letterkunde aan die NWU, die Universiteite van Pretoria en Johannesburg en die Katolieke Universiteit Leuven. Sedert 2014 is sy die voorsitter van die UJ-pryse vir Afrikaanse letterkunde.

Related to Vers & vrou

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vers & vrou

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vers & vrou - Karen de Wet

    soos meisies by die maanstand

    – PETRA MÜLLER

    jy staan voor my net met jou heuninglyfie

    – LINA SPIES

    Jong dogtertjie

    Sex, which breaks us into voice, sets us calling across the deeps,

    calling, calling for the complement . . . – DH Lawrence

    Lina Spies

    Jy staan voor my net met jou heuninglyfie,

    die see se soutsmaak teen jou gladde vel,

    sy kleur voorlopig in jou oë bewaar,

    die sonlig in jou haartjies vasgestrik.

    Van die laaste klere-lastigheid

    het jy sonder seremonie ontslae geraak

    en skaamte-onbewus vertoon die vlesige klein skulp

    met sy dubbelvou na binne tot die smal gleufie

    wat voorlopig alle toegang ontsê,

    nou nog haarloos en oesterpienk totdat op dertien jaar

    die see sal grys word in jou helder oë.

    Dan sal jy gretig en angsvallig

    na die verbode pêrel soek

    maar die see en naakte son

    sal jy nooit weer volledig ken nie

    voordat ’n ander vlam jou tot die laaste

    wit pit teen die blaker brand

    Jong meisie

    Ina Rousseau

    Die meisie wie se wese nog

    nuut is soos spinthout

    – die meisie wat wag –

    sluimer al wagtende in

    op ’n bed van steentjieskweek

    deur sterblomme omring,

    en sy droom van ’n snoek

    wat uit die ysige

    seewaters langs die Weskus

    suidwaarts nader drywe,

    sy sending geheimsinnig, sy bek

    stampvol slagtandjies,

    die duistere, andersoortige

    skok wat haar gaan wek.

    Petra Müller

    onder die melkhoutboom

    kom daar nie reën in nie

    en ook net flenters maanskyn

    diep in die blaarvloer;

    daarheen kom die meisies in die lente

    en kom sing die sagte woorde

    wat die seuns ver oor die water hoor

    *

    nie ’n blaar aan die rok

    nie ’n merk op die rug –

    sing-sing in die skemer,

    emmers helder water aan ’n swingel,

    kom die meisies terug

    vannag lê maanlig op hul vensterbanke

    wit soos melk in komme

    slaap liewer dieper, julle meisies –

    van jul drome word

    die komme soetmelk

    dik

    Litanie van die lyf

    Lina Spies

    As mens klein is, hou jy van jouself –

    gewoon en vanselfsprekend,

    want vat en gryp, loop en hardloop

    ís arms en hande, bene en voete

    en speletjies brand in wange rooi en sag soos Early Dawn-

                                                   perskes

    al is vir dogtertjies die son skaars toegelaat.

    Soms het ek in die spieël

    met die vae, half-bewuste vreugde van ’n kind

    die hele dag in daardie gloed herken:

    die mos afgetrek van drupperige klip in skaduplekke,

    die paddavissievangs in die skerp son,

    Oupa se bestrawwing oor die vergete kappie,

    sy dreigement oor sonstraal –

    en snags was dit ín my

    met die slag van die staanklok, die roep van die hadida:

    die hele wonder van ’n kind se vakansieplaas.

    ’n Kind is pure lyf en puur geluk

    totdat hy homself ontdek

    want ’n spieël is vir meer as spieëling van jou wange:

    om in te kyk, is dit daar, ín in jou eie klein verborgenheid,

    ín te voel met versigtige, opgewonde vingers

    totdat jy die vreemde ekstase skielik raak

    en skrik . . . skrik vir die grootmenswoede

    en nou is jy doodsbang vir jouself, jou hande –

    hulle kan nog skaduprente oproep voor slapenstyd:

    teen die wit muur laat jy hul kom en gaan,

    maar uit die donker verskyn hul later buite jou wil en hande:

    die bul, die hond, die wolf . . . die ou kapater . . .

    "Pappa kom môre terug van die dam,

    ry op sy vet ou kapater,

    as hy dan hoor dat jy soet was, my lam,

    hoe sal jou pappie dan skater."

    Jy sal jou vuiste teen hul bal,

    hul beskreeu uit jou liggaam – die skroeiende hel,

    die huis geluik en geslote vir ’n vrou,

    die treurige plaas, onbewoon, vreemd, verlate . . .

    tot iemand dit eendag opkoop uit liefde

    en jy jou ledemaat vir ledemaat terugvind:

    ’n meisie wat vuursteentjies kaalkop optel in die son.

    sonsak

    Petra Müller

    die kind in die vlei staan in vuur

    binnekort sal sy ook aan die brand slaan

    sy weet reeds van bruide – dat hulle

    dun sluiers rooi bloei, nie wit nie

    róói

    soos die klamsag blare van kannas

    wat kaal in die sug staan soos sy

    niks kan dit verhinder nie

    dit guds

    dit rimpel en leef, die wind

    vou dit oop, vou dit toe,

    bedags hou die son hier,

    snags die maan

    dit groei,

    hier waar sy staan,

    soos water wat aan brand gaan slaan

    menstruasievlek

    Petra Müller

    dit was ’n morsige

    moerbeisopdag, meteens;

    die kind het gestaan en gewonder

    en noueliks die aand gehaal, dankbaar

    dat die dag nog altyd oplos in die nag;

    dankbaar, met haar hande

    om die aand se warm diepbord

    melkkos; wát kan sy vertel

    van die nou bloedstondige wêreld

    waarin sy haar bevind?

    – so dankbaar vir donker

    veertienjarige

    Petra Müller

    vandag is sy tenger soos gras

    sy swaai aan ’n stengel

    gister was sy soos glas      sy het

    heeldag gerinkel       lig het dwarsdeur

    haar geval soos wind       in papawers

    daar is niemand wat vandag

    aan haar mag raak nie

    veral nie die broers

    spel is verby       spel is gevaarlik

    in haar is net die asem waarvan sy diep móét haal

    om by die aand te kom

    al wat haar nou kan help, is moeder:

    sal sý nog onthou – van die bloed,

    die bloed wat reeds oud is, en nuut – hoe sout

    is die ruik van die nuwe bloed?

    hoe dit opdam in die liggaam

    hoe dit uitstroom

    sy loop al heeldag

    aan die rante van die graanland      waar die onverwagse

    rooi papawers staan      waarin die vetgevrete

    bye wei

    daarvan trap sy alles plat

    so ver sy gaan

    Nina het ’n brief gekry

    Fransi Phillips

    Nina het ’n brief gekry

    wat sy nie wou lees nie

    dit het toe ons inkom

    onder die voordeur gelê

    Nina het in die wind gaan staan

    en uitkyk oor die see

    terwyl sy hardop vir haarself vertel

    hoe sy na haar klavier verlang

    Nina het tussen die bosse deur

    na die see toe af gegaan

    en geloop en sing terwyl die branders

    oor haar voete gaan

    Nina het ’n seemeeu gejaag

    skulpe opgetel, op bloublasies getrap

    en teen die aand na die skeepswrak

    gaan kyk toe die son ondergaan

    maar die brief

    wat die bure se seun

    vir Nina geskryf het

    het onder die voordeur gebly.

    ’n dogtertjie in die tuin

    Antjie Krog

    ’n dogtertjie speel onder die melkhoutboom

    haar boude wikkel sy tussen die knoetse in

    haar ruggie verstam in die skurwe bas vas

    ek loop verby die boom en sien haar nie

    ’n kuiltjie verskyn in haar wang

    sy weet en sy weet ook nié:

    voor sy ’n dogtertjie was, was sy ’n melkhoutboom

    die soutwind onderdeur haar oksels

    die melksap in haar leeragtige blare

    die fyn fyn haartjies op haar takke, die inkblinkbessies

    ’n dogtertjie speel in die melkhoutboom

    sy bou vir haar ’n nessie

    waarin sy twee eiertjies lê

    ’n tros kraalogies sif oor die boom

    ’n kuiltjie verskyn in haar wang

    sy weet en sy weet ook nié:

    voor sy ’n melkhoutboom was, was sy ’n kraalogie

       – dit was nou nadat sy die wind was

    haar haartjies is besig om vere te word

    ’n muggie trek haar snawel nader

    in liggroenmos en stuifmeelgeel

    kweel haar bors en keel      ’n spierwit

    kraakstyf kragie klamp haar oog

    ’n dogtertjie speel op my skoot        "jy

    is my arms sê sy daar hoor ek jou hart"

    ’n kuiltjie verskyn in haar wang

    as sy haarself met my hand begin voer

    ’n dogtertjie vou haar palm oop: "ek

    het ’n by betyds uit die water gered

    ek praat mos by"      sy weet en sy weet

    ook nié: hoe sy met haar gebinte hare

    en boervoetjies reeds deel in die waaragtige:

    niemand hoef haar ooit van God te leer

    naweek op die dorp

    Petra Müller

    liefhê is erger as kerkbasaar: jy kan jou lyf

    maar skraal hou en agter stoele inskuif onder die gebed

    om vir ta’ San Steyn, wat die voorste bakker

    van ons omtes is, met die elmboog te beduie: jy wil

    dié lemoenkoek met die oranje skilskaafsels

    en die okkerneutklonte hê –

    maar dit sal nie so gebeur nie, dis vir dominee

    bedoel

    en reg oorkant jou, kyk, staan hoeka ’n seunsmens

    met sy hande voor sy mik gevou

    jóú oop-oog en beskou

    Om seisoene te bedink

    Jeanette Ferreira

    in hierdie winter

    wanneer die dun blou dae

    oor ons begin te span

    met ’n ewige soort kennisname

    dan swerm my meisiekinddae

    soos laat voëls in my in

    om die vervalle neste weer eens te bebroei

    ek bedink die tyd verleë

    toe ons nog minirokke kon dra

    wat sag kon skuif oor onskuldige bruin bobeentjies

    en hangertjies met kruisies

    toe ons son-dae lank in die park verlief kon wees

    ons vanselfsprekende maagdelikheid ons outoritêr laat praat het

    toe ons soveel kon glo en hoop

    en so min kon verdra

    nee jy neem tog kennis

    van die gesakte some

    en kruisies wat kitsch geword het

    jy ondervind immers aan die lyf

    hoeveel ons kan verdra

    en hoe min ons kan glo en hoop

    want al hoe meer

    begin die dreigende seisoene na ’n sirkel lyk

    wat geduldig op sirkulêre voltrekking wag

    terugflits

    Marlise Joubert

    [daardie skoolmeisies uit

    my waterbergdae besoek my soms

    in kortstondige nagedagtenis: hulle

    wat nie die kleur van my gordyne geken het nie

    nie die boeke op my rak of watter filmsterre

    ek bewonder het nie. by die waterval buite

    die dorp was hulle bene blink en olieglad

    soos palings deur bodemlose waterpoele

    om die jong hengelaars te tart. ek altyd eenkant

    iewers op ’n vretende rots starende verwytende

    met die handdoek verleë oor my bene getrek

    sonder ’n druppel verlossing in my gesig.

    toe het die een meisie die skool verlaat om elders

    geboorte te gee. sy het teruggekom sonder

    ’n kind. haar oë dooie vis.

    ek het gewonder wie die hengelaar is

    wat haar verhemelte so laat bloei.

    en ek was skielik dankbaar vir die handdoek

    oor my bene. onder die kopkussing op my bed

    was die dagboekvertellings toegeklem.

    in die leë sementdam by die windpomp

    het ek al die bladsye van begeerte verbrand.

    in ’n klein grasdaksomerhuis tussen

    twee bloeiende jakarandabome het ek

    begin gedigte skryf. en vir die eerste maal

    begin swem.]

    gebed van ’n groen perske

    Annesu de Vos

    Here ek dank U

    dat die insek sy eier

    in die dae van my blommetjie-wees

    nie gelê het nie

    dat my groen vleis in my skil

    kan uitbult

    vermeerder sonder die vloek

    van vrot

    bewaar my dan

    teen die hael

    teen die steek

    van die son –

    maar bowenal

    bewaar

    dié droom

    o Heer:

    my moederboom

    wat vrugte foutloos fabriseer

    agter ’n drywende son aan

    Petra Müller

    en soms het ek stroomop verdwaal, ámper

    reeds in die greep van die berg, halfkaal

    tussen besembos en kalmoesblom

    die konstabel te perd is gestuur

    om my te vind

    en hy het ook – opgepluk uit riet, en uitgeskud

    en sitgemaak voor hom, verdomde kind,

    met voor my oë die pragtige krom van die hings

    se nek –

    o, om weer so almagtig huis toe te kom!

    Dame in progress

    vir Allisen

    Ronelda S Kamfer

    As ek ’n dame is

    sal

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1