Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Bientang
Bientang
Bientang
Ebook79 pages44 minutes

Bientang

Rating: 3 out of 5 stars

3/5

()

Read preview

About this ebook

Van Bientang het net die naam van 'n restaurant in Hermanus oorgebly: Bientang's Cave, asook 'n weggooi-opmerking: die laaste Strandloper. Uit hierdie gegewens sny die digter se verbeelding spoor in 'n kontra-epos. Wie was Bientang? Te midde van historiese geskrifte, kontemporêre angste en oorlewerings verskyn buitelyne om haar vir oomblikke binne bereik te bring. Die toonaard van die bundel is egter verlies oor 'n verlede wat geen spoor laat in die opgeskryfde geskiedenisse van die land nie. 
LanguageAfrikaans
Release dateJul 20, 2020
ISBN9780798181532
Bientang
Author

Jolyn Phillips

Jolyn Phillips is gebore en getoë in Blompark, Gansbaai. Haar debuutkortverhaalbundel, Tjieng Tjang Tjerries and other Stories, verskyn in 2016 en haar eerste digbundel, Radbraak, in 2017. Haar werk is telkemale bekroon. Jolyn is tans besig met haar doktorale tesis aan UWK. Sy doseer Afrikaans aan UJ en is ook 'n sanger van formaat.

Related to Bientang

Related ebooks

Related articles

Reviews for Bientang

Rating: 3 out of 5 stars
3/5

2 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Bientang - Jolyn Phillips

    bien

    tang

    ’n !naugedig

    jolyn phillips

    Human & Rousseau

    Oor die uitleg

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Bientang mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    ek staan op die plaat klipgatgrot en die sandberge agter my my voete is

    plat my tone uitgesprei oor die skulpgruis wanneer die see terugtrek hoor

    ek die ghoera die water is skoon en koud soos my

    bloed ek staan voor my en kyk hoe die gety kwaad word

    die !nau kom vinnig aan ek moet in my hut sit

    die mans suiker die elandgebed vir my eer

    my troubare sal vir my met ’n klipdaskaros seën

    my kinders sal altyd behoort aan sy pa’le

    wat van rivier kamma-kan kamma vandaan kom

    ons is die qua van duiwelsgat en ons gaan nêrens

    vandag dra ek my seehondvoorskoot kapallangs mantel

    ek is die heerser van my hut melk self die bokke

    my broer het sy eed afgelê ek word vandag

    vandag is ek nie meer ’n !naumens nie my mense sing

    vandag is ek ’n vrou ek word uitgesmeer met boegoe

    dit maak my vrugbaar atta’le vat my vanoggend

    na die hut en sê vir my ek is nie meer ekke nie

    sy buk ek kruip as sy kruip ek skil as sy skil ek

    ek gaan nooit weer iets met my eie hande kan bewerk nie

    my hande word toegesluit sy leer my voete saam-saam strop

    atta sê van nou af moet ek wegbly van die see af

    die slangdokter praat my lewe warm met die boegoe

    my rooidag maak die see onstuimig in die hut

    ons wag ons wag ons wag mane om sonne verby

    ek is bang vir die !nau tog wil ek bly in die !nau

    ag see! stuur swartmosselboodskappe vir my seblief

    ek ruik na bietoublos ek kniel voor die ghoenavyg

    hou my gonnabos steek my weg in jou keel malmok

    los my af !nau toe tog! bewaar my strandlopergeite

    sê pa’le ek kan nie by die water uitkom nie sê ma’le

    sy bewerk my met bruinsalie haar vaalbosstampsel

    sy wat my suster is kyk toe dat ek voor haar vrou word

    sy’s klaar deur haar fynbostyd sy’s klaar ingeheuning

    vir my los’le om te ontaard vir my los’le gedou

    ek voel hoe die ghoenavygblom uit my trek

    ek ruik na seemeeumis ruik vis tussen my bene

    groei daar uintjies onder my arms

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1