Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

bottelnek breek bek
bottelnek breek bek
bottelnek breek bek
Ebook245 pages3 hours

bottelnek breek bek

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Wanneer Dora en Washiela een oggend op Bellville-stasie wag vir ’n vriendin, gebeur iets wat hul lewe onherroeplik verander. Wat is huis? En waar lê die skeidslyn tussen bloed en water?
Dianne Du Toit Albertze se debuutroman, bottelnek breek bek, is ’n vlymskerp ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Skreeusnaaks, opreg én hartverskeurend.
LanguageAfrikaans
Release dateJun 10, 2022
ISBN9780798182676
bottelnek breek bek
Author

Dianne Du Toit Albertze

Dianne Du Toit Albertze is gebore op 5 Oktober 1995 en woon op Springbok in die Namakwaland. Sy studeer drama aan die US en behaal in 2018 ’n honneursgraad in regie. In 2020 ontvang sy die Nati-jongsterre-toekenning vir beste produksie met haar verhoogteks Kaap by die Suidoosterfees. bottelnek breek bek is haar debuutroman.

Related to bottelnek breek bek

Related ebooks

Related articles

Reviews for bottelnek breek bek

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    bottelnek breek bek - Dianne Du Toit Albertze

    Dianne Du Toit Albertze

    Human & Rousseau

    I don’t want to walk about wearing my skeleton on the outside.

    I would like to show my flesh for once.

    – Dambudzo Marechera

    dissie die eerste keer wat ekkie storie vertel nie

    vra maar my sisters

    die geskeurde sykouse

    emily in my maag

    my boetas

    die entjiestompies langsie pad

    my grootma se jirre

    my g-strings oppie draad

    die koppies van namakwaland

    coco chanel op my neus

    one-night bags

    die sjambokmerke op my rug

    gechipte painted naels

    volmane waarna gehuil was

    die anti-debras

    stomp eyeliner

    die anties wat my ma wou wees

    poephol-harriets

    button in my brein

    die catcalls

    everyday suicide attempts wat everyday debra word

    opgefrommelde kakpapier met bloedkolle

    die geskeurde reënboogvlag

    meth in my mond

    dissie die eerste keer wat ekkie storie vertel nie

    ek wil maar net weet waar om my bottelnek te bêre

    Dora

    Vooraf

    Quiet violence

    Terwyl ons wag vir Jamie, lê ons laag op ons gatte op Bellville-stasie. Die son sit hoog nes ’n regop bolla ennie mense minki moeg oor en weer. Ek edna ’n strawberry sucker en Whashiela power-nap met ’n stywe rug en sunnies oppie irenes. Kort-kort word ek verwar met een of anner mabel wat iemand ken, en dan kom daar nog jewellery en piesangsmouse ook by.

    Ons het vroeër ’n joint oppie trein gerook, daar tussen die compartments. Sommer lat die walms wolkdraai tussen spore, tussen see en sand, tussen pad en gat. Twee visse het kom saam stofmaak. Hulle is niggies en steek ook dieselle bag, skel die een. Maar niggie een sê niggie twee is millie perkins se kjeend.Whashiela lag haar in haar ma se moer in. Die landskap van steen en veld fast-forward om ons. Niggie twee wil sommer die bag bella, maar niggie een klap die foun toe, net daar in Soutrivier. Whashiela gryp die joint uit niggie twee se bek en ons is in.

    Albei van ons issie innie mood om harass te word nie so ons het ons hoodies op en leesboeke uit. Naels steeds gepaint en Whashiela pong vannie parfuum.

    I’m lekker gescandy, fluister Whashiela vir my.

    Ek giggel my simpel en probeer ophou deur my boek hardop te lees. Die dogtertjie wat oorkant my sit, luister te graag.

    Ek lees van Tshepo wat flirt met een van sy clients. ’n Onnergrondse hoerhuis waar ola wendy bags klomp geld spandeer. Foreplay in verse. Die dogtertjie oorkant my se irenes rek. Dis ’n swart, twisted fairytale. Haar ma sit haar hand nes ’n vlerk om haar kjeend en klap haar tong. Ekke skrik my skoon bleekwange. Koue soetpampoensmaak in my mond as mirrag kom op ’n Sondag.

    Jamie het ons uitgesort om by Ma Helen te kom bly innie Kaap. Hulle het saam perform innie nineties. Jamie bly nou innie Joburg en doen net performance poetry. Sy sê haar sing het opgeraak toe Mandela homself uitverkoop het. Sy het sukke lang bene en ’n harre manier van gayle. Sy praat almal om haar in sirkels en nie altyd vir goeie redes nie. Sy het ook ’n reputasie. Sy gee bags goed op hulle moer.

    ’n Klap kom teen my arm soos ekkie laaste bietjie vannie sucker kla kou. Whashiela skrik haar wakker.

    Ja, sleg tiewe! groet Jamie ons in haar pienk bootse en ligblou skinny jeans, plein wit Adidas T-shirt. Ons spring op en druk en soen mekaar.

    Jy’s mos omtrent gesond, spot ek.

    En jy’s nog meer maergat as wat ek jou remember. Moet nettie sê dis van tina turner nie. Daai fok jou op, nuh?

    ’n Kort, vet polisieman hol na ons toe. Jamie het iets gesteel, sê hy. Haar arm geboei met sy hanne en sy haat mans wat aan-aan speel. Dis glo ’n antie se handsak wat oor haar skouer hang. Daas ’n rooi koei-print daarop. Ek en Whashiela frons vir mekaar, ek meen ons suster is ook millie, maar ’n dief? Whashiela bars uit vannie lag toe Jamie haar oë rol soos net wanneer sy skuldig is.

    Orraait, orraait, gayle Jamie.

    Sy wil nog die handsak afhaal met haar vry hand, toe druk die security haar teenie bankie en trap haar oppie rug plat. Die wêreld loop staan stil. Mense kring al meer om ons.

    You’re hurting her, skree Whashiela.

    Jirre, vat nettie ding, pleit Jamie met haar kop teenie bank gedruk.

    Hou jou bek, moffie-kont! sê die guard en slat haar bloedneus.

    Whashiela minki nader om te keer, maar ’n man breek uit die kring en keer haar.

    Die sucker val uit my hand. Jamie se pantie word afgetrek en haar neus bloei oorie bankie tot oppie sement. Hoekom lag die stemme om my? Ek hoor manne by mekaar en ma’s en kjeeners en susters ook lag. Whashiela probeer wring haar uit die bag se greep, vasgekeer soos sy moet toekyk. Ek dinkie enige iemand innie kring besef dis real nie. Die security, wie se broek om sy enkels hang en vir Jamie lat heen en weer.

    Die sucker langs my se sap smelt in Jamie se bloed.

    Ek tel ’n Black Label-bottel op wat eenkant lê. Ma’s hou kjeeners se irenes toe ennie security maak sy broek vas. Ek lig die bottel. Hy kyk my vas innie gevreet. Tussen ons skater glasstukkies. Die bottel tref sy voorkop en hy val by my voete. Die bag los Whashiela en spat toe die volgenne trein stop.

    Sy hol na die security se lyf oppie grond en skop sand in sy gesig.You piece of shit!

    Whashiela se spoeg val reg in sy oog.

    Ek voel an Jamie, ruk haar arms. Teef?

    Ek draai haar kop na my. Teef?

    En sien haar laaste kyla gevries op haar gesig. Die rooi vlek onnerie bankie word al groter. ’n Antie pluk vir Whashiela en sê ons moet wegkom.

    Mens ko nooit ytie tronk as jy ’n Boer attack ie.

    Whashiela help en ons trek Jamie se pantie en jeans weer op.

    Die deure gan close, skree die antie.

    Ek vat Whashiela se hand en ons spring oppie trein wat begin hol en seil en hol en seil en hol en seil en hol en seil. Ons kyk soos Jamie ennie polisieman al kleiner word. Ek en Whashiela houvas mekaar se koppe. Ons trane val alles grond toe. Kwaad is nog vuur in ons borse. Soos ons ry, haal ek die weave wat Jamie my gegee het af en vee my voorkop skoon.

    Dink jy hy’s dood? vra ek.

    Sy hou net an met staar byrie stukkene venster uit.

    Hopefully not, sê sy.

    Ek klou annie bebloede bottelnek in my handsak.

    Grootma

    Kleintyd

    1

    Dassie

    My mom used to say that God started making me before lunch and when he came back he had forgotten whether he was making a boy or a girl.

    – Beverley Palesa Ditsie, Simon & I

    Die kjeend staan in die raam van die venster. Borriegeel gordyne om hom drapeer. My oge moet ek omtrint op skrewe hou om hom te sien. Die plastiekpoppetjie in sy hanne is Sonja Herholdt gedoop. Al twee se lywers wals met die wind. As die hitte eers beginte sing op die doringdraad om die huis, dan dans dié kjeend van my. Ek los maar daai goed vir die jongbloed. My bene is êne witgatboom. Om nie eers te xhorro ôr die pyne nie. O, die pyn! Of hoe het dourie bleskoptante op Vetkoekpaleis altyd gekla? Ek en die einste kjeend het dit nog gekyk. Toe xhorro hy vir my: Die ding het dam ’n vulgêre naam!

    My binnegoed ruk en pluk omtrint soos ek aan te lag gaan.

    En nou?

    Ek beginte hoes sommer en hy klap my rug soos ek hom altyd vra. Maar hoe meer die kjeend klap, hoe harder skrou ek van die xhoulag! Ouman-goed wil weet wat makeer ek. Loop kak, sê ek hom sommer tussendeur die hoes en kekkel.

    Dassie, die naam kom van dourie deug af wat Grootma so in die olie bak.

    Die kjeend trek sy gesiggie toe met die hanne.

    Nou vou my ou Dassie-kjeend hom weer oop voor die dansende borriegeel gordyne. My bors trek eintlik toe om die op-en-af en heen-en-weer te aanskou.

    Starig, starig, maan ek hom.

    Die tandjies blink en die kop is agterôr gegooi.

    Steek tog die poppetjie weg as Ouman-goed weer in die huis is.

    Die ding word eerder om my hoof gedraai en dan lat kielie hier in my kinnebak. Die simpele kjeend lat xhou my al weer. My Dassie-kjeend geniet soms my kekkel meer as sy eie. Hy stort neer op my skoot, waar ek sit op die enkelkooi. Ogies styf toe soos ek hom omvou in my rokspante. Die Jirretjie weet, hierdie kjeend moet gebalsem bly in Sy belofte en beskerming. Die ou wêreld van ons breek vensters en skeur gordyne en vat al die wals uit jou lywers uit. Ek trek die rok tot ôr sy gesiggie. Hy haal starig asem. Ek soen die lap ôr sy kop en bid dat engele myse kjeend sal behoed.

    Hy trek die rok weer af tot ôr my kniegkoppe en rol op die mat voor my voete. Op die naat van sy rug, so asof ons kleinwoestyn ’n strand is. Ek draai my witgatboom se takke skuins. My Dassie-kjeend die rooisand wat ôr my wortels waai.

    Ma, kan ek Ma-goed iets vra?

    My bril maak ek skoon met die punt van die rok. Die blompatroon word ’n bedding ôr my kykers. Alles dof voor my. Maar my ôre nog fluitend soos vaalbos in die wind.

    Vra, Ma se Dassie-kjeend.

    Hy steek al weer sy gesiggie weg agter die hanne en beginte rol soos klippies rond.

    Xhorro, da.

    Sy praat sit vas agter sy vingers.

    Ek sit weer bril op. Dalk kan ek sien as ek nie kan hoor wat hy vraag.

    Toe hy weer rol tot by my voete anker ek sy skouerkoppe vas. Twee vingers kloof ope en ’n oog staar skaam-skaam na my. Wens ek kon die kjeend oopklip, maar my Jirretjie weet ôk hoe ek aan hom t!kam.

    Mag ek Ma se pêrels aansit? fluistertjies hy.

    My oge loer ôr die rante van die deurraam.

    Ja, maar maak gou, por ek an.

    Hy blom op en bring my mooimaakkissie nader op twee palms gekoester. Buk êne voor my.

    Jy moetie die blinkgoed van ’n God maak nie.

    My wysvinger volg die paadjies op sy gesiggie.

    Ek sal nie, Ma.

    My hand loop ’n spoor af by sy ôr, in die kuiltjie, skouer, armpie af tot by die kissie.

    Dis asof ek ’n skulp ope maak.

    Die pêrels van my ma-goed, grootma-goed en grootma- grootjie-goed glinster in my Dassie-kjeend se oge. Ek haal die string uit en sit die kissie eenkant. Vee my skoot skoon. Hy kom sit daarop. Ek voel hoe sy bloed hol deur sy are en hoe die hart galop.

    Maak die ding tog los vir Grootma.

    Hy lis dit los en gee weer aan ôr die skouerkop.

    Die pêrels gat lê in die spoor van my kjeend se nek.

    Hy lig sy jongbloed van my wortels af en spin soos stof. Sy handjie in myne. Die boom se blare beweeg nog. Voetval van iewers, saggies loop ek waantoe my kjeend my lei. My hanne hou ek teen die kas. My bors, my blare beweeg nog. Vingers vleg oor die sleutel. Die kasdeur kraak ope.

    Sy hang voor my.

    Hy staan agter my.

    Maak die deur toe, beveel ’n stem wat soos my oorle ma-goed klink.

    Uit die hoek van my oog sien ek die kjeend sy kop teen die toe deur hou. Ouman se spoor is swaar, ons sal hom hoor. My hand wuif die hanger los. Sy is ligter as wat ek onthou. Slinger haar ôr die kooi. Hy staan en bekyk net die materiaal wat soos ’n mens dour lê.

    Dit was my jongmeisierok daai.

    Sy stem word stof.

    En al diés voor my.

    Hy wil vra ôr sy ma-goed. Ek weet. Sy stem bly stof. Die ogies staar benoud na my. Ek hou my hand uit en hy neem my nader. Ek haal die hangerskelet uit haar wit halslyn uit.

    Suutjies sê ek: Arms op.

    Dassie-kjeend se armbene gousblom na bo.

    Die rok trek ek ôr en dit seil teen die fluweel-Badboy- sweetpak. Sy koppie rank uit met wange wat blos. Ek stryk die plooitjies uit. Neem sy hanne in myne en lat tolbos my Dassie-kjeend die kamer vol. Motbol en Sta-Soft spin saam.

    Sy oge likkewaanblink van benoud en vraagtekens.

    Ek wys tanne vir die kjeend en knik kop. My voet op-en- af en ek klap ritme op my been met ou Sonja Herholdt.

    Dans, my Dassie-kjeend

    Dans tot die son weer klip en sand word

    Dans, my Dassie-kjeend

    Dora

    Nou

    2

    Meisies soos ons

    We should not be ashamed of who we are.

    We have to show the world that we’re numerous.

    – Sylvia Rivera

    Woodstock se oggendson kom altyd eerste deurie suurlemoenboom se takke. Die blaarskadu’s drapeer soos swart kopdoeke oor ek en Whashiela. Die moskee murmureer alles behalwe ons suster se naam.

    Ons is al vroeg op, ekke, Whashiela, Pat en Ma Helen. Maergat Vis tel ook seker, maar sy is met niemand geworry nie. Helpie eers hare uitblow of rokke strykie. Ondankbare jintoe, noem Ma Helen haar. Almal is hoeka in ’n sheila mood. Who can blame them? Jamie se harde bek is stilgemaak. Sy is fokken weg.

    Die wit Viktoriaanse deur word oopgemaak voor ons hek. Die kleintjies staan gehok agter traliehekke. Die antie van oorkant kom toegedraai uit die wit huis. Ma Helen stoot verby ons – die harriets is halfgestryk. Ekke en Whashiela staar na mekaar met ’n joint tussen ons. Die antie haal ’n doek af wat oor haar hanne gehang het en nou houvas sy ’n blommeruiker. Whashiela beginte hoes. Ma Helen neem dit nes ’n pasgebore baby en hul knik kennend na mekaar.

    Waas my hoed? vra Ma Helen.

    Ek hou vir Whashiela die joint en draai om om te hol, maar Pat kom reeds mettie hoed an innie gang af. Letties loer uit allie deure.

    Moenie te lank vattie, Mammie, ôs is mos honger.

    Julle kry fokkol.

    Tonge klap nes swepe toe Pat die hek agter haar sluit.

    Bring dite saam, toe, mompel Maergat Vis en blaas ’n wolk rook in ons gesigte.

    Die lug is toegepoeier soos een met te veel make-up op. Ons is hollend met hakkies wat klap en hoede wat spat. Die Main Road is tjoepstil, maar dis ook ’n Sondag. Die resident dronkie skree agterna, iets van slette, met ’n Lion empty innie hand.

    Ek hou my sunnies hoog innie lug.

    Whashiela hol terug.

    Meisie, kom! roep ons.

    Sy minki tot voor hom. Hy steek sy tong vir haar uit.

    Whashiela slat hom mettie vuis lat hy val, lat daai empty in stukke langs sy kop breek.

    Pat gil en Ma Helen en ekke spring uit die taxi.

    No need, keer sy ons en klim innie taxi soos niks gebeur hettie.

    Ons draai geskok na mekaar.

    Haai nee, sies, mompel ’n antie in ’n gevaarlike lavender two-piece-pakkie.

    Whashiela draai dreigend na haar. Die antie kyla vinnig weg – wil ook seker nie haar gees voor kerk opfok nie.

    Swart arriveer ons byrie diens.

    Daas skaars mense. Jamie se bloedsuster en haar bag sit innie second first row. Die res sit verspreid, asof iemand die siekte het. Koppe draai soos ons binnestap. Die pastoor gee ’n kant-smile en vryf sy bril skoon. Ma Helen en hy druk mekaar nes ou vrinne. Sy gat sit self die ruiker langsie kis. Sy eyeball my en ekke moet vir Whashiela roep. Dié een druk vinnig ’n bottel in haar sak en skuif verby ons. Sy rol ’n plakkaat van Jamie oop, Ma Helen plak dit vas voorie kis.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1