Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die naaimasjien en ander stories
Die naaimasjien en ander stories
Die naaimasjien en ander stories
Ebook170 pages2 hours

Die naaimasjien en ander stories

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Jy sien op straat ʼn gesig, jy herken ʼn gebaar, byvoorbeeld die manier waarop iemand ʼn sigaret aansteek, of hoe die wind gordyne deur ʼn oop venster ʼn vertrek laat inbol, en jy weet – plotseling – dat die belangrikste goed in jou lewe reeds gebeur het. Dit kan wees dat jy jou misgis, en wie weet, dalk staan jy eintlik maar net voor die grootste misterie van jou ganse lewe, maar iets . . . iets, weet jy, is vir altyd verby. ʼn Kameraman word wakker langs ʼn jong bloemiste wie se hande na begrafnisblomme ruik; op ʼn Karoodorp lei ʼn Britse skrywer se liefde vir woordspeletjies tot die heel verste grens; ʼn polisieman wonder oor die inhoud van ʼn beige handsak wat hy op ʼn misdaadtoneel gekry het; ʼn bejaarde vrou wag op die koper van die naaimasjien waarmee sy ʼn hele lewe aanmekaargestik het. Rachelle Greeff is een van die akkuraatste registreerders van hierdie beslissende lewensmomente, daardie drumpel tussen dit wat verby is en die skitterende duisternis wat wag. En in verhaal ná verhaal wring sy die leser se hart presies om daardie goed wat nooit verbygaan nie.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateSep 16, 2015
ISBN9780624075509
Die naaimasjien en ander stories
Author

Rachelle Greeff

Rachelle Greeff is ’n bekende en gewilde skrywer en dramaturg. Haar kortverhale het reeds die CNA-debuutprys, die Sanlam Literêre Prys, en die RAU-prys vir Kreatiewe Skryfwerk ontvang. Haar werk is ook genomineer vir die Caine-prys vir Afrika-literatuur en is al in Nederlands en Duits vertaal.

Related to Die naaimasjien en ander stories

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die naaimasjien en ander stories

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die naaimasjien en ander stories - Rachelle Greeff

    Vir Ems

    Past the village flowed the river […] waiting for the swimmer

    to come again on his way to the climax of his adventurous life,

    and to the end for which he had been made.

    I Heard The Owl Call My Name, Margaret Craven

    The dead are […] looking down through the glass bottom boats

    of heaven as they row themselves slowly through eternity.

    The Dead, Billy Collins

    Al wat ek sien

    Ons sou dit nie waag om vir haar Tannie te sê nie. Nie eens Aunt, soos vir sommige van my ma se niggies en tantes nie. Ook nie Ant nie. Sy was doodgewoon Nan, hierdie oudste van my ma se drie susters.

    Nan het gereeld hiermee geterg: Julle ma was mos julle ouma se nalatige lammetjie. Ons het aan die begin nie geweet wat dit beteken nie en Ma het vies anderpad gekyk, of haar teekoppie so hard in die piering neergesit wanneer sy en Nan sê maar besig was om tee te drink – ek was altyd bang die koppie kraak.

    Maar dalk het dit gekraak. Fyn krakies in goeie porselein sien mens mos eers later, het ek as grootmens geleer.

    Nan was ’n hoedemaker in die Paarl, met kliënte so ver as Salisbury. Sy het vier meisies – wit meisies – gehad wat vir haar gewerk het, maar het altyd ’n skerp oog op die laaste steek gehou. Ma het gesê sy’s bly sy werk nie vir Nan nie. Slawedrywer as daar ooit een was. Net sowel sy’t nie man en kinders nie; hulle is haar gespaar.

    Sy het elke jaar vier weke lank gaan reis. Deur die hele land in haar wit Volvo, wat sy Wollie Wolf genoem het, met die trein na die destydse Noord-Rhodesië, met die skip na Mombasa, met die Queen Mary, as ek reg onthou, oor na Engeland, en toe die eerste Boeing 707 uit die buiteland in die Republiek land, was Nan se carpet bag en vanity gepak, en die nate van haar sykouse sou geen meetkundige kon natrek nie.

    Nan het haar hare in ’n Franse rol gedra, maar op die vakansiekiekies wat ons van haar het, is dit altyd los. Swart soos die spreeus wat pa so met die windbuks gepot het, en reguit. Nan op vakansie lyk soos ’n ander Nan as die Nan wat tussen ons was.

    Die storie met die haas het juis op een van Nan se vakansies begin. Dit was voor die Tweede Wêreldoorlog, voor grense gesluit is. Nan het ’n swart glashaas in ’n winkelvenster in Praag gesien. Ek was nog lank nie ’n sterretjie in my ma se oog nie, sy was nog self ’n kind. Toe ek klein was, het ek die storie dikwels gehoor, en dit was vir my so waar soos die Bybel se stories. Nou weet ek van beter: die storieverteller én die luisteraar onthou wat hulle wil. En só onthou ek dit: Sy stap in, hoor wat dit kos en besluit dis die ponde nie werd nie. Die man in die winkel moedig haar ook nie aan nie. Maar ’n paar dae later is sy terug, in die sneeu. Soos sy vermoed het, is die haas van Boheemse kristalglas, met die hand geblaas. Vir ’n tweede keer is die winkeleienaar ongeërg. En weer twyfel sy, nie oor die man se houding nie, oor die prys van die ding. Maar hoekom nie? Sy’s tog haar eie baas, maak haar eie geld. Aan die ander kant: Jy tart die noodlot om met daardie onhebbelik delikate snorbaarde en filigraantoonwebbe halfpad om die aardbol te trek.

    Tog staan sy die dag van haar vertrek uit Praag voor oopmaaktyd gehoed en gehandskoen voor die deur van die glaswinkel. Die winkeleienaar sluit van binne oop. Dobrý ráno, groet sy. Hy mompel iets. Sy het besluit om tog die haas te kom koop, verduidelik sy, jammer sy was tevore so besluitloos. Sy verbeel haar hy reageer: Comme ci, comme ça.

    Sy sit haar note op die toonbank en sê sy vertrek oor ’n uur, hy moet spring.

    No, it will take the time.

    Ja, ja, solank hy so gou maak as wat hy kán, sy’t gelieg oor die uur, dit was darem ’n bietjie meer.

    Toe eers gaan haal hy die haas uit die venster. Voor hy dit versigtig op die toonbank neersit, hou hy dit teen sy wang en maak sy oë toe. Net vir ’n oomblik. Vreemd, dis tog net ’n stuk dooie, koue glas, hoe mooi ook al. Hy tel nie eens die geld nie, neem dit nie, bêre dit nie. Hy gaan aan asof daar geen geld is nie.

    Só het Nan dit vertel: Toe eers, al was ek drie keer in daardie winkel, hoor ek hy neem net waar in die plek van die eintlike eienaar wat in ’n sanatorium aansterk. Hý, hierdie man, het die haas self gemaak. Met sy eie mond het hy die glas geblaas. En dan het ons altyd geweet wat volgende kom: Jy kan onmoontlik ’n garestekie met ’n snorbaard van glas vergelyk. G’n wonder die arme man wou dit nie verkoop nie, maar hy móés, dit was moeilike tye én hy was in diens van ’n baas. Hierna het dit vir my gevoel om ’n hoed te maak is niks, hoogstens boers, begryp?

    Nan het naderhand daar in die winkel op haar nerwes gekry, geen trein in Europa wag vir jou en jou haas nie, maar die man het skaafseltjie vir skaafseltjie gewerk met die houtwol waarin hy die haas verpak het. Dalk het hy gehoop sy raak ongeduldig en loop daarsonder, maar sy het gewag. Terug in die hotelkamer draai sy die haas verder versigtig eers in ’n onderrok en toe in ’n sybokhaarserp toe. Sy werk ’n nessie in die middel van die koffer, maar nou wil die koffer nie toe nie. Sy gooi die nuwe korset van rayon en ’n langlyf-bodice in die asdrommetjie – die kamerbediende kon haarself gelukkig ag, dit was goeie goed. Die glasblaser se handgeskrewe etikette – stomme man – plak sy die hele koffer vol, knip en sluit dit toe, en hoop vir die beste.

    Haar verduideliking was altoos dat sy die haas vir óns ma saamgebring het. "Julle ma het vir jare ’n ou speelgoedhaas van lap rondgesleep. Die bytjies het al begin steek, toe sit dié smeerboelie nog altyd op haar bed. Ek het gedink dis tyd dat sy ’n haas van groter waarde kry, iets meer grootmens, begryp?

    Was dit werklik Nan se woorde? Ag, ek weet nie meer nie. Dalk nie. Dis maar familievertellings, en die geheue is niks meer nie as ’n toneelstuk, nie twee opvoerings is eenders nie.

    Hoe ook al, terug in die Paarl, ná hierdie besoek van haar aan Tsjeggo-Slowakye, en net betyds vir die familie-Kersfees, vermaan Nan vir die einste ma van ons: Hierdie present is baie spesiaal net vir jou, Babatjie, ek het byna my trein hiervoor verpas. Kom sit hier by my op die mat, maar ek gaan hom self oopmaak. Want hierdie een mag nie val nie. Dis eintlik ’n grootmenspresent. Sy het daardie omhulsel laag vir laag afgeskil en vorentoe geleun met die haas in albei hande na Ma gestrek. Ma was toe … tien, elf? En Ma steek haar hande uit en kan nie glo wat sy sien nie. Mooi vat! waarsku Nan.

    Maar op daardie oomblik sien Nan nie meer kans om van die haas afstand te doen nie, of dalk het iemand gesê dis darem nie ’n geskenk vir ’n elfjarige kind nie, wie sal weet. Jammer, Baba, sê Nan – hulle het Ma al die jare Baba genoem – vat eerder hierdie kid gloves, dis van Parys. Jy sál dit eendag dra, pops, ek belowe jou, en die haas is joue wanneer ek ter helle neerdaal. Ek sal dit beskrywe.

    Ma het later die dag die handskoene diep agter haar sokkies in haar sokkielaai gebêre, en gehoop die silwermotte vreet dit op. Hulle het nie, maar ek het haar ook nooit die handskoene sien dra nie. Dit was maar altyd iewers agter haar kouse of agter haar serpe.

    Jare daarna het Ma tog die haas gekry. Ek onthou goed, dit was die jaar nadat ek in Sub A was – dit was daardie Kersfees en dit was by ons huis. Nuwejaar was die familie by Nan, maar Kersfees was by ons. Nan se huis was nie ver van ons nie.

    Soos gewoonlik kon ek en Nicola, my suster, die vorige aand skaars slaap. Wanneer niemand kyk nie bevoel ons die presente wat al vir dae om die Kersboom lê. Een van my pakkies is sag. Ek hoop dis ’n winkelrok; Ma weet hoe ek ’n rok begeer wat aan ’n klerehanger in ’n winkel hang – nie dié wat lyf kry onder haar naaimasjien op die eetkamertafel nie.

    Maar dit was nie, dit was ’n skooltrui wat sy self gebrei het. Ek kon dit nie glo nie. Ek twyfel egter of enigiemand my teleurstelling opgemerk het, want almal het oor en weer gelag en terg. Die opgefrommelde stapels papier het gegroei, en die grootmense het reeds een bottel borrelwyn ge-polish. Pa was besig om die tweede een oop te maak toe Nan sê: Ons drink op Baba en haar harde werk vir hierdie dag! En op Baba wat so lank gewag het! Dit was wreed, Babsie, ek’s jammer!

    Pa lig sy duim van die vonkelwynprop. Hy lag nie meer nie: Hoe bedoel jy nou, Nan?

    Nicola skreeu: Hy gaan oorkook, Pappa, pasop! Skiet hom, skiet hom!

    Toemaar, darling, ontspan, jy sal sien, sê Nan vir Pa en gee vir Ma ’n groot boks toegedraai in goue papier.

    Toe Ma die haas uit die sneespapier lig, wil almal dié fancy ding van Nan vashou en bekyk, en Nan skreeu: Nee, keer daar, Baba! Julle weet ek het vir die kêrel laat weet die haas het dit Afrika toe gemaak én oorleef, moenie nou die dessitse ding laat val nie!

    Ma hou die haas in albei hande en beskou dit van alle kante. Wil jy nou die kid gloves terughê? vra sy floutjies. Die mans het weggeval met Hasie, hoekom is jou stert so kort? en ek dink dis net ek wat haar gehoor het.

    Vanweë die ouderdomsverskil tussen Nan en my ma, moet Nan vir my meer ouma as tante gewees het, maar dit was sy nie, eerder prinses, goeie fee, beeldskone voormalige mannekyn, mannetjiesrige vroumens – alles in een. ’n Fantastiese frats, met altyd iets vir haar susters wat sy van haar reise saamgebring het, die stomme huisvroue. "Geketting aan man en kind en Kook en geniet," het Nan ná ete gesê, oënskynlik na aanleiding van absoluut niks nie, en toe na die glasie agterna-soetwyn in haar hand gekyk.

    Wat sê jy daar, Nan? het Ma skerp gevra.

    Die grootmense was flou. Die kwik was diep in die dertig en almal verby boggels geëet.

    Ek sê net as hierdie nié Japie Hugo s’n is nie, vreet ek ’n hoed op. Haar oë onwrikbaar op die glasie.

    Eienaardig dat ek dit in soveel detail onthou, want ek was nog klein. Ek sou tog nie ’n snars daarvan begryp het nie, veral nie Pa se skielike heftigheid nie.

    Loop haal solank jou hoed, Skoonsuster, het hy gesê.

    Nan het onthuts van haar glasie opgekyk. Hoe bedoel jy … Swaer?

    Ek bedoel jy’s verkeerd, dis ’n Robertson-soete. Wat meer is, jy ken die wynmaker.

    Wie ken Nan nie? het iemand gevra.

    Hoor jy daar, Nan, sê Pa kwaai, die mense wil weet wie ken jy nie, hoor ek ’n voëltjie fluit?

    Ma het tussenbeide gekom: Skei uit julle, dis Kersfees.

    Ek kan tot vandag toe nie onthou wie gevra het: Wie ken Nan nie?

    Kan ek nie onthou nie, of wil ek nie?

    Die regop eetstoele was teen daardie tyd genadeloos; almal het na sagter meublement uitgedy. Die mans het gesit-lê in ma se wingbacks, asof hulle daarvoor ontwerp is, asof ons nooit uitgetrap is vir so sit-lê nie, net so onaanvaarbaar soos grawe in jou neus. Een van my ooms het op die sitkamerbank met ’n stuk geskenkpapier oor sy gesig gerus. Die niggies en neefs het buierig rondgedwaal tussen die sonkamer met die National Geographics en die skaakbord en die boord en die gras in die skaduwee van die blompruim en die ander pruim.

    Maar Nan was reeds weer in Praag. "Toe ek oor daardie brug stap, was dit nie die beelde van die heiliges en konings en so wat aan my gevat het nie, maar die feit dat dit sewehonderd jaar geneem het om te bou soos hy vandag daar lyk. Sewehonderd jaar, ouens, ons kan nie eens tot by sewehonderd tel nie. As enigeen my wéér vra vir wat, waarom, vat dit jou so lank om net een hoed klaar te maak, Nan,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1