Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Karolina Ferreira
Karolina Ferreira
Karolina Ferreira
Ebook247 pages3 hours

Karolina Ferreira

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Karolina Ferreira gaan na die Vrystaatste dorp Voorspoed om in die omgewing navorsing oor motte te doen. Op pad laai sy ’n onbekende man op en laat haar handpalm lees deur ’n vrou in ’n karavaan.
Aanvanklik bly sy in die dorp se hotel. Hier speel sy saans snoeker, dans oor die naweek met en ontmoet ’n verskeidenheid mense. Onder andere Pol, die enigmatiese prokureur, die geteisterde boer Tonnie de Melck, die driftige luitenant Kieliemann, en ander lede van die plaaslike polisie. Sy word gekonfronteer met geweldpleging in die swart woonbuurt. Die rassegeweld is egter nie die enigste geweld in die boek nie.

Ondanks haar voornemens word Karolina – soos die minnaars wat sy die eerste keer op ’n bankie in die begraafplaas sien en oor wie sy wonder – ook meegevoer deur die liefde.

Geweld en liefde, die openbare en die intens private, word in hierdie roman op ’n indrukwekkende wyse ineengevleg.
LanguageAfrikaans
Release dateSep 30, 2013
ISBN9780798160001
Karolina Ferreira
Author

Lettie Viljoen (Ingrid Winterbach)

Ingrid Winterbach (Lettie Viljoen) is ’n veel-bekroonde skrywer, o.a.: Karolina Ferreira: M-Net; Niggie: Hertzogprys; Die boek van toeval en toeverlaat: M-Net-prys, W.A. Hofmeyr-prys, UJ-prys; Die benederyk: M-Net-prys. Winterbach is die enigste skrywer wat die M-Net prys reeds drie keer verower het. Niggie en Die boek van toeval en toeverlaat is ook in Nederlands uitgegee. Die Engelse uitgawes van albei hierdie romans (To hell with Cronjé en The Book of Happenstance) is ook in die VSA gepubliseer. Haar jongste roman, Die aanspraak van lewende wesens, was die wenner van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2012, en is ook in 2013 bekroon met die volgende pryse: Hertzogprys vir Prosa en die WA Hofmeyr-prys. Ingrid Winterbach is ook beeldende kunstenaar. Sy woon met haar man in die Stellenbosch-omgewing. Sy het twee dogters.

Related to Karolina Ferreira

Related ebooks

Related articles

Reviews for Karolina Ferreira

Rating: 4.124999875 out of 5 stars
4/5

8 ratings2 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

  • Rating: 4 out of 5 stars
    4/5
    The Elusive Moth Winterbach’s narrative is like a series of images which encapsulate the essence of Henri Cartier-Bresson’s decisive moment. Each scene is depicted with tension, balance and spontaneity, capturing a moment in time. The essence of a moment is revealed, yet its full meaning remains elusive.I was not surprised to learn that the author is a visual artist. Her work is hyper-visual and full of symbolism. Her descriptions of art are captivating, especially as they mirror the surrounding events. There is so much to this novel, I will be dissecting it for days to come. Well done!
  • Rating: 4 out of 5 stars
    4/5
    This novel was elusive in and of itself. Set in South Africa, in transition post-apartheid, an entomologist and a homeopath meet up to gather different knowledge, the survival strategy of an elusive moth species and homeopathic remedy ingredients. Meanwhile, the plot is like a fever dream of violence, sensuality, mysticism, art & science. Man v. Nature. Dream v. Reality. Love v. Hate. Is my opinion of the book eluding you? Well, welcome to the club! I think I thought it a profound story overflowing with symbolism & metaphor. In a couple of months, when I have mulled this book over and over, I will get back to you.

Book preview

Karolina Ferreira - Lettie Viljoen (Ingrid Winterbach)

Every person ought to be very attentive and listen for the stroke, before he opens the door of a billiard room.

Horace Lindrum:

Snooker, billiards and pool

vir Helene Winterbach

Hoofstuk 1

Lank gelede het Karolina Ferreira ’n droom gehad. Op ’n prome­nade langs die see met ’n ry palmbome in die middel lê ’n man in twee helftes gekap met bloed wat uit hom spuit.

Aan dié droom dink sy toe Willie kniel en ’n plantblaar tus­sen sy vingers neem.

Hy is van middelmatige lengte, sterk gebou, met ’n ega­lige bruin vel. Sy kop is opvallend: dit het besonder harmonieuse proporsies. Hy het helder oë.

Uit hierdie blaar maak jy ’n geneesmiddel vir bloed wat spuit uit ’n wond, sê hy. Dit moet behoorlik spúit. Dit moet saam met die hartklop uitpomp. Ander soorte bloe­ding is stadiger, by­voorbeeld ná ’n geboorte, en die bloed is donkerder.

Dit is hulle eerste oggend in die veld, en dit is baie warm. Hulle het gister hier in die dorp Voorspoed, in die Vrystaat, aan­gekom. Hulle dra hoede. Die spruit is droog. Selfs die wilgers lyk verlep. Die gras is bruin. In Karolina se kop is ’n ruising weens die hitte. En ’n drukking in die slape. Sy voel lighoofdig van die inspanning en konsentrasie van die afgelope paar uur.

Willie kniel kort-kort. Tussen die dor graspolle vind hy klein plantjies, blommetjies, insekte, droë bene, landskulpe. Hy dui elk­een se eienskappe aan.

Wat ’n vreemde paar is hulle, dink Karolina.

En dit, sê Willie, en hy wys na ’n klein geel blomme­tjie, gee jy vir iemand wat nie met die dood versoen kan raak nie. As hy dit inneem, sal die persoon laat los. Hy maak sy hand oop. Karolina kyk in sy helder oë.

Bloeding en sterfte. Ja, sien sy. Vir oormatige, spuitende bloe­ding en vir moeisame sterfte. Jammer vir al diegene wat nie die troos hiervan kon hê nie.

By die droë loop van die spruit gaan hulle onder ’n wilger­boom sit, lekker in die skadu teen die stam. Sy wonder of hier nog enige krappe is – dit is so droog.

Karolina merk voor haar in die sand ’n natterige kol. Nie baie groot nie. Die miere is intensief aan die maal daar­omheen.

Iemand was voor ons hier, sê Willie.

Hoe weet jy dit? vra Karolina.

Voetspore, platgedrukte gras, een of ander vog, ant­woord Willie.

Karolina buk vooroor. Kyk van naderby.

Wie sou dit kon wees? vra sy.

Ons sal hulle nog sien, sê hy. Op pad terug.

Hulle eet hard gekookte eiers. Toebroodjies wat hulle by die Springbok-kafee gekoop het. Drink tee uit ’n fles. Klein stukkies eier val op die grond.

Nog voedsel vir die miere, sê Karolina.

’n Rukkie later stap hulle terug dorp toe. Hulle stap sta­dig, want dit is baie warm. Eers ’n hele ent deur die veld. Dan met Endstraat parallel aan die begraafplaas af.

Die dorp is doodstil. Almal rus agter toegetrekte gordyne. Dit is eintlik te warm om op straat te wees. Die uur van die kewer.

Sy stel voor hulle stap liewer deur die begraafplaas, dit lyk koeler daar. Hulle stap ’n entjie toe hulle op ’n bankie langs een van die sipresse twee mense sien sit. ’n Man en ’n vrou.

Dis hulle, sê Willie.

Karolina wil nie openlik staar nie.

Die man is onplaasbaar, hy lyk nie soos ’n plaaslike in­woner nie – ’n charismatiese sfeer hang om sy hoof. Die vrou is hart­ver­skeurend mooi. Pynlik beeldskoon en bedroef. Grondig be­droef. As hulle nie minnaars is nie, dan weet sy nie, dink Karolina. Maar waarom hulle liefde verban tot hierdie uithoek?

Wat dink jy? vra sy hom, toe hulle met Stiebeuelstraat af­stap hotel toe.

Lovers, sê Willie. As hulle saam gesien word, is dit tickets. Die stakes is hoog.

Hy spoeg ’n stukkie blaar tussen die tande uit toe hulle by die hotel aankom.

Het jy al ’n mooier vrou gesien? vra Karolina.

Willie dink ’n rukkie na.

Ja, sê hy. Ek ken een mooier vrou.

Op die lang, koel stoep voor die hotel sit twee mans by een van die tafeltjies en bier drink. Hulle hou haar en Willie met be­lang­stelling dop. Die mans is albei lank – sien Karo­lina in die verbygaan – die een het ’n opvallende roesrooi velkleur en hy dra ’n bril; die ander het kort donker hare, en ’n skewe, stywe glimlag.

Willie gee hulle een kyk en toe hy en Karolina by die hotel­deur ingaan, sê hy: Ek sit my geld op die rooie.

Toe hulle deur die skemer hotelsitkamer na die eet­kamer stap, sien hulle ’n groot blonde man bewegingloos in een van die gemakstoele sit. Sy bier staan onaangeraak voor hom.

Hy vat dit sleg, sê Willie, maar hy is ’n gentleman.

Net voor hulle die spyskaart optel om te bestel (Karo­lina gaan nie dikwels in hotelle tuis nie), vra sy: Watse geld?

Willie maak ’n kopgebaar.

Jy sal self sien, sê hy.

Na middagete gaan Willie terug na die huis van meneer Isayago die Argentyn bo in die dorp, waar hy tuisgaan.

Karolina gaan na haar kamer bo; sy stap deur die merkwaar­dige ingangsportaal, suiwer barok – ingevoer deur got­weetwie na hierdie streek bekend vir sy skape en mielies. Die ontvangs­toonbank, die baldakyn daarbo en die sporte van die traprelings is in ’n donker eikehout, elaboraat uitgekerf in swierige krulle, blare, blommotiewe, gerubs; fantastiese swellende en kurwende vorms. Sy gaan met die trap na bo, die houtreling satynglad onder haar handpalm. Sy stap die lang gang af na haar kamer. Die tapyt is verslete. Geen tekens meer hier van die barokke fantasieë en oordaad van die ingangsportaal nie.

Haar kamer is skuins bo die hotelingang, dit kyk uit op die hoofstraat; dit is koel en halfdonker. Sy gaan voor die spieël staan. Haar oë kyk stip en donker. Die donker wenk­broue is solied. Haar skouers het hulle sagte, vroulike ron­dinge verloor. Haar vel het ’n geel blekerigheid (onder die natuurlike don­ker­te). Haar donker hare is happerig gesny. Sy lyk soos iemand in wording. Onafgewerk.

Sy gaan op haar bed sit, kyk na haar handpalm. Op pad hierheen gister het sy en Willie teen sononder buite ’n klein dorpie stilgehou vir petrol.

Langs die garage was daar ’n Wimpy, en op ’n sirkel­vormige lap gras oorkant die garage – soos op ’n eilandjie – ’n karavaan. ’n Vrou wat in die toekoms sien het haar dienste hier aangebied. Die lug was goud en vuur. Die son ’n vurige bal op die horison. Karolina het die karavaan in die spektakulêre gloed van die onder­gaande son betree.

Binne het sy by ’n opslaantafeltjie oorkant die vrou plaas­ge­neem; die twintigrandnoot in ’n bakkie gesit. Die vrou het ’n klein lampie aangeskakel, Karolina se hand in hare geneem. Haar hare was ’n vergulde nes wat tot teenaan die dak reik. ’n Voël sou daaruit kon opstyg. Die ruimte was tot oorlopens toe vol: spieëls, ornamente, skulpe, krulle, weerkaatsings, in rokoko-oorvloed van hoek tot kant.

Die vrou het Karolina se hand oopgesprei en in die warm, lig beswete palm gekyk. Sy het in ’n ligte beswyming ge­gaan en gesê: Ek sien, ek sien hier.

Wat het sy gesien?

Sy het ’n man gesien wat Karolina altyd sal liefhê, en sy het ’n vrou gesien, ’n goeie vriendin, wat haar nooit in die steek sal laat nie.

Toe Karolina by die karavaan uitkom, was die son pas onder. Die oomblik van vergulde glorie was verby. Sy en Willie het ver­der gereis.

Dit is warm. Karolina is moeg van die vorige dag se reis en die oggend se ver stap in die veld met Willie. Sy raak aan die slaap. Die bloed vloei stadig deur haar warm, slapende liggaam.

Om vieruur word sy wakker. Sy staan op en neem ’n wande­ling deur die dorp. Meer as vyf en twintig jaar ge­lede het sy die dorp beter geken. Hier het hulle gesin ’n paar somervakansies deurgebring – haar pa het hier navor­sing gedoen. Hulle het ’n groot, ou, koel huis bo in die dorp gehuur.

Die dorp het merkwaardig onveranderd gebly. Dit het ’n eenvoudige, reghoekige uitleg. Die lang hoofstraat eindig bo teen die kerk. Die ander strate loop óf parallel aan die hoofstraat óf haaks daarmee. Die winkelsentrum het skynbaar nie veel verder as ’n blok of twee aan weerskant van die hoofstraat uitgebrei nie. Geen van die aanvanklike ge­boue is platgeslaan nie. Die sement­sy­paadjies voor die win­kels is steeds breed, met ruim oorhangdakke, onder­steun deur dun gietyster- of dikker sement­pilare. Die Oasis-­kafee is egter daarmee heen – in die plek daarvan is ’n skryfbe­nodigdhedesaak. Nortjé se apteek is nou die Dorpsapteek. (In die een hoek is daar nog ’n paar stowwerige Kers­geskenke.) Is meneer Nortjé dood of afgetree? (Sy onthou hom nog.) En waar is mevrou? Behalwe die twee kafees en Nortjé se apteek kan sy die ander winkels nie meer onthou nie, maar die Pep Stores en die Spar is nuut, en die tak van Milady’s en Foschini, en nog ’n apteek ’n ent verder af aan die oorkant van die straat. Heelparty van die strate, het sy vanoggend gesien, is nog steeds ongeteer, en van die huise bo in die dorp het haar selfs bekend voorgekom. Die Avbob-­geboutjie in een van die sy­strate, merk sy, is pienk geverf; die munisipale swembad kon sy nog nie weer vind nie.

Emosioneel het sy haar lank reeds aan die dorp onttrek, daar is niks waaraan sy haar meer hier kan heg nie. Die dorp met die strate van fyn bruin klippers en vrede op aarde het verdwyn. Dit het nou ’n ander gevoel.

Sy stap weer terug na die hoofstraat. Aan die bopunt daarvan pak swaar donderwolke agter die kerk saam. Sy ken niemand meer in die dorp nie. ’n Polisieman kom om die hoek met ’n blou crimplene-broek – of is dit terylene? ’n Sintetiese stof wat span oor die gulp. In blou, in blou geklee met ’n walkie-talkie in die hand. Hy kyk haar ’n oom­blik lank stip aan.

Sy steek die straat oor om iets in die Rendezvous-kafee te gaan drink. Hoopvol maar met angstige voorgevoelens – sy het geen duidelike beeld meer van hoe die kafee binne lyk nie. Die voorste deel, sien sy, lyk soos alle kafees in hierdie dae, oral in die land; die teedrinkplek agter dateer uit ’n vroeër tydperk.

Ten spyte van die hitte is daar ’n yskoue trek van iewers. Van die plafon, baie hoog, oud en baie ornaat, hang ’n paar droewige Kersversierings. Sy gaan by ’n tafel sit direk agter die houtafskor­ting wat dié deel van die voorste deel skei. Sy merk dat daar iemand by ’n tafel in die oorkantste hoek sit. Dit is een van die mans wat vroeër vandag op die hotelstoep gesit het, die een op wie Willie sy geld sit. Hy knik sy kop in ’n groet. Sy knik terug. Hy lees verder in sy boek. Die wind lig ’n Kersversiering aan die plafon. Die eienares neem Karolina se bestelling. In die kombuis op regterhand is ’n rumoerige gewerskaf hoorbaar. Die vrou bring haar tee en vertel dat hulle besig is om voor te berei vir ’n troue laatmiddag.

Karolina vind dit moeilik om onselfbewus haar tee te drink. Sy is ongemaklik bewus van die man in die oor­kantste hoek. Sy wil nie openlik na hom staar nie, maar sy wil probeer sien wat Willie bedoel het. Wat lees hy? ’n Boek met ’n rooi buiteblad soos vlamme wat brand. Dit pas by die rooi gloed wat sy vel afgee – dit lyk of hy onlangs te veel son gehad het. (Selfs in die halfdonker gee hy hierdie gloed af.) Toe sy weer ’n keer tersluiks in sy rigting kyk, kyk hy ook na haar. Sy drink haar tee vinnig klaar, staan op, knik ’n groet in sy rigting, betaal en stap uit.

Intussen word die lug donkerder, dreigender en blouer in die suide net links van die kerk aan die bopunt van die hoofstraat. Die verdonkerende lug is ’n skouspel wat drama­ties aan die op­bou is en die dorp geleidelik oorheers. Ook dié streek kan doen met reën – die droogte is besig om sy strop geniepsig nouer te trek.

Karolina stap vinnig terug na die hotel sodat sy nie deur die reën oorval word nie.

Langs die pad sien sy verskeie handgemaakte plakkate teen die straatligte vasgemaak, waarop staan:

Die Delarey en Beyers-toneelgeselskap bied aan:

DIE JALOERSE EGGENOOT

Gebaseer op ’n ou treffer.

Saterdagaand in die stadsaal.

Almal welkom. Verversings.

By die hotel aangekom, sien sy dat die donker, opge­sta­pelde wolkemassas agter die kerktoring aan die verbytrek is. Die lug is nou ’n troebel grys. Van waar sy voor die hotel aan die onder­punt van die hoofstraat staan, met die kerk aan die heel boon­ste punt, neem die dorp ’n paar oom­blikke lank ’n vertroude aan­sig aan. Karolina word deur ’n onverklaarbare verlange ver­­vul voor sy die hotel binne­gaan.

Toe sy laas hier was, was sy nog met slaperige onskuld gevul, hoewel sy toe reeds, op haar jeugdige ouderdom, die klassifi­ka­sie en taksonomie van die nege en twintig in­sekordes geken het.

Na aandete gaan Karolina in die dameskroeg sit. Sy het pas by die ingeboude kroegtoonbank plaasgeneem toe ’n korte­rige, don­ker man met sy glas in sy hand na haar aankom. Hy steek sy hand uit.

Pol Habermaut, sê hy. Prokureur.

Hy trek een van die kroegstoeltjies nader en gaan sit langs haar. Lank en aandagtig beskou hy haar. Sy kop hou hy effens skuins om haar beter te betrag. Sy hare en gesig is nat van die sweet. Sy kop is glad soos dié van ’n otter. Sy vel het die teks­tuur van ’n waterdier. Hy wieg effens heen en weer.

Het ons mekaar al in wat algemeen bekend staan as die Nuwe Bedeling ontmoet? vra hy.

Nee, sê sy.

Hy vra wat die doel van haar besoek aan die dorp is.

Sy vertel hom dat sy insekte bestudeer en navorsing oor ’n bepaalde motsoort doen wat hoofsaaklik in hierdie om­gewing aangetref word.

Hy kyk weer lank na haar. Hy lek sy lippe af en sê: ’n Sid­dering gaan nou deur my by die gedagte aan wat jy alles hier gaan aantref.

Ek hoop so, sê sy.

Sy kyk in die vertrek rond. Behalwe die ingeboude kroeg met hoë stoeltjies is daar gemakstoele in groen en maroen kunsleer om plat, ronde tafeltjies gerangskik. Teen die mure is bokkoppe, in die hoeke is potplante op smeedyster­staanders, teen die een muur is ’n groot sebravel. Die ver­trek word gesellig verlig deur klein liggies teen die mure en rooi ligte by die kroeg.

Daar is nie baie mense hier nie, waarskynlik omdat dit ’n weeksaand is. Karolina se oog val op ’n man in die verste, lin­ker­­kantste hoek van die kamer. Sy kyk lank na hom, aandagtig.

Wie is dit? vra sy vir Pol; beduie met haar kop in die man se rigting.

Pol bring sy kop nader aan hare. Hy praat sag, vertrou­lik, onderlangs.

Ons magistraat, sê hy.

Hy gee haar ’n gewigtige, sameswerende kyk.

Nie ’n mater in wie se persoonlike slaai ons moet krap nie, sê hy.

Ek sien, sê sy.

Die magistraat is ’n fors, middeljarige man. Hy sit aan sy glas se rand en suig, of byt. Sy ander hand is oopgesprei op die stoel­leuning. Hy reageer nie opsigtelik op wat die man oorkant hom sê nie.

Van die maters hier het groot sorge, sê Pol.

Hy kyk weer veelbetekenend na haar. Sy kyk terug; diep in sy wateroë. Sy hou van hom.

Ek sien, sê sy.

Hy groet haar en gaan by ’n tafeltjie regs van haar sit. (In die hoek reg teenoor die magistraat.) Nie lank daarna nie daag sy vriende op, en sit hy sy eerste lied van die aand in. Hy het ’n diep en welluidende stem, en die vermoë om onskuldige liedere suggestief te laat klink.

’n Rukkie later kom Willie die dameskroeg binne; hulle het afgespreek om hier te ontmoet.

Hoe lyk dit, Willie? vra sy.

Nee, dis op sy kop, antwoord Willie, sonder om links of regs te kyk.

Daai man daar in die hoek, en sy beduie onderlangs in die rigting van die magistraat, hoe lyk hy vir jou?

Willie skink rustig sy bier voor hy ongemerk kyk.

Hy pie ’n gevurkte groen straal, sê Willie.

O, sê Karolina.

Willie neem ’n sluk bier.

Waarskynlik vroeg deur die moeder verwerp, sê hy. On­les­bare dors. Konstitusie van ’n os. Maklik irriteerbaar. Krities. Moeds­willig. Aggressief. Manipulatief. Neiging tot anale vratte. Migraine oor die linkeroog, asof ’n spyker daar ingeslaan word.

Willie kyk rustig voor hom.

Ken jy hom? vra Karolina.

Nee, sê Willie.

So?

So?

Hoe weet jy dié goed? vra sy.

Enigeen kan dit doen, sê hy. Daar’s geen trieks aan nie.

Karolina aarsel ’n

Enjoying the preview?
Page 1 of 1