Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Skoolstories 1969: 1980 Bredasdorp
Skoolstories 1969: 1980 Bredasdorp
Skoolstories 1969: 1980 Bredasdorp
Ebook66 pages46 minutes

Skoolstories 1969: 1980 Bredasdorp

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hierdie boek is geskryf deur die groep klasmaats wat in 1969 skool toe is en in 1980 matriek geskryf het. Alhoewel almal nie noodwendig vir die volle tyd saam in die skool was nie, was almal een of ander tyd klasmaats in Laerskool en Hoërskool Bredasdorp.
In hierdie bundel is die onthoustories van ’n paar van die klasmaats opgeneem. Op ’n humoristiese manier vertel hulle dinge wat hulle ervaar het en spot hulle baie keer met hulself. Dit is beslis’n lekkerleesboek.

LanguageAfrikaans
Release dateJun 17, 2021
ISBN9781005731069
Skoolstories 1969: 1980 Bredasdorp
Author

Madelé Burger

Toortsie skryf daagliks op haar blog, wat te kry is by toortsie.comEk volg die Bantingleefstyl sedert 2014 en het reeds die volgende boeke gepubliseer:1) Toortsie se Bantingboerekos2) Toortsie’s Banting Bash! (Printed and e-book)3) Hier’s die Toortsie weer!4) My kinderjare met betrekking tot vandag (outobiografie)5) Toortsie se Soetighede (Gedruk en e-boek)As publiseerder publiseer ek boeke namens die Goue Vroue. https://www.smashwords.com/profile/view/Gouevroue.

Read more from Madelé Burger

Related to Skoolstories 1969

Related ebooks

Related articles

Reviews for Skoolstories 1969

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Skoolstories 1969 - Madelé Burger

    Ons is die groep wat in 1969 skool toe is en in 1980 matriek geskryf het. Alhoewel ons nie almal noodwendig vir die volle tyd saam in die skool was nie, was ons almal een of ander tyd klasmaats in Laerskool en Hoërskool Bredasdorp.

    In hierdie bundel is die onthoustories van ’n paar van ons klasmaats opgeneem. Om die informele verteltrant en die stem van elkeen van die persone te behou, is baie streng redigering nie toegepas nie.

    Skrywers:

    Adri Aggenbach de Kock

    Deon Gouws

    Jacques Swart

    Kosie Blom

    Leana van Deventer Smit

    Lucy Steyn Brink

    Mabeth Knipe Janse van Rensburg

    Madelé de Wet Burger

    Nicoleen Swart du Plessis

    Ronel le Roux Cilliers

    Sal Lourens

    Terug na Inhoudsopgawe

    Leana onthou:

    (Leana van Deventer Smit)

    Ek, gebore Leana (eintlik Magdalena Jacoba) van Deventer, nou Smit, stap terug op die pad van ou onthou, lank terug se skooldae onthou. Meeste daarvan kan as soet, lekkerlag of pure pret onthoue geklassifiseer word. Maar selfs die onthoue wat lank terug as beperkend en minder goed ervaar is, se skerp hoeke, is met tyd glad geskaaf en is nou net deel van dit wat help maak het aan die geheel wat ek vandag is.

    So kuier ek kortliks op die heel boonste vloer in die gang voor die Wiskundeklas en word ons klas, ons was standerds en nie grade soos vandag nie, deur die legendariese Eps Joubert deurgekyk of ons wakker genoeg is om sy klas binne te gaan … wel nee, ons lyk vir hom vaak. So dan maar al die trappe af tot by die kleedkamers vir almal van ons en wee jou as jy weer daar staan sonder waterdruppels op jou gesig, want dan het jy nie jouself wakker genoeg gewas nie!

    Ek stap so ’n bietjie verder met die onthoutrappe af, bereik die tyd van eksamenskryf in gemengde groepe van standerds sodat jy nie kan afkyk by dié voor of langs jou nie. En na die skryf moet jy dan sit en leer vir môre se skryf. Die een direk na die ander, was die beste teelaarde vir jong kinders se onnutsighede. En weereens was die legendariese Eps deel van die onthou. As jy onderlangs briefies rondgestuur het of jou bakvissiegiggels gegiggel het, is jy beveel om op te staan, jou te skaam en te bly staan. Gou het die hele groep onnutsig regop gestaan en steeds nie geleer vir môre se toets nie!

    Nou gaan skuil my onthou in die vierkant onder die skool. Laat ek net ter verduideliking onthou dat seuns en meisies nie op die skoolgrond toegelaat was om saam te speel nie. Dit was darem ’n ver te onheilige gedagte vir daardie jare! Maar as jy dan gekys was, dan het julle na die vierkant gemigreer van die kante waar die verskillende geslagte wettig moes pouse hou. En die wagters op die mure het maar gewaarsku as onderwysers oppad was of as jy daar betrap is, het jy op die rooi tapyt gaan verantwoording doen hoekom jy durf waag het om die grense te ignoreer! Die lekkerte van gekys wees, het natuurlik alles oor en oor die moeite werd gemaak!

    En as koshuiskat gaan skuur my onthou ook daar in die meisiekoshuisgange rond. Dit skuur met lekkerte by vele einde van die kwartaal middernagfeeste verby. En verby die aand toe die koshuismoeder ons uitgevat het om die seetoneelopnames van die TV program ‘Nie vanweë die duisternis’, wat in die swembad by die laerskool opgeneem is, te gaan beleef. En Bugs hom vir die klomp vroumense gevies het en ons, sy vrou, die koshuismoeder, ingesluit, uitgesluit het! Dit het die klomp koshuiskatte net ’n lekkerder storie gegee om vir lank nog met groot genoegdoening te spin vir enige een wat net lyk of hy wou luister!

    En met groot lekkerte, skuur die kat ook verby ons laaste middernagfees … daar was vir die eerste maal ‘drank’ by die fees. 'n Hele een bottel vonkelwyn

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1