Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Goue Vroue in Jumanji
Goue Vroue in Jumanji
Goue Vroue in Jumanji
Ebook122 pages51 minutes

Goue Vroue in Jumanji

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die Goue Vroue was weer op een van hulle vele wonderlike avonture - hierdie keer in die oerwoud in Afrika. Soos dit altyd met die Goues die geval is, is hierdie geen uitsondering nie en was dit ’n avontuur gevul met opwinding en gevaar. Adrenalienbelaai. Die dames het soms tuimelend bo-oor mekaar rondgeval, ander kere gillend vasgeklou vir lewe en dood! Op die ou end, soos nog altyd vantevore, het hulle die Jumanji-uitdaging met vlieënde vaandels geslaag.

LanguageAfrikaans
Release dateSep 29, 2021
ISBN9781005893583
Goue Vroue in Jumanji
Author

Goue Vroue

Ons is 'n groep Afrikaanssprekende vroue wat elkeen haar eie blog het en saam stories skryf. Ons het baie pret en het op die internet 'n plek gevind waar ons ons eie wêreld beleef. Ons het ons eie verbeeldingsdorpie, Rebusfontein waar elkeen haar eie huisie het.

Related to Goue Vroue in Jumanji

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Goue Vroue in Jumanji

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Goue Vroue in Jumanji - Goue Vroue

    Die praatstok se laaste storie

    Ek is laaste aan die beurt, al die ander Goue Vroue het klaar hulle stories gedeel. Of hulle menings gelug. Of sommer net harte oopgemaak.

    Ek kyk vlugtig na elkeen om die tafel. Aalsie, Appeltjie, Seegogga, Positief, VirgoC, Christa, Tannie Frannie, Trommeltjie, Toortsie, WoordNoot, Sonell en San. Die vrouens van Rebusfontein.

    Ek wil oor Rebus praat, oor ons dorpie. Ons dorp met sy dertien bewoonde huise en so een of twee wat leeg staan. Ons het nie net hier geland nie, ons het almal uit ’n diep verlange na iets, na ’n plek, tot hier gekom. Ons, elk met ’n eie verlede, ’n eie storie, ons het hier ons gesamentlike inham kom vind. Ons veilige baai.

    Vanuit Rebus het ons geskiedenis gemaak. Ons berugte Biblioteekavontuur, Die Kluisenaar in die bos, Coronamouna. Daar was feestafels, ’n wêreldtoer, Kersvader wat saam met ons amok gemaak het, ons inwonende seekoei-verhaal.

    Alice in Wonderland wat ons almal uit ons gemaksones gekry het. Die Emmerskoplysie, toe ons heerlike Abba-partytjie. Die kalender, en nou die praatstok.

    Rebusfontein is nie die plek waar ons sommer net gewoon lewe nie. Jy kom hierheen as daar ’n ‘oproep’ is, as daar ’n woord uitgaan wat sê ouens, los als en kom, iets is aan die gebeur!

    Ek bly ’n oomblik stil, net om asem te skep. Met dié sien ek hoe San en tannie Frannie in hulle stoele omswaai. Altwee van hulle se ore is ingestel op kleinkinders, so beide is meer as gereed vir enige vinnige gebeurtenisse.

    Watse deur slaan so hard? vra hulle gelyk. Ons hoor almal die sterk wind wat opkom. Ek sit die praatstok vinnig neer.

    Kom ons loop kyk, my beurt is verby.

    Die praatstok helder vir ’n oomblik op, maar niemand sien dit raak nie. Nuuskierigheid kry die oorhand, want die deur bly slaan, iewers in die laat skemerte.

    Daar, kyk, wys Sonell in die rigting van die oop veld. Sy is ’n dapper een, al is sy so jonk. G’n niks bang nie.

    Oe la, dans Trommeltjie hier links van my rond. Sy droom al sedert die kasteel van ’n nuwe geheim, nuwe uitdagings wat ons kan wegneem uit die hier en nou.

    Die opgewondenheid is tasbaar, en almal hou nou asem op.

    Ek wil, ek wil, sê Positief opgewonde.

    Kan ek eerste oopmaak?

    Wees net versigtig jong. VirgoC vee haar kuif eenkant toe. Sy is regtig nie gereed vir enige ongevalle nie.

    Toortsie is neffens haar. Virgo’tjie, sê nou daar is spinnekoppe?

    Kom, loop hier teen my. As hulle daai deur oopmaak en ons sien enige iets met meer as vier bene, dan gryp ek jou aan jou kraag en ons laat spaander!

    Gaan kyk, man. Seegogga stamp Positief saggies vorentoe. Seegogga vrees niks, sy is ’n seevrou.

    San neem stelling in terwyl tannie Frannie wens sy het haar mandjie broodjies onthou.

    Ek, Aalsie en Christa staan agter. Aalsie wring haar hande saam. Julle weet, ek is reg vir wat ook al wag!

    Christa bly doodstil. Net nie vlermuise nie, asseblief tog nie, dink sy.

    WoordNoot en Appeltjie stap versigtig agter Positief aan, gereed vir aksie.

    Die Abba-partytjie is lankal vergete en die dames soek afleiding. Iets anders as trek en verf en regpak en stik.

    Iewers op die stoep glimlag die praatstok so effe. Die Goue Vroue is gereed, weet hy. Hulle sal kan doen wat gedoen moet word …

    Ek giggel onwillekeurig. Ons almal was al hier, presies hier, aan die begin van ’n nuwe avontuur.

    En Rebus-avonture ruk nou maar eenmaal altyd handuit!

    Positief, maak asseblief vir ons die deur oop.

    Terug na Inhoudsopgawe

    Hoofstuk 2 (Deur Positief)

    Die deur

    Una! Nee man, jy weet mos ek is nie so heeltemal vas op my voete nie, om sommerso vorentoe gestamp te word ... Ek kyk om en al die Goue Vroue staan agter my. Wat ek nie kan sien nie is die deur waardeur ons nou net gekom het, dis net bome en bosse. My mond gaan oop om te vra waarheen die deur verdwyn het, maar die vraag verander in ’n kreet.

    Pasop julle! en ek duik af, terwyl ek ’n hele paar vroue aan hulle skouers saamsleep. Die res sien ook wat aangaan en duik grond toe. Gelukkig is olifante se oë maar sleg, so hulle storm minder as ’n meter van ons af verby. Die dreuning van hulle voete het skaars vervaag,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1