Poppie se storie
Dis in die laat sewentigerjare in Kaapstad. Knap ná die verskyning van Die swerfjare van Poppie Nongena . Ons leef nog in die tyd van die Groepsgebiedewet en arbeidswette wat voorkeur aan bruin mense in die Wes-Kaap gee.
Aan huis van Klaas en Elsa Steytler in Oranjezicht is daar een aand ’n groot geselligheid. ’n Swart vrou sit by die tafel en eet toe ek in ’n stadium deur die kombuis beweeg om kraanwater te drink. Iemand fluister in my oor dat dit dié Poppie is. Haar eintlike naam is Eunice. Elsa probeer haar beskerm teen die stortvloed publisiteit wat sedert die verskyning van die boek aan die einde van 1978 hul deel geword het. Hulle het vooraf met mekaar ooreengekom dat Elsa nooit ’n foto van haar met die buitewêreld sal deel nie. Nie een van die twee vroue kan in hierdie stadium raai dat die boek nog in 13 tale vertaal gaan word nie. Wat nog te sê ’n rolprent gaan word.
Poppie, of dan nou Eunice, was regtig. ’n Warm, joviale mens. Haar en Elsa se verhouding dié van twee vroue
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days