Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Skaduself
Skaduself
Skaduself
Ebook436 pages4 hours

Skaduself

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Geen ma is perfek nie . . .

In die tronk het ek baie tyd om te dink, en ek het nie altyd beheer oor waarheen my gedagtes dwaal nie. ’n Groot deel van die tyd dink ek teen wil en dank aan Clay: hoe lief ek hom gehad het, die foute wat ek gemaak het.

So baie foute! My dogters. My seuntjie Joe.

Maar my gedagtes is nie altyd helder nie. Ek dink deur gaas, deur filters. Om minuut na minuut, sekonde na sekonde toegesluit te wees het my laat besef dat ek al my hele lewe in ’n newel slyt. Party dae is daar ’n dik swart gordyn voor my, en net wanneer ek dit regkry om dit oop te trek sodat ’n klein bietjie lig inkom, val die gordyn weer toe en is ek weer in die donker.

Die meeste mense wil weet wanneer alles begin het, en soms wonder ek ook.

Thea Middleton is agter tralies vir ’n ondenkbare misdaad. Soos wat sy, haar man Clay en haar oudste dogter Sanusha hul stukkende lewens probeer heelmaak, vorm hul individuele verhale die stukke van ’n tragiese legkaart wat ewig by hulle sal spook.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 15, 2014
ISBN9780798166089
Skaduself
Author

Paula Marais

Paula Marais het ’n MA in skeppende skryfkuns, ’n honneursgraad in uitgewerswese, en ’n diploma in vryskutjoernalistiek. Vorige publikasies sluit When your blessings don’t count – ’n gids oor postnatale nood en The Punishment, ’n historiese liefdesverhaal in. Sy skryf ook taamlik gereeld vir Financial Mail. Paula kom oorspronklik van Johannesburg, maar woon deesdae in Kaapstad saam met haar man en twee seuntjies.

Related to Skaduself

Related ebooks

Related articles

Reviews for Skaduself

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Skaduself - Paula Marais

    Skaduself

    Paula Marais

    Human & Rousseau

    Aan my ma, Marilyn Marais, wie se belangrikheid in my lewe nie in ’n enkele sin verwoord kan word nie.

    It was Hansen who first made me aware of shadow selves. He would lie in bed watching me for whole minutes, and I would look back into his eyes and wonder, What does he see? How can he not see the truth? Where is it hidden? It made me ask, when I looked at other people, what possible selves they were hiding behind the strange rubber masks of their faces. I could nearly always find one, if I watched for long enough. It became the only one I was interested in seeing.

    Look at Me deur Jennifer Egan

    Om te pleit

    Ek sit op ’n bankie in ’n klein kamertjie, ’n bekrompe, bedompige ruimte. Hulle kom jou haal, hoor ek, en kyk rond. Ek kan nie behoorlik sien nie. Dis soos om aan die slaap te wees en te voel jy moet jou oë oopmaak, maar jy kan nie. Hoe meer jy probeer fokus, hoe paniekeriger raak jy en hoe meer afgesonder voel jy. Ek wil die katarakte van my oë afkrap, maar selfs as ek my oë op skrefies trek, lyk dit asof die kamer op en af beweeg.

    Die kamer is ’n brander. Die lawaai is ’n brander.

    ’n Gekletter.

    ’n Geskal.

    Ek sit stil en laat my kop op my knieë rus.

    Dis oukei, Thea, ek het mos gesê ek is hier.

    Robbie. My hart is tot oorlopens toe vol stemme, maar my broer klink soos altyd. Seesiek leun ek oor die kant van ’n boot met ’n glasbodem. Onder my dryf visse, almal dood en bebloed.

    ’n Haai tol onder my na benede, ’n helder rooi wond waar sy vin afgesny is.

    ’n Tol wat draai en draai. Om en om.

    Ligte aan. Ligte af.

    Ligte aan. Ligte af.

    Mevrou, jy moet nou kom. Ek is nie seker of dit die haai is wat praat nie, maar ek voel ’n hand op my elmboog en stamp dit weg. Daar is ’n hoë skreegeluid, soos dié van ’n maer vark, of ’n ketel wat fluit. Toe word ek opgelig, ek sweef in ’n ballon.

    Weeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee …

    Dis die hof, Mevrou, sê die stem weer. Jy moet nou opstaan. Ons gaan met die trap boontoe.

    Willie, sê ek. Wil slaap.

    Dame, ná wat jy gedoen het, gaan jy ’n leeftyd hê om te slaap. Daar’s nie veel anders om in Worcester te doen nie.

    Worcester? Waarvan praat hy? Ek is nie in Worcester nie. Was ek dan nie veronderstel om te slaap nie, by my kinders en by Robbie nie? Het hy dan nie belowe nie?

    Los my uit, sê ek. Ek hou nie van jou nie.

    Dame, ek hou ook nie van jou nie.

    Ek kyk na hom en sy gesig kom asof deur digte mis nader.

    Vet neus. Stomp wimpers. Oë die kleur van koffie. Pet op sy kop.

    Ons moet jou boei, Mevrou, sê iemand, maar ek dink nie dis hy nie, want sy lippe beweeg nie.

    Soos in hándboeie? vra ek vir Robbie.

    Ek dink so, sê hy. Wat anders kan hy bedoel? Gaan net, Thea. Jy onthou hoe ons altyd in die boomhuis met boeie gespeel het? Polisie-en-dief?

    Maar toe was dit lekker en nou maak dit seer.

    Dis nie nodig om my te stamp nie, sê ek, en ek klink soos Ma.

    Kom, dame, beweeg nou. Die landdros hou nie van wag nie.

    Toe loop ek. Ek hou ook nie van wag nie. Dit irriteer my wanneer Clay laat is. My man Clay. Ek kyk altyd duisende kere op my horlosie en wonder hoekom hy nie genoeg respek vir my het om betyds te wees nie. Altyd die een of ander noodgeval by een van sy koffiewinkels.

    Ek loop, maar elke tree wat ek gee, is swaar, asof ek deur water loop. Ek beur teen die trap op.

    Op, op.

    Die kettings klingel agter my waar die polisiemanne staan. Hulle gesels.

    Toe vertel sy vir my my seun het my kar gesteel terwyl ek by ’n ongelukstoneel was. Dronk, jy weet! Sestien jaar oud! Ek het hom op Muizenberg-strand opgespoor. Hy’t seker gedink hy’s te oud vir ’n klap.

    Ma was goed daarmee. Later was my eerste man meer soos sy as wat sy ooit sou wou erken.

    Geweld. Lyf teen lyf.

    Ek ril. Wat sê hulle altyd? Iemand loop oor my graf.

    Aan die bopunt van die trap loop ek teen ’n uniform vas. Die man hou my terug.

    Stadig nou, wag tot ons gereed is.

    Gaan. Wag. Loop. Staan. Gaan. Ek wens hulle wil verdomp besluit. Ondertoe staan die ander polisiemanne steeds en gesels.

    En die kar? Wat daarvan? Wat was fout met die kar? ’n Duik aan die voorkant, jong. Hy gaan ’n jaar lank blare hark om daarvoor te betaal.

    Hark. My Zen-tuintjie het my laat ontspan. Patrone in die sand. Krulle. Draaie. Tot Joe die sand op die mat uitgegooi het en Clay gesê het: Dis nou genoeg. Ek hou nie van sand onder my voete nie.

    Daar is ’n geruis hier bo. Stemme wat op- en afgaan. En die ligte is so helder.

    Ek knip, knip, knip my oë.

    ’n Hand kom na my toe, verdwyn weer. Iemand skree: Staan weg van die gevangene!

    Dis jy, sê Robbie.

    Ek weet, antwoord ek. Ek voel dit aan my polse.

    Ek dink my oudste dogter, Sanusha, is ook hier met haar warm olyfgroen oë. Sy skree: Hoekom, hoekom, hoekom? Ek wens Robbie wil vir haar verduidelik. Dis beter so. Vir Joe. Vir baba Caitie. Vir my. Selfs vir Sanusha.

    Sy het haar pa om na haar te kyk. Sy het mý nie nodig om haar te red nie.

    Die polisieman stoot my vorentoe; ek voel sy vingers in my ribbes.

    Eina, sê ek en vryf my sy.

    Daar, sê hy. Staan daar.

    Ek is voor ’n mikrofoon waarvan die klank afgeskakel is. Die regter – is hy die regter? – fluister iets. Ek kyk na hom, konsentreer, probeer hard om te hoor.

    Mevrou, sê hy.

    Hier is my prokureur, Tom Harper. Vir hóm ken ek, lankal. Hy glimlag en knik gaaf. Maar Tom is nie gaaf nie. Hy maak my deurmekaar. Hy sê iets vir die regter en kom nader.

    Antwoord net die vrae, Thea, sê hy.

    Watter vrae? Ek kan hom nie hoor nie.

    Hy vra jou volle name.

    Weet hy dan nie? Hy moet harder praat.

    Edelagbare, die gevangene sê sy kan u nie goed hoor nie.

    Toe bulder hy en hy klink soos God, soos Ganesha. Mevrou, sê asseblief vir die hof jou volle name.

    Doen dit net, sê Robbie. Doen wat hy vra, en sê ‘Meneer’. Jy moet respek toon.

    Thea June Middleton … Meneer.

    En jou volledige adres, asseblief?

    Dit ken ek. Jamiesonstraat 28c, Rondebosch. (Tans elders in aanhouding.)

    Ek vra jou hierdie vrae om seker te maak jy is die regte beskuldigde, verstaan? En volgens die rekord hier voor my is jy.

    Ek besef Tom staan steeds voor my, sy gesig na die regter gedraai. Sy hande is voor sy middel gevou; hy lyk soos ’n berouvolle skoolseun. Een of twee keer draai hy om en kyk na my, asof ek veronderstel is om hom te verstaan. Ek kyk na die regter en sy mond gaan oop soos iemand wat in ’n kroeg rooksirkels blaas.

    Ek snuif. Die vertrek ruik na haat en wanhoop. Die regter trek sy skouers op en ek wil wegstap, terugtree, op ’n wolk wegdryf, ’n rooksirkel vang soos ’n Bentley Belt.

    Praat die beskuldigde Engels? Hoekom antwoord sy nie? roep die rooi man uit, die man met die rooi omboorsel.

    Ja, Edelagbare. Sy verstaan u.

    Pleit, Ma, hoor ek ’n stem wat klink soos Sanusha s’n. Sanusha onder die water waarin ek verdrink.

    Onskuldig, sê ek. Ek dink ek klink ferm, bestendig, maar toe sê die groot man, Meneer Geregtigheid: Kan jy dit herhaal, asseblief?

    Harder, sê Sanusha.

    Stilte, Juffrou, dis ’n hof dié. Ek sal nie tussenwerpsels van toeskouers duld nie.

    Toe knyp ek my lippe opmekaar, soos Joe altyd gemaak het wanneer hy nie wou jok nie, maar ook nie die waarheid wou praat nie.

    Nie jy nie, sê Tom, en nou herken ek sy stem.

    O, daar’s jy, Tom, sê ek.

    Ja, sê hy, sy oë soos staal. Hoe pleit jy, asseblief, Thea?

    Onskuldig, sê ek weer.

    Die prokureurs en aanklaers en polisiemanne en regter wip almal. Hierdie keer het hulle my gehoor, en ek lag.

    Sissies.

    Kort daarna, terwyl die polisiemanne my by die trap aflei, sien ek vir Clay.

    My mooi Clay se gesig lyk grys.

    Hy kyk na my en skud sy kop, maar sy oë is deurentyd op my, asof hy nie kan glo dat dit ek hier voor hom is nie. Ek waai. Blaas soentjies.

    Nou kan ek eindelik weer gaan slaap.

    Deel een

    Prekonsepsies

    Sanusha (5): Belangrike familiedinge

    Ek is 5 en ek weet 3 dinge van my mamma:

    1. Haar oë is nie dieselfde kleur nie.

    2. Dis vir haar moeilik om gelukkig te wees.

    3. Sy hou nie van Asmita Ayaa nie. (Mamma sê sy hou van haar, maar ek is nie dom nie.)

    Ek weet 3 dinge van Appa, my pappa:

    1. Hy is nie altyd by die universiteit wanneer hy sê hy is daar nie.

    2. Hy skeer 2 keer op ’n dag, want hy is superharig.

    3. Hy het tannievriendinne, en dis ons geheim.

    Ek weet 3 dinge van myself:

    1. Ek is nie mooi soos my mamma nie.

    2. Ek hou die meeste van syfers.

    3. Ek haat geheime.

    3 + 3 + 3 = 9 belangrike familiedinge.

    As jy 9 vat en jy maak 3 hopies, dan is daar 3 in elke hopie.

    ’n Veelhoek met 9 sye en 9 hoeke is ’n negehoek. Sien jy?

    polygon_1.tif

    Daar is 9 planete in die sonnestelsel: Mercurius, Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus, en Pluto, plus nog die son ook, wat eintlik ’n brandende bol gas is. Pluto is die verste van die son. Mercurius is die naaste.

    Katte het 9 lewens. (Ons kat, Marmite, het net 7 oor. Appa het eenkeer oor hom gery en ’n ander keer het hy in die swembad geval, toe sit sy kop onder die net vas.) Beethoven het 9 simfonieë geskryf, maar dit traak my nie. Ek haat klassieke musiek, maar ek is mal oor Abba, veral Money, Money, Money, want dis oor optelsomme.

    9 klink ’n bietjie soos nuut. Mamma het vir my gesê 9 is neuf in Frans, nueve en nuevo in Spaans en neun in Duits.

    Ek hou van 9.

    Dit vat 9 maande vir ’n baba om te groei. Dit beteken wanneer ek tot by 9 tel, is dit ’n nuwe begin. Ek sal van ’n nuwe begin hou.

    Mamma huil baie. Ons is nog altyd in hierdie godverlate tuinwoonstel met te min plek om ’n kat rond te swaai (maar Mamma sê ek moenie vir Marmite rondswaai nie).

    O, daar is nog iets wat ek van Mamma weet.

    3 + 1 = 4.

    Sy rook in die tuin onder die bloekomboom wat Appa wil uithaal omdat dit uit Australië kom. Appa hou nie van Australiërs nie. Ook nie van rook nie. Hy sê Mamma ruik soos ’n asbak. Sy hou Stimorols in haar handsak om haar asem lekker te laat ruik, maar dit brand my mond en wanneer ek dit kou, begin my maag grom. Appa sê sy beter die sigarette los, of sy sal sien. Ek weet nie wat sy sal sien nie, maar ek dink Mamma weet. Sy rook nog partymaal, maar sy probeer ophou. Dis nog ’n geheim.

    Mamma se longe raak swart binne-in haar lyf, maar sy sê om te rook help haar ontspan. Ontspan is goed, maar rook is nie goed nie.

    Ek dink ek moet haar voete vryf, maar sy sit nie lank genoeg stil nie. Mamma loop op en af in die huis en loer by die venster uit. Ek weet nie waarvoor sy wag nie. Partykeer kom Annie in die tuinpaadjie afgestap, dan blink Mamma se oë. Wanneer Annie weggaan, lyk Mamma se oë so dof soos my stowwerige skoene.

    Ek het nog ’n ouma, maar sy en Mamma is nie meer maats nie, daarom wil sy my nie ontmoet nie. Mamma sê ek mis niks, maar dit voel vir my asof sy jok. Daar is 5 goed wat ek dink ek mis:

    1. Die ander ouma se mooi huis, waaroor Mamma partykeer praat.

    2. Die ander ouma se kos. Wanneer Appa nie hier is nie, maak Mamma partykeer kos van resepte af. Ek hou van beesstert, dis vleis, maar Appa eet nooit vleis nie.

    3. Mamma se ou speelgoed. Sy sê toe sy klein was, het sy dit versigtig in ’n groot houtkis aan die voetenent van haar bed gebêre. Mamma sê daardie ouma het dit seker lankal uitgesmyt, maar ek dink nie so nie. Hoekom sal iemand goeie speelgoed weggooi?

    4. Ander foto’s van Mamma se broer, wie se naam Robbie was. Hy is dood toe sy nog klein was. Mamma het net een foto wat sy gevat het die aand toe sy by daai ouma weg is. (Appa sê Mamma is uitgeskop.) So Robbie lyk net op daardie een foto soos Robbie. Ek dink nie enigeen lyk altyd dieselfde nie, nie eens as hy dood is nie.

    5. Die boomhuis wat Mamma se pa vir haar broer Robbie gemaak het. Mamma sê Ouma het dit dalk al jare gelede stukkend gekap, maar ek het dit gesien. Eendag, toe Mamma gedink het ek slaap in die kar, het sy na ’n groot, tamaai, yslike huis toe gery en gestop en baie lank na die boom gekyk. Sy het vinnig weggery toe die hek begin oopswaai. Toe sy by die huis kom, het sy my vir Asmita Ayaa gegee, en in die bad gaan klim om te huil.

    Wanneer ek huil, en ek huil nie naastenby so baie soos toe ek nog 4 was nie, hou Mamma my styf vas. Sy sê sy maak my vol liefde van haar vel af na myne toe. Partykeer hou sy my te styf vas, dan kan ek nie lekker asemhaal nie, maar ek hou van hoe haar lyf voel, daarom draai ek net my gesig om ’n bietjie lug in te slurp. Appa het vir my die woord slurp geleer. Hy het ook vir my veelhoek en negehoek geleer. Gulsige kinders slurp hulle koeldrank. Slange slurp paddas heel in. Ek het dit op TV gesien. Ek hou van TV, maar my ouma Asmita Ayaa sê ek mag net 1 uur op ’n dag TV kyk. Dis haar TV, daarom moet ek na haar luister om ’n ster op my gehoorsaamheidskaart te kry.

    1 uur is 60 minute, en daar is 60 sekondes in 1 minuut, so 60 x 60 = 360 sekondes in 1 uur.

    So dis 360 sekondes se TV per dag. Dit klink langer as 1 uur.

    Dis hoekom syfers beter is as woorde, maar daar is ’n paar woorde waarvan ek rêrig hou:

    1. Glimlag

    2. Kangaroe

    3. Vliegtuig

    Dit voel soos warm sjokolade in my magie.

    *

    Mamma is deesdae ’n bietjie snaaks. Sy is die hele tyd hartseer. Sy word hartseer wakker. Selfs wanneer die son skyn, is sy nie gelukkig nie. Ek hou van sonskyn – dis beter as reën. Wanneer ek vir Mamma gaan kuier, maak ek die gordyne oop sodat die sonstrale kan inkom, sodat sy gelukkig kan voel, maar dit werk nie. Sonskyn werk altyd vir my. En sjokolade, en skuimbaddens, en om koekies te bak in Asmita Ayaa se kombuis, want Mamma se kombuisie is te klein.

    Ek het gehoor hoe Appa met Asmita Ayaa praat. Hy was baie kwaad vir Mamma – soos toe ek verf op sy rekenaar gemors het terwyl ek eintlik Mamma moes gehelp het om wasgoed op te hang. Hoekom is Appa kwaad dat Mamma hartseer is? Hoekom gee hy haar nie ’n drukkie en maak haar beter nie? Asmita Ayaa het my agter die deur sien staan en gesê Appa moet kalmeer. Hy het sy lippe opmekaar geknyp en my opgetel, maar hy het nie vir my liefde deur sy vel gestuur nie.

    Appa hou nie altyd daarvan om my drukkies te gee nie, maar hy hou daarvan om vir my juffrou by Hompie Kedompie drukkies te gee. Hy dink ek weet nie. Wanneer sy na hom kyk, word haar oë so stroopsoet soos in die tekenprente. Appa raak nie so stroopsoet nie. Hy het baie meisies wat van hom hou. Eenkeer het hy ’n paar meisies langs die pad gesien en toe stop hy om hallo te sê. Hulle tieties het uitgehang, en hulle het lang gladde bene gehad en baie hoë skoene. Hulle het by die venster ingeloer. Een van hulle het kougom gekou. Mamma sê kougom is nie vir klein kindertjies nie, want hulle kan verstik. Die meisies se tande het blink stukkies goud in gehad toe hulle glimlag. Ek het van hulle grimering gehou. Dit was mooi, nes in die flieks.

    Ek het ook hallo gesê.

    Een van die mooi meisies se gesig het verander.

    Watter soort poephol is jy? het sy gevra. Met kinders in die […] kar?

    Sy’t ’n lelike woord gesê, en ek is nie kinders nie. Daar is net een van my.

    Kalmeer, skattebol, ek het vergeet sy’s hier.

    Dit het my gevoelens seergemaak. Ek het die hele middag saam met hom rondgery en hom al my nuus vertel, van die plastiekbakkies wat ons moet hê om knope in te bêre, en van Melanie se nuwe pop met hare wat rêrig groei. Toe sê hy hy het van my vergeet. Ek het hom ook nog vertel dat hond met ’n h begin en rym met rond. Ek weet alles van rym, weet jy? 1 = alleen.

    Wel, ek het ook kinders en ek bring hulle nie hiernatoe nie, Meneer. Gaan huis toe, na jou vrou toe.

    Appa het vinnig weggetrek en toe omgekyk na my.

    Jou ma kan jou nie eens by die skool gaan haal nie, het hy gesê. Weet sy nie hoe besig ek is nie? Moet nou nie jou ma hiervan vertel nie. Dis ons twee se geheim, oukei?

    Jare gelede, toe ek nog 3 was, het ek in Mamma en Appa se kamer in die tuinwoonstel geslaap. Toe hoor ek Mamma eenkeer sê: Nee, nee, nee. Hulle het gestoei. Appa was bo-op Mamma en toe stamp sy hom af en toe kap sy kop teen die muur en toe sê hy ’n baie lelike woord en hy klap vir Mamma deur haar gesig. Sy het baie saggies gehuil, maar toe klim ek uit my bedjie en gee haar ’n drukkie en sê vir haar ek is wakker.

    Ek is lief vir jou, Mamma, het ek gesê. Weet jy hoe lief is ek vir jou?

    Mamma het haar trane afgevee en vir my geglimlag, maar dit het nie soos ’n regte glimlag gelyk nie, want daar was bloed aan haar lip. Toe sê sy: Ek is lief vir jou ook, my poppie.

    Appa het niks gesê nie. Hy het teruggelê op die bed en die lig afgesit. Toe snork hy nes ’n otjietot. Ek en Mamma het buitentoe gegaan en na die maan gekyk. Sy het ’n sigaret gerook, maar ek het niks vir Appa gesê nie. Toe ons weer binnetoe gaan, het hy hard gesnork. Ek hou nie daarvan nie, want dit klink soos ’n trein.

    Ek het daardie nag nooit weer aan die slaap geraak nie. Sowaar. Kinders kan dit doen, weet jy? Ek het die volgende oggend opgestaan en ek was nie eens ’n klein bietjie vaak nie. Ek weet nie hoekom ek altyd so vroeg moet gaan slaap nie.

    Ek mag nie meer in die tuinwoonstel slaap nie. Asmita Ayaa het vir my ’n pienk kamer in die huis reggemaak. Mamma en Appa sê ek het my eie ruimte nodig.

    Hier is die goed wat in my kamer is:

    1. Boekrak met 5 rakke

    2. Bed

    3. Kas

    4. Feetjieliggie

    5. Bedkassie

    6. Speelgoedkis

    7. Kunstafel

    8. Swartbord met foto’s daarop geplak

    9. Kinderstoeltjie (pers)

    10. 13 sterre op die plafon

    Ek hou van my kamer, maar Mamma kan nie verstaan hoekom ons nie ons eie woonstelletjie iewers kan kry waar ons almal saam in dieselfde huis kan wees nie. Maar sy bedoel eintlik nie Asmita Ayaa en my oupa Kandasamy Ajah nie. Net ons 3.

    1=Mamma

    2=Appa

    3=ek

    Appa word kwaad wanneer sy daarvan praat, want hoekom moet ons geld mors as ons ’n lekker plek het om in te woon waar ons almal gerieflik is? Geld groei nie op sy rug nie en hoekom bring sy nie ook ’n bietjie kontant in en hou op in die bed lê en jammer voel vir haarself nie? En dan sê Mamma sy is 24 en al 5 jaar getroud en ons kan nie vir altyd aan Appa se ouers vas wees nie. Dan sê Appa sy het geweet hoe hy is toe sy met hom getrou het, en ná 5 jaar kan sy nog nie eens ’n behoorlike kerrie maak nie.

    Ek hou van Mamma se kerrie.

    Party dae is baie sleg. Elke oggend wanneer ek wakker word, hardloop ek eers woonstel toe om môre te sê, maar partykeer maak Mamma nie eens haar oë oop nie. Ek weet sy is nie dood nie, want ek kan sien sy haal met haar longe asem. Haar longe is diep in haar lyf waar dit van die slegte lug ontslae raak en mooi vars suurstof aan haar bloed gee.

    Appa is gewoonlik al weg wanneer ek wakker word, maar partykeer eet hy ontbyt saam met my en my oupa en ouma. Saterdae en Sondae en vakansietye, wanneer ek nie Hompie Kedompie toe gaan nie, hou ek daarvan om by Mamma in te kruip. Sy skuif op sonder om wakker te word, maar ek hoor haar sug. Om op te skuif om vir my plek te maak is goed. Ek kan vir Mamma net soveel drukkies gee soos ek wil, al druk sy my nie terug nie.

    Thea: ’n Ma se gevoel

    In die tronk het ek baie tyd om te dink, en ek het nie altyd beheer oor waarheen my gedagtes dwaal nie. ’n Groot deel van die tyd dink ek teen wil en dank aan Clay: hoe lief ek hom gehad het, die foute wat ek gemaak het.

    So baie foute! My dogters. My seuntjie, Joe.

    Maar my gedagtes is nie altyd helder nie. Ek dink deur gaas, deur filters. Om minuut na minuut, sekonde na sekonde toegesluit te wees (want dit is hoe stadig die tyd verbygaan) het my laat besef dat ek al my hele lewe in ’n newel slyt. Party dae is daar ’n dik swart gordyn voor my, en net wanneer ek dit regkry om dit oop te trek sodat ’n klein bietjie lig inkom, val die gordyn weer toe en is ek weer in die donker.

    Die meeste mense wil weet wanneer alles begin het, en soms wonder ek ook. Miskien het dit begin die dag toe ek verwek is. Ek was nie ’n beplande baba, of eens ’n welkome een nie. My biologiese ma was van Glencairn, naby Vishoek. Moeder sê ek het my hoë wangbene by haar gekry, en my borste. Die beauty spot aan die regterkant van my gesig net bokant my bolip, die een waarmee Moeder altyd gesê het ek eendag ’n man gaan verlei, en my oë – een ligbruin, een blougrys – is blykbaar net myne alleen.

    Maar hoe sou Moeder nou eintlik weet – sy het net een keer my biologiese ma gesien.

    My ouers het my aangeneem toe ek ses weke oud was. Ek sweer ek kan nog die tyd in die baarmoeder onthou. ’n Vyandige plek, kolkend van bitterheid en vrees. My ma was sestien en wou my nie hê nie. ’n Terapeut het eenkeer vir my gesê selfs as ’n fetus moet ek al die intensiteit van haar verwerping aangevoel het. My lewe lank soek ek ander se goedkeuring, en ná wat ek gedoen het, sal ek dit nou nooit kry nie.

    My pa het my eendag vertel my biologiese ma het my Sofia genoem. Maar my aanneemouers se huishulp was Sophie, dus moes my naam verander word – en sommer gou ook. Ek is nie seker of ek ooit heeltemal in Thea sal ingroei nie. Sofia klink so sag en soepel, met ’n sweem van hoogmoedigheid en minagting. Ek wens ek was Sofia. Ek is nie Thea nie, ook nie Sofia nie, maar iets vaags en onmoontliks tussenin.

    Ek het ’n broer gehad. Robbie. Hy was drie jaar ouer as ek. Hy was my ouers se eie vlees en bloed – met my ma se blou oë, my pa se blonde hare en my oupa aan vaderskant se maniertjies. Ek onthou hoe sy tong altyd by sy mondhoek uitgesteek het wanneer hy by die kombuistafel sit en prentjies uitknip het. Nes Oupa. Robbie was goed vir my. Hy het my beskerm. Eenkeer het hy my onder die trap weggesteek terwyl ons gewag het vir Moeder om te kalmeer nadat ek nat toiletpapier teen die plafon gegooi het – groot klonte toiletpapier wat aan die plafon vasgeklou het. Toe Moeder haar asem terugkry, het Robbie vir haar vertel hy het dit as ’n eksperiment gedoen. En in Moeder se oë kon Robbie niks verkeerds doen nie.

    Wanneer ons wou ontsnap, het ons die boomhuis in die boekenhoutboom aan die onderpunt van die tuin opgesoek. Pa het dit vir Robbie gebou – elke seun moet ’n boomhuis hê – maar dit was eerder mý spesiale plek as Robbie s’n, veral nadat hy siek geword het. Ek het nie geweet hoe om op te tree nie, daarom het ek my meestal onsigbaar probeer maak. Sodat my ouers kon vergeet dat die verkeerde kind aan die doodgaan was.

    Volmaakte, goedhartige, pragtige Robbie, wat in die badkamer opgooi en wie se hare in klosse oral in die huis uitval totdat hy so bles is soos ’n babaeekhoring.

    Ons huis was soos een van daardie ou myndorpe nadat al die goud opgeraak het. Ek het geleer om vir myself kos te maak: Bovril- of grondboontjiebotter-en-konfyttoebroodjies en yslike koppies rooibostee met melk en lepelsvol suiker. Wanneer my ouers vas geslaap het, sou ek in die gang afsluip en met ’n versigtige handjie aan my ouboet se duvet pluk.

    Thea? Ek kon hoor hy glimlag in die donker.

    Ja.

    Nagmerries?

    Ja.

    Hy sou wegrol om vir my plek te maak en ek sou by hom in die bed glip asof, as ek hom styf genoeg vashou, ek sou kon keer dat hy van my af weggaan.

    Wanneer my ma ons so saam opgekrul onder Robbie se duvet aantref, het sy niks daarvan gehou nie. Glad niks.

    Uit hier! Robbie het sy slaap nodig, Thea. Hoeveel keer moet ek jou nog sê? het sy geskree.

    Ontspan, Veronica, jy oorreageer, sou my pa walgooi.

    Dis onvanpas, Stuart. Jy weet dit tog.

    Moenie belaglik wees nie. Hulle is kínders. Hy’s haar bróér.

    Dit was eers baie, baie later dat ek besef het waarvoor sy bang was.

    *

    My ma het ’n gevoel gehad vir wat fatsoenlik was en wat nie. Dit was fatsoenlik om ’n romp kerk toe te dra. Dit was fatsoenlik om ’n eenstukbaaikostuum te dra, nie ’n bikini nie. Meisies het nie voor hulle sestien was saam met seuns disko toe gegaan nie. Om iemand se hand in die openbaar vas te hou, selfs wanneer twee mense getroud was, was verregaande vertonerigheid. Tatoeëermerke was onuitspreeklik vulgêr. ’n Romp sonder broekiekouse? Nooit! En om te huil? Wel, dit was doodeenvoudig nie iets wat jy gedoen het nie – tensy dit agter ’n toe deur en in volslae stilte geskied het.

    Namate Robbie weggekwyn het, het sy al hoe harder op haar lip gebyt, en ek het haar fatsoenlikheid met elke greintjie van my liggaam gehaat.

    Maar Robbie was ’n vegter, en doodgaan het nie vanself gekom nie. Ek onthou hoe hy in die hospitaal in sy blou pajamas met die personeel gesit en grappies maak het.

    Knock, knock, sou hy vir ’n verpleegster sê.

    Who’s there? sou sy vra.

    Isabel.

    Isabel who?

    Isabel out of order? I had to knock.

    Vir my was hy skreesnaaks.

    Pa wou my nie daaraan blootstel nie – die opgooiery, die medikasie, die drupsakke en die piep-piep van die hartklopmonitors. Moeder het gereken dit sou goed wees as ek verstaan waardeur Robbie moes gaan. Ek sou dus langs sy bed sit en dinosourusse teken, wat hy met Prestik op die mure rondom sy bed vasgeplak het.

    Toe Robbie op sy siekste was, het Moeder eendag vergeet om my by die skool te kom haal.

    Ek was toe in sub B en ek het by die hek op my boeksak gesit, gekyk hoe die son sak en gewonder wat Robbie sou gedoen het as hy ek was. Hy sou seker huis toe geloop het, het ek gedink. Hy sou ’n plan gemaak het om by die huis te kom.

    Ek het die bakens geken, maar dit het baie hard gereën.

    Ek het ’n afdraai gemis en verdwaal. ’n Man sonder voortande met ’n Pick ’n Pay-trollie, hoog gelaai met sy besittings, het my gekry waar ek huilend langs ’n reusevullishouer, tot oorlopens toe vol stukkende glasbottels, staan. Hy het na bier en sweet geruik en ek was bang vir hom, maar hy het my versigtig op sy trollie getel en my na die naaste polisiekantoor geneem.

    Wie is jy en waar kom jy vandaan?

    Ek het nie toe al geweet dis ’n vraag wat my die res van my lewe sou agtervolg nie.

    My ma het om verskoning gevra, met afgryse vervul oor haar vergeetagtigheid. Sy het vir my my eie aardbol gekoop om my beter te laat voel, en vir my al die lande gewys

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1