Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Raaisel van die Gesiglose Bruid
Die Raaisel van die Gesiglose Bruid
Die Raaisel van die Gesiglose Bruid
Ebook32 pages21 minutes

Die Raaisel van die Gesiglose Bruid

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die bruid het geen verlepte rose vasgehou nie, maar haar trourok was geskeur en verbrand. Haar kaal bene yskoud, wiegend en onvas. Die sluier het laag oor haar gesig gehang. Ek het my pistool by my gehad, maar ek kon nie skiet nie. As dit 'n spook was sou die koeël sekerlik dwarsdeur gegaan het, maar as dit ‘n mens was, dan sou ek ‘n dooie vrou skiet. Haar hande, die naels lank en gebreek, het die sluier opgelig gehou. Haar gesig! Selfs in die donkerte kon ek sien hoe vermink dit was. Die oë is uit hulle kaste geruk, die neus ingedruk; al wat oorgebly het was die mond. Dun, sagte lippe wat oop was om bruin afgebreekte tande te wys.

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateFeb 6, 2019
ISBN9781547568413
Die Raaisel van die Gesiglose Bruid

Related to Die Raaisel van die Gesiglose Bruid

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Die Raaisel van die Gesiglose Bruid

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Raaisel van die Gesiglose Bruid - Pennie Mae Cartawick

    Inhoud

    Kopiereg

    Die Raaisel van die Gesiglose Bruid

    Oor die skrywer

    Boeke deur Pennie Mae Cartawick

    SHERLOCK HOLMES

    Die Raaisel van die Gesiglose Bruid

    Deur

    Pennie Mae Cartawick

    00002.jpg

    Kopiereg

    Kopiereg Februarie 2014, alle regte word voorbehou. Eerste eBoek uitgawe

    Die storie inhoud van die boek is gebaseer op fiksie, name, karakters, plekke en insidente is of die produk van die verbeelding van die skrywer of word gebruik as fiksie. Enige ooreenkoms met regte mense, lewend of dood, gebeurtenisse, of plaaslik is heeltemal toevalig.

    00001.jpg

    Die Raaisel van die Gesiglose Bruid

    00003.jpg

    Dit was ‘n redelike kalm aand toe ek en Holmes die haastige voetval op mev Hudson se trappe hoor. Ons het so pas terug gekom van ons aand uit by die teater, Holmes het die hele tyd daaraan spandeer om elke gat en wending in die komplot aan te kondig vir 'n gehoor wat stadig maar seker besig was om hulle geduld daarmee te verloor, en ons het vinnig verkas voordat Holmes die moordenaar se naam kon sê en die feit dat hulle 'n obsessie met katte gehad het.

    Holmes het in sy leunstoel gesit, nog steeds geklee in sy aanddrag besig om te rook, en ek het my nagklere aangetrek in die kamer langsaan toe naderende voetstappe opklink en 'n geweldige gehammer teen die deur gehoor word. Ek het half verwag dat die helfte van die deur oop gebreek sou word en 'n vreeslike groot man binne- in sou val! Ek het terug in die sitkamer gehardloop, terwyl ek my kamerjas aantrek, en

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1