Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Openbaring: Vertaling Met Hedendaagse Profetiese Vervullings
Openbaring: Vertaling Met Hedendaagse Profetiese Vervullings
Openbaring: Vertaling Met Hedendaagse Profetiese Vervullings
Ebook586 pages12 hours

Openbaring: Vertaling Met Hedendaagse Profetiese Vervullings

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Geen een siening van die Bybelse boek
van Openbaring sal honderd persent
korrek kan wees nie, bloot omdat mense
en dus profete feilbaar is, maar die
boekie ‘Revelation’ is een van die bestes
beskikbaar. Dr. Beirnes, ‘n teoloog wat ‘n
voortdurende studie van die eskatologie
gemaak het, het die boek sistematies
en stapsgewys uiteengesit om die
kronologiese volgorde van Openbaring
maklik leesbaar en verstaanbaar te maak.
Die bywerkings is moderne wêreldnuus
soos wat dit in dagblaaie, geskrifte en op
die internet verskyn het oor ‘n tydperk
van veertig jaar en dan spesifi ek die
laaste 3 tot 4 jaar. Dis opgeneem in die
boek tot en met Oktober 2011, soos dit
ontvou het vlg. die profetiese geskrifte
van hoofsaaklik Daniël, Sagaria en die
apostel Johannes van tussen 3500 en
2000 jaar gelede.
‘Openbaring’ is ‘n eenvoudige manier
om die fi siese gevolge van geestelike
besluite in ons wêreld en die toekomstige
raak te sien. Die leser sal, bewapen met
hierdie kennis, ‘n idee hê van wat in die
nabye toekoms wag en paraat kan wees
daarvoor en ook vir die ewigheid.
LanguageAfrikaans
PublisherXlibris UK
Release dateFeb 9, 2012
ISBN9781469134420
Openbaring: Vertaling Met Hedendaagse Profetiese Vervullings
Author

Connie Odendaal

Connie Odendaal behaal haar BA-graad in Tale en Sosiale Wetenskappe asook ‘n onderwysdiploma aan die Universiteit van Stellenbosch. Bybelkunde was een van haar hoofvakke en het Bybelse Geografi e, Argeologie, Antieke Kulture sowel as Bybelkennis ingesluit. Sy het verder gegaan om die Eskatologie te bestudeer en is die afgelope veertig jaar daarmee besig. Mev.Odendaal se belangstellingsveld sluit die hele spektrum van formele en informele onderrig in, vanaf klasgee tot by die opstel van curriculums. Sy is steeds betrokke by volwasse opleiding en is aktief in musiek en musiekonderrig. Vir haar is die essensie van die huidige eindtyd om die gawe van weergeboorte wat God gee, prakties aan te neem deur geloof; daagliks vir Hom ‘n welriekende lofoffer in aanbidding te bring en op Hom te wag en ‘n navolger van God te wees in heiligmaking, waarsonder niemand die Here sal sien nie.

Related to Openbaring

Related ebooks

Related articles

Reviews for Openbaring

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Openbaring - Connie Odendaal

    Copyright © 2012 by Connie Odendaal.

    Library of Congress Control Number:       2011962250

    ISBN:         Hardcover                               978-1-4691-3441-3

                       Softcover                                 978-1-4691-3440-6

                       Ebook                                      978-1-4691-3442-0

    All rights reserved. No part of this book may be reproduced or transmitted in any form or by any means, electronic or mechanical, including photocopying, recording, or by any information storage and retrieval system, without permission in writing from the copyright owner.

    This is a work of non-fiction and a Christian analysis of the book of Revelation, as found in the Holy Bible. The book of Revelation is a prophetic book, written by the apostle John on the isle of Pathmos, Greece, just over 2000 years ago.

    To order additional copies of this book, contact:

    Xlibris Corporation

    0-800-644-6988

    www.xlibrispublishing.co.uk

    Orders@xlibrispublishing.co.uk

    303106

    INHOUD

    Voorwoord

    Inleiding

    Die Boek Van Openbaring

    Christus Se Boodskap Aan Die Sewe Gemeentes (Éfese, Smirna, Pergamus En Thiatire)

    Christus Se Boodskap Aan Die Sewe Gemeentes (Sardis, Filadelfia En Laodicea)

    Dinge Wat Spoedig Moet Gebeur

    Die Verseëlde Boek

    Die Oopmaak Van Die Seëls

    Die Gereddes Uit Die Verdrukkingstydperk

    Oordele Oor Die Aarde

    Die Weë Op Die Aarde

    Die Sterk Engel En Die Klein Boekie

    Die Twee Getuies

    Die Vrou Met Die Son Bekleed

    Die Dier Uit Die See

    Die Lam Op Die Berg Sion

    Die Laaste Sewe Plae

    Die Laaste Sewe Plae (Verv.)

    Die Groot Babilon

    Die Groot Hoer Wat Op Die Baie Waters Sit

    Die Bruilofsmaal Van Die Lam

    Die Bruilofsmaal Van Die Lam (Verv.)

    Die Koms Van Christus Met Krag En Groot Heerlikheid

    Die Slag Van Armageddon

    Die Oordeel Van Die Nasies

    Die Duisendjarige Vrederyk Van Christus

    Die Oorlog Van Gog En Magog

    Nuwe Hemele En ‘N Nuwe Aarde

    Die Heilige Stad

    Die Heilige Stad (Verv.)

    Sondaarsgebed

    Ek wy hierdie vertaling met bywerkings in liefde en ootmoed

    toe aan my dierbare Verlosser en hemelse Bruidegom,

    ons Here Jesus Christus.

    VOORWOORD

    Eer, lof en dank aan ons grote God en hemelse Vader, wat met liefde en teerheid die toekoms vir ons duidelik maak in Sy ewige Woord en profetiese skrywers soos dr. William Beirnes e.a. deur Sy Gees opwek om vir ons die waarhede daarvan duidelik te maak. Eerbiedige dank vir die persoonlike seën wat Hy uitspreek oor elkeen wat die boek van Openbaring lees, die inhoud hoor en bewaar.

    Baie dankie aan dr. Jerry Beirnes, kleinseun van die skrywer, wat met dieselfde liefde as sy grootvader die boodskap van die eindtyd met die mensdom deel. Die boekie ‘Revelation’ deur dr. Wm F. Beirnes (1898-1987) was oorspronklik lesings wat hy in 1956 in boekvorm uitgegee het. Groot, opregte dank aan my susters en vriendinne in Jesus Christus Danita Löttering en Erna Visser, wat die vertaling geproeflees het en Marie Opperman wie se foto op die voorblad pryk. Diepe waardering vir my moeder, nou by Jesus, wat die ‘nuwe boekie’ oor Openbaring met ons as tieners gedeel en die grondslag gelê het vir hierdie boek. ‘n Groot Dankie aan my man en seun wat met opoffering, geduld en objektiewe insig bygedra en verdra het terwyl ek met dié projek besig was. ‘n Besondere groot dankie aan my dogter Karien en haar man Theunis wie se liefde, onuitputlike geloof en bystand gehelp het om hierdie werk die lig te laat sien.

    Daar is vele Engelse geskrifte en beeldmateriaal oor die eindtyd. Dr. Beirnes se uiteensetting weerspieël grotendeels dié van die vroeë Protestantse kerk soos gesien in die Skrif, latere predikers soos John Knox, Charles Spurgeon, John en Charles Wesley, e.a., asook vakkundiges soos Sir Isaac Newton, Clarence Larkin, Layard, dr. Moody van die Moody Instituut, VSA e.a. Dit stem ook merendeels ooreen met die ‘moderne’ sienings van drr. Grant Jeffrey, Joel Rosenberg, Perry Stone, Michael Yousseff, die Rasts van Contender Minisries.com, John Hagee; Dave Wilkerson, Jaap Dieleman, e.a. Hierdie wye kennis en breë grondslag is nie geredelik beskikbaar in Afrikaans nie en dié tekort was ‘n groot beweegrede vir hierdie vertaling.

    Dr. Beirnes skryf met deernis vir sy medemens en ‘n raak insig in wêreldgebeure soos wat dit die profetiese Woord van God bevestig. Dit maak sy boek onmisbare eskatologiese leesmateriaal. Hy was inderdaad ‘n profeet, soos blyk uit die bevestigings van die meeste van sy ontledings en vooruitskouings vanuit ontvouende wêreldgebeure. Hy skryf met ‘n breë Bybelse perspektief, wat feitlik alle eskatologiese gedeeltes van die Ou en Nuwe Testament insluit, asook met wye geskiedkundige, taalkundige, kulturele en geologiese kennis rondom die Woord van God.

    Bywerkings is essensieel die hedendaagse vervullings van die profesieë en dr. Beirnes se uiteensetting. Dit is in kursiewe druk tussen hakies om dit maklik van die oorspronklike manuskrip te onderskei. ‘n Toenemende hoeveelheid ooreenstemmende visioene van die hemel en hel (www.spiritlessons.com), wat getoets kan word aan die Skrif, werp al hoe meer lig op Openbaring namate die einde van ons era naderkom. Dit dui op ‘n dinamiese eindtydse Bruidsgemeenskap, vermeerderde kennis (Dan.12:4) en God wat toenemend onbekende dinge bekend maak (Jer.33:3). Waarander verskil van dr. Beirnes gee ek dit na my beste wete aan in die bywerkings.

    Mag ons Here Jesus Christus elke leser seën en mag die boekie help dat elke leser hom – of haarself gereedmaak om Jesus tegemoet te gaan in die lug.

    Connie Odendaal

    Vertaler-skrywer

    INLEIDING

    Drr. Joe van Koevering en Dan Perkins het onlangs op ‘n Christelike satellietuitsending gepraat oor die sewe kategorieë waarin die tekens van die tye ingedeel kan word vlg. ‘n profetiese konferensie gehou in die VSA. Soos wat u Openbaring sien bewaarheid word in daaglikse gebeure m.b.v. dr. Beirnes se uiteensetting, sal dié indeling handig te pas kom:

    1. ISRAEL (Dan.12:1, Mat.24:32-35) Om vas te stel waar die profetiese horlosie staan, kyk ons na Israel. Ons is die geslag wat nie sal verbygaan voordat alles gebeur het nie, omdat ons leef in die tyd van Israel se herstel uit die verstrooiing onder die nasies tot ‘n volk in die land wat God hulle gegee het, wat in 1948 hervestig is. Feitlik alle gebeure in en om Israel is van toepassing op die vervulling van die eindtyd. So sal die Antichris ‘n sewejarige verbond met Israel sluit (wat hy na drie en ‘n half jaar sal verbreek – Dan.11:23, Mat.24:15 en Openb.13:6, 14-15). Met die sluiting van die verbond sal hy tempelaanbidding en –offers weer instel, vir die eerste keer na ongeveer 2000 jaar (net om dit weer te verbied en so die verbond te verbreek). Ook vir die eerste keer na 2000 jaar het Israel huidiglik weer die volgende en meer:

    (a) die korrekte perseel, boumateriaal, instrumente en priestersklere vir die derde tempel.

    Selfs vir Nebukadnesar was die tempelinstrumente uiters waardevol (Dake se Geannoteerde Bybel p372, Jerusalem Post van 2010 en die webblaaie Contender Ministries, Aloha Bible Prophecies en Prophecy Update);

    (b) rooi verskalwers vir die offer vlg. Num.19:2-17, voorheen beskou as uitgesterf (Contender Ministries);

    (c) ink vir die kleurstof van die priesters se klere, verkry van ‘n spesiale seemossel wat ook voorheen as uitgesterf beskou was;

    (d) die Hebreeuse taal, baie dieselfde as Aramees en Chaldees, die enigste argaïese taal om te herleef.

    Prof. Johan Malan, afgetrede teoloog van die Universiteit van die Noorde, het in ‘Die Basuin’ die volgende uiteensetting gegee: ‘n Bybelse geslag is 70 jaar. Die geslag wat Israel se herstel in 1948 en daarna sien, is die geslag wat die einde van die wêreld ook sal sien, omdat dit nie sal verbygaan totdat al die dinge van die eindtyd gebeur het nie (Mat.24:33-34).

    1948 + 70 = 2018

    Die sewejarige verdrukking is die laaste sewe jaar van ons era, d.w.s. die wegraping moet ongeveer sewe jaar voor 2018 plaasvind (Luk.21:36, 1 Thess.5:9).

    2018-7 = 2011

    Alhoewel ons die dag en die uur nie weet nie, kan ons die tekens van die tye uit die Woord interpreteer en sien hoe laat dit is vlg. die profetiese horlosie. Jesus kan uit lankmoedigheid talm om te kom, maar Sy talming sal bv. nie ‘n verdere geslag van 70 jaar insluit nie.

    2. DIE NATUUR Toenemende konvulsies soos genoem onder Konvulsies in die Natuur

    3. TOENAME IN KENNIS (Dan.12:4) Die tegnologiese vermoë om die wêreld te bereik en beheer, is in plek. D.m.v. informasie – en disinformasietegnologie en elektroniese data kan die individu op ‘n afstand beheer word, bv. persoonlike rekenaardata is wêreldwyd beskikbaar, d.m.v. selfone kan mense gevolg en opgespoor word, ens. Ingeplante mikroskyfies wat spoedig die kaartstelsel sal vervang, sal dit onmoontlik maak vir ‘n individu om weg te breek uit die beheerstelsel; dit sal dit ook onmoontik maak vir ‘n mens om die koninkryk van God in te gaan (Joh.3:16, Openb.14:9-11). Aangesien ‘n mens besluit en kies om Jesus te volg, sal ingeplante mikroskyfies waarskynlik wilsbesluite kan beïnvloed, sonder dat die individu noodwendig bewus sal wees daarvan. Die skyfies, aangebring op die voorhoof of die hand, is ook die Satan se na-aping van die Naam van God, wat op Sy kinders se voorhoofde kom (Openb.22:4).

    4. GEESTELIKE VERWIKKELINGE Hierdie ontwikkeling is tweërlei:

    (a) Negatief – toenemende demoniese aktiwiteit in die stryd om die gedagtes van die mens te beset, bv. rekenaarspeletjies, rolprente en TV-uitsendings met demoniese inhoud; mense se toenemende belangstelling in en deelname aan bonatuurlike geestelike dinge wat nie van God is nie, ondersteun deur die media en humanistiese wetgewing wat dit toelaatbaar maak.

    (b) Positief – die toenemend waarneembare banier wat God oprig vir Sy kinders teen die Satan, wat inkom soos ‘n vloed; Sy sigbare voorbereiding van die Bruid van Christus; die toename in die aantal Jode wat Jesus as die Messias aanneem; die toename in vervullings van eindtydse profesieë, nou ook dié van die begin van die verdrukking, soos ons later sal sien; en die toename in drome en gesigte onder die kinders van God, vlg. Joël 2:28.

    5. SOSIALE EN MAATSKAPLIKE VERWIKKELINGE Die sosiale struktuur waarvolgens die Antichris se wêreld bestuur sal word, het ons daaglikse wêreldnuus geword. Dit is tweeduisend en drieduisend vyfhonderd jaar gelede, deur Johannes en Daniël onderskeidelik, as volg opgeteken: liefhebbers van self, wetteloosheid, inmenging met natuurwette, die opbloei van bedrog en die okkult, ens. (Openb.9:20-21; Dan.7:23-25, 8:23-25, KJW). Daarby kom die Sosiaal-Demokratiese verklarings van vrede en menslikheid en hul wette van verdraagsaamheid teenoor feitlik elke sonde. God waarsku daarteen, omdat dit mense, gesinne en volke vernietig.

    6. POLITIESE VERWIKKELINGE Die Antichris sal ‘n wêreldheerser wees met ‘n internasionaal – eenvormige politieke stelsel en bestuur. Dié stelsel, ‘demokratiese’ sosialisme, is feitlik wêreldwyd in plek, bewerk deur die Nuwe Wêreldorde (NWO). (‘n Nuwe wêreldorde het met Gam se nageslag in Babilon begin en is daarna telkens voortgesit onder dieselfde naam, bv. deur Antiochus II, Alexander die Grote, Hitler, ens.). Die huidige NWO bestaan uit merendeels geheime organisasies soos die Illuminati, Jesuïtiese Orde, Bilderbergers, Council for Foreign Relations (waarvan Cecil John Rhodes ‘n stigterslid was), Trilateral Commission, Opus Dei, Vrymesselary, Klub van Rome, ens.

    7. VERSNELLERS: Daniël skryf in ongeveer 1836 v.C. (Dan.12:1) wat Jesus later bevestig aan Sy dissipels (Mat.24:21): ‘. . . daar sal groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou nie gewees het en ook nooit sal wees nie.’ Op allerhande gebiede neem die tempo vir die bespoediging van die verdrukking toe: kennisuitbreiding en die misbruik daarvan, verswakking in lewens – en morele standaarde, bevolkingsgroei en volksmoorde, die ‘geboortepyne’ van Israel, kreunings van die skepping, ens. Hierdie versnellers verhaas die eindtyd en die tweede koms van Jesus Christus na die aarde, wanneer Hy die Antichris sal vernietig en Sy koninkryk op aarde sal vestig (Sag.14:4, Openb.19).

    OPENBARING

    deur dr. William F. Beirnes (1890-1987)

    in Afrikaans vertaal en met bywerkings van hedendaagse vervullings deur Connie Odendaal

    Kyk dan na bo en hef julle hoofde op

    DIE BOEK VAN OPENBARING

    Openb.1:1-8

    Die Boek van die Openbaring word genoem die Apokalips, d.i. die openbaarmaking of ontsluiering, van Jesus Christus.

    Eerstens openbaar dit Hom soos Hy Homself in Sy hemelse heerlikheid en krag aan die gemeentes van hierdie dispensasie betoon: met aanprysing, vermaning, waarskuwing, smeking en vertroosting. Tweedens soos Hy na vore tree uit Sy huidige onsigbare staat om Sy wagtende Bruid weg te raap en daarna die goddelose nasies te oordeel. Derdens soos Hy terugkeer na die aarde om die regerings van hierdie wêreld oor te neem en Sy heerlike, sigbare Koninkryk tot stand te bring onder die mense. Dit is nie die openbaring van die Antichris of die eindtyd nie, maar van Jesus Christus as hemelse Heerser en Regter, die een voor wie Johannes neergeval het soos ‘n dooie, alhoewel hy Hom op aarde intiem geken het. Die gebeure van die eindtyd, met al die rolspelers daarin, ontvou as God se strafgerig oor diegene wat sy Seun verwerp het, oorgegee in die hande van daardie Seun, Jesus Christus. Dit is die dag van die Here waarteen God waarsku regdeur Sy Woord.

    Die Boek van die Openbaring is ‘n ope boek. Die boek van Daniël moes verseël en toegehou word tot die eindtyd. Daarteenoor was die Apokalips bedoel om oopgehou te word, sodat elkeen kan insae hê in en verstaan hoe God met Sy mense deel onder elke denkbare toetsing eie aan elke besonderse kerk-era, soos beskryf in die tweede en derde hoofstukke. Ook dat elkeen daarin die uiteindelike triomf van die oorwinnaars kan sien, die oordeel van die afvalliges en God se wraak, soos geneem deur Jesus, op die goddelose nasies, heersers en onderdane, hulle wat tot die einde toe volhard in opstand teen Sy soewereiniteit.

    Die skrywer van die Openbaring was Johannes, die apostel vir wie Jesus liefgehad het – die apostel wat op Sy bors geleun het tydens die Laaste Maal, vreesloos saam met Hom deur die tuinondervinding en die hofsaak gegaan en by Hom gestaan het by die kruis. Die boek is deur die vaders van die vroeë kerk as ten volle geïnspireerd aanvaar. Dit is deur ‘n openbaring aan Johannes gegee en het sy oorsprong in ‘God se verbondsgawe aan Jesus Christus as die beloning van oorwinning en die heerlikheid van Sy vernedering en gehoorsaamheid tot die dood toe.’ (Seiss) Ons liefdevolle Heiland en Here Jesus Christus het dit met ‘n engeleboodskapper gestuur, een wat ons moet aanvaar uit die getuienis van ander sulke boodskappers, as synde een van die opgewekte en verheerlikte Ou Testamentiese heiliges (Openb. 22:8-9). Die engel moes dit aan Johannes toon en daardie geliefde dissipel het dit gestuur aan die sewe Gemeentes in Asië. Daarmee saam kom die goddelike belofte van ‘n spesiale seën op elkeen wat die dinge wat in die boek beskryf is, sal lees, hoor en onderhou.

    Die boek van die Openbaring bevat profesieë wat ‘spoedig moet gebeur.’ Hierdie stelling bring ons tot die onvermydelike slotsom dat die inhoud van die boek in die proses van vervulling was sedert die inleiding tot hierdie dispensasie met Pinkster. (Met Pinkster het die dissipels, aangedoen met krag uit die hoogte deur die uitstorting van die Heilige Gees [Luk.24:49, Hand.1:8], getuig van Jesus, die Fondament en Hoeksteen van die kerk of liggaam van Christus. [Jes.28:16, 1 Pet.2:5-6] Petrus het die eerste evangelieboodskap deur ‘n dissipel gebring en drieduisend siele vir die koninkryk van God gewen. So is en word die kerk steeds uitgebou, nadat Jesus die fondament gelê het. Die dissipels se prediking het gepaard gegaan met wonders en tekens, soos Jesus hulle belowe het. [Hand.2:41-43, Joh.14:12] Omdat ons vandag in die louwarm Laodicensiese kerk-era leef, het die vrug, krag en gawes van die Heilige Gees [1 Kor.12-14] in die kerk afgeneem. Met die oog op die eindtyd behoort die Christen God van harte te soek. [Heb.11:6 – Gr. ekzeteo:ondersoek, dors na, vereis, aanbid; ‘diligently’, KJW – Koning James Weergawe, Openb.3:14-17]). Die eerste drie hoofstukke sal in die proses van vervulling bly tot aan die einde van hierdie kerk-era, in die oomblik van die wegraping van die oorwinnaars. Die uitdrukking ‘spoedig’ soos hier gebruik, dra die idee van spoedige, algehele vervulling oor. U sal onthou dat Petrus soortgelyke woorde gebruik het toe hy gesê het ‘die einde van alle dinge is op hande’ en ook die Here self toe Hy gesê het, ‘Kyk, Ek kom gou.’ Hoe spoedig het hierdie dispensasie inderdaad nie verbygevlieg en hoe vinnig het nie ons gekom tot by die Laodicensiese kerk-era nie, die era wat baie skielik sal eindig met die begin van die groot verdrukking en die wegraping van die oorblyfsel van Filadelfiese, wakende heiliges.

    Die boek van die Openbaring, soos geen ander boek in die Bybel nie, gee ons ‘n begrip van Christus in oorwinning oor al Sy teëstanders. Om hierdie rede spreek God ‘n spesiale seën uit oor dié ‘wat die woorde van hierdie profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskryf is.’ (Openb.1:3) Hoe meer ons kyk na en besin oor die tonele van die Openbaring, hoe beter kan ons die krag en heerlikheid van die Christus verstaan en waardeer. In hierdie boek is Hy geopenbaar as die Een ‘wat was, en wat is en wat sal kom-die getroue Getuie-die Eersgeborene uit die dood-die Vors of Prins van die konings van die aarde – die Alfa en die Omega – die Almagtige-Hy wat leef en wat dood was en kyk, Hy leef tot in alle ewigheid – wat in besit is van die sleutels van die hel en die dood – die Leeu van die stam van Juda – die Here die Almagtige God – die wortel van Dawid – die Lam wat geslag is – onse God – die Seun van die mens – die Woord van God – die Here onse God – Koning van die konings en Here van die here.’ Die boek is in alle opsigte ‘die openbaring van Jesus Christus.’

    Johannes rig die hele boek aan die sewe Gemeentes wat in Asië is, wat alle gemeentes van hierdie ganse dispensasie verteenwoordig. Die gegewe aanhef is sprekend van die edelste verfyndheid in Christelike hoflikheid en hy stort sy vriendelikste wense en toegeneëntheid vir hulle daarin uit met hierdie woorde, ‘Genade vir julle en vrede van Hom.’ Vrede is wat die wêreld wil hê en nodig het, wat hulle bespreek maar nie ondervind nie, want ‘genade’ is vreemd vir hulle. (Die buitengewone fokus op vrede is ‘n teken van die eindtyd. Sprekend van hierdie tyd, skryf Paulus: ‘Want wanneer hulle sê, Vrede en veiligheid – dan oorval ‘n skielike verderf hulle, soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.’ [1 Thess.5:3; ook Eseg.38:11-12] Ten spyte van internasionale en nasionale vredesdoeleindes neem oorloë, opstande, terrorisme en ander geweld uitermatig toe [Openb.6:4], bv. VN-vredesmagte in lande soos Pakistan, Afghanistan en Afrika wat lei tot meer teëstand en terroriste-aanvalle; na die nuwe vredesbeleid tussen Rusland en Amerika word tien Russiese langtermyn-spioene in Amerika gearresteer, maar albei presidente hoop dit sal nie die nuwe vredesbetrekkinge skaad nie; Oosterse lande sê openlik dat hulle ‘vredes’-flotillas gebruik om Israel se militêre verdedigingslinie by Gaza te verbreek terwyl hulle geweldadig optree op die flotillas, ens. Wêreldnuus Mei – Sept.2010, nuuskanale, Dstv, RSA) Hierdie vrede waarvan Johannes praat, is nie gewortel in die voorspoed van die wêreld nie, maar geheel en al in die wonderlike, weergalose genade van God, die enigste bron van ware vrede. Die apostel skets die algehele volheid van Christus in Sy mense, te midde van ‘n wêreld wat vyandig teenoor hulle en die ware Christendom is. Alhoewel die boek gerig is aan die sewe Gemeentes in Asië, is dit van toepassing op die kerk in die katakombes tydens die eerste drie eeue van ons era, op die ondergrondse kerk in Rusland en Sjina en op die vervolgde kerk in Suid-Amerika sowel as ander dele van die wêreld. Hierdie vrede is gewortel in die gekruisigde maar verrese Here en is onaangetas deur vervolging, tronke en selfs marteling. Hierdie aanhef is van ‘Hom wat was, en wat is, en wat sal kom; dit wil sê van die absolute Een wat geen verandering ken nie, ‘dieselfde gister, vandag en tot in ewigheid.’ In Hom is die hede, die verlede en die toekoms alles een ewige NOU.

    . . . en van die sewe geeste wat voor sy troon is . . . Sewe is ‘n heilige getal en dui hier op absolute volkomenheid en volmaaktheid. Die sewe Geeste van Christus vervul die volheid van een genadewerking van die Heilige Gees.

    Nêrens word die sewe geeste verduidelik nie en dit sal nie moontlik wees om die afsonderlike of gesamentlike werkinge van elk akkuraat te definieer nie, maar ons weet wel dat daar veelvuldige werkinge van die Gees is vir die werk van verlossing en om al die dinge in Sy skepping te onderhou ‘deur die woord van Sy krag.’ Hierdie sewe Geeste is voor die troon en dien namens die troon. Aan hierdie sewe Geeste van God is die sewe kerke aan wie die Gees baie dinge meedeel, onderworpe. (Sag.12:10-13:1 noem die sewevoudige, sagmoedige natuur van die uitgestorte Heilige Gees, nl. (1) die Gees van genade [onverdiende guns], (2) die Gees van smekinge [pleiting], (3) die Gees van herkenning [van Hom wat hulle deurboor het], (4) die Gees van diepe rou oor die Messias, (5) die Gees van bittere berou voor Hom; (6) die Gees van ‘n innerlike, persoonlike saak met Christus, (7) die Gees van vergifnis en reiniging. Dit is die hart van die Vader teenoor ons, waarom Hy Sy Seun gegee het in ons plek.)

    . . . en van Jesus Christus, die getroue getuie. Hy was die getroue Getuie van die volmaakte wil van God voor Sy vleeswording en voor Sy dood, in Sy dood en by Sy opstanding en Hy bly vir ewig dieselfde in heerlikheid. Daar is geen redding vir die mens deur enige ander nie, want ‘daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.’ (Hand.4:12) Die groot profeet het van Hom gepraat as ‘‘n getuie van die volke… ’n vors en gebieder van die nasies.’ (Jes.55:4) God verklaar van Hom, ‘Ek sal van Hom ‘n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde.’ (Ps.89:28)

    Die eersgeborene uit die dode. Paulus skryf dat Christus uit die dood opgestaan het as ‘die eersteling van die wat ontslaap het,’ d.w.s. Hy was die eerste een wat ooit in hierdie wêreld gebore is wat na Sy opstanding of verandering ‘n verheerlikte liggaam aangeneem het. Christus was dus die eerste orde van die eerste opstanding en het nou alle mag in die hemele en ook op die aarde.

    Die Owerste oor die konings van die aarde. Posisioneel, in verhouding tot almal wat sal deel in die eerste opstanding, is Hy die Owerste of Prins. ‘n Prins is die eerste of hoogste rang, ‘n heerser wat regeer, maar sekere dienste aan ‘n meerdere verskuldig is en onder Hom is die van kleiner rang, wat hier dui op die regering van Christus as konings van die aarde. Hier is geen verwysing na die huidige aardse heersers nie, want die koninkryke van die aarde is steeds in die hande van die duiwel. Hierdie toekomstige konings is die verloste en verheerlikte heiliges wat Sy Bruid uitmaak en wat saam met Hom sal heers en regeer deur die millennium en vir ewig. Dit word kristalhelder duidelik gemaak in die volgende stelling: ‘Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in Sy bloed en van ons gemaak het konings en priesters vir Sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.’ (Openb.1:5-6) Ons mag miskien nie verkiesbaar wees vir ‘n openbare dienspos in hierdie wêreld of vir die presidentskap van enige nasie nie, maar ons is gebore in die koninkryk van God om opgelei te word in die skool van toetsing om konings en priesters te wees in ‘n nuwe en allerheerlikste era. En dit alles sal wees omdat Hy ons liefgehad en vrygemaak het van ons sondes deur Sy eie bloed en ons deelgenote gemaak het van Sy huidige koninkryk van genade en erfgename van Sy ewige koninkryk.

    Om hierdie verse op te som sluit Dr. Seiss só op sy unieke en grafiese manier af: ‘Kyk dan na hierdie drie as een Almagtige en onuitwisbare Godheid – die Vader in die absoluutheid van Sy onveranderlike natuur en universele teenwoordigheid, die Gees in al die volheid van Sy veelvuldige energieë en verskeie werkinge, en die Seun in die deugde van Sy bloedverseëlde getuienis, van die nuutverkrygde krag van Sy opstanding, en van die super-koninklike werkinge van Sy ewige koningskap, elk op sy plek, en almal as een, geleë in hul bydraes en sonder voorbehoud en onherroeplik verbind vir die blye seën van hulle wat glo – toets die diepte van so ‘n fontein van goedheid; toets die fermte van so ‘n basis van vertroue; meet die krag en heerlikheid van so ‘n toevlug vir die siel; weeg die skatte van heuglikheid wat oopgemaak word deur so ‘n aanbieding; en jy mag begin om ‘n konsep te vorm van die bronne van die heiliges en van die werklike breedte van vreugde van Johannes se apostoliese begroeting aan die Gemeentes. Is dit enigsins ‘n wonder dat sy hart ontbrand het by die oordenking daarvan, of dat hy skielik sal oorgaan van liefdevolle groet tot juigende doksologie? Sekerlik is die ‘naam van die Here ‘n sterk vesting: die regverdige hardloop daarheen en word omhoog gelig.’ (Heb. sagab – omhoog gelig, onaantasbaar gemaak, Spr.18:10 ou Koning James Weergawe [KJW])

    Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf. Ja. Amen.Dit is die groot klimaks waarop die verlostes van die aarde gewag het, die koms van Christus op die wolke van die hemel. Johannes was teenwoordig in die uur wat Christus die aarde verlaat het. Hy het die twee engele (mans) gesien en hulle hoor sê, ‘Galilese manne… hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.’ (Hand.1:11). Hy het noukeurig aandag gegee aan die hemelse wolk wat Jesus ontvang en Hom uit die gesigsveld geneem het. Hierdie beeld het hy altyd in sy geheue gehou, in afwagting op daardie dag. Hy was ook saam met Christus op die berg van verheerliking en het aanskou hoe ‘die koninkryk van God met krag’ kom. Die gesig van die verheerlikte Christus was so oorweldigend dat Johannes soos ‘n dooie op die grond neergeval het. Daardie toneel moes ‘n blywende indruk op sy verstand gemaak het sodat, toe die gesigte op Patmos aan hom gegee is, hulle net die waarheid bevestig het van die wederkoms van die Here soos hy Hom in Sy heerlikheid aanskou het.

    Christus is nie hemel toe om permanent daar te gaan bly nie. Hy is daar vir die voordeel van die kerk. Hy het gegaan om ‘n plek te berei vir die wat Hom liefhet en Hy sal terugkom om hulle vir Homself aan te neem, dan sal Hy weer na hierdie aarde toe kom om sy koninkryk te vestig, en op daardie tydstip sal ‘elke oog Hom sien, ook die wat Hom deursteek het en al die kwaaddoeners wat Sy Naam belaster en die Antichris aanbid het, sal ween oor Hom.’ Hulle sal vir die berge en die rotse sê: ‘Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit en vir die toorn van die Lam.’ (Openb.6:16)

    Ja. Amen. Daar is ‘n noot van besliste gereg sowel as finaliteit in hierdie Amen, want al die kwaaddoeners moet van die aarde verdelg word voordat Hy Sy troon van geregtigheid hier vestig.

    ‘Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die ALMAGTIGE.’ Alfa, die eerste letter en Omega, die laaste letter van die Griekse alfabet, dui daarop dat Hy nie net die Outeur en Skepper van alle dinge is nie, maar dat wanneer alle dinge eindig, Hy oorbly. Laat Sy vyande hulself grootmaak en woed teen Hom soveel as wat hulle wil, tog sal Sy bedoelinge, verklarings en beloftes aangaande sulke groot dinge bly staan. Hy is die einde, terwyl Hy alle dinge wat hier geopenbaar word tot ‘n volkome en heerlike voleinding bring. Christus moet in die hele wêreld geken word as die Een wat ‘is, wat was en wat sal kom.’ Hierdie wonderlike en veelseggende vorm van spraak beskryf die Ewige Vader, maar dit word hier aangegee as behorende tot die Seun in gelyke maat. Hy was by die Vader voor die wêreld was en ‘sonder Hom het niks ontstaan wat ontstaan het nie.’(Joh.1:3) Hy ‘onderhou alle dinge deur die woord van sy krag’ (Heb.1:3) terwyl Hy nou sit aan die regterhand van die Vader en Hy kom spoedig in die heerlikheid van die Vader, wanneer Hy alle dinge sal herstel.

    Hy is die Almagtige. Daar is geen hoër naam as hierdie nie. Daar is geen hoër gesag as hierdie nie. Laat ons onsself verootmoedig voor Hom in volkome gehoorsaamheid aan Hom in alle dinge; en ons sal spoedig die genietinge en heerlikheid van alles ontvang wat vir ons gewil is deur Sy so grote versoening en oneindige liefde.

    Leesstuk: Openb.1: 9-20

    In die tyd van die visioen was Johannes op die eensame, verlate en boomlose eiland van Patmos, ‘n rotseiland 14 kilometers breed en 22 kilometers lank, geleë in die Egeïese See suid van Éfese. Hy was verban deur die Romeinse keiser Domisianus in 95 n.C., tydens die vervolging van die Christene toe 40,000 doodgemartel is. Die volgende jaar is hy vrygelaat deur keiser Nerva. Die kerk was vervolg sedert die marteldood van Stefanus en duisende het hul getuienis verseël met hul eie bloed, insluitende Paulus en Petrus. Net Johannes het ontsnap aan marteling om ‘n natuurlike dood te sterf aan die begin van die tweede eeu. Hy het sodoende die hoogste ouderdom bereik van die apostels wat alles verlaat het om Christus te volg. So kan ons geredelik verstaan, na alles wat Johannes gesien en self ondervind het, wat hy bedoel as hy homself voorstel as die skrywer van die Patmos-visioene en sê: ‘Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.’ Maar vervolging deur bose mense het die heilige van God net nader aan Hom en die keur van Sy gunste gebring. Alleen, afgesny van die wêreld, maar in die vreugde van daardie gemeenskap met God, die Seun en die Heilige Gees, het hy die hoogste en beste geselskap gehad wat die hemel kon bied. In daardie omgewing het Johannes gesê: "Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin.’ Toe Moses die berg op geroep was met God, was dit met die stem van ‘n basuin, ‘vreeslik hard.’ Weereens, toe God op die punt was om Johannes die visioen te gee van die wegraping en van die Ouderlinge in hoofstuk vier, was hy in die Gees opgeneem, voorafgegaan deur die klank van ‘n basuin. En ons staan hier stil om die aandag te vestig op die feit dat dit die klank van ‘n basuin sal wees wat die heiliges in Sy teenwoordigheid sal inroep met die koms van Christus, wanneer Hy hulle tegemoet sal kom in die lug. (1 Thess.4:16-17)

    Hierdie basuinstem het gesê, ‘Ek is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pergamus en Thiatire en Sardis en Filadelfia en Laodicea.’ Dit was Johannes se opdrag – om die boodskappe wat hy sou ontvang aan elkeen van die genoemde gemeentes te stuur. Sewe is die getal van volmaaktheid. Die boodskappe gerig aan die genoemde gemeentes is nie uitsluitlik net vir hierdie spesifieke plaaslike gemeentes nie, maar ook vir die hele Christelike liggaam regoor die wêreld in hierdie huidige dispensasie, terwyl die sewe periodes van die Kerkgeskiedenis vernoem is na en gekarakteriseer word deur dié sewe gemeentes wat toe werksaam was.

    Johannes sê dat, toe die stem praat, hy omgedraai het om te sien ‘watter stem… gepraat het’ met hom en dat hy ‘sewe goue kandelare’ (lampstaanders) gesien het en tussen hulle ‘Een soos die Seun van die mens.’ Die laaste vers in die hoofstuk sê vir ons dat die sewe kandelare die sewe gemeentes is. Hulle is ligdraers. Hulle het geen lig in hulleself nie, maar hulle dra en versprei die lig wat kom uit die olie van die Heilige Gees in hulle. ‘n Dooie kerk met ‘n modernis agter die preekstoel is niks anders as ‘n droë, lewelose kandelaar nie. Goddelike waarheid, die Woord van God, is soos die Psalmis sê, ‘‘n lamp vir die voet’ en ‘‘n lig wat die pad verlig.’ Die Seun van die Mens, die Lig van die wêreld, moet te midde van die kerk wees as ‘n lig vir die wêreld en vir Sy mense om in Sy lig te wandel.

    Die kandelare was van goud. Die mees waardevolle skat van hierdie aarde is die kerk van die lewende God. Die duiwel het dit van die begin af aangeval deur vervolging, marteling, infiltrasie en gepoogde uitwissing, maar dit staan steeds. Dit het die heidendom oorwin, die donker eeue deurstaan en staan vandag steeds. Waar gedeeltes daarvan afvallig geword en oorgegaan het na die vyand, het God en sal God altyd, ander opwek om die ware lig te dra, en ‘Een soos die Seun van die mens’ is steeds in die midde daarvan.

    Hierdie Een soos die Seun van die mens, is Jesus. Dit is hoe Hy beskryf word in die Psalms, die boek van Daniël en in die veertiende hoofstuk van Openbaring, vers 14. Hierdie vorm van spraak word gebruik om die menslike natuur van Christus uit te beeld, so nodig in Sy werk van verlossing wat nie vervolmaak is tot die insameling van die oes van die aarde in opstanding en verandering nie. Dit was die Seun van die Mens wat in die wêreld gekom het, gely en gesterf het. Dit was die Seun van die Mens wat uit die dood opgestaan het, opgevaar het na die hemel en weer sal kom om die koninkryke van hierdie wêreld oor te neem en in geregtigheid oor hulle te heers. Hy is baie intiem met sy verlostes, Hy noem hulle broeders, en dit gaan voort regdeur die gelowige se lewe tot in die opstanding en in die ewige lewe.

    Hy is tussen die sewe goue kandelare. Toe Christus hierdie wêreld verlaat het, het Hy hierdie belofte aan Sy dissipels gegee, ‘Kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.’ Hy het hulle verseker dat waar twee of drie van hulle saamkom in Sy Naam, daar sal Hy saam met hulle wees. Hy mag gegrief wees met die Kerk as geheel, teregwys, vermaan, en aanmoedig tot bekering, maar Hy is altyd saam met hulle sodat die Lig mag voortskyn deur die Kerkdispensasie. As gelowiges in die kerk sal ons meer bewus word van Sy teenwoordigheid na gelang ons aan Hom erkenning gee en onsself oorgee in intredende gebed, lofprysing en gehoorsaamheid aan Sy wil.

    Verse dertien tot sestien gee ons ‘n beskrywing van die Seun van die mens soos Hy verskyn te midde van die Gemeentes en soos Hy sal wees wanneer Hy kom vir Sy Bruid; ‘met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel. Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam, en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters. En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.’

    Met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang. Die klere van die heiliges, wat beskryf word in die boek van die Openbaring, is ‘n aanduiding van hul Christelike karakter in hul opstandingsorde. Die minste van almal sal gekleed wees in wit klere. (Openb.7:9) Die Bruid van Christus, die heel hoogste orde van die opgewektes, sal klere van fyn linne hê, ooreenkomstig hul verhewe en mees geëerde en geseënde staat, net soos wat ‘n koningin deur haar spesiale kleredrag onderskei word van haar onderdane. (Openb.19:8). Die ontelbare menigte is bekleed (Gr. periballo-’n kleed omwerp), die Bruid van Christus is uitgerus (Gr. enduo – insink in die kleed). Die gedagte is dat ‘n onderskeid in uitrusting dui op rang, soos wat uniform en rangtekens in ‘n leër dui op die rang wat die individu bereik het. "Sy is toegelaat om haar te beklee in fyn (stralende) wit linne – skitterend en wit, want fyn linne is (dui op, verteenwoordig) die geregtigheid – die geregtige, regverdige en goddelike lewe (dade, gedrag) en die regte staat voor God – van die heiliges (God se geheiligde volk.)’ (Amplified N.T.)

    Christus, as ‘die Owerste (Prins) van die konings van die aarde’, word onderskei deur Sy koninklike kleed. Sy kleed reik tot aan Sy voete en Hy is omgord om die bors met ‘n goue gordel. Die goue gordel dui op hoër waardigheid. Engelewesens, wat beskryf word in die spesiale dienste wat hulle lewer in die boeke van Daniël en Openbaring, is omgord om die heupe. Die lang kleed is ook ‘n onderskeidende teken van eer en waardigheid. Die hele hemelse leërskare en die verlostes is bekleed met klere tot op die voete. Daar is geen naaktheid in die hemel nie. In die geestelike sin, soos in die natuurlike, word openbare naaktheid as besonder oneervol voorgehou. Sien Openb.3:17 en 18; 16:15. Klere en uitrustings is deel van al die beskrywings wat ons het van die heiliges in heerlikheid. Naaktheid in hierdie laaste dae is ‘n wêreldse kenmerk van geestelike armoede. Wanneer ‘n hart voorberei word vir ‘n plek in die Bruid is naaktheid weersinwekkend en uit verband met die hemelse. Offisiële en koninklike klere word beperk tot die wat offisieel in rang en waardigheid is en die kleed wat Christus dra, soos hier beskryf, sal Hom altyd onderskei in die hemel sowel as op die aarde.

    Sy hoof en hare was wit soos wol, soos sneeu. In elke Skrif waar Christus en die Oue van Dae verskyn, is hulle hare spierwit soos wol en beeld dit so die heerlikheid en skoonheid van die Here uit soos Hy sal verskyn aan ons in Sy ewige waardigheid en majesteit, en is dit ‘n aanduiding van die ewige bestaan van die drie-enige God, wat is van ewigheid tot ewigheid.

    Sy oë soos ‘n vuurvlam. John Wesley sê, ‘. . . deurpriem alle dinge; ‘n teken van alwetendheid. Dit dui op deurtastende intelligensie. Alle geheime word gelees met een oogopslag. Daardie oë ondersoek elke woord, daad, motief en praktyk van die gemeente in elke Kerkdispensasie, om ‘n regverdige uitspraak te lewer in elke saak en ‘n toepaslike beloning te gee.’ ‘Sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders’ (Ps.11:4). ‘En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het’ ( Heb.4:13).

    Sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond. Sy voete is sonder skoene wanneer Hy loop te midde van die Gemeentes. God het vir Moses by die brandende bos gesê, ‘Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond.’ (Ex.3:5) God heilig elke plek waar Sy voete loop. Hulle is soos koper asof hulle brand in ‘n witwarm oond – suiwer, heilig, wonderskoon. Te midde van die Gemeentes word die plek van Sy voete heerlik gemaak. Wanneer Hy terugkom saam met Sy heiliges om te regeer op die berg Sion, sê Hy, "Ek sal die plek van my voete heerlik maak.’ En die krag en heiligheid van Sy geseënde voete sal hierdie onheilige aarde in twee verdeel wanneer Hy terugkeer na die Olyfberg.

    En Sy stem soos die geluid van baie waters. Hy sal Homself laat hoor regoor die wêreld. Die stem van die Seun van die mens word duidelik gehoor te midde van die gemeentes. Baie mag dit nou ignoreer wanneer Hy hard praat in die oor van die siel, maar hulle kan nooit sê dat God nie gepraat het nie. Jeremia het voorspel, ‘Die Here sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning.’ (Jer.25:30) Dawid verklaar, ‘Die stem van die Here is met krag; die stem van die Here is met heerlikheid.’ (Ps.29:4) Elke oordeel van die verdrukking sal die stem van die Here wees te midde van Sy vyande, want ‘soos druiwetrappers sal Hy ‘n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.’ (Jer.25:30)

    En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou. Hulle, soos dit vir ons gesê word, is die dienaars (engele) van die sewe gemeentes. As sulks is hulle in ‘n baie verantwoordelike posisie. Hulle is verantwoordelik daarvoor om God se boodskap aan Sy mense oor te dra. Dit moet Sy boodskap aan die gemeentes wees, net so getrou as wat elke Ou Testamentiese profeet die ‘So sê die Here’ aan Israel gebring het. Hulle is verantwoordelik vir die siele van die mense onder hulle bediening en sal verantwoording doen voor God. Hy hou hierdie dienaars in Sy regterhand, want hulle is kosbaar vir Hom. Die wêreld en vyande mag hulle ignoreer, maar hulle is Sy vennote in die redding van die verlorenes.

    En ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan. Die swaard is ‘n simbool van administratiewe oordeel. Jesus sê van die wat Hom verwerp, ‘Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.’ (Joh.12:48) En weer lees ons, ‘Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.’ (Heb.4:12) Die Woord van Christus is die Wet van die Here en Hy sal oordeel in die fynste besonderhede. Min meesters van teologie kan in hul uiteensettings onderskeid maak tussen die siel en die gees, d.w.s. tot die tevredenheid van die ondersoekende, kritiese verstand, maar hierdie tweesnydende swaard uit die mond van Christus sal ‘n duidelike sny maak in die oordeel van gekompliseerde optredes en die motiewe van elke woord en daad van almal wat deel vorm van die sewe gemeentes van hierdie kerk-era. Christus, te midde van die sewe gemeentes, ken hulle werke en die swaard is in daaglikse gebruik vir beloning en oordeel.

    En sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag. Ons moet onthou dat hierdie verse Christus in Sy verheerlikte majesteit beskryf soos wat ons Hom sal sien in heerlikheid. Sy gelaat sal ‘n uitdrukking van stralendheid hê, so helder soos dié van ons son in sy volle krag. Daar sal niks wees om Sy aangesig te bewolk van Sy of ons kant af nie. Ons sal Hom in Sy volledige, sigbare heerlikheid aanskou. Die Nuwe Aarde en die Nuwe Jerusalem sal geen lig nodig hê nie, want Christus sal die lig wees. En Hy is nie net so in die hemel nie, maar ook terwyl Hy wandel tussen die gemeentes en hulle beoordeel. Die goedheid, genade en krag van Christus is altyd voor ons om elke Christen te bring op die plek van volle Christelike vrugbaarheid en volmaaktheid.

    Toe Johannes hom sien, het hy aan Sy voete geval soos ‘n dooie en het hy die gebeurlikheid herhaal wat op die berg van verheerliking plaasgevind het toe Christus, in die krag en heerlikheid van Sy koms, Johannes en sy twee metgeselle so oorweldig en verstom het, dat hulle in ‘n beswykende toestand was. Weereens, soos op die berg (Matt.17:7), het Christus Sy hand op hom gelê en gesê: ‘Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende: en Ek was dood, en kyk Ek leef tot in alle ewigheid. Amen.’

    Hoe sal dit wees wanneer die basuin weerklink, wanneer ons, wat Hom slegs deur die geloof geken het, opgeneem sal word in Sy teenwoordigheid en ons daardie aangesig sal aanskou wat blink soos die middagson; ons oë Sy oë sal ontmoet wat soos ‘n vuurvlam is, as ons Hom sien in al Sy heerlikheid? Nee, ons sal nie flou word of soos dooies val nie, want ‘ons sal wees soos Hy is en ons sal Hom sien soos Hy is.’

    O dit sal wees heerlikheid vir my, heerlikheid vir my, heerlikheid vir my,

    As ek, deur Sy gena’, Sy aangesig aanskou.

    Dit sal wees heerlikheid, ja, heerlikheid vir my.

    CHRISTUS SE BOODSKAP AAN DIE SEWE GEMEENTES

    (Éfese, Smirna, Pergamus en Thiatire)

    ÉFESE – Openb. 2:1-7

    Toe Christus tussen mense gewandel het het Hy hulle die wonderlike dinge aangaande die koninkryk van God vertel. Die bergpredikasie, die gelykenisse, die bergrede en Sy baie spreuke wat in die Bybel opgeteken is, is slegs die keur van alles wat Hy gesê en gedoen het. Die Here dring by ons aan om Sy woorde te ‘bewaar’ soos Hy dit geleer het op aarde. Maar hier het ons sewe briewe wat die Here Jesus vanuit die hemel gedikteer het nádat Hy verheerlik is. Hoeveel te meer moet ons nie dié waarhede, vanuit die hemel gespreek, lees en ons eie maak nie?

    Skryf aan die engel van die gemeente in Éfese: Dit sê Hy wat die sewe sterre in Sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars.’ Hierdie brief gerig aan die gemeente in Éfese, was nie uitsluitlik vir daardie plaaslike gemeente nie; dit was eerder ‘n boodskap gerig aan al die Christene wat in daardie eerste geslag of meer na Pinkster geleef het. Die verantwoordelikheid vir die waarheid hou ook nie op by die eerste eeu nie, maar soos die hele Skrif, is dit tot voordeel van gelowiges in die hele Kerkdispensasie.

    Daar is geen fout te vind met die gemeente wat met Pinkster gevestig is nie, want dit was gevul met en gelei deur die Gees en was uiters suksesvol met die redding van siele. Dit het voortgeduur in die leeftyd van die apostels waartydens die gemeente grotendeels onder die leierskap van Joodse Christelike predikers was, met die hoofkwartiere van die Kerk in Jerusalem. Die vestiging van die heidense gemeentes in Asië en Europa het heidense kerkleiers opgelewer. Dit was in Antiochië waar die volgelinge van Christus vir die eerste maal ‘Christene’ genoem is. Jerusalem is vernietig en die Jode verstrooi onder al die nasies teen die einde van die vierde dekade en die sentrale gemeente is verskuif na Éfese. Dit was ook die laaste gemeente waarin die groot apostel Johannes gedien het voor sy Patmos-ondervinding. Johannes was redelik jonk toe hy ‘n apostel geword het en hy was oor die negentig toe hy die apokaliptiese visioene ontvang het, dus was dit die derde of vierde geslag van Christene aan wie hierdie boodskap aan die kerk in Éfese gerig was. Hulle het dieselfde leerstellings verkondig en dieselfde standaarde onderhou as die eerste geslag, maar hulle het weggedryf van diepe geestelikheid. Van die lyne, wat na hulle harte gelei het vanaf die groot Kragbron in die hemele, het ontbreek. Die boodskap wat Johannes ontvang het vir die gemeente in Éfese was aan die kerk in geestelike agteruitgang. Dit is nie ‘n beskrywing van die gemeente in sy beginstadium nie.

    ‘Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid (geduld), en dat jy slegte mense nie kan verdra nie: en jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van My Naam gearbei en nie moeg geword het nie.’ Christus, wat te midde van Sy mense wandel, weet alles. Niks ontsnap daardie deurdringende oë van vlammende vuur nie, en alles wat Hy sien is óf prysenswaardig, óf foutief. Dit is kenmerkend van Jesus dat Hy altyd twee opsies gee, nie drie nie; die een of die ander. Sy oordeel is volmaak. Hy beskou ons daaglikse handel en wandel. Hy ken ons hartsbegeertes, doelstellings en wil. Dit is ons harte wat Hy verlang. Alle werke wat voortspruit uit ‘n rein hart wat geheel en al aan Hom oorgegee is, is behaaglik. Elke werk van die kerk in Sy diens gedoen vir eie eer, politieke mag, posisionele voordeel of enige ander selfsugtige motief, of werke wat nie behaag nie, werke wat ‘hout, hooi of stoppels’ is, sal verbrand word. Hy ken die motiewe agter elke daad en sien dit wat ons so ligtelik oorsien en verskoon in onsself. Hy ken elkeen wat innerlik rein is en goeie werke voortbring, wat Hom behaag en vir Sy eer alleen lewe. Sy oë kyk nie verby die geringste daad nie, selfs tot by ‘n koppie koue water wat in Sy Naam gegee is. Wanneer die hart brandend is met heilige liefde is al die werke van die heiliges aanvaarbaar en welbehaaglik vir Hom.

    Maar ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.’ Selfs hierin beskuldig Christus nie die hele Éfese-gemeente dat hulle hul eerste liefde verlaat het nie. Die term is in die algemeen bedoel, want tot op hierdie huidige tydstip is daar in elke gemeente ‘n klein oorblyfsel van ‘uitverkore’ siele wat na die Gees sowel as die letter van die Woord wandel. Die beskuldiging was gerig teen die leierskap van die gemeente en die meerderheid van lidmate wat volg waar hulle gelei word. Hulle was skuldig daaraan dat hulle hul eerste liefde verloor het. Die kerk begin altyd afwyk van bo af. As die opvoeders wat die letter van die wet preek en leer, nie hul eie gebedslewe onderhou nie en gevolglik die vuur en entoesiasme van hul eerste liefde verloor, is dit nie lank voordat die jong leerlinge vir die bediening, onder hulle lering, geestelik so leeg word soos hul professore nie. Die gemeentes waarheen hulle gestuur word om te dien is dan oppad na alledaagse formalisme.

    Die gemeente van Éfese het alles gehad wat die kerk met Pinkster ontvang het, behalwe een ding: die Heilige Gees wat die hart aangevuur het met volmaakte liefde. Hulle het baie werke gehad: arbeid, lydsaamheid, afkeer van bose en valse apostels; ja, hulle was geduldig onder diep beproewings onder hierdie omstandighede en het nie moeg geword in hulle arbeid nie. Alles wat in hierdie twee verse genoem word val in die kategorie van Christelike werke, maar so goed en aanneemlik as wat dit is, het hulle een essensiële bestanddeel kortgekom: Goddelike Liefde. Niks van hierdie werke is aanneemlik vir God nie, tensy die hart aangevuur word deur die liefde wat volg op die inwonende Heilige Gees. Menigtes dien God in ‘wilsaanbidding’, het goeie standaarde en leef daarvolgens, maar hulle neem nie die tyd om daagliks op God te wag in gebed nie, hulle siele te verfris met die lewensbelangrike kontak met hierdie Kragbron om ‘n vars salwing te ontvang nie. Daarsonder word die hart droog en ongeseënd. As gevolg van hierdie tekort is daar die natuurlike tendens om die gewete met meer werke te troos, maar niks kan die plek van goddelike liefde inneem nie. Die eerste liefde soos ondervind deur die Bybelse geslag, die invulling met die Heilige Gees soos ondervind met opregte aanbidding, lofprysing en danksegging vanuit die hart, het die vroeë kerk aan die begin vervul. Maar na vyftig jaar plus het die kerk dié lewegewende, opwekkende, aanvurende krag verloor. Daarsonder is die siel geestelik dood en die kerk

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1