Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Liefdesliedjies
Liefdesliedjies
Liefdesliedjies
Ebook51 pages48 minutes

Liefdesliedjies

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Heidie Prins het altyd geglo Heinrich Botha het net met haar getrou omdat sy swanger was.
Sy word oortuig daarvan toe sy 'n miskraam kry en hy die dorp verlaat om aan die moordende Dakar Rally deel te neem.
Sy gaan met haar lewe voort,verlaat haar geboortedorp en gaan vestig haar in die Moederstad.Daar begin sy 'n nuwe lewe en word 'n suksesvolle troubeplanner.As troubeplanner gee sy vir bruide hul droomdag wat sy nie gehad het nie.
Sy is geskok toe sy by een kerktroue in die gesig van Heinrich vaskyk,en hy vir haar ogies knip.
Pure liefde en vol emosies.Romanse uit die boonste rakke,en in die tradisie van Mills & Boon.Die ideale geskenk vir liefhebbers van romanse.

LanguageAfrikaans
Release dateNov 5, 2017
ISBN9781370531622
Liefdesliedjies
Author

Denzil Petersen

Qualified teacher;grades 1-7;taught in non-affluent areas in Cape Town,South Africa;17 years teaching experience;member of the Moravian Church In South Africa;baptized,confirmed and received the Holy Communion;freelance researcher etc.

Related to Liefdesliedjies

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Liefdesliedjies

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Liefdesliedjies - Denzil Petersen

    Liefdesliedjies-Denzil John Petersen

    Hoofstuk 1

    My Blackberry gaan met ‘n I just called to say I love you. -geluid af. Dis Esmeralda en sy sê ietwat humoristies: Onthou,baas,dis ons groot dag vandag.Die bruidspaar het my telke male op Facebook en Twitter boodskappe vir Afrika gestuur.

    Ek het klaar gestort en droog my welige,swart hare af.Ek staar lank na my aantreklike beeld in die spieël.Almal sê ek lyk soos ‘n bekende en gewilde Suid-Afrikaanse aktrise.’n Aktrise wat glo alle mans se koppe laat draai,en hulle om haar pinkie kan draai.

    Hoe lank ken jy vir my,Esmeralda? Ek weet daar is skoenlappers wat in hulle mae rondfladder.Watter bruidspaar sal dit nie hê nie,veral as dit hulle troudag is.Dit gaan goed afloop mits dit nie lekker gaan sous nie.Februarie is wel ‘n baie warm maand,maar die Kaapse reëntjie kan somtyds hard val, sê ek spottend.

    Ek haal my Blackberry uit en kyk na die tyd.Die trouplegtigheid verloop nog klopdisselboom.Ek glimlag breed vir die bruid wat vol glimlaggies eenkant staan.Sy is definitief in ‘n ligte luim.Tog weet ek sy gaan binnekort lighoofdig voel en ‘n aartjie langs haar nek sal effens begin klop.Dit gebeur altyd met die bruide wat vir die eerste keer voor die kansel staan.Ek weet dit al te goed na sewe jaar as troubeplanner,want ek het hulle altyd fyn dopgehou.Die liefde darem.Ek trek liggies aan die onderkant van haar bruidsrok en plaas dit in ‘n perfekte vou.Enige modekenner uit die modehuise van Kaapstad sou erken dat die bruidsrok asemrowend mooi is.Dit skitter net soos diamante van onskatbare waarde in die lig.

    Die moeder van die bruid maak haar keel skoon en lig vraend haar wenkbroue. Tyd ? sê-vra sy met ‘n opgeruimde stem.Dit lyk asof daar ‘n klein traantjie van blydskap in haar oë is.

    In ‘n omesientjie sal die orrel die troumars begin speel en dit sal jou aanwysing wees, sê ek met gemak.Na jare van bruilofte reël is ek al gesout in die bedryf.Die ene selfvertroue!

    Sonja lyk sprankelend en ek word altyd ‘n bietjie jaloers as ek elke troue moet behartig.Dit laat my terugdink aan my eie haastige troue jare gelede in die plaaslike hof in Hermanus.Ek het altyd gedroom van ‘n swierige troue van die jaar,kompleet met ‘n bruidsrok wat sommige sterre uit Hollywood sou laat bloos het.En van ses strooimeisies wat soos modelle uit Vogue lyk,én joviale familie-lede en vriende wat hul gate uitgeniet.Ek het dit nie gehad nie en daarom haal ek alles uit om vir my kliënte hul droomdag te gee.

    Die orrelliste,wat opgeruimd voor die orrel sit,skuif haar bril reg en gaan oor na die troumars.Die bekende klanke vul die St.George’s-kerk sodat toeriste en Kapenaars dit duidelik kan hoor.Ek glimlag vol selfvertroue.

    Sien jou hiér na die plegtigheid, verseker ek vir Esmeralda. Ons gaan foto’s langs die altaar neem,en dan gaan ons later na die onthaal.

    Ek kyk weer na die tyd,en staan waardig in die deurgang van die kerk,en staar na die bruid.Die bruid loop statig in die wandelgang van die ou kerk.Huisgenoot,Suid-Afrika se gewildste familie-tydskrif,se verslaggeefsters is ook genooi,en ek sien een van hulle met ‘n kamera in haar hand.Binnekort is daar foto’s van die swierige troue in dié gewilde familie-tydskrif wat enkellopendes van ‘n troue van die jaar gaan laat droom.Die bruid se moeder is ‘n voormalige bestuurder van Sanlam en een van die rykste en invloedrykste vroue in Kaapstad.Haar laatlammetjie-dogter trou nou met ‘n man van wie sy baie hou.Dis blykbaar ‘n voormalige bestuurder van Edgars se jongste seun.Daarom het sy uit haar pad gegaan om dit die troue van die jaar te maak.

    Ek staar na die bruidegom.Percy het net oë vir,Sonja,sy bruid.So baie liefde in die lug vandag,dink ek.My oë dwaal oor na die gemeentelede wat nou opgestaan het,en hulle vergaap aan die bruid se asemrowende bruidsrok.’n Lang,lenige man staan agter die bruidspaar wat stralend van geluk is.Hy is stylvol,elegant geklee en draai sy kop in my rigting.Ons oë

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1