Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

'N Sigeuner se Kersfees Soen
'N Sigeuner se Kersfees Soen
'N Sigeuner se Kersfees Soen
Ebook115 pages2 hours

'N Sigeuner se Kersfees Soen

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Lulia Vasile is die dogter van 'n Romaanse prinses en 'n Graaf se tweede seun. Sy het grootgeword met rolle in 'n reisende teater, optreedes by graafskoue, en het me waarsê gewoeker. Sy vra nie verskoning vir wie sy is nie, en leef die lewe soos sy wil.

Finley Prescott, die Hertog van Clare, verlaat nie sy meenthuis tensy dit nodig is nie. Hy het verantwoordelikhede en mense wat op hom staat maak. Al wat hy wil hê, is om uit de wêreld te verdwyn. Hy doen nie goed in groot byeenkomste nie en gebrek aan sosiale etiket.

Fin en Lulia het 'n geskiedenis. Een wat nie een van hulle vergeet het nie. Toe hulle weer ontmoet word hulle saamgetrek. Na daardie toevallige ontmoeting deel hulle 'n magiese soen. Onderweg ontdek hulle dat die ding wat 'n persoon soms nodig het, nie is wat hulle sou verwag het nie.
 

LanguageAfrikaans
Release dateNov 30, 2020
ISBN9781071577387
'N Sigeuner se Kersfees Soen

Related to 'N Sigeuner se Kersfees Soen

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for 'N Sigeuner se Kersfees Soen

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    'N Sigeuner se Kersfees Soen - Dawn Brower

    ‘N Sigeuner se Kersfees Soen

    ‘N Skandaal ontmoet liefde Novella

    Verbind deur ‘n Soen 6

    Dawn Brower

    Dit is ‘n werk van fiksie. Name, karakters, plekke en insidente is produkte van die skrywer se verbeeling of word fiktief gebruik en moet nie as egbeskou word nie. Enige ooreenkoms met werklike plekke, organisasies, of persone lewend of dood, is heeltemal toevallig.

    ‘N Sigeuner se Kersfees soen Kopiereg © 2018 Dawn Brower

    Bewerkings en Voorbladkuns deur Victoria Miller

    Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie boek mag gebruik word nie of elektronies weergegee of in druk sonder skriftelike toestemming, behalwe in die geval van kort aanhalings.

    C:\Users\hp\Desktop\1Writerly things\Author Logo\DB_Logo.png

    TOEWYDING 

    Vir almal wat in die towerkuns van die vakansie glo en om jou een ware liefde te vind. Soms neem dit jare, en soms is dit die person wat jy die minste verwag. Moenie hoop verloor as jy nog nie iemand gevind het nie. Miskien het julle nie weer terug in jou lewe gedwaal nie, of miskien moet hulle nog jou pad kruis.

    ERKENNINGS

    Spesiale dank aan my redakteur Victoria Miller. Ek is altyd verbaas oor haar talent, en as ‘n redakteur-het ek nog nooit beter gehad nie. Dankie vir al die harde werk wat jy doen en die help wat jy my gee om my stories beter te maak. Ek waardeer dit regitg meer as wat ek ooit sou kon sê. Elizabeth Evans, dankie dat jy my rots is en altyd my grofste konsepte lees. Ek waardeer jou meer as wat ek ooit kon uitdruk.

    PROLOOG

    Tenby, Wallis 1803

    Koue wind het met ysige doeltreffendheid deur die klein kusdorpie gewaai. Die bitterheid het hom in Finley Prescott gevestig, die nuwe Hertog van Clare, en hy kon dit nie skud nie. Sy pa se begrafnis het nog in sy siel getalm. Die hartseer was onwrikbaar, en Fin was nie heeltemal seker da thy die greep wat hom vasgehou het, wou verloor nie. As hy daarin geslaag het om daardie gevoel te laat vaar, dan het dit beteken dat sy pa se dood nie sys temple afgedruk het nie. Hy was nie gereed vir die verantwoordelikheid van die hertog dom nie. Sy pa moes nie alreeds dood gewees het nie.

    In watter soort wêreld het hy gewoon wanneer ‘n man nie verby sy veertigste jaar geleef het nie? Het dit beteken dat hy nie ‘n lang lewe sou hê nie? Albei sy ouers was oorlede, en Fin was heeltemal alleen in die wêreld. Hy het niemand gehad om op te leun en sy haartseer te deel nie. Dit was die Kerstyd seisoen, end it moes ‘n tyd van vreugde wees. Dit sou nooit weer vir hom so wees nie. Hierdie tyd van die jaar sou altyd ‘n verandering merk in sy lewe waarvoor hy nog nie gereed was nie. Hy het die vorige dag twintig geword, en wat was sy geskenk? Sy pa se dood, met komplimente van die brutale perd wat Fin hom as ‘n vroeë geskenk gegee het. Hy het eerlikwaar nie gedink dat sy pa die hings sou ry nie. Fin het bedoel vir hom om dit as ‘n stoetperd te gebruik, maar sy pa het daarop aangedring om hom uit te prober. Die perd het sy pa gegooi, en sy nek het dadelik gebreek.

    Fin het ouermoord gepleeg-altans, dit is wat sy skuld geheue gereeld vir hom skreeu...

    O, hy het geweet dat hy dit nie eintlik gedoen het nie, maar hy was tog die instrument. As hy sy pa nie daardie verdomde perd gegee het nie, sou hy nog lewendig gewees het. Daardie soort skaamte sal nooit verdwyn nie. Hy sou die res van sy ellendige dae met daardie waarheid moet saamleef. Miskien sal hy nie op ‘n jong ouderdom sterf nie. Hoe langer hy geleef het, hoe langer sou hy ly vir die misdaad wat hy gepleeg het. Hy het verdien om te ly.

    Fin het langs die kuslyn geloop, en het uit na die see gestaar. Miskien moet hy Wallis vir ‘n rukkie verlaat. Dit was sy huis, maar het hy regtig verdien om daar te wees? Hulle sou almal na hom staar, of om hom te oordeel, of om hom te bejammer. Hoe dit ook al sy, hy wou nie na die gesigte van diegene rondom hom kyk nie met hulle gemengde emosies om hom meer deurmekaar te maak met elke dag wat verby gaan. Hy het nie opgelet waarheen sy voete hom lei nie. Hy het op die heuwel gedwaal en binne die klein dorpie. Daar was ‘n klein winkeltjie wat sigeuners bedryf het-of eerder die man van een, wanneer die weer te koud geword het vir die klein gesin om in die lande rond te loop.

    Hy het nooit binnegegaan nie, en het dit vreemd gevind dat hulle hoegenaamd ‘n winkel gehad het. Dit was nie normal dat ‘n sigeuner op een plek bly nie, maar die winkeliersvrou het in Tenby gevestig gedurende die kouer maande vir haar man en hulle kinders. Hulle het hulle eie ure gehou en het meestal gedurende die winter oopgebly. Die res van die tyd was hulle weg. Hy moes wonder hoe hulle enige wins kon maak met die winkel oop vir so ‘n kort tydjie.

    Hy is daarop gerig, sy nuuskierigheid te veel vir hom om te ignorer. Fin het die deur bereik en het die deurknop getoets, verbaas om te vind dat dit gedraai het. Hy het die winkel binnegegaan. Dit het gelyk as of daar niemand daarbinne was nie.

    Die rakke was amper leeg. Kerse het een van hulle gevul in verskillende groottes, wat wissel van lank, tapse kerse tot dik, langwerpig ene. Hy het een opgetel en sy gewig getoets. Hulle het solied genoeg gevoel...

    Kan ek jou help, my heer?

    Fin het sy mond oop gemaak om haar reg te stel-hy was ‘n hertog-toe hy gedraai het. Hy het die blik van een van die mees eteriese meisies wat hy nog ooit gesien het ontmoet en het besluit om haar nie te tugtig nie-sy titel het nie saak gemaak nie. Sy het violet oë gehad en haarkleur van die naghemel onbelemmer deur sterre. Hy wed dat haar middernagtelike hare pragtig met diamante sou wees, en sou ‘n sterbelaaide hemel in sy skoonheid beskaam. Sy het dit gevleg gehad met ‘n lang vlegsel wat tot in die middel van haar rug geval het. Die meisie kon nie meer as vyftien of sestien wees nie, en hy moes haar nie bewonder nie. Miskien wanneer sy groot word... Hy het die gedagte weg geskud.

    Ek weet nie of iemand my kan help nie, het hy uiteindelik gesê.

    Jy het ‘n groot hartseer in jou. Haar stem het amper ‘n eteriese gehalte daaraan gehou, maar miskien was dit net hoe hy haar gewaar het. Hy het nog nooit iemand vantevore soos sy ontmoet nie. Asseblief, kom sit, en ek sal jou fortuin vertel.

    Fin het nie in sulke dinge geglo nie, maar dit sou help om sy terugkeer huis toe te vertraag. Hy het nie veel lus gehad om bymekaar te kom rondom roubeklaers en hulle simpatieke kykke nie. Hy het genoeg van ‘n gemors van dinge gemaak, end it kon nie reggestel word nie. Hy kan net sowel die meisie humor en haar sy fortuin laat vertel. Fin het na ‘n stoel voor ‘n tafel gestap. Sy het aan die ander kant gaan sit. Gee my jou hand.

    Sy het haar kop geskud. Nee, watter een ookal jy gemaklik is.

    Hy het sy linkerhand gelig en het dit op die tafel neergesit. Sy het dit omgedraai en trek haar vingers oor sy palm. Die sigeuner was vir ‘n paar oomblikke stil en toe kyk sy op na hom. Daar was ‘n bietjie verbasing in haar kyk, maar wat ook al daardie spesifieke voorkoms verdien het, het sy vir haarself gehou.

    Sê my, my heer, glo jy in liefde?

    Ek is nie seker ek doen nie. Niks in my lewe het daardie spesifieke emosie goed ontvang nie. Hy het heeltemal te veel verlies ervaar. Doen jy?

    Sy het geglimlag. Liefde is nie vir almal nie, en ek is nog jonk. Ek het ten minste die moontlikheid gesien.

    Probeer soos hy wil, hy sou nooit kon verklaar waarom hy so aangetrokke was vanaf die oomblik dat hulle ontmoet het nie. Daar was iets onidentifiseerbaars aan haar, amper spesiaal. Het jy ‘n naam?

    Ons almal het name, my heer. Selfs jy.

    Fin wou lag vir haar woorde. Hy het nogal simple opgetree en het die antwoord van haar verdien. Hierdie klein tydjie saam met haar het sy gemoed ‘n bietjie verlig. Daar was ‘n waarheid in haar oë wat vir hom gesê het dat sy nooit vir hom sou lieg nie. Hy het meer mense soos sy in sy lewe nodig gehad. As ek myne vir jou sê, sal jy joune met my deel?

    Miskien, het sy kripties geantwoord.

    Sy het geweet dat hy van edele geboorte was vandat sy met hom begin praat het. Hy het nie vir haar gesê hoe hoog sy rang is nie om te keer dat sy nog meer formeel is. Hy wou dit langer

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1