Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Spore in die Arep
Spore in die Arep
Spore in die Arep
Ebook162 pages4 hours

Spore in die Arep

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Sommer van die begin af gebeur snaakse dinge op die plaas Arep, in die Klein Karasberge, waar ses jongmense vir die herfsvakansie kamp. Uschi von Kritzner, ’n Duitse meisie, gaan met behulp van haar e-posvriend, Wessel de Lange, na Namibië om na die graf van haar oupagrootjie, wat in die Duits-Nama oorlog op Arep gesneuwel het, te soek. Jurgen, die plaaseienaar se seun, het sy hande vol om almal tevrede te hou, en Lukas, Namakleinseun van oorlede Frik Visioen wat vir jare op die plaas gewerk het, is besig om almal vir die gek te hou – of dra hy ’n lastige geheim met hom saam? Toe die Arep eindelik sy geheime prysgee, is dit veel anders as waarop hulle gereken het.
LanguageAfrikaans
Release dateSep 1, 2011
ISBN9780798153508
Spore in die Arep

Related to Spore in die Arep

Related ebooks

Related articles

Reviews for Spore in die Arep

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Spore in die Arep - Marie Reyneke

    Spore in die Arep

    Marie Reyneke

    Human & Rousseau

    Opgedra aan Attie en Wiesie

    van die plaas Arep in die Klein Karasberge

    Net soos feite en fiksie in hierdie storie ineenloop,

    so ook die magiese en die realistiese.

    Met dank aan Rhudi Schrader vir aanmoediging en hulp met navorsing, asook vir die Voorwoord.

    Voorwoord

    Die suide van Namibië, waar hierdie jeugverhaal afspeel, is ’n streek met hoë berge en diep ravyne. Genadeloos teenoor die verdwaalde vreemdeling, maar beskermend teenoor sy inwoners en diere. Die hoofkarakters van hierdie avontuurverhaal, wat in die huidige tydsbestek afspeel, is verteenwoordigend van die verskillende volkegroepe wat juis aan hierdie streek so ’n besondere kleurryke geskiedenis besorg het. Die bouvalle op die koppie is verteenwoordigend van die talle Namastede wat tot vandag toe nog nie hulle geheime prysgegee het nie. Die grootste een bekend is Khauxa!nas aan die Bakrivier in die Groot Karasberge.

    Die Namas, tesame met die San, was die eerste bewoners van Namibië. Hulle is aangevul deur die Oorlams-immigrasie (1700-1870) uit die destydse Kaapkolonie. Hierdie immigrante was van gemengde bloed en het baie vaardighede met hulle saamgebring, o.a. gewere en ammunisie en is gou met die Namas geïntegreer. Leierskap is op ’n kapteinstelsel gebaseer. Vername leiers soos Hendrik Witbooi, Jacob Morenga en ander was goed belese en het meestal volgens streng etiese reëls opgetree. Hendrik Witbooi het vir tien jaar ’n vredesverdrag met die Duitse magte gehad, voordat hy in 1904 skielik sy wapen teen alle blankes opgeneem het. Hy het dit as ’n godgegewe opdrag beskou. Hierna het die bloedige Duits-Nama-oorlog gevolg.

    Duitse sendelinge was reeds in die vroeë 1800 in die suide van Namibië. Handelaars het gevolg, wat dan ook grondeienaars geword het. Grondbesit deur enkelinge was ’n onbekende begrip vir die Namas. In ruil vir soms minderwaardige handelsartikels, is groot stukke grond afgestaan. Spanning het toegeneem toe die stamme besef hulle mag nie meer op sulke grond laat wei of water gebruik nie.

    Om die belange van die koloniste te beskerm, is die Duitse regering gevra om soldate te stuur. Die Schutztruppe is gevorm, meestal jong kadette met drome van heldedade. Die offisiere het geen kennis van die land en gevegsterrein gehad nie. Skermutselinge was hewig met groot verliese aan albei kante.

    Afrikaanse boere met gesinne was reeds gevestig in die suide van Namibië. Hulle was ervare jagters en het die land goed geken. Tydens die Duits-Nama-oorloë het hulle meestal as verkenners opgetree, maar het veral as transportryers ’n belangrike funksie vervul.

    Ná die Anglo-Boereoorlog het Brittanje versoek dat Suid-Afrikaanse troepe Swakopmund en Lüderitzbucht beset en radiostasies in die binneland van die destydse Duits-Suidwes-Afrika in besit neem. Met ’n groot oormag, onder bevel van Louis Botha, is die Duitsers verslaan, en die land verower.

    Gedurende 1990 het SWAPO die verkiesing gewen, en het die land onafhanklikheid teruggekry. Die naam Suidwes-Afrika is toe verander na Namibië.

    — Rudi Schrader

    1

    Nee flippit, man! Jy gaan ons verongeluk!

    Wessel skop met albei sy nommer tiens onder die paneelbord vas en gryp wild na vashouplek, terwyl dit voel of die jeep vir die soveelste keer gaan gat omgooi teen die opdraande. Klippe kraak onder die beurende bande en spat knarsend onder die wiele uit toe Jurgen die petrolpedaal dieper intrap en die voertuig met ’n onverwagte swaai weer lyfgee vir wat veronderstel is om ’n pad te wees. Die spul agterop die bak protesteer gillend.

    Jurgen Pieterse grynslag, maar sy bruingebrande arms wat by sy kakiehemp uitsteek, stoei steeds met die stuurwiel. Dis die Klein Karasberge dié, ou. Wat het jy verwag? Teerstrate? Hy stoot sy vingers vinnig deur sy kuif voordat hy die stuurwiel weer met mening pak.

    Wessel verwerdig hom nie om te antwoord nie, en probeer homself klein maak in die beknopte kajuit van die jeep. Dit was so hittete of sy kop was teen die dak. Hy loer deur die agterruit en sien hoe die ander vier half bo-op mekaar beland het, en nou sukkel om weer balans te kry. Hou aan die tralies vas! roep hy deur die oop ruit.

    En plant jul voete wyd uitmekaar! beduie Jurgen, duidelik geamuseerd.

    Wessel is lus om die Namibiër te herinner dat daar meisies agterop die jeep is, maar bedink hom. Daar is seker nie ’n ander manier om uit hierdie woesteny te kom nie. En buitendien, Jurgen se e-pos was duidelik: Ek weet nie so mooi van nog ’n meisie nie. Die Duitsertjie weet darem seker waarvoor sy haar inlaat; dat ’n slagveld tussen Duitsers en Namas nie op ’n piekniekplek sou gebeur nie, al was dit ’n honderd jaar gelede. Die plaas is nou nog woes. En hier is nie geriewe nie …

    Wessel kan nie help om te glimlag nie. Woes is nie die woord nie! Hier sal die bobbejane sweerlik kieries nodig hê om mee oor die weg te kom. Sover sy oog kan sien, is kliprante verstrengel met kranse wat loodreg afloop in diep klowe. Wat veronderstel is om die pad te wees, is skaars ’n klipperige deurkomplek na die volgende byna onbegaanbare helling.

    Wel, al het hy dít nie verwag nie, hét hy hulle gewaarsku. Nie dat Uschi haar sou laat waarsku nie. As hy enigsins getwyfel het oor haar vermoëns, het dit verdwyn die oomblik toe hulle haar die vorige oggend op Windhoek Internasionale lughawe ontmoet het.

    Tussen die massas passasiers van die Lufthansa-vlug uit Zurich het hy haar maklik geëien toe sy by die hekke uitkom, die vasberade agteroorgooi van haar blonde hare en die gemak waarmee sy haar rugsak op haar skouers gewoel het, het perfek by haar foto gepas. Bloot ’n bevestiging van die doelgerigtheid wat hy leer ken het in die drie jaar dat hulle op Facebook gesels het.

    Maar van die ander drie weet hy nie so mooi nie. Hy is nogal bekommerd oor Nandi. Hy hou van die meisiekind en hulle is al ’n jaar saam en alles, maar dit was nou nie sy idee dat sy moes saamkom nie. Dis een ding om natuurkind te speel met meditasies en betogings oor groen erfenis, maar heeltemal iets anders om in ’n tent te slaap en tussen biesies in ’n modderige kuil te bad. Maar nou ja! Toe sy van die projek hoor, was daar geen keer aan haar nie.

    Wessel, dit klink nou na die plek waar ’n mens jou innerlike self weer kan vind.

    Hy wou nog vasskop, maar sy was vasbeslote. En ek jou alleenlaat met ’n blondekop Duitser in die vreemde? Nooit gesien nie! Ek gaan saam om my belange te beskerm.

    Hy glimlag weer by homself. Nandi met haar dinge. Dalk moet hy haar ook nie onderskat nie.

    Dan is daar natuurlik nog die Donovan-ou wat hom gister met die eerste ontmoeting al afgesit het.

    En nou? Hoekom skielik so stil? Wessel kan sweer daar lê ’n spotlaggie op Jurgen se andersins stroewe gesig.

    Hy stoot sy kuif wat oor sy voorkop gesak het, met ’n vinnige veeg terug. Langer hare vir die duur van die vakansie was dalk nie so ’n goeie idee nie. Maar vir verduidelikings is hy ook nie lus nie. Instinktief huiwer sy hand by sy linkeroor. Ek moet erken, dit is erger as wat ek my dit voorgestel het. Waar op hierdie stuk aarde gaan Uschi haar grootoupa se graf opspoor?

    Wel, Jurgen huiwer vir ’n oomblik. Ons weet dit moet in die omgewing van die skanse wees. En volgens Lukas se oupa iewers in die rivierloop.

    En toegespoel met die groot vloede in twee-en-vyftig.

    Dit het jy en Uschi tog vooraf geweet.

    Ja, ’n mens moet seker nie te gou pessimisties raak nie. Dis net, die lotjie is my verantwoordelikheid. En ek begin wonder …

    Meer myne as joune, herinner Jurgen hom vinnig.

    Verbeel hy hom of is daar ’n sweem van irritasie in die seun agter die stuur se stem? Wessel haal sy skouers op. Kom ons sê dan maar ons albei se verantwoordelikheid. Ek het hulle tot hier gebring, of dan ten minste georganiseer om hulle hier te kry. En jy kry ons oor hierdie berge en klowe tot by ons bestemming … En ja, as dit nie vir al jou reëlings was nie, kon ons dit nie gedoen het nie.

    Ek is nie baie opgetrek oor almal wat saamkarring nie. Jurgen klink byna vyandig. "Hulle moet onthou, as hulle eers hier is, is hulle hier en kan maar vergeet van selfone en MXit en sulke goed. Hier is geen ontvangs nie.

    Wessel sug. Ek weet. Ek het self netnou gesit en dink … hierdie Donovan ou, niemand van ons ken hom eintlik nie. Hy’t homself eenvoudig ingewurm toe ons een aand op ’n party daaroor gepraat het. Miskien moes ek voet neergesit en hom hier uitgehou het.

    Ag, so erg kan dit ook nie wees nie. Dis nie of ons skatte of iets kom soek wat hy voor ons neuse kan wegraap nie. Met ’n bietjie aandik kan hy seker ’n scoop vir sy skoolkoerant kry. Om nie eens te praat van foto’s nie. Met daardie massiewe kamerasak wat hy soos ’n baba ronddra …

    Wessel lag. En hy sal ons vir seker nie mal praat nie. Ek meen, met sy i-Pod en oorfone soort van permanent in gebruik.

    Jurgen snork. Wonder hoe lank gaan hy die ding aan die gang hou. Hier is nie kragproppe in die rotse nie.

    Wessel maak ’n handbeweging. Whatever! Ek moet sê hy’s nogal nie stupid nie. Dis nou wanneer hy wel met ’n mens praat. En natuurlik as jy verby die groen jeans en groen gejelde hare kyk.

    Hy beter net hoop een of ander bok sien hom nie vir ’n boom aan nie. Twee kepies kerf tussen die seun agter die stuurwiel se oë. Moet sê, ek verstaan ook nie heeltemal jou Uschi se vreeslike beheptheid met haar grootoupa se graf nie. Wat het jy nou weer gesê was sy naam?

    Kurt von Kritzner. Maar ja, Europeërs kan, anders as ons, nogal vir geslagte aan familiestambome vasklou. Die ou se vrou was glo vasbeslote om haar man se graf te gaan soek, en het alle moontlike inligting bymekaar gemaak. Maar toe breek die Tweede Wêreldoorlog aan en daar kom niks van nie. Met haar dood het die opdrag aan haar enigste seun gegaan – Uschi se oupa. Toe ek en sy later Facebook-vriende word, was dit net logies dat sy sou onthou van die storie van ’n voorvader wat iewers op ’n vreemde plek in Afrika rus.

    En as ons ’n graf in die rivierloop kry? Hoe seker kan ons wees dis wel ou Von Kritzner s’n?

    Volgens Uschi het ’n soldaat, in dieselfde veldslag as waarin Von Kritzner gesneuwel het, talle besonderhede aan sy familie gegee toe hy ná die oorlog terug is Duitsland toe. Hy het met sy mes die letters K.K. op ’n groot, plat klip wat hulle op die graf gesit het, uitgekrap.

    Jurgen snork. Asof dit ’n honderd jaar later nog daar sal wees.

    Wessel sluk swaar. Hy het nou wel nie Johannesburg se teerstrate verwag nie, maar beslis ook nie so ’n ongereptheid waarin hulle veronderstel is om te soek nie.

    ’n Opgewonde gil van agter af onderbreek sy gedagtes. Dis Nandi wat op en af spring en wild vorentoe beduie. Die skanse! Daar’s die skanse! Sy leun vooroor en druk haar kop by Jurgen se venster in. Kan ons sommer nou gaan kyk? Assebliiiiieeef!

    Dan sien Wessel ook die verweerde klipstapels links van

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1