Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Niggie
Niggie
Niggie
Ebook346 pages4 hours

Niggie

Rating: 3 out of 5 stars

3/5

()

Read preview

About this ebook

Niggie speel af in die laaste maande van die Anglo-Boereoorlog. ’n Groepie Boerekrygers onder wie twee natuurwetenskaplikes, Ben Maritz en Reitz Steyn, vertrek uit die Kolonie om ’n getraumatiseerde jongeling na sy ouerhuis in die Vrystaat te neem. Op hulle tog word hulle ’n paar weke lank in ’n klein opvangskamp deur lede van generaal Bergh se kommando aangehou. Terwyl hulle ’n opdrag vir die generaal uitvoer, word Reitz en Ben egter gewond en daarna op ’n nabygeleë plaas deur drie Boerevroue verpleeg, waar hulle tot aan die einde van die oorlog vertoef.
Op die oog af ’n eenvoudige gegewe, maar wat Ingrid Winterbach daarmee doen, daarin lê die verrassende van hierdie roman.
Hierdie roman is bekroon met die Hertzogprys in 2004.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2013
ISBN9780798159968
Niggie
Author

Ingrid Winterbach

Ingrid Winterbach is ’n veelbekroonde skrywer. Sy het al meermale die Hertzogprys, die M-Net-prys en die UJ-prys ontvang. Winterbach se romans het al in Nederland, Frankryk en Amerika verskyn. Sy woon op Stellenbosch en is ook ’n beeldende kunstenaar.

Read more from Ingrid Winterbach

Related to Niggie

Related ebooks

Related articles

Reviews for Niggie

Rating: 3 out of 5 stars
3/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Niggie - Ingrid Winterbach

    9780798159968_cover.jpg

    Niggie

    Ingrid Winterbach

    Human & Rousseau

    Vir Dawie en Hester Gouws

    Hoofstuk 1

    Hulle kom teen sononder op die plaaswerf aan.

    Dit lyk verlate, maar die honde blaf, en die boer kom hulle spoedig tegemoet. Hy nooi hulle binne, sodra die perde versorg is.

    Hy dring daarop aan dat hulle saam met hom eet. Hulle vra of hulle voor aandete mag was. In hulle huidige toestand kan hulle aan geen behoorlike tafel aansit nie.

    In die kombuis blaas die boer die vuur energiek maar sorgsaam aan.

    Sy vrou is drie maande gelede oorlede, sê hy. Hy sal hulle die graf môre gaan wys – as hulle belangstel.

    Hulle eet die vleis en die swaar wit brood met konfyt. Hulle eet gulsig; kan nouliks genoeg van die kos kry. Na ete skink die boer versigtig vir elkeen ’n afgemete skeut brandewyn by die koffie. Die gevoel van weldadigheid sprei deur hulle liggame.

    Die huis is nie groot nie, maar daar is ’n keurigheid in die manier waarop elke voorwerp geplaas is, wat dui op ’n vrouehand.

    Reitz sien hoe versigtig die boer alle voorwerpe en oppervlakke na gebruik skoon maak. Met ’n soort talmende verlange. Asof hy iets onthou by die neersit van iedere voorwerp.

    My vrou was ’n puntenerige mens, sê hy, laataand. Dit is nie duidelik of hy dit verskonend of verduidelikend sê nie.

    Hy skink nog koffie, nog versigtige skeute brandewyn.

    Nog later vra hy of hy hulle ’n droom kan vertel wat hy die nag vantevore gehad het. Willem knik instemmend namens hulle almal.

    Hy het gedroom, sê die boer, van die triekstervrou – hy het altyd gedink dit is ’n man, maar in die droom was dit ’n vrou. Daar was ’n klomp mense rondom die dorpskerk vergader. Hy het niemand herken nie. Toe sien hy ’n vrou wat hy ken. Haar hare is rooi, haar gesig witgepoeier en sy dra ’n verehoedjie.

    Hy kan nie begin, sê die boer, om die aanvalligheid van daardie hoedjie te beskryf nie. Dit was sag soos die vlerke van ’n berghaan. Met ’n flits van blougroen lig daarin.

    Hy en die vrou beweeg mettertyd weg van die mense, na ’n kamer met ’n bed. Toe dit blyk dat dit tyd vir saamlê is en hy strek sy arms na haar uit, toe is daar skielik in haar plek ’n wildvreemde man, en sý lag buite op die stoep. Toe weet hy, dit was die triekster.

    Ben knik belangstellend.

    Reitz kyk oor sy skouer in die skaduwees.

    Het een van julle al met die ou poetsbakker kennis gemaak? vra die boer. In een van sy of haar gedaantes?

    Niemand antwoord dadelik nie. Dit wil voorkom asof Ben die ernstigste oor die vraag nadink.

    Jong Abraham is die hele aand merkwaardig rustig. Hy sit roerloos en swygend, uiter geen onsamehangende frases nie.

    Toe hulle aanstaltes maak om te gaan slaap, omdat die plan is om reeds vroeg die volgende oggend verder te gaan, wil die boer sy katel afstaan, maar Willem wys dit ferm van die hand. Hulle slaap so lank reeds nie meer op katels nie, sê hy.

    So slaap hulle in die vrykamer op bulsakke, met skoon komberse en jakkalsvelkarosse.

    Omdat hy nie kan slaap nie, staan Reitz in die nag op en stap na buite. Die huis lê in ’n kom tussen die berge. In die maanlig is daar ’n reddelose verlatenheid oor die stil werf. ’n Kilte en ’n aanmaning van droefnis soos selde in sy onlangse ervaring. Miskien kom dit deur die stilte. Miskien deur die ordelikheid van die werf, die simmetrie van die blomtuintjie voor die huis.

    Die volgende oggend merk Reitz opnuut die sorg waarmee die boer elke takie verrig; klein, netjiese, ingehoue bewegings. Ook die netheid van die huis val Reitz weer op. Asof ’n vrou haar pas daaroor ontferm het. En toe vort is. ’n Vrou van wie die halfverdwene geur nog aan voorwerpe kleef.

    Toe hulle afskeid neem, sê die boer hy hoop van harte dat hy weer in sy lewe daardie hoedjie van vere sal sien. Dit was werklik iets besonders, sê hy.

    Hoofstuk 2

    Van die boer se plaas beweeg hulle vroegoggend teen die steil helling bergop. Laat die kom waarin die boer se huis tussen die voetheuwels lê agter hulle. Bereik mettertyd ’n smal pas, waar hulle deur die berge kan gaan. Aan weerskant van die smal paadjie skiet die kranse loodreg langs hulle op. Dik sedimentêre lae modder- en sandsteen duidelik sigbaar, sien Reitz, met doleriet-intrusieplate. ’n Bergreeks van die Karoosisteem – die klipformasies so anders as die dramatiese voue van die Kaapse plooiingsgebergte. Die perdepote klink op die los klippers en die eggo’s laat voëls vervaard van die smal rotslyste opvlieg. In die grotte moet wildeheuning wees, bobbejane en die luiperd wat skuil en hurk. ’n Koue rilling gaan by hulle ruggrate af, hoewel dit helder oordag is. Die hemel ’n smal strepie weerklinkende blou direk bo hulle koppe.

    Toe hulle deur die berg kom, maak ’n uitgestrekte gelykte voor hulle oop. Van hier beweeg hulle direk noordoos. Hulle volg ’n roete langs die droë loop van ’n rivier. Waar moontlik bekyk Reitz met geoefende oog die rivierwal vir tekens van fossiele wanneer hulle kort rukkies afsaal. So beweeg hulle minstens ’n halfdag ver.

    Om twaalfuur toe hulle skaduwees kort om hulle hakke is, kom hulle drie swart mans op perde teë. Die mans dra hoede en komberse. Een dra die verweerde baadjie van ’n Kakie-uniform. ’n Ander dra ’n veer in sy hoed.

    Van alles en nog wat, sê Ben onderlangs.

    Die twee groepe kom teenoor mekaar tot stilstand.

    Wat wil julle hê? vra Willem. Ek vertrou dat julle nie die Kakies help nie.

    Die mans praat in Xhosa onder mekaar. Die leier maak ’n handgebaar wat lyk na ’n vredesteken.

    Hy en Willem buig formeel na mekaar.

    Dan gaan die groepie sonder om te groet by hulle verby.

    Vanaand sluit hulle by generaal Pettingale aan, sê Ben.

    Hulle is onbewapen, sê Willem, soos dit hoort.

    Die res van die dag kom hulle niemand teë nie. Hulle beweeg deur ’n landskap met lae heuwels, doringbome en hoë gras. Die vlakte maak geleidelik oper. Hulle laat mettertyd die Koueberge agter hulle.

    In die laatmiddag gaan hulle deur ’n groterige syspruit van ’n rivier – die Seekoeirivier dalk, wonder hulle. Kan met geen sekerheid sê nie. Hulle beweeg steeds noordoos, in die rigting van die Oranjerivier.

    O bring my terug na die ou Transvaal, sing Ben sag.

    Ons is nog ver daarvandaan, ou Ben, sê Reitz, danksy Senekal se taktiese vernuf.

    Die held van Skeurbuikhoogte, sê Ben.

    Van Allesverloren en Droogleegte, sê Reitz.

    Hulle soek skuiling teen die hang van ’n groterige kliprant met groot, los rotsblokke. Vind ’n vlak grot. Maak vuur. Eet die kos wat die boer vir hulle ingesit het.

    Jong Abraham is weer onsamehangend.

    Met die bef beroer, sê hy.

    Abraham, wat skeel? vra Willem. Afgetrokke.

    Kornuitsonde, sê Abraham, en sy oë rol effens.

    Slegte nag, sê Ben vir Reitz. Abraham is erg opgeruie.

    Dit is middel-Februarie, die ergste somerhitte begin afneem.

    In hierdie streke word dit goed koud snags, sê Ben.

    Onder die grond loop daar kimberlietpype, sê Reitz, maar of daar diamante in is, kan nie met sekerheid gesê word nie.

    Moet dit in ieder geval nie te hard sê nie, sê Ben.

    Hulle grawe vlak holtes vir lêplek om die vuur.

    Willem sien na jong Abraham om.

    Onrustig vanaand, ou Reitz? vra Ben.

    Aa, en: ai tog, sê Reitz. Vryf met die hand oor sy gesig.

    Hy bly lank in die vlamme staar, want agter sy rug en in die skaduwees het hy vermoedens van teenwoordigheid. Van iets troebels wat hy agtergelaat het, maar wat hom mettertyd sal inhaal.

    *

    Die son kom op. Hulle is die vorige oggend van die boer se plaas weg, en drie dae vantevore van kommandant Senekal se walaer.

    Senekal se kommando was die afgelope week of twee, drie in die omgewing van Beaufort-Wes gebaseer, nadat hulle sedert Oktober van die vorige jaar ’n aantal kere sonder sukses by generaal Smuts tydens een van sy invalle in die Kolonie probeer aansluit het. Nadat hulle hom in Desember weer in die omgewing van Vanrhynsdorp misgeloop het, en na die skermutseling met die Engelse by Allesverloren kort daarna, het Senekal skynbaar moed opgegee en sy soektog na Smuts laat vaar.

    Ben en Reitz kon nie besluit wat die ergste was nie: die vergeefse rondswerwery agter Smuts aan, of die vasstaan op een plek daarna.

    Die vier van hulle is op pad om jong Abraham na ’n gunstiger omgewing te bring – na sy moeder op Ladybrand – as sy haar nog daar bevind.

    Kommandant Senekal (sy oë agterdogtig vernou; sy kop in ’n wolk tabakrook gehul) het sy toestemming hiervoor gegee, op voorwaarde dat hulle op pad ’n brief aan generaal Bergh oorhandig. Die generaal hou hom iewers in die Kolonie naby die Oranjerivier in die omgewing wes van die Skeurberge skuil.

    Toe hulle vertrek, oorhandig Senekal aan hulle ’n verseëlde brief vir die generaal en ’n kaart met aanduidings hoe om by sy kamp uit te kom.

    Willem Boshoff is ’n man van in die vyftig – die oudste van die vier. Hy is groot van gestalte. Gewigtig, stadig, statig. Hy praat min. Sy oë is helder soos water. Voor die oorlog was hy posmeester op sy tuisdorp. Hy het Abraham onder sy vlerk geneem die dag nadat Abraham se ouer broer langs hom doodgeskiet is by die slag van Droogleegte. Sedert dié dag het jong Abraham nie weer ’n verstaanbare sin kon sê nie.

    Abraham Fouché kan nie ouer as twintig wees nie. Sy jeug is daarmee heen. Wie weet hoe sy lewe onder gunstiger omstandighede daar sou uitsien?

    Reitz Steyn is lank, met ’n traagheid en aarseling in sy bewegings. Sy gelaatskleur is rooi en sproeterig. Sy ooglede is swaar, sy mond sensueel en geneig tot pruilerigheid, wat miskien die indruk kon skep van iemand wat oordrewe op die plesier van die sintuie ingestel is. Maar wat dan van die onderliggende senuweeagtigheid, die skugterheid in sy omgang met mense?

    Ben Maritz is korter as Reitz, van middelmatige bou, met ylerige donker krulhare en ’n breë, oop voorkop (verbasend sterk gelyn vir ’n man van sy leeftyd). Hoewel sy glimlag ironies is, is die uitdrukking in sy oë verrassend sag en meelewend. Aan sy ongewoon ekspressiewe neusvleuels is sy reaksie op ’n situasie soms af te lees. Nie ’n persoon wat homself voorop stel nie; iemand van wie die energie spontaan uitvloei na die wêreld óm hom.

    Ben is ongeveer vyf en veertig jaar oud, Reitz ’n jaar of drie jonger.

    Hulle deel ’n hartstog vir die natuurlike wêreld. Hierdie gedeelde hartstog het die basis van hulle vriendskap gevorm – toe hulle toevallig saam by die Lichtenburgkommando onder kommandant Celliers beland het, nadat hulle aan die begin van die oorlog elk by ’n ander kommando aangesluit het.

    Albei is sedert hulle jeug besig met waarnemings en optekenings van die natuur. Ben is so lank hy kan onthou al bedrywig met die bestudering en versameling van plantjies en insekte; altyd op soek na nuwe spesies. Hy is aan die South African College in Kaapstad in die natuurhistorie opgelei en Reitz in Engeland as geoloog. Hy was in Johannesburg as myngeoloog werksaam, alvorens hy hom in Pretoria gevestig het, waar hy besig was met ’n optekening van die geologiese kenmerke van die Middelveld toe die oorlog uitgebreek het.

    *

    Vroegoggend ril hulle, trek die baadjies stywer om die skouers, wanneer die koue oggendluggie agter op hulle nekke en op hulle wange en ore kom lê. Sit hulle tog voort op die tweede oggend.

    Aanvanklik is hulle geselserig. Maak praatjies. Bewonder die landskap wat skynbaar eindeloos voor hulle uitstrek. Die lang gras is wuiwend. Klipkoppies voor hulle en lae berge wat soos molshopies in die verte opstoot.

    Ben wys hier op ’n struik en daar op ’n voël.

    Oordag word dit steeds behoorlik warm.

    Oor die middaguur rus hulle in die skadu van ’n boom.

    Reitz bekyk die grond aandagtig, op die uitkyk vir ’n ongewone klip, of fossiel.

    Ben Maritz maak ’n tekeninkie van ’n peul. Bekyk ’n plantjie. Aasbloem, sê hy.

    Jong Abraham sit regop met sy rug teen die boom. Houterig soos ’n pop. Willem spreek hom salwend dog ferm aan, probeer hom kry om iets te eet en te drink. Uit sy eie het die jonge skynbaar nie meer aptyt nie.

    Hulle raadpleeg die kaart. Nog geen herkenbare bakens in die omgewing gevind nie. Maar volgens Willem se kompas beweeg hulle nog in die regte rigting. Noordoos.

    In die agtermiddag is hulle stiller. Groot wolke beweeg oor die landskap.

    Op ’n afstand sien hulle ’n trop wildsbokke. Hulle sien dassies op die los rotsblokke en een of twee springhase.

    In hierdie omgewing sou hulle dus van vleis verseker wees, wanneer die biltong en meel wat die boer vir hulle saamgegee het, op is.

    Skemer saal hulle by ’n lae koppie af. Skuil soos die vorige aand onder die oorhang van ’n rots, aan die kant van die koppie. Elkeen hol vir homself ’n slaapplek langs die vuur uit.

    Hulle maak pap. Eet in stilte.

    Na ete lees Willem uit die Bybel voor. Hy lees Spreuke 3 voor en doen daarna ’n gebed.

    Voor hy gaan slaap, maak Reitz aantekeninge in sy joernaal, soos elke aand. In vergelyking met die Kaapsisteem, wat tydens die halfskemer, leë voorwêreld van die Devoon tot stand gekom het, is die Karoosisteem jonger, en onvoorstelbaar waterryk tydens die Perm- en die Triastydperk, met ’n oorvloed aan plante en diere, skryf hy. Dit is gevorm na wydverspreide vergletsering, gevolg deur ’n lang tydperk van mere, deltas en moerasse, wat tydens die Trias in woestynagtige en vulkaniese toestande geëindig het. Dit bly steeds verwonderlik, skryf hy, die talle oorblyfsels van die vroegste en mees primitiewe soogdiervoorgeslagte wat moes behoue gebly het in die grond onder ons voete – in die rotslae van die Beaufort-, Ecca- en Stormbergseries. Soveel geheime wat die aarde nog moet prysgee. Soveel wat ons nog omtrent haar verborgenhede te wete moet kom.

    Omdat die oorhang en koppie min skuiling bied, slaap hulle nie gerus nie. Tot onlangs het hulle nog die beskerming van die groter getalle van die kommando geniet. Nou is hulle op hulle eie. Oordag in hierdie oopte is hulle ’n teiken vir wie ook al sin het om hulle op ’n afstand in te wag en geluidloos te oorval.

    Reitz bly steeds onder die indruk van die boer se verhaal van sy afgestorwe eggenote en van sy droom van die triekstervrou. Hy kan nie sê op watter manier die verhale by hom aanklank vind nie. Hy weet alleen dat hy daarvan onrustig geword het.

    *

    Die oggend van die derde dag breek glorieus op die horison. Skoonheid om die keel van toe te knyp.

    Vroegoggend is daar ’n geniepsige koelte in die lug. Hulle raadpleeg die kaart. Volgens berekening behoort hulle teen dié tyd al een van die bakens teëgekom het. So nie is hulle verdwaal. Of Senekal het hulle ’n streep getrek.

    Soos hulle verder gaan, bekyk hulle die omgewing met selfs groter aandagtigheid as die vorige dag.

    Die landskap is steeds aan die verander. Doringbome en struike word minder; die wuiwende gras maak plek vir lae bossies en kleiner struikgewassies.

    ’n Voël roep: kek-kek-kek-kek. Die blouvalk, sê Ben.

    ’n Ander voël roep: lielielie-leeeei. Die sandhoender, sê Ben.

    Af en toe vra Ben Reitz uit na ’n aspek van die land; van die geologie van die omgewing.

    Hulle moet gereeld afsaal sodat jong Abraham geleentheid kry om te rus.

    Soms is die skaduwee waarin hulle hom laat sit bitter karig.

    Willem praat bemoedigende woorde met hom. Moedhou, Abraham, dis nie meer lank nie. Ons is op pad.

    Dan kyk Willem op na die lug. Sy bleekblou oë óóp soos die oppervlakke van water, gereed vir die weerkaatsing daarin van wolke.

    Abraham kyk stip voor hom, met die intense swart oë in sy vermaerde, bleek gesig.

    Ben bekyk aandagtig die aktiwiteit van die miere by sy voete.

    Word jy iets wys van hulle bedrywigheid, ou Ben? vra Reitz.

    Nie net word ek iets wys nie, sê Ben, maar ek het pas die allerinteressantste ingewing gehad. Aangaande hulle bedrywigheid.

    Wanneer hulle rus, wys Ben die sandkewer uit en die gomtor, die oogpister en die toktokkie.

    *

    Volgens Willem se kompas beweeg hulle steeds noordoos.

    Hulle praat – hieroor en daaroor – maar nie oor wat hulle onlangs agtergelaat het nie.

    Met name die kommando onder aanvoering van kommandant Servaas Senekal.

    Die held van Skeurbuikhoogte, het Ben hom soms genoem – onderlangs, uiteraard.

    Held se agterent, sê Reitz dan.

    Die kommandant het meesal oordag voor sy tent sit en rook. En sy vergeefse planne beraam. Dit wil sê wanneer die kommando nie voortvlugtend was nie.

    Hy het ’n swart manelpak met pluiskuil gedra (soos generaal Maroela Erasmus, het van die manskappe gespot). Sy humeur selde goed. Sy oë uit fokus gerook en wantrouig vernou. Sy vermoë om die verkeerde taktiese besluit te neem skynbaar onbegrens.

    Ou platkop weer in ons midde, sê Reitz dan sag.

    Ou Reitz, sê Ben, die man het ’n verantwoordelikheid teenoor die volk om planne te beraam.

    Se gat, sê Reitz dan. Of: Ai tog. Of soms in ’n onbewaakte oomblik: Die volk se ondergang is reeds beklink.

    Versigtig, het Ben dan vermanend gesê, sekere dinge moet liefs ongesê bly.

    Wanneer die kommando van die een na die volgende staanplek beweeg het, het dit Reitz en Ben die geleentheid gegee om wanneer moontlik in die omgewing veldwerk te doen. Hulle bevindinge het hulle in hulle joernale opgeteken. Hierdie joernale gaan oral met hulle saam – vir die wis en die onwis.

    Die res van die kommando het meesal oordag in die skadu geslaap, kaart gespeel en gedobbel, om die tyd te vul. Weinig van die burgers het nog gelees of gereeld briewe geskryf om die dralende tyd om te kry.

    Op die duur, die afgelope weke, het Reitz en Ben albei toenemend ontnugter met die verloop van die oorlog geraak. (Nie een van hulle was ooit ’n vurige voorstander van die stryd nie – Ben nog minder as Reitz.)

    Is daar nog ’n leier oor wat sy sout werd is, ou Ben? vra Reitz. Dan sê Ben: Nou vra jy die verkeerde man. Of die verkeerde vraag.

    Oor watter heuwel of lae koppie of vanuit watter windrigting, het Reitz gewonder, sou daar ’n boodskapper kom met goeie nuus – óf ’n opdrag, óf ’n aanduiding van ’n uitweg?

    Kommandant Senekal se oordeel het nie verbeter nie, sedert hulle uit noodsaak gedwing was om by sy kommando aan te sluit in die vroegherfs van die vorige jaar. Trouens – wat daarvan oor was, was hy sigbaar aan die verloor. Daarbenewens had hy ’n swakheid vir vrouevlees en enige gepaardgaande vorm van beneweling: hetsy uit die bottel, óf aan die hand van die kruid – tabak of andersins.

    Op dié manier is die bewegings van die kommando eerder bepaal deur die beskikbaarheid van bogenoemde, as deur die aanwesigheid van die vyand.

    By Norraspoort het hy hulle byna in ’n gevaarlike strik gelei toe hy ’n sekere weduvrou heethoofdig agtervolg het. Mooi voorbeeld van dwarsgange gevorm deur intrusiegesteentes, het Reitz net voldoende tyd gehad om in die verbygaan op te let.

    Eers by Skeurbuikhoogte en kort daarna by Allesverloren het hulle skrams met die vyand slaags geraak en nie goed daarvan afgekom nie, maar by Droogleegte – ongeveer drie weke vantevore – het hulle na twee dae se bloedige gevegte laatmiddag vyftien dooies begrawe, waaronder die knap verkenner Faan Oosthuizen, en jong Abraham se ouer broer. Die konfrontasie by Droogleegte kon vermy gewees het – die einste Faan het Senekal ten sterkste afgeraai om daar met die Kakies slaags te raak.

    Verby die grafte het Reitz die aand oor die vlaktes van sandsteen uitgekyk en gedink: nou het ek genoeg gehad van bloedvergieting.

    Hier het ons nou ’n goeie man verloor, ou Reitz, het Ben sag langs hom gesê. Een van die laaste goeies.

    Oorkant hulle het Willem se bleekblou oë verbete die lug dopgehou. Asof vir ingewings en tekens.

    By Droogleegte het jong Abraham se broer langs hom gesneuwel. Sy kop en bors is weggeskiet. Abraham het ure lank met sy broer se liggaam in sy arms gesit – totdat Willem hom daar weggelei en sedertdien in sy sorg geneem het. Die gesneuwelde broer was ’n vriend van hom.

    Daarna was jong Abraham se toestand sleg, hy het opgekrul in die tent langs Reitz en Ben se tentjie gelê. Hy het nie weer samehangend gepraat nie – hy het onverstaanbaarhede geuiter, los frases, verwarde krete; snags het hy angsdrome en hallusinasies gehad. Hy het nie geëet nie, hy het nie beweeg nie. Sy liggaam was rigied soos dié van ’n dooie.

    Dis toe – na Droogleegte – dat Reitz en Ben enkelsillabies en onderlangs met Willem begin praat het by die kookvure saans.

    Hier ’n woord en daar ’n opmerking. Eers het Willem gesê: Die broer se bloed roep om vergelding. Vergeet van vergelding, het Ben gesê. Daar is nie meer plek of tyd vir vergelding nie.

    Totdat hulle besluit het: so waai die wind en nie anders nie. Willem moet jong Abraham van Senekal se walaer wegneem na sy moeder, waar hy versorg kan word, en Reitz en Ben sal hulle vergesel, want op sy eie kan Willem nie gaan met die verswakte, geskokte jongman nie.

    Intussen het Ben – meer as Reitz – dit begin oorweeg om die wapen neer te lê, die eed te teken, en na sy vrou en kinders terug te keer. Reitz het gesê: Jy weet wat die Boere doen met verraaiers.

    Die plan was nou om jong Abraham terug te neem na sy moeder in Ladybrand. Vandaar sal Ben by sy vrou en kinders aangaan in sy tuisdorp Burgershoop, suidwes van Ladybrand. (Hy het hulle meer as ’n jaar gelede laas gesien.) Daarna sal hy en Reitz desnoods by ’n ander kommando aansluit. Maar nie weer terug na kommandant Senekal se walaer nie. Kom tyd, kom raad, maar nie weer terug na Senekal nie.

    Senekal het teësinnig sy toestemming daarvoor gegee dat hulle Abraham na sy tuisdorp terugneem, en op ’n oggend, sewe dae vantevore, vertrek die vier van hulle met brief en kaart.

    *

    Agtermiddag kom hulle drie mans teë met ’n hond. Hulle het die groepie op ’n afstand aangedraf sien kom.

    Die mans is geklee in inheemse drag. Meesal gebreide velle – mantels van karos – wat hulle dra met die binnevel na buite. Om hulle nekke, heupe, enkels en gewrigte dra hulle krale van sade, skulpe en knopies. Houtkrale en tande. Hulle dra vere en enkelriempies, sandale van leer, en oorbelle. Hulle dra vreemde hoedjies van vel. Die een se hoedjie is van ’n dierpels waarvan die twee oortjies van die dier aan weerskant regop staan sodat dit lyk of hulle luister. Die een het iets wat lyk na ’n vlieëslaner – ’n houtstokkie met ’n klossie perdehare vooraan. Hulle dra geen gewere nie – hulle lang spiese is handgemaak. Die leier het ’n breë, oop gesig. Hulle lyk nie onvriendelik óf onredelik nie.

    Reitz dink: Op God vertrou ons dat die mense ons goedgesind is. Want hier in die oopte van die veld is daar geen skuilplek of wegkomkans nie.

    Die leier rig hom tot Willem. Willem die imposante – groot, straal van hulle al vier die meeste gesag uit.

    Die leier beduie met groot heftigheid. Wys met ’n kragtige beweging van die regterhand vóór hom. Sy arm beskryf ’n sirkel langs sy oor verby, kom op ooghoogte tot stilstand – vier vingers teenmekaar aangedruk – en val dan tot langs sy sy. Hierdie beweging herhaal hy vier tot vyf keer.

    Willem probeer kennelik sy bes om te verstaan wat die man probeer sê en beduie.

    Ek kan sweer, sê Ben sag, opgewonde, dat die mense afstammelinge van die !Kora of selfs Gonnahottentotte is. Wie sou kon dink dat daar nog van hulle in die omgewing is! Ek sou dink dat hulle almal lankal uitgesterf is.

    Willem kyk beurtelings aandagtig in die rigting waar die man beduie, en dan weer na die man self.

    Om

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1