Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Tweegevreet
Tweegevreet
Tweegevreet
Ebook298 pages6 hours

Tweegevreet

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom.
Tweegevreet bied, soos sy voorganger Die vertes in, spanning én stof tot nadenke.
LanguageAfrikaans
PublisherKwela
Release dateJun 29, 2020
ISBN9780795709708
Tweegevreet
Author

Zirk van den Berg

Zirk van den Berg is in Namibië gebore, het grootgeword in Suid-Afrika, en woon deesdae in Nieu-Seeland. Hy debuteer met ’n kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel, en daarna verskyn ’n roman, Wydsbeen. Nobody Dies is sy eerse Engelse roman, vertaal as 'n Ander mens. Halfpad een ding en Half of One Thing verskyn saam in 2014.

Read more from Zirk Van Den Berg

Related to Tweegevreet

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Tweegevreet

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Tweegevreet - Zirk van den Berg

    Kwela Boeke

    Vir Anna.

    I

    Stempsky was al ongedurig nog voordat hulle na die luiperdaanval uitgeroep is. Hy het vroeg opgestaan, sy beddegoed gladgetrek en die trommel reggepak waarin hy al sy aardse besittings hou, maar hy kon die ding wat uit plek is, nie kry of regstel nie.

    Miskien is dit die gesig in die spieël, dink hy terwyl hy skeer, en draai om ’n driekwartaansig van sy seepgesmeerde wang te kry, en skraap dit met die skeermes skoon. ’n Sterk kakebeen, gebeitelde gelaatstrekke, hoewel die vlees kwesbaar is vir die lem, met ’n snytjie of twee om dit te bewys. Yl wenkbroue laat hom ietwat weerloos lyk, soos ’n bokser wat al te veel houe in die gesig gekry het. Donkerblonde hare met ’n natuurlike krul; oë so donker dat sy pupille onsigbaar is, behalwe wanneer die son hulle teen ’n sekere hoek tref en die irisse soos mahoniehout gloei; ’n koperkleurige bokbaard en bypassende snor met opgekrulde punte; lenige lyf, ’n aks groter as die gewone. Menige man sou wat wou gee om in sy skoene te staan, maar hy is nie seker hy kan dit met homself uithou nie.

    Hy roer die skeerlem in ’n kom koue water om van die skuim en stoppels ontslae te raak, vee dit met ’n verslete handdoek droog en vou die lem terug in die hef. Sy onderlip is geswel en seer, en hy druk daaraan met sy tong. Dit het laas winter ook gebeur, oor die koue, droë lug. Dis soos om ’n bysteek te hê wat nie regkom nie. Hy droog sy gesig af en dra dan die kom buitentoe, oor die kaal, klipperige werf, met sy skaduwee agterna, dun soos ’n pendoring in die skuins oggendson. Hy skiet die water oor ’n bossie; ’n mens kan dit nie vermors nie. Hoenders kom kloek om sy stewels. Hy maak of hy hulle gaan skop en hulle spat uiteen. Hy is in sy onderhemp, bly oor die koue se byt op sy vel. Selfs al is dit Julie en die nagte bitterlik koud, sal die temperatuur oor ’n uur of wat, sodra die son van die kim losgeglip het, styg tot twintig grade of meer.

    In die kampie langs die polisiekantoor staan ’n paar perde. Agter hulle is die landskap wyd en chaoties, die oppervlak ’n gefrommelde landkaart vol grys bossies soos kolle muf. Na die ander kant toe, weswaarts, rys Gamsberg blou en bonkig en dui die einde aan van die gebied wat die owerhede hier in Duits-Suidwes-Afrika as beskaaf beskou.

    Stempsky hoor eers hulle stemme en dan sien hy die twee Nama-seuns wat met die paadjie van hulle nedersetting af kom met ’n bierbottel vol melk, waarskynlik nog warm van die koei. Hulle lyk opgewek, lag en stamp mekaar met die elmboog. Hy lig sy hand om te groet en ontlok breë glimlagte op die bruin gesigte met hul byna Oosterse gelaatstrekke. Om die twee seuns te huur, was feldwebel Dudeck se idee, sodat hulle polisiemanne minder tyd aan oorlewingstake hoef af te staan en beter op hulle eintlike taak kan konsentreer – om Duitse heerskappy oor die land te vestig. Daar word van hulle verwag om nie net polisiediens te doen nie, maar ’n bestaan te voer in hierdie ongenaakbare, ongetemde land – hulle moet self die geboue oprig waarin hulle werk en slaap, en ten minste ’n deel van hulle eie kos kweek. Blikkieskos en droë kruideniersware, hardeware, instruksies en betaling kom van die hoofkwartier in Windhoek af, en verslae gaan terug soontoe.

    Omdat dit Sondag is, benut die twee kollegas met wie hy die barak deel die kans om laat te lê. Feldwebel Dudeck se agterent het die besondere vermoë om ’n halfuur voor sy baas wakker te word en die res van hulle met trompetgeskal te wek, terwyl hulle lywige bevelvoerder sy gesig in sy kussing gedruk hou. Reiter Bock is ook nog in die bed. Hy skryf al weer ’n brief vir daardie vrou in Berlyn op wie hy so versot is. Al skryf hy soveel briewe, het Stempsky nog selde gesien dat hy een gee om gepos te word.

    Die jong man het duidelik nie die vereiste aantal jare se militêre ervaring om aan die landespolizei toegedeel te wees nie, en om selfs in die eerste plek as soldaat na Suidwes-Afrika gestuur te geword het nie; iemand moes toutjies getrek het. Toe Bock vier maande gelede vir die eerste keer hier op Hochnamib aankom, het Stempsky en Dudeck albei hulle bedenkinge gehad. Die kêrel was skaars meer as ’n geraamte en die manier waarop die vel oor sy benerige gesig span, het daardie indruk versterk. Nogtans doen hy wat van hom gevra word. Hy het selfs ’n bietjie lyf gekry.

    Bock is ontwykend wanneer hulle hom pols oor die plaaslike opstand ’n paar maande gelede, toe hy dieper betrokke geraak het as sy twee meerderes. Al wat hulle vir seker weet, is dat Bock lewendig daarvan afgekom het, hoewel hy sedertdien taamlik terughoudend is, dat die rebelse dorpsmense teruggekom het Hochnamib toe, en daarmee saam die rustigheid wat die streek voorheen geken het. Die skoolmeester wat die opstand gelei het en ’n handjievol van sy volgelinge lê nou in grafte in die begraafplaas anderkant die nedersetting. ’n Tienerseun het uit die dorpie verdwyn, maar daarbenewens lyk dit asof almal eerder ná April se tragiese gebeure net vorentoe wil kyk.

    In die rustige maande sedertdien het die drie polisiemanne hulle groentetuin uitgebrei en genoeg hoenders gekry om te sorg dat hulle eiers het vir ontbyt en een of twee maal per week van die pluimvee self vir aandete kan geniet. Hulle het ’n hokkie agteraan die vierkantige baksteengebou opgerig vir hulle gereedskap en rytuig en het die aanleunkombuis in ’n stoep omskep met halfhoogte mure en twee vierkantige pilare langs die deuropening.

    Dit is waarheen die seuns mik, komieklik in die stukke weggooi-uniform wat om hulle klein gestaltes flap. By die hoek steek die twee vas en ’n oomblik later hoor Stempsky hulle gelyk roep: Baas! Die Boerewoord het die gewone manier geword waarop die plaaslike bevolking enige wit man aanspreek. Kom kyk!

    Toe hy naby genoeg kom dat hy om die gebou se hoek kan kyk, sien hy wat hulle sien – ’n sebravul het in die heining rondom hulle groentetuin verstrengel geraak. Hy bokspring en ruk en probeer hardloop, maar sy kop en linkervoorpoot is in die drade vasgevang. Hy moes deurgetrap en toe vasgewoel geraak het hoe meer hy spook om los te kom. Sy ma staan ’n entjie daarvandaan, draf lugtig weg van die mense af, maar steek dan vas en kyk terug, gee vir Stempsky ’n perfekte sy-aansig van daardie byna hipnotiese swart strepe. Hy het nog nooit ’n sebra van so naby gesien nie.

    Skiet hom! hits een van die seuns hom aan.

    Skiet die merrie eerste, stel die ander een voor, voordat sy wegkom. Dan kan ons die vul doodmaak.

    Die seuns se reaksie is verstaanbaar – die sebras is kos, en die velle gesog, maar Stempsky het al genoeg doodslag in hierdie land ervaar. Hy loop nader om te sien of hy die vul kan loskry, maar toe hy nader kom, maak dit die dier so bang dat hy selfs nog woester begin bokspring. Een van die drade sny in sy skeen.

    Hanou, fluister hy, maar dit het geen uitwerking nie en hy tree stadig terug.

    Hy twyfel of hy die dier sal kan beetkry en sy ledemate beweeg om hulle los te wikkel. Die vul is nog bloedjonk, maar Stempsky vermoed hy sal te sterk wees om onder beheer te bring, veral in so ’n paniek. Hy wil nie geskop of gebyt word nie, en kies dus koers na die gereedskapshokkie toe – net kophoogte mure met ’n skuins sinkplaatdak en ’n plankdeur. Die bietjie gereedskap wat hulle het, word hier gehou – twee grawe, ’n byl, ’n saag, twee tange, ’n hamer, perdeskoene, spykers en ’n paar ander ditjies en datjies, sowel as hulle rytuig. Hy lig die draadknipper van die spyker aan die muur af en keer terug na die sebravul toe. Hy loop stadig, met sy arms langs sy sye, en probeer so onbedreigend moontlik lyk. Die vul word nie daardeur geflous nie; hy het skuim om die bek en sy asem roggel. Hy skop sand en klippers op. Daar anderkant draai die merrie weer asof sy wil weghardloop, maar sy beweeg nie ver nie – sy hou aan omdraai sodat sy weer na haar vul en die man kan kyk, een voorpoot in die lug wat nou en dan aarselend afsak asof sy wil voel of die grond nog daar is.

    Stempsky loop met die heining langs, maak lae geluidjies in sy keel wat hy hoop kalmerend sal wees, hoewel hy geen idee het hoe dit vir ’n sebra sal klink nie. Die vulletjie probeer wegkom van hom af, maar vergeefs. Die ganse heining skud, die drade soos kitaarsnare wat gespeel word. Hulle het die draad hoofsaaklik gespan om weidiere uit die groentetuin te hou. Hierdie tyd van die jaar is daar skaars enige groenigheid in die veld, en die sagte groen spinasie- en blomkoolblare is onweerstaanbaar vir vee en wild.

    Stempsky bereik die naaste heiningpaal, skaars anderhalfmeter van die verwilderde dier af. Hy sien die wit van sy oë en die snot wat in sy neusgate borrel, die nog wollerige pels, nie so glad en hard soos ’n volwasse sebra s’n nie. Hy lyk meer donkie as perd, en so wild soos enige dier wat Stempsky al ooit gesien het. Hy vat die swaar draadknipper in albei hande, sit die kake om die boonste draad en druk die handvatsels na mekaar toe. Die draad breek met ’n piengklank. Stempsky versit die knipper haastig na die volgende draad toe en dan die een daarna, en sien die sebravul se bewegings word vryer namate die draad losser raak.

    Die dier trappel en ruk en spring dan los, draai om en hol na sy ma toe, wat ondanks die mense se dreigende teenwoordigheid nader gekom het. Sy lig haar neus en gee sulke sebrablaffies. Die kleintjie antwoord, en dan is hulle herenig. Hulle raak aan mekaar met hulle neuse, vryf vel teen vel en draf saam weg, klaarblyklik tevrede dat die natuurlike orde herstel is.

    Stempsky kyk hulle agterna, bly om hulle onthalwe, hartseer vir sy eie ma, en vir ander ma’s wie se kinders nie teruggekom het na hulle toe nie.

    Dit lyk asof die sebratjie vryelik beweeg. Die diere draf in ’n holte af en toe kan hy hulle nie meer sien nie. Die geluid van hulle twee se hoewe klink op in die stil oggendlug, ’n ritmiese murmeling, en dan verslaan ook dít.

    Die seuns staan by die kombuis. Die voor-op-die-wa ene, die een wat Dudeck besluit het om Dawid te noem, praat eerste: Daar gaan ’n hoop goeie kos.

    Ek hou nie van sebra nie, sê die ander een, Jonatan – ook nie sy regte naam nie.

    Dawid is nog op die oorlogspad, en beduie na die stukkende heining toe. Wie gaan dit nou regmaak? Die seun het ’n sekere eiegeregtigheid wat van hom ’n natuurlike leier maak.

    Stempsky is nie seker of hy Dawid sou kon uitstaan as die noodlot hom nie vanweë sy ras en ouderdom bo die seun gestel het nie. Moet jou maar nie daaroor verknies nie, ek sal dit doen – nadat ek ontbyt gehad het.

    Die seuns vang die skimp en loop druipstert kombuis toe.

    Stempsky vat die draadknipper terug na die gereedskapshokkie en stap dan oor na die perde toe. Dat hy die sebra kon verlos, het hom opgebeur. Nogtans kan hy nie wag om weer uit te ry nie. Hy hou daarvan om aktief te wees, dit hou sy kop besig. Hy en Bock gaan die meeste dae op patrollie, hulle hou ’n ogie oor dinge en maak seker dat hulle raakgesien word. Hulle is die enigste sigbare blyke van Duitse gesag. Daar is natuurlik setlaars, maar hulle het hulle hande vol om net te oorleef, en dan is daar die paaie, dof en leeg vir dae aaneen. Daar is ’n telegraafkantoor op Haris, maar dis omtrent twee derdes van die pad terug Windhoek toe.

    Hy hou van die moontlikhede wat hierdie land bied. As hy hier ’n vrou kan vind, sal dit vir hom gans onnodig wees om ooit terug te gaan Duitsland toe. Hy het al klaar iemand in gedagte, maar sy het nog maar onlangs haar man verloor en is boonop baie beter daaraan toe as hy. Dit kwel hom dat sy dalk enige toenadering van sy kant af sal beskou as onvanpas, ’n fortuinsoekery, of albei.

    Hy het nie meer bande met sy vaderland nie, net die ou vrou vir wie hy briewe skryf en wat dalk nie meer lank gaan lewe nie. Haar briewe bevat al hoe meer verwysings na dokters en dae in die bed. Hy verwag om binnekort verlos te wees van daardie verpligting. As hy soos daardie sebravul eers die drade afskud wat hom vashou, as sy laaste bande met die Hans Stempsky van ouds wegval, lê die lewe vir hom oop.

    * * *

    Siegfried Bock sukkel om die geesdrif bymekaar te skraap om selfs net voor te gee dat hy ’n brief aan Traudl Dehlinger skryf; nog een om te voeg by die ongeposte stapel in sy trommel wat dien as dagboek van sy lewe en gedagtes hier in Suidwes-Afrika. Hy gee die stryd gewonne en staan op. Daar is niks dringends om op ’n Sondagoggend te doen nie, maar hy het genoeg daarvan gehad om in Dudeck se walms te sit.

    Hy trek sy uniform aan, die donker kakie wat hom identifiseer as ’n militêre man, en die rooi band, skuins van skouer tot heup, wat wys hy is in die polisie. Hy is gesekondeer uit die leër, waar hy nie goed reggekom het nie. Die polisiemag is nog nie behoorlik op sy voete nie en bestaan hoofsaaklik uit soldate wat aan polisiediens toegedeel is. Siegfried is ook nie seker of hy vir die polisie uitgeknip is nie, maar ten minste is hier minder mense met wie hy oor die weg hoef te kom.

    Hy verlaat die barak en struikel byna oor die groot geel brak wat hom ’n ruk gelede by die polisiekantoor kom tuismaak het. Die hond dink die hele werf is sy slaapplek en hulle moet keer om hom van hulle beddens af te hou. Nou lê hy vlak voor die deur. Siegfried trap oor hom en loop ’n ent die veld in. Die omgewing inspireer hom steeds, dit is so anders as enigiets wat hy voorheen geken het. Hy doen deesdae moeite om die verskillende diere, voëls, bome, insekte en akkedisse te herken, en om hulle name te leer. Toe hy om die gebou se hoek kom, kyk hy af na die Hochnamib-nedersetting net meer as ’n kilometer ver in ’n droë rivierloop se kronkeling, en besluit om eerder na die ander kant toe te mik, waar hy minder tekens van menslike teenwoordigheid sal sien.

    Die heining om die groentetuin is stukkend, maar hy sien niemand wat vir hom sal kan sê waarom dit so is nie. Die perde in hulle kamp wei rustig – Dudeck en Stempsky het albei vosperde, syne is appelblou. Hy loop by hulle verby. Noorde toe is daar net ongereptheid, soos dit moes gelyk het voordat die eerste mense hier aangekom het. Van ver af lyk die landskap leeg, maar van naderby is dit vol gediertes wat hop, vlieg en kruip. Insekte zoem verby sy ore. Iets skarrel in die droë gras, ’n bloukopkoggelmander lê en hyg op ’n klip, vaal versamelvoëls sing, vlerk-teen-vlerk op ’n tak ingepak. Teen die volgende helling knibbel ’n steenbokkie aan ’n latjiesbos. Hy skrik momenteel vir ’n moontlike bedreiging, kyk rond en wend hom dan weer tot die blaartjies.

    Voordat hy hierheen gekom het, het Siegfried hom voorgestel hoe Afrika moet wees, maar in sy drome het Afrika slegs bestaan uit verre berge, groot diere en wilde stamlede, nie dit wat nou om hom is nie. Hy het alles gesien soos wat ’n mens na ’n prentjie kyk – hy was nie deel daarvan, omring deur wildernis waaruit hy nie kan wegkom nie. Van waar hy nou staan, kan hy honderde kilometer in enige rigting gaan en steeds in Afrika wees.

    Wat ’n plek vir ’n boekwurm uit Berlyn om hom in te bevind!

    Tog kan hy nie dink dat hy ooit sal terugkeer na die lewe wat in sy herinneringe draal nie. Dis nou ’n vreemdeling se lewe daardie. Hy was altyd die skepper en hoofkarakter van ’n verhaal in sy kop, maar iets het gebeur vandat hy Suidwes-Afrika toe gekom het. Sy ou aannames moes wyk voor die harde werklikhede van hierdie land; nie net oor die natuur nie, maar ook die aard van Duitse heerskappy. Min van die plaaslike mense verwelkom hulle – party verdra hulle en ander kom in opstand. Oorlog woed nog in die suide, tussen die Duitse schutztruppen en Nama-kommando’s wat hulle soos wildehonde in die lieste hap en op vlug slaan sodra hulle draai om terug te veg. Die manier waarop sy mense hierdie deel van Afrika in Duitse grondgebied verander, ontwrig almal wat hier woon se lewens. Party van sy landgenote doen laakbare dinge; hy het dit met sy eie oë gesien en wonder of hy gedoem is om hulle skuld te deel.

    Hy voel gestroop van vrede en voorneme, geteister deur sy eie tekortkominge. Die Siegfried Bock wat in Maart in Suidwes-Afrika aangekom het, het stuk vir stuk doodgegaan, van die eerste keer dat hy swart vroue gesien het wat as trekdiere gebruik word, tot daardie verskrikking wat hy agter ’n duin in die Kalahari aanskou het. Beelde van daardie rooi sand, die stowwerige swart vel, glinsterende bloed en die gapende vlees teister hom steeds wanneer hy sy oë toemaak. En dan voel hy die skudding in sy hand toe die mes van ’n ribbebeen af glip tot in die hart van ’n man wat boos was, maar nogtans ’n mens, een wie se bloed die sagte vel in die V tussen Siegfried se wysvinger en duim gevlek het. Hy staan self nie onskuldig nie. Hy is ’n vyand van hierdie land se mense en ’n verraaier van sy eie.

    Sy dae het ’n sussende eenselwigheid gekry, met roetines wat hy uit noodsaak volg – om te eet en kos te kweek, om sy toerusting en lyf te versorg, en te doen wat hier rond van ’n polisieman verwag word, wat meestal daaruit bestaan om na ver plekke te ry en dan terug. Hy sien uit na iets wat die patroon kan breek, maar is terselfdertyd bang om in ’n situasie te beland waar hy daadwerklik sal moet optree. Vir ’n wit man in Afrika is dit ’n komplekse saak vol slaggate. Die dinge wat hy elke dag doen, is sy lewe, soos vir almal. Dit behoort genoeg te wees, sê hy vir homself, maar hy is jonk en geneig tot drome. Hy vind dat hy wens vir iets groters, ’n roeping of doel – rigting vir sy lewe. Hy het geen idee watter vorm dit kan aanneem nie, en kan hom nie eens voorstel waar die nodige impuls vandaan kan kom nie. Hierdie leegheid kan nie so aanhou nie. In hierdie dop wat hy tans is, moet ’n nuwe identiteit vorm aanneem.

    Hy hurk en druk sy palm plat op ’n stukkie kaal sand, voel die grond se koue na die nag. Hy sien die sonlig op sy arms, maar voel dit nog nie. Dit sal nog kom, eers die gloed en dan die brand daarvan. Die bries is koel om sy ore, dit roffel met ’n ritmiese klank … nie die geluid van goggas nie, besef hy, iets anders. ’n Perd op galop. Hy kom orent, kyk in die rigting waar die klank vandaan kom en sien dan beweging op die rant in die ooste. ’n Skommelende swart vorm verskyn, word groter en skerper, ’n man wat sy perd hard ry.

    Siegfried klap sy hande skrams teenmekaar om die stof af te kry en loop terug polisiekantoor toe, waarheen die ruiter op pad is, ongetwyfeld met belangrike nuus.

    * * *

    Die boodskapper, ’n tienderjarige plaaswerker genaamd Zacharias, kom van Zweibrunnen af. Hy deel hulle ontbyt, hoewel hulle by die tafel sit en hy, synde swart, staan, met sy bord op die heuphoogte muur wat ’n uitsig op die oop veld bied. Die twee Nama-seuns bedien hom soos wat hulle hul base bedien; hulle eet hulle ontbyt agterna. Zacharias eet met algehele toewyding. Sy lippe krul om elke mondvol, sy kieste pols soos hy kou. Selfs die vel op sy smal, hoë voorkop beweeg terwyl hy eet.

    Zacharias het hulle min vertel, net dat frau Jürgens gister bekommerd geraak het toe haar man se perd alleen van die veld af terugkom. Hulle het gaan soek en die boer se lyk vroegaand gekry, blykbaar deur ’n luiperd aangeval. ’n Paar van hulle het agtergebly om die liggaam te bewaak. Met eerste lig is Zacharias daar weg om die polisie te kom roep. Niemand hier rond is heeltemal seker wat die polisie se rol is nie, maar raai dat ongewone sterftes wel in hulle kraal pas.

    Dudeck besluit, heel tipies, om sy twee ondergeskiktes saam met die boodskapper na die lyk toe te stuur terwyl hy agterbly om die fort te hou – laasgenoemde beswaarlik ’n gepaste beskrywing vir die afgewitte tweekamergeboutjie wat die Kaiserliche Landespolizei Hochnamib huisves.

    Na ontbyt neem Zacharias vir Stempsky en Bock na sy baas se plaas toe, teen ’n gemaklike galop in plaas van die dolle gejaag waarmee hy na die polisiestasie gekom het.

    Siegfried is bly om weer in die saal te wees – hy is wel klein en lig in sy stewels, maar op ’n perd se rug is hy enige man se gelyke. Net die rede vir die rit demp sy gees. Hy het herr Jürgens geken en onthou dat die man juis eenkeer met hom gepraat het oor ’n luiperd wat hy wou jag. Die boer moes omtrent sestig gewees het en daar was ’n permanente kankerseer op sy lip, maar hy het in die geheel gesond gelyk en het seker verwag om nog baie jare te lewe. Die bedreiging van oorlog in hierdie geweste het verbygegaan. Tog bly dit ’n ongenaakbare land waar niks maklik kom nie, buiten ontsag vir die natuur. Dit kan jou te eniger tyd oorval – jy kyk na berge in die verte, ongelooflik skerp in die helder lug, en jou hart ruk in jou borskas. Toe Siegfried aanvanklik as soldaat hierheen gekom het, het hulle gehoor dat berge in die vertes baiemaal sewe keer verder is as wat dit vir Europese oë lyk, vanweë die skoon lug. Die landskap het mense soos Jürgens se verbeelding gaande gemaak. Hy het ook as soldaat hiernatoe gekom, een van die eerstes, onder Von Francois doer in die vroeë 1890’s, en aangebly as setlaar, met sy vrou wat haar by hom kom aansluit het. Ondanks die veelvuldige gevare het die boer met die natuur kragte gemeet. En nou het een van Afrika se groot roofdiere hom doodgemaak. Al is dit ook hoe tragies, voel dit vir Siegfried na ’n goeie manier om die lewe te laat.

    Die drie ruiters ry ’n ver ent van die plaashuis af verby, hou reguit aan na waar die lyk lê. Siegfried wonder of die Jürgense kinders het. Hulle steek ’n rant oor en daar is dit: drie mans wat onder ’n kameeldoringboom in ’n wolk tabakrook sit, en so twintig meter daarvandaan, in die geel gras, ’n gestalte met ’n bloedbevlekte blou hemp. Die mans wat wag is almal donker van gelaat, Damaras, nie die Namas waaraan hy in die nedersetting by Hochnamib gewoond geraak het nie. Hulle kom op die been en die ruiters klim van hulle perde af. Daar is ’n groetery en dan vra Stempsky: Is hy nog soos julle hom hier kom kry het?

    Die oudste man knik. Sy baardpluisies is vol grys en sweetkolle maak patrone op sy hoed. Ons het klippe gegooi om die aasvoëls te verwilder, en ’n jakkals wat kom snuffel het.

    Nou kom ons gaan kyk. As die senior loop Stempsky voor, en gaan staan omtrent drie meter van die lyk af.

    Die koue naglug het die ontbinding vertraag, maar tog neem Siegfried iets daarvan waar, nog nie walglik nie, net ’n sweempie. Hulle loop om die toneel en bemerk buiten die dooie man self niks ongewoons nie. As polisiemanne moet hulle lyk asof hulle iets weet, maar feit bly staan dat die mense wat hulle hulp ingeroep het, veel bekwamer is om sin te maak van die spore rondom die lyk.

    Dus … luiperd? vra Stempsky.

    Die oudste man hurk en wys in die stof. Sien jy daai spoor?

    En hierso. Zacharias wink hulle nader.

    Die spoor is so duidelik dat selfs Siegfried dit kan uitken, ’n afdruk in bloed op ’n gladde klip, met ’n vlieg wat daaroor loop.

    Toe hy weer na die lyk kyk, merk Siegfried nog heelwat vlieë. Vir hulle is dit ’n fees. Hy bind ’n sakdoek oor sy neus en mond en Stempsky doen dieselfde. Hulle twee lyk soos die rowers in daardie cowboy-boeke van Karl May wat hy as kind gelees het. Hulle loop versigtig nader, al is daar niks wat Jürgens ooit weer wakker sal maak nie.

    Die boer lê op sy rug met een hand oor sy opgeblase maag gevou,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1