Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Roep van die Visarend
Roep van die Visarend
Roep van die Visarend
Ebook262 pages5 hours

Roep van die Visarend

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Deel in die lief en leed, drome en teleurstellings van die boere in die Krokodilriviervallei noord van die Magaliesberg. Die rivier met sy voëllewe is deel van die daaglikse ervaring van die plaasgemeenskap naby Brits, wat vir hulle oorlewing op die geskiedkundige rivier vertrou. Vir party mense weerklink die roep van die visarend, baie duideliker as vir die ander. Sprei jou vlerke saam met hulle.

LanguageAfrikaans
Release dateJun 3, 2014
ISBN9781310881442
Roep van die Visarend
Author

Makkie de Beer

My name is Makkie de Beer, a 76 year old widow with a love of poetry rhyme and a passion for writing stories. My home is the southern foothills of the mysterious Zoutpansberg in the Limpopo Province of South Africa. I grew up at Kareepoort near Brits, my father was a farmer, Carel van Wyk and my mother Lettie hails from the diamond fields. I married my farmer / writer husband Bertus de Beer in 1953 and went on to assist him on the farm De Kroon, downstream of the Hartebeespoort Dam. On this farm along the Crocodile River, we farmed, dreamed and brought up four busy sons. They are Jaco, Karel, Bertie and Buks. (I live with my youngest son Buks and his wife Adri in Louis Trichardt). In our retirement we first stayed at Kosmos along the Western side of the Dam and later moved to Hoedspruit where my husband passed away. From there my life made a few other twists before I ended up here in Louis Trichardt. I love poetry and writing and this, my first "farm novel", is now available with the name "Gees van die Labrador”, meaning Spirit of the Labrador". The story concerns the fortunes of a few families in the "Riem Land" or Thong Country. This is a gripping story of the farming community around Rietfontein in the Eastern Free State. Unusual events that affected the lives of ordinary people, drastically changing their world and their lives. Join these families and enjoy their healthy innocent lifestyle, the lifestyles of our ancestors.

Read more from Makkie De Beer

Related to Roep van die Visarend

Related ebooks

Related articles

Reviews for Roep van die Visarend

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Roep van die Visarend - Makkie de Beer

    Voorwoord

    My moeder is 'n baie produktiewe skrywer wat besonder vinnig skryf. Dikwels skryf sy 'n hele boek in die tyd wat ek spandeer om 'n paragraaf te skryf. Ek is baie trots op haar en bewonder haar vermoë om 'n storie so vinnig te skryf.

    Die karakters in hierdie storie lê haar moontlik nog nader aan die hart omdat sy skryf oor die Krokodilriviervallei en die gebeure wat ons as kinders gemaak het wie ons is. Ek as haar oudste seun voel bietjie ongemaklik oor hoe naby sy die karakters aan ons familie gevorm het en kan sien dat sy baie van ons herinneringe hierin gebruik het.

    Ongelukkig het sy vir my gese dat hierdie haar laaste boek is. Sy het baie redes daarvoor wat insluit haar oë wat probleme gee en dat sy meer persoonlike dinge wil neerskryf. Moontlik sal sy nou haar gunsteling werk voorsit, om gediggies te maak. Moontlik is daar 'n digbundel op pad of dalk is daar weer 'n ander storie wat by haar kom spook. Daarom is ek vol vertroue dat dit nie te lank sal wees voor ek weer vir haar iets gaan publiseer nie.

    Laat my ook toe om drie talentvolle fotograwe te bedank vir hulle fotos wat ons in hierdie boek gebruik het. Lizet Grobbelaar vir haar unieke foto op die voorblad van 'n visarend wat roep in vlug. Ons het al almal gehoor hoe hulle hoog bokant ons roep maar hierdie is die enigste foto wat ek nog ooit gesien het waar iemand dit afgeneem het. Amos Nachoum vir sy besonderse fotos van visarende in vlug en van die oomblik wat hulle die prooi tref. Laastens my jongste broer Buks vir sy pragtige fotos van die natuur rondom ons en veral sy sonsondergange wat baie sag is op die oog.

    Vriendelike groete,

    Jaco de Beer

    18 Mei 2014

    Inhoud

    Voorwoord

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 9

    Naskrif

    Hoofstuk 1

    Henk staan onder die populierboom langs die Krokodilrivier, die water spoel tussen die klippe, maak sulke klein stroompies wat deur die biesies en watergras vloei en hier naby hom, in die swemgat in loop. Helder en luid klink die visarend se roep oor die Swemgat....versigtig kyk Henk of hy die arend kan sien....ja daar vlieg hy met ‘n groot vis oor die water, hy is op pad na die droë tak van die witstinkhoutboom, hy druk ‘n vis met sy poot vas, hy gee weer ’n roep - hy roep sy wyfie om saam te kom eet.

    Daar is drie soorte voëls, wat hom altyd sal herinner aan die Krokodilrivier....die visarend die hadidas en die reënvoël. Die visarend hoor hy nie dikwels nie, maar as hy wel die koggel-roep hoor, voel dit hulle groet hom en dan is sy dag gemaak.

    Vroeg soggens vlieg die hadidas met die rivier af om te gaan wei en in die skemeraand weer met dieselfde pad terug na hulle neste toe. Hulle jakkals agtige roepe versprei oor die vallei en vir elke dag wat hy hier langs die rivier was, kon hy hulle gehoor. Baie mense het selfs na hulle verwys as jakkalsvoëls en nie almal waardeer die geselsery van so 'n trop hadidas wat verbyvlieg nie.

    Die reënvoël, dis ’n ligbruin voël, met 'n roomkleurige bors, net 'n bietjie groter as ’n duif maar met 'n langer stert. Hy vlieg nie sommer hoog oor die bome nie maar vlieg-vladder eerder van een boom of bos na ’n ander. Hy het ’n pragtige roep, amper 'n hartseer whoe, whoe, whoe, whoewhoewhoewhoe. Die oumense het gesê, hy roep die reën. Dit het wel somtyds gereën as die reënvoël vir dae sy roep in die Populierbos laat hoor het, daardie drie voëls sal hy nooit vergeet nie. Die besondere roep van die drie voels is deel van wat vir hom baie plesier verskaf, hier langs die Krokodilrivier, noord van die Magaliesberge.

    Hy laat sy gedagtes terug gaan, na daardie onvergeetlike dag ’n paar maande gelede. Hennie en Filemon is die middag rivier toe om te gaan vis vang, dit was vakansie en hulle benut die vryheid, in skooltyd moet hulle huiswerk doen, dan is daar nie tyd vir rondloop nie.

    Dit was nie ongewoon dat hulle twee by die rivier gaan visvang het nie, maar gewoonlik is Hennie en Filemon, voor sononder terug by die Huis.

    Toe die son laag in die weste lê, het Andries hom kom roep....Meneer Henk die kinders is nog nie terug nie. Kom ons ry en gaan kyk hoekom is hulle so laat?

    Henk ry met die Kruiser tot by die laagwater brug, kyk op en af teen die rivier, maar alles is doodstil. Henk parkeer die Kruiser aan die kant van die pad.

    Andries loop jy op teen die rivier tot by die Swemgat, ek sal ondertoe gaan.

    Andries verdwyn tussen die biessies en riete...Henk stap met die voetpad wat af loop teen die rivier. Sy oë speur al met die rivier, hy sien niks.

    Langs die Maalgat kry hy Filemon se visstok waar dit op die stut rus, niks van Hennie se visstok nie, net die kerrie pap wat hulle aan hulle hoeke vir aas gebruik, al twee sakkies lê langs mekaar.

    Henk roep ...Hennie....dan Filemon....sy stem eggo teen die Populierbome terug.

    Iets maak hom onrustig, wat het van die kinders geword ?

    Andries keer terug. Meneer Henk, daar is geen teken dat die seuns by die swemgat, vis gevang het nie. Andries hier is net Filemon se stok en al twee se Aas is hier, Hennie se stok is nie hier nie.

    Die son het intussen onder gegaan, dit word nou vinnig skemer. Andries roep.... Filemon ...Hennie...waar is julle? Andries draf gou na meneer Kobus se Huis, vra hy moet die polisie bel, om met flitse te kom help soek na die kinders.

    Magteloos staan Henk daar langs die Maalgat. Daar het in die verlede al kinders verdrink, eenkeer drie meisies wat gaan swem het, almal het vermoed, een het in die Maalstroom beland en die ander twee het probeer help en al drie se liggame is die volgende dag deur Polisie duikers uit die gat gehaal, hulle was steeds in mekaar se arms geklem.

    Dit was ’n baie hartseer geval, kinders was verbied om weer daar naby die Maalgat te kom.

    Henk staan by die water, ‘n duisend dinge gaan deur sy gedagtes. Vader in die Hemel, help asseblief dat die ramp ons nie getref het nie, wat moet ek vir Susan sê, ons enigste kind het verdrink, sy sal my beskuldig, ek het hom verwaarloos.

    Uiteindelik, sien hy die Polisie se voertuig by die bruggie stilhou, nog ’n voertuig stop, dis Kobus Ras se Jeep. Die manne kom vinnig aangestap, hulle lig met sterk flitse, oor die water in die rivier en ook in die bosse aan die kant van die rivier. Sersant Viljoen, Konstabel Gouws en Kobus Ras groet vir Henk en Andries wat intussen teruggekom het.

    Henk, mag die Vader help, dat wat ons vrees nie waar word nie.

    Dankie dat julle gekom het. Henk wys hulle Filemon se visstok en die twee sakkies pap wat die kinders as aas gebruik het.

    Sersant Viljoen lig met die flits in die middel van die Maalgat....mens kan duidelik sien hoe draai die water in die rondte.

    Henk dis vir my bitterlik moeilik om vir jou te sê dat ons nou niks verder hier kan doen nie, ons sal moet teruggaan en die Polisie duikers laat kom om môre in die maalgat na die kinders te kom soek.

    Henk se mond is kurkdroog, hoe op die aarde moet hy nou terugry Huis toe, hy draai na Andries, jy het gehoor wat sê Sersant Viljoen. Ja, meneer Henk, my hart sal hier bly."

    Sersant gaan u en Konstabel terug, om die reëlings vir die duikers te doen.

    Reg Henk, ons sal met ligdag hier wees om te soek, ons is baie jammer my vriend, moet net nie moed verloor nie.

    Kobus staan besluiteloos, hy weet nie wat hy kan doen nie. Henk ek gaan net Huis toe, om vir julle kos en warm koffie te bring."

    "Baie dankie Kobus, ek en Andries gaan net terugry huis toe om vir Sara, Andries se vrou te gaan sê wat die situasie is, dan kom ons terug met warm klere, dan sien ons jou, baie dankie Kobus, vir ewig sal ek onthou hoe jy ons bygestaan het.

    By die Huis, staan Sara en haar twee dogters voor die Agastoof in die kombuis. Sy en die kinders kom by die agterdeur uitgehardloop, reg in sy arms in.

    Hulle hardloop in Andries se arms in. Hy vertel haar vlugtig wat ons dink wat gebeur het. Sy en die dogters bars in trane uit, Henk voel die knop in sy keel, hy wens hy kon ook uitbars in trane, maar hy besef, dit hang nou van homself af hoe hy dinge moet kalmeer. "Sara, die Here sal ons help, miskien kry ons hulle môre, gaan huis toe en gee vir Andries warm klere en ’n kombers, ons gaan terug, gaan slaap jy en die dogters, ons sal julle kom sê wat daar gebeur.

    Terug by die Maalgat soek hulle in droë kol, sit die baadjies en komberse neer. Hulle laai ook die vuurmaak hout wat hulle gebring af, frommel papier en fyn houtjies om die vuur te begin. Kobus hou by die bruggie stil, bring die toebroodjies wat Stella sy vroutjie gemaak het, daar is ’n fles met koffie. Baie dankie Kobus, dra ook ons dank aan Stella oor.

    Die vuur brand hoog, die drie mans maak hulle hande warm.

    Kobus baie dankie, gaan terug Huis toe, ons gaan hier wag tot die duikers kom.

    Ek sal Huis toe gaan, maar sal later weer terugkom, Henk en Andries, ons dink aan julle en bid vir julle. Kobus gaan terug Jeep toe.

    Die tyd staan stil, Henk kon nie help nie, die horlosie beweeg omtrent net.

    Dis amper 12 uur, Andries sit nog dik stompe op die vuur, hy rol hom toe in sy kombers, na ’n rukkie sien Henk hy slaap.....

    Henk voel jammer vir Andries, mag die Vader gee dat die twee seuns nie dood is nie. Dis die middel van November, bedags baie warm, maar hier laatnag blaas die windjie wat oor die water trek, redelik koud.

    Henk dink terug aan die dag toe hy Susan ontmoet het, haar Mini motortjie het ’n lek opgedoen, sy het dapper die moersleutel en domkrag uit die kattebak gehaal, sy het ’n oliestreep oor haar wang gehad.

    Toe hy agter haar motortjie stilhou, kon hy die verligting oor haar gesiggie sien kom. Goeie middag jong Dame, is jy mans genoeg vir die pap band?

    Ek het gedink ek is, maar nou twyfel ek, sal u my asseblief help?

    Seker juffrou, ek is Henk Basson. "Baie dankie Henk, ek is Susan Verhoef,

    Aangename kennis juffrou. Min het Henk geweet wat daar in hulle twee se toekoms is, behendig lig hy die motortjie met die domkrag op, maak die skroewe los, gou is die motortjie weer op weg.

    Susan het in die Poskantoor gewerk, dit het hy eers later uitgevind toe hy ’n brief laat registreer. Sy het hom vriendelik gegroet en weereens bedank vir sy hulp die keer met die pap band. Daar was net ’n ou dame saam met hulle in die kantoortjie, sy het seëls op haar briewe geplak, vriendelik totsiens gesê en uitgestap.

    Susan jy is nuut hier by ons, waar het jy groot geword?

    Sy glimlag vir sy opmerking. "Ek kom van Rustenburg af, my Pa is ’n Prokureur, ons woon so ’n entjie uit die dorp, ek het ’n jaar in Rustenburg se Poskantoor gewerk, toe gevra vir oorplasing hier na Brits toe.

    Hoe vind jy die mense hier? Baie vriendelik en hulpvaardig soos ek die eerste dag ondervind het. Ken jy my so goed dat jy Saterdagaand saam met my na ’n Fliek in die Stadsaal sal gaan kyk?

    Baie dankie, ek gaan graag. Waar bly jy Susan, kan ek jou sewe uur kom haal? Reg dankie, ek woon by tant Miem in Rutgers weg.

    Dankie, Susan, sien jou Saterdag aand."

    Hy onthou nog so goed hoe sy die Saterdag aand gelyk het, skraal goedgeboude meisie met helder blou oë en skouer lengte blonde hare, geklee in ’n wit romp en rooi bloesie. Sy het pragtig gelyk, die mans het haar aangestaar. Hy het by homself gedink, Henk ou maat, as jy die meisie wil hê, sal jy moet gou spring.

    Henk was so diep in gedagte, hy het nie gesien dat Kobus by die bruggie stil gehou het nie, eers toe hy voetstappe hoor naderkom, sien hy Kobus met ’n mandjie hier by hom kom staan.

    Goeie môre Henk, hier is koffie en beskuit wat Stella gestuur het. "Baie dankie Kobus, dis wonderlik dat julle so aan ons dink, sê dankie vir Stella.

    Van die mans se gepraat, het Andries wakker geword, hy lig hom op en kyk vir hulle. Jammer, meneer Henk, ek het aan die slaap geraak, hoe laat is dit meneer? Kwart voor twee, dis nie meer lank nie, dan sal die rooidag aan die ooste begin wys. Andries staan op, gaan haal ’n paar dik stompe, sit dit op die vuur.

    Kobus skink vir Henk en Andries koffie, die stoom trek op in die lug.

    Baie dankie Kobus, dit gaan ons bietjie warm maak. Andries ontvang sy beker, met ’n paar beskuite. Baie dankie, meneer Kobus.

    In stilte drink hulle die warm koffie, dit maak hulle bietjie warm.

    Kobus wat maak ek as hulle vandag die twee seuns se koue liggame hier uit die Maalgat uithaal? Henk net die Here in die Hemel, sal vir jou en Andries die krag gee om dit te aanvaar.

    Henk staan stil en luister hoe die water oor die klippe, uit die Maalgat loop en verder met die rivier af kronkel, hy gee ’n diep sug.

    Ek het nie geweet die twee seuns vang hier in die Maalgat vis nie, ek het dikwels saam met hulle vis kom vang, maar ons het in die Swemgat op in die rivier gevang, van wanneer af....en hoekom nou hier?

    Henk my vriend, dis vra wat jy miskien nooit die antwoorde voor sal kry nie, tog glo ek, dat niks met ons toevallig gebeur nie, gewoonlik is dit ’n bestiering.

    Die vuur brand so gesellig, daar val ’n stompie wat klaar gebrand het af, dit laat die vonkies opspring, toe brand die vuur stilweg , net nou en dan skiet ’n vonk uit en sis die sap wat daar in die stomp was, met rook uit.

    Stadig begin die rooidag in die ooste verskyn, die paar wolkies wat hoog hang, vang die rooi gloed op.

    By die Bruggie hou twee Polisie voertuie stil. Die mans kom aangestap, Henk is dankbaar dat die wag verby is, tog is daar ’n beklemming in sy hart, Here help asseblief, smeek hy in sy binneste. Sersant Viljoen en Konstabel Gouws word vergesel van twee mans . Goeie môre, julle, dit is Frans Hugo en Gert de Wet, van ons Duik span. Goeie môre aan u almal, baie dankie dat u gekom het.

    Andries sit nog hout op die vuur, Henk weet in sy hart, Andries is net so bekommerd as hy. Konstabel Gouws en die twee duikers, slaan gou ’n tent op, die duikers verklee in hulle duikpakke, gort die suurstof silinders aan, neem die twee toue en sak in die water in, konstabel Gouws laat die toue afrol.....soos hulle dieper in die Maalgat afsak. Henk gaan staan by Andries hulle oë is vasgenael op die donker water. Die toue beweeg nie verder nie, so neem hulle aan, die duikers is in die maalgat, hulle soek seker rond.

    Die tyd staan stil, sonder om ’n woord te praat staar vier paar oë na die water, dit voel soos ure, toe die een duiker se tou opgerol word, na ’n paar minute verskyn hy teen die kant. Sersant Viljoen stap nader. Sersant ons kry niks in die water nie, maar daar in die vêrste hoek van die gat, lyk dit of daar ’n groot boom ingespoel het, ek gaan weer terug, ons sal daar agter die takke deurgaan, as ons aan die toue pluk, moet Gouws ons intrek. Ons sal so maak.

    Daar hou nog voertuie by die Bruggie stil, drie mans kom aangestap. Dis oom Gys, sy seun Danie en Kerneels hulle buurman. Daar word met die hand gegroet en vir Henk en Andries sterkte toe gewens.

    Almal is bekommerd en geruk deur die gebeurtenis, oom Gys dink aan die dag jare gelede....... hy was nog ’n jongman toe hy gehelp het, om die drie meisies huis toe te dra wat so tragies verdrink het. Die verskil is, daardie dag het hulle verseker geweet die kinders is in die Maalgat, een van die werkers het hulle geskree om hulp gehoor en die ouers gaan roep, maar hulle was te laat.

    Die tyd het ongemerk omgegaan, die son sit hoog in die lug, almal wonder hoekom neem die duikers so lank om te kom sê wat gebeur daar onder.

    Gouws begin die toue intrek, Sersant Viljoen help hom.

    Uiteindelik verskyn die mans bo die water, hulle stap uit. Sersant hier in die Maalgat is geeneen van die seuns nie, ons het die droë boom deurgesoek en geen teken van die seuns nie. Nou waar op die aarde is die seuns dan?"

    Verkies u, ons moet weer probeer? Nee, ons moet die Honde-eenheid laat kom, hulle moet die hele rivier deur gaan, Gouws kry Sersant Theron op die Radio, sê hulle moet twee spanne stuur en kom soek. Reg Sersant, ek kontak Sersant Theron. Die mans staan verdwaas vir mekaar en kyk. Henk wonder. Sersant laat ons solank ons werkers organiseer en te kyk of hulle nie die seuns kry nie. Henk ek weet hoe jy voel, maar as ons nou baie spore met die rivier af laat trap, dan kan die honde nie die seuns se spore volg nie. Jy is reg Sersant, ons moet net geduldig wees.

    Die dames van die plase het voedsel voorberei, hulle bring toebroodjies, koffie en lemoensap vir die manne by die Maalgat.

    Kobus het sy vroutjie se motor gesien stilhou, hy vermoed die dames bring eetgoed. Hy en oom Gys se seun stap en help dra.

    Stella en Gerda, Kerneels se vroutjie, groet die mans, hulle voel die spanning in die groep aan. Henk ons is baie jammer vir jou en Andries, wat het die duikers in die water gekry? Hulle het die hele Maalgat deursoek, kon niks kry nie, nou wag ons vir die Honde-eenheid wat hulle spore sal probeer volg.

    Ek glo die seuns leef, ons sal binnekort weet wat het van hulle geword?

    Dankie, Gerda, jy gee ons moed.

    Die dames begin toebroodjies en drinkgoed uit deel. Die mans is dankbaar vir die moeite wat hulle gedoen het. Henk bedank ook vir Stella vir die nag se koffie.

    Sersant Hein Theron van die Honde-eenheid soek ’n plekkie om te parkeer, daar staan heelwat voertuie alkante van die pad, hy kry ’n plek, hy en Konstabel Kakana help die twee honde uit hulle hok.....gespe die leibande aan.

    Kakana wag hier ek gaan net kyk waar ons moet begin. Hy stap met die uitgetrapte paadjie tot by die Maalgat, groet die mense so in die bondel, Sersant Viljoen wag hom in. Hein die wêreld hier by die gat is vol spore getrap, die honde gaan sukkel om hulle spore op te tel.

    "Dis waar Sersant, ek en Kakana sal die honde anderkant die Maalgat afbring, sal sersant vir my die sakkies met Aas en die visstok bring.

    Dit neem ’n rukkie vir die honde om deur die bosse te gaan. Hier is Filemon se visstok en vermoedelik sy aas, hier is Hennie se aas, van sy visstok is geen spoor nie. "Sersant hou eers Hennie se aas, kom ons kyk of Kaptein my hond die reuk kan optel.......soek hom Kaptein......soek hom, Kaptein ruik aan die aas, hy kom terug Maalgat toe, draai om stap met die paadjie teen die rivier af, hy het verseker die spoor gevat.

    Henk en Andries staan onbeskaamd en huil, die twee vroue huil saam, elke man het ’n knop in sy keel, Kobus hou Stella en Kerneels vir Gerda teen hulle vas.

    "Dankie, Here in die Hemel, ons weet nou hulle lê nie in die Maalgat nie.

    Kakana hou Filemon se sakkie met aas voor Wagter se neus, soek

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1