Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Eleanor Baker Omnibus 2
Eleanor Baker Omnibus 2
Eleanor Baker Omnibus 2
Ebook531 pages9 hours

Eleanor Baker Omnibus 2

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Heruitgawe van twee van Eleanor Baker se verhale. Hierdie twee verhale, uitgegee onder haar eie naam, handel oor mense wat liefde vind op onverwagte plekke. In Die Nes kruip Karoline diep in haar gedagtewêreld vir die werklikheid weg ná ’n traumatiese ervaring. Dokter Duson moet ’n manier vind om haar uit haar veilige nes te lok, sodat sy weer kan leer om te lewe, om lief te hê. In Wêreld sonder einde word mevrou Bildendyk se lewe totaal ontwrig wanneer ’n swaargewonde bendelid op haar drumpel beland. Kan twee mense wie se wêrelde só hemelsbreed verskil, genesing bymekaar vind?
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateApr 28, 2011
ISBN9780798154277
Eleanor Baker Omnibus 2
Author

Eleanor Baker

Eleanor Baker was ’n bekende en gewilde romanskrywer. Haar eerste roman is in 1972 gepubliseer, maar dis met Weerkaatsings, 1984, dat sy werklik aandag getrek het. Dit het ’n FAK toekenning ontvang en is ook in Brittanje, Swede en Israel uitgegee. Haar roman, Verbeelde werklikheid, is o.m. ’n tour de force genoem en haar roman oor die Anglo-Boereoorlog, Groot duiwels dood, is ook in Nederlands vertaal. Haar jongste roman, ’n Ou begin, het in 2001 verskyn. Baker word beskou as “een van die voorste Afrikaanse vroueskrywers” (Dorothea van Zyl) en “’n meesterverteller” (Elize Botha). Hierdie is Eleanor Baker se laaste roman. Sy is op 1 Julie 2002 in die ouderdom van 57 jaar oorlede.

Read more from Eleanor Baker

Related to Eleanor Baker Omnibus 2

Related ebooks

Related articles

Reviews for Eleanor Baker Omnibus 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Eleanor Baker Omnibus 2 - Eleanor Baker

    ELEANOR BAKER

    Omnibus 2

    Human & Rousseau

    Vir Brenda,

    vir Glen wat sy bril gegee het,

    vir Lauren wat ’n boek en pen gebring het,

    En vir Rome.

    Die nes

    Een

    Sy’s beskadig, sê sy. Gebreek. En uit wat ek kan sien, doen julle nie veel om haar te las nie. Albrecht sekerlik nie.

    Wat was u klagtes teen Albrecht? vra hy. Hy sit terug in sy stoel, sy vingerpunte liggies teen mekaar gedruk.

    Dít is die kerk en dís sy toring, dink sy terwyl sy na sy hande kyk. Alles, sê sy. Alles wat hy gedoen het, was verkeerd. Na my mening. En ek ís ’n leek. Dis so, jy hoef my nie daarop te wys nie. Ek dink net nie sy is regtig siek nie. Nie soos die ander nie. Ek impliseer ook nie dat sy aansit; ons almal vir die gek hou nie. Nee. Dis moeilik om te verduidelik en ek ken nie al die terme wat julle gebruik nie.

    Dit maak nie saak nie, moedig hy aan. Wat wou u sê?

    Sy kruis haar bene, die fyn kouse blink in die elektriese lig. Soos ek die saak sien, is die meeste van jul pasiënte … het hulle … ja, hoe stel ’n mens dit sonder om selftevrede of meerderwaardig te klink? Hulle het hul greep verloor. Iets het geknak. Iets wat gebeur het, ’n mag van buite het hulle … gebreek. Ja, dis tog die regte woord. Hulle kan hulself nie langer help nie. Dis waarom hulle hier is. Maar Karoline is anders. Sy tik met ’n gemanikuurde nael teen haar slaap. Dis my opinie. Sy’s ook stukkend, ja, maar …

    Gaan voort, sê hy.

    Sy praat nou vinniger asof sy bang is hy raak verveeld. Ek dink sy het dit doelbewus gedoen. Dit was ’n wilsbesluit. Sy het daardie nag besluit: tot hiertoe en nie verder nie. Die hotel is tydelik gesluit. Sy’s weg tot sy besluit om terug te kom. Verstaan jy wat ek sê? Dis dié dat ek so fanaties gekant is teen enigiets soos skokbehandeling. Dis onnodig. Haar kop makeer niks nie, dis net tydelik buite aksie terwyl sy dinge vir haarself uitsorteer. Dis waarom julle haar nie mag beskadig nie – vérder beskadig nie. Nie ek óf julle het die reg om dit te doen nie. Veral nie met julle Middeleeuse tegnieke nie.

    Hy glimlag effens. Ek het u reeds verseker ek is nie ’n voorstander van, soos u dit noem, Middeleeuse tegnieke nie. Hy kyk af na die oop lêer voor hom wat hy uitgehaal het toe sy ingekom het. Wanneer hy weer opkyk, is sy blik tastend. U sê dus eintlik ons kan haar nie werklik help nie? Daar is niks wat ons vir haar kan doen nie? Waarom is sy dan hier?

    Sy leun vorentoe in haar stoel, met albei bene op die vloer asof sy reg staan om te spring. Omdat dit in die hospitaal al … Haar dokter het besef dis nie meer ’n fisieke probleem nie, dis te … Sy moet versorg word. Deur deskundiges. Haar lippe word dun. Wat Albrecht nie was nie. Maar dit vir eers daar gelaat. Sy moet opgepas word totdat sy terugkom. Ek mag verkeerd wees, maar ek bly glo sy sal terugkom wanneer sy besluit die tyd is ryp en nie as gevolg van julle behandeling nie. Sy sug en ontspan weer. Ek wens ek kan ’n goeie beeld uitdink om te illustreer wat ek wil sê. As ek die dag huis skoonmaak, sluit ek die deure, trek my oudste klere aan, bind ’n serp om my hare en val weg. Ek maak nie die deur vir enigeen oop nie, al klop hulle ook hoe hard. Ek wys nie my gesig totdat die werk klaar is en ek weer netjies is nie. Sy doen dieselfde, net nie so letterlik nie.

    Hy knik. Maar sou u beswaar daarteen hê as iemand u help? Met hulp gaan die huis tog gouer skoonkom; sal u die deur vroeër kan oopsluit en die wêreld binnelaat.

    Sy glimlag. Goed, jy’s reg. Die huis sal inderdaad gouer in orde wees. Sy lig ’n waarskuwende vinger. Solank daar nog ’n huis oor is na afloop van die proses. Albrecht het my die indruk gegee dat hy die huis van die aardbol sou wou vee sodat hy tevrede kan terugstaan en sê: ‘Kyk, daar is heeltemal niks om skoon te maak nie.’

    Ek verseker u, sê hy, dis geen dokter se uitgangspunt nie – en allermins myne. My eerste prioriteit is dat die pasiënt gesond moet word; weer in staat moet wees om die lewe te hanteer. Dit spreek tog vanself.

    Waarom lyk sy dan nog so? gaan sy weer tot die aanval oor. Soos ’n verwaarloosde siel. Sy lyk heeltemal afgesloof; ’n zombie, soos ’n mens in rillerfilms sien. Na al hierdie maande lyk sy nou vir my soos iemand in ’n … gestig. Sy buk skielik af, trek die leerhandsak by haar voete nader, ruk die ritssluiter oop en haal ’n boek uit. Kyk hierna, sê sy. Sy staan op en sit die boek voor hom neer, bo-op die oopgeslane lêer. Kyk hierna. Sit dit in jou lêer en kyk daarna elke keer dat jy iets oor hierdie besondere geval neerskryf. Dís wie sy is. Dís soos sy lyk. Kyk goed.

    Hy tel die boek op, lees die titel, draai dit om en kyk na die glansfoto wat die agterblad vul. ’n Laggende gesig, nie konvensioneel mooi nie, maar sterk, aantreklik, afgeneem in beweging. Dik blonde hare, skouerlengte geknip, swaai om die intense gesig – die vrou op die foto lyk lewendig, dinamies, al kyk die oë verby die kamera asof sy bang is die lens lê iets bloot. U suster? vra hy. Hy stoot die boek eenkant toe, kyk weer na die bladsye voor hom. Daar is geen inskrywing hier dat sy ’n skryfster is nie.

    Dis nie die soort feit wat vir Albrecht belangrik sou wees nie, sê sy. En dit ís belangrik. Ek wil hê jy moet weet wie sy was, hoe sy gelyk het. Want waar sy nou is … Wat gaan jy met haar doen? Ek sien nog geen verbetering ná al die maande nie.

    Hy sit terug in sy stoel, kyk haar nadenkend aan. Ek weet nog nie. Elke pasiënt het ’n unieke benadering nodig.

    Maar wat? hou sy hardnekkig vol. Wat doen julle gewoonlik?

    Gewoonlik, herhaal hy. Dis moeilik om te sê. Dis waarom ek hierdie kliniek oorgeneem het. In die stad, in my ou praktyk, het ek pasiënte volgens afspraak een of twee keer per week gesien. ’n Uur lank. Daarna is hulle huis toe. Wat tussen afsprake met hulle gebeur het, was nie my verantwoordelikheid nie. Nee, dis miskien kras gestel; dis nie wat ek bedoel nie. Die strukturering van my stadspraktyk was vir my onbevredigend. Ek wou voltyds betrokke wees. In baie gevalle is een besoek per week voldoende, maar soms is dit nodig dat daar meer intensief gewerk moet word, veral as jy naby aan ’n deurbraak is. Hier verwag ek om so te werk. Vier-en-twintig uur per dag met een pasiënt as dit nodig is.

    Sy knik. Dit klink goed; ek moet julle vertrou. Maar waarom is sy dan nog nie beter nie? Na my mening het sy swaarder gekry as wat daar van ’n redelike mens verwag kan word. En vir haar, wat dieper dink, wat harder soek na die antwoorde op alles wat met mense gebeur, het dit miskien harder getref. Maar daar moet tog iets wees wat jy kan doen? Ek sal doen wat julle sê. Mag ek my haarkapster stuur? Ek het lankal haar eie klere gebring, maar sy dra nog steeds net daardie vormlose ou jurk. Waar kom dit vandaan? En die ou grys trui – dit lyk asof dit aan die tuinier behoort. Sy lyk altyd asof sy verkluim. Ek weet dis nog taamlik koud, maar …

    Die gebou is verhit, merk hy op. Niemand kry fisiek koud nie.

    Sy gooi haar hande in die lug. Lees haar boek, stel sy voor. Miskien verstaan jy dan meer.

    Hy vou sy hande bo-oor die lêer. Ek is baie nuut hier, mevrou. Ek is nog besig om myself te oriënteer. Daar is geweldig baie om op een slag te assimileer. Ek was nie deel van die personeel voordat dokter Albrecht weg is nie. Ek moet vertroud raak met die roetine van die kliniek, my eie posisie hier, die pasiënte. Nie almal is my pasiënte nie; dokter Seneca het syne, ek neem dokter Albrecht s’n oor. Dit klink miskien vir u harteloos omdat u bekommerd is oor u suster, maar ek het nog nie by almal uitgekom nie. Ek het al u suster gesien, maar ons het nog geen afsprake geskeduleer nie. Hy tik met sy vingers op die papier voor hom. Ek probeer saans opvang, die gevallestudies te lees, maar met so ’n oorname is daar geweldig baie werk. Uit die aard van die saak wil ek dinge verander. Dokter Albrecht was oud, dis moontlik dat sy siening verouder was. Hy het nie noodwendig pasiënte hanteer op ’n manier wat ek goedkeur nie. Maar ek kan nie oornag alles verander nie. Die personeel is gewoond aan hul roetine, die pasiënte ook. Hy kyk af, lees iets, frons effens. Ja, hier is dit, u uitdruklike voorwaarde dat geen skokbehandeling toegepas mag word nie.

    A, sê sy. Hy het dít darem neergeskryf. Iets om voor dankbaar te wees. Sy het haar brein hoog geag, dokter Duson. Albrecht wou dit nooit verstaan nie – of aanvaar nie. Hy het my probeer wysmaak dat skokbehandeling haar sal wakker kry, haar brein weer aan die gang sal sit. Snert! Miskien is daar mense vir wie dit sal werk, maar nie vir haar nie. Sy was nog nooit die soort mens wat op kwaai woorde of straf reageer nie.

    Wie is? dink hy en uit ’n verlede wat lankal ver agter hom lê, hoor hy die skel stemme, die rusies, die negatiewe opmerkings. Sy gesig bly egter uitdrukkingloos, hy sit en wag dat sy verder praat, maar sy buk weer af en haal ’n verweerde oefeningboek uit haar handsak.

    Dis tante Bet se dagboek, sê sy en hou die boek op haar skoot. Karoline het dit al gelees. Ons het albei, maar ek het gewonder of dit nie ook sal help om haar wakker te maak nie. As sy dit weer lees. Dink jy so?

    Sy lees tog nie?

    Nee, maar dink jy dit sal help as ek dit byvoorbeeld hardop vir haar voorlees? Ons het ons altyd so verkneukel daarin.

    Ek kan in hierdie stadium nog nie oordeel nie, sê hy.

    Sy sit dit ook op sy lessenaar neer. Ek laat dit by jou. Daar is niks persoonliks nie. Gebruik jou oordeel. Dis … Sy dink nie sy’s beter as ander mense nie. Sy’s nie hoogmoedig of ydel of oorbewus van haar talente nie, dis bloot dat sy nog altyd haar brein as haar grootste bate beskou het, en noudat sy nie meer self besluite kan neem nie, is dit my heilige plig om toe te sien dat haar … dat sy weer eendag sal kan funksioneer. Intak.

    Vertel my van haar skryfwerk, sê hy. Hy tel die boek op, hou dit in sy hand. Is dit haar eerste?

    Nee. Tweede. Die eerste boek was goed genoeg, maar het nie veel opslae gemaak nie. Hierdie een is in dosyne tale vertaal en het literêre pryse op drie kontinente gewen. Sy word hoog aangeslaan as skryfster. Verstaan jy? Alles wat sy gesien en gehoor en ervaar het totdat hierdie ding gebeur het, is in haar kop gestoor, en Albrecht was bereid om alles deurmekaar te klits met sy skokgolwe. Hy sou dit uitgewis het.

    Hy kyk haar nadenkend aan. Sê my, inagnemend u lae opinie van ons, waarom het u haar hierheen gebring? Daar is tog ander inrigtings – klinieke, privaat oorde.

    Dis waar. Maar hierdie een is gerieflik naby my huis – skaars twintig kilometer. Dis belangrik. Maar dit was nie my grootste beweegrede nie. Dis ’n mooi plek. Ons het dikwels hier verbygery op pad iewers heen. Dis, om die waarheid te sê, ’n besonder mooi plek. Die ligging, die huis self en veral die tuin. Dis soos ’n park met sy groen grasperke en hoë bome. Al die eiendomme in hierdie omgewing is mooi. Sy het ook so gedink. Sy het saam met ons hier verbygery, jare gelede toe sy by my gekuier het. Sereen was die woord wat sy gebruik het. Die mense wat hier gebou het, het nie bome afgekap nie, hulle het onder die bome gebou. So ’n mooi plek moet haar gunstig beïnvloed. Ek ken haar. Ek weet sy sal daarvan hou die dag dat sy dit weer kan raaksien.

    Sy glimlag skuldig. Ek het nie genoeg van die dokters of die behandeling geweet nie. Dit is vanselfsprekend belangriker as die bome. Ek het nie genoeg geweet nie. Uit die aard van die saak; ek was gelukkig genoeg om geen vorige ondervinding te hê nie. Teen die tyd dat ek Albrecht leer ken het, was hy reeds op pad. Gelukkig ook maar, anders was sy nie nou meer hier nie. Ek was bereid om haar tuis te versorg, maar in die hospitaal … Haar gesig verstrak. Dit was byna onmoontlik vir hulle en haar dokter het my verseker ek sou dit nie kon doen nie.

    Sy kyk skielik op. Weet jy wat my seun gesê het nadat ons haar in die hospitaal besoek het? Hy was baie stil, maar toe ons uit haar kamer loop, het hy net gesê tannie Karoline het weggegaan. Sy het nooit gepraat nie, sy was nie eens wakker nie, maar hy het dit aangevoel. Die feit dat sy weg is. ’n Kind is skerper as ’n volwassene. Ek en Theo, my man, het bly hoop sy gaan wakker word en vir ons glimlag. Maar Nico het gewéét sy is weg.

    Sy word weer saaklik, die moederlike deernis verdwyn. Julle verdoof haar ook. Ek kan dit sien. Albrecht het dit bevestig. Hy was ’n onbuigsame, ontegemoetkomende ou man, sê sy kwaad. Hy wou nie eers met my praat nie, het gesê ek moet my suster in sy bekwame hande laat. Bekwame hande! Ons was op die punt om haar weg te neem toe ek hoor jy gaan oorneem. Ek het jou nie geken nie, maar ek was – en is nog steeds – bereid om jou ’n kans te gee.

    Dankie, sê hy neutraal.

    Maar moenie met my suster foeter nie, sê sy en lig ’n waarskuwende vinger. Kyk, ek dink ons is almal gekondisioneer om geweld te aanvaar. Indien nie as die norm nie, dan ten minste as alledaags. Ons word daagliks met elke soort gruwelikheid gekonfronteer totdat ons nou die punt bereik het waar ons amper immuun is. Dit raak ons nie meer nie. Ons kan onsself nie toelaat om geraak te word nie, daar is te veel ellende, ons kan dit nie hanteer nie. Maar party individue word uitgesonder as die … ja, wat kan ek dit noem? Die slaansakke van die wêreld en die mensdom. Na die eerste paar houe bons hulle nog terug. Sy haal haar skouers op. Miskien het haar kabel gebreek. Die ketting waaraan die sak hang, die ding wat hom aan die dak anker. Sy het afgeval omdat sy nie verder geslaan wil word nie en nou lê sy op die grond totdat iemand die kabel regmaak, of …

    Totdat sy gereed is om weer regop te kom, voltooi hy die sin vir haar.

    Presies.

    U het baie insig in haar.

    En jy stem saam?

    Dit klink geloofwaardig, maar soos ek reeds gesê het: ek is nog glad nie betrokke by haar geval nie. Met al die inligting wat u my vandag gegee het, gaan dit makliker wees. Hy lees half hardop uit die blaaie voor hom. Sy praat nooit nie, reageer op niks nie, verduur niemand naby haar nie.

    Dis reg. Jy kan dus wel verstaan hoe moeilik dit in die hospitaal was. Hulle moes aan haar vat, haar hanteer en verpleeg. Dit kon nie anders nie. Een of ander tyd daardie nag toe hulle haar ingebring het, het sy verdwyn. Die onbekende bokser … – sy glimlag ironies – moes ’n ander slaansak soek. Ek neem haar ook nie kwalik nie. Dis nie noodwendig hoe ék sou gereageer het nie, maar ek het ook nie deurgemaak wat sy … Buitendien, sy’s my suster. Sy is al familie wat ek het. Ek is lief vir haar en sal haar ondersteun al doen sy wát.

    Moet nooit die selfbeskermingsdrang onderskat nie, merk hy op. Die organisme, enige organisme, se eerste prioriteit is om homself te beskerm en te verdedig. Tot elke prys.

    Ek is die soort wat sou teruggeveg het, erken sy effens verleë. Ek sou geskree en gevloek het, almal om my verpletter het. Sy het anders gekies.

    Hy tel die boek op. Ek sal dit lees sodra ek kans kry. U het gesê sy is u enigste familie – is daar niemand anders nie?

    Nee. Ons pa is oorlede toe sy omtrent – laat ek sien – omtrent ses jaar oud was, my ma vier jaar later. Haar gesig verstrak, sy ontwyk sy oë. Ek dink dit was selfmoord. Nie amptelik nie. Dit was ’n motorongeluk op die Namenpad. Geen ander motor was betrokke nie, die weer was goed, sy het eenvoudig van die pad afgery, deur die relings en af in die Maas. Dis dié dat … Toe Jack … Sy skud haar kop. Dis seker alles in haar lêer opgeskryf. Albrecht wou al die feite hê. Hy het in feite geglo.

    Vertel my, nooi hy. Dis altyd beter. Wat het julle gedoen na jul ma se dood – is julle na ’n weeshuis toe?

    Nee. Die tantes het ons ingeneem – my pa se twee susters. Daar was nie vreeslik baie geld nie, maar ons het die huis geërf.

    Was hulle goed vir julle? Was jul kinderdae gelukkig ten spyte van wat gebeur het?

    O ja, sê sy dadelik. Die tantes het nooit getrou nie en het om ons gekloek van die dag dat ons gebore is. Ek dink hulle was heimlik bly toe ons ouers weggeval het. Sy lyk skuldig. Nie dat hulle … hulle was versot op hul enigste broer. Dis nie wat ek bedoel nie, maar daarna het hulle ons vir hulleself gehad. Die liewe goed. Sy glimlag en haar gesig versag. Ons het by hulle ingetrek, daar was nie sprake dat hulle hul huis sou prysgee nie. Ons ouerhuis is verkoop en die geld weggesit vir ons studies. Die tantes se huis was groot genoeg. Sy kry ’n veraf blik in haar oë. Geen bome behalwe die een in die agtertuintjie nie. ’n Paar rose en struike en selfs die boom is later uitgekap. Een Augustus was daar ’n vreeslike storm, hulle het geglo die wortels is verswak, ons kon seerkry.

    Was mevrou Kerr gelukkig met die opset? vra hy.

    O ja. Ek dink so. Sy was altyd ’n stiller mens as ek en die tantes kon nogal baie praat. Hulle was klein, weet jy, en fyn. Ek en Karoline was groter as hulle teen die tyd dat ons tieners was. Klein vinkies. Altyd aan die beweeg, kwetter en wip. Stoflappe wat swiep deur die lug, gordyne wat wapper, mondjies wat vrae vra, handjies wat beweeg, troetel, streel. Ek dink dit het Karoline meer gehinder as vir my. Sy hou van stilte. Ek het terugbaklei, soos ek gesê het; Karoline het haar teruggetrek. Ons het mos maar almal ons eie manier om die lewe te orden sodat dit leefbaar bly.

    Hy knik. En as niks anders help nie, dink hy, maak jy dit jou studierigting om sodoende sin daaruit te probeer maak.

    Sy kyk op haar horlosie en skrik. Ek is nie hier om namens jou gevolgtrekkings te maak nie. Jy is die dokter, nie ek nie. En ek het klaar te veel van jou tyd in beslag geneem. Vergewe my.

    Tyd is nie belangrik nie, sê hy. Nie as dit kom by die welsyn van ’n pasiënt nie. Wil u haar weer sien voordat u ry?

    Sy staan op en tel haar handsak op. Nee, Karoline weet tog nie eens … Sy sien my nie raak nie. Sy tel haar jas van die armleuning op en hy staan op om haar daarmee te help. En daardie kwaai suster is baie gesteld op die korrekte besoektye. ’n Karikatuur van die oermatrone. In elke hospitaal waar ek nog ooit was, was sy teenwoordig.

    Hy glimlag net.

    Dankie dat ek kon kom praat het, sê sy en steek haar hand uit om te groet. Ek wil jou vertrou. Ek wil glo dit sal van nou af beter gaan. Jy gaan probeer om daardie dooie oë …

    Ek sal my bes doen, sê hy. U moet my vertrou.

    Ja, sug sy. Ja.

    Donker in die … wroeg en wroet en koud. Woorde weg net dreun en steun en … om en om en om. Koud en bloed en voed. Koud …

    Wil nie stil word nie. Nie stil genoeg nie. Stampe, gille, koppies, stemme. Al doen ek wat. Kruip al dieper in. Messel die bek toe. Styf. Niks lig nie. Kan my nie hier bykom nie. Dink ek sien niks nie. Grys. Donker. Niks lig nie. Lig is weg. Maak nie saak nie. Beter so. Donker. Stil. Net soms. Die lig. Stukkie son op die … op die. Yskrilalle. Krislalle. Kris- … Patrone in die ys. Weer donker. Pyn alles weg.

    Hy klop aan die deur, hoor geen antwoord nie en verwag dit ook nie. Toe hy die deur oopstoot, sien hy haar eers nie Sy sit halfverskuil agter die gordyne op die breë, hoë vensterbank, haar gesig na buite gedraai. Omdat die kamer te donker is om behoorlik te sien, tree hy vorentoe en skakel die bedlampie aan. Dit verlig bloot haar buitelyne, haar gesig bly in skadu gehul. Al wat hy kan sien, is ’n bos ongekamde, gekoekte hare wat woes en onversorg op haar skouers hang. Sy draai nie haar kop nie, reageer op geen manier op sy teenwoordigheid nie.

    Goeiemiddag, sê hy vriendelik. Ek is jou nuwe dokter. Duson, René Duson. Ek het oorgeneem by dokter Albrecht. Ek is jammer ons maak nou eers kennis, maar dit het ’n tyd geneem om gevestig te raak. Van môre af sal ons mekaar gereeld sien.

    Sy wys op geen enkele manier dat sy van sy teenwoordigheid bewus is nie. Haar gesig bly na die verlate, grys landskap buite gekeer. Kaal winterbome staan in die skemerige lug van die laatmiddag, die fyn swart takkies soos kantwerk teen die ligter grys van die lug. Onder die bome lê kolle vuil sneeu, ’n groepie eksters pik op die gras waar die kok die oorskietbrood vir hulle gegooi het.

    Ek het u suster eergister ontmoet, gaan hy onverstoord voort. Hy kyk af na die lêer in sy hand. Nanette. Mevrou Evrard. ’n Aangename en intelligente vrou. Sy het u kom besoek, nie waar nie? Ek lei af sy was nie gelukkig met dokter Albrecht se behandeling nie, maar ek het haar verseker dat ek my bes sal doen. Het u van dokter Albrecht gehou?

    Hy hou haar noukeurig dop en verbeel hom haar hande, vasgeklem om haar opgetrekte knieë, het momenteel verstyf, maar dis moeilik om te oordeel, hulle is buitendien so gespanne om die vormlose jurk geklem. Sonder om nader te tree, kyk hy verby haar deur die bewasemde ruit.

    Dis triestig buite, merk hy op. Maar môre is die eerste Februarie en voordat ons weet waar ons is, is dit lente. Nes dit warmer word is julle nie meer tot julle kamers beperk nie en ek hoor die tuine is ’n plesier in die somer. Hy bly stil asof hy haar kans wil gee om iets te sê, dan gaan hy voort. Tog, die winter het sy eie bekoring. Kyk byvoorbeeld na die pragtige patrone wat die yskristalle teen die ruit maak. Dis soos kantwerk. Ek het gelees geen twee kristalle lyk dieselfde nie, maar ek moet erken ek het nog nooit die tyd gehad om so ’n studie van die onderwerp te maak nie.

    Sy laat sak haar opgetrekte knieë, swaai haar bene van die vensterbank af en loop by hom verby tot by die bed. Sy ruk die kussing onder die deken uit, sit dit teen die muur en gaan sit daarteen in presies dieselfde posisie as vroeër; haar knieë opgetrek, die jurk daaroor gerem, haar hande om haar knieë. Dit gee hom ten minste die geleentheid om haar gesig te sien, of soveel as wat sigbaar is onder die haredos. Sy is baie bleek; selfs haar lippe is totaal sonder kleur, maar dit is die oë wat hom tref. Die dooie oë, het haar suster gesê en sy was reg. Daar is geen kleur, geen lig, geen lewe nie. Die retinas lyk melkerig, egalig ondeursigtig asof die vrou letterlik nie kan sien nie. Die gesigspiere lyk ook slap, soos iemand wat beroerte gehad het.

    Kan u my sien, mevrou Kerr? vra hy versigtig. Steeds op ’n veilige afstand beweeg hy sy hand heen en weer, maar haar oë flikker nie eens nie, die pupille word nie groter of kleiner nie. Asof sy skielik moeg geword het, draai sy om, druk haar hande onder haar wang in en raak klaarblyklik aan die slaap. Haar vingernaels is lank, gebreek en lelik, maar dis te verstane. Hulle kan nie vir haar ’n naelvyl of -skêr gee nie en sy sal niemand naby genoeg aan haar toelaat om dit vir haar te doen nie. Hy kan sien waarom dit haar suster, wat so goed versorg is, sou grief. Tot môre dan, sê hy. Voordat hy loop, trek hy die gordyne dig. Daar hang ’n vae verfreuk in die lug. Ek hoop nie die reuk hinder u nie, sê hy. Maar voordat ek nog my tasse uitgepak het, het ek die plek laat verf. Ek is seker u sal saamstem dat die gange nou baie minder donker lyk. Ons het lig nodig in ’n plek waar die inwoners soveel tyd binnenshuis deurbring.

    Sy lê net bewegingloos.

    Waarom het Albrecht mevrou Kerr so verdoof? vra hy ’n week later toe hy en sy kollega sit en middagete geniet. Sy is letterlik half bewusteloos. Ons sessies loop op niks uit nie.

    Jy weet hoe Albrecht was, antwoord dokter Seneca filosofies. Pasiënte veroorsaak nie probleme as hulle kalm is nie.

    Liewe vader, Guido, daar is ’n verskil tussen ’n kalm pasiënt en een wat prakties nie kan sien nie. Was sy ooit wild, gewelddadig? So antisosiaal dat sy ’n gevaar vir haarself of die ander pasiënte was?

    Nie sover ek weet nie, maar sy was Albrecht se pasiënt, nie myne nie. En onthou, sy het semikatatonies hier aangekom.

    Ek weet, sê dokter Duson. Ek ken die feite, maar ek weet ook dat ons nie ver gaan kom met haar behandeling solank sy verdoof is nie. Ek het alles gestaak behalwe voorlopig nog die slaappille. Sy moet begin voel, al is dit op beperkte skaal. Ek was nog nooit ’n voorstander van medikasie om ’n probleem te onderdruk nie.

    Dit was nie aldag maklik onder Albrecht nie, stem Guido saam. Glo my. As jy nie oorgeneem het nie, was ek heel waarskynlik al weg. Hy trek die koffiekan nader en skink vir hulle albei. En ek sal jou nog iets vertel. Dis ’n goeie ding jy het jou kantoor – wat eers syne was – so drasties verander. Terwyl hulle myne geverf het, het ek syne gebruik en ek kan jou sê sy pasiënte is bang. Vir die vertrek. Anke, die blonde enetjie, het jy haar al gesien? Die een wat gedurig selfmoord wil pleeg? Sy het nie ’n woord gesê in Albrecht se kantoor nie. Nou ja, sy was sy pasiënt en nou joune en ek is dus nie vertroud met haar geval nie, maar dit het my tog opgeval. Die angs. Wou aan niks vat nie, nie eens die armleuning van die stoel nie. Hy roer sy koffie fronsend. In die laaste weke voordat hy weg is, het hy sy pasiënte afgeskeep, dié dat ek moes help toe Anke deur ’n moeilike periode gegaan het.

    René buk af, trek sy aktetas nader en haal die boek uit wat Nanette vir hom gegee het. Hy stoot die borde uit sy pad en sit dit neer sodat die foto op die agterblad tussen hulle lê.

    Ek het nie geweet jy lees romans nie, merk Guido op. Wie’s dit?

    Karoline Kerr.

    Guido fluit deur sy tande en tel die boek op. Sowaar?

    Ja. Haar suster het dit gebring en ek het dit gisteraand begin lees. Ek vind dit besonder goed, geskryf deur iemand met ’n buitengewone insig in mense.

    Guido slaan die boek oop, laat gly sy blik oor ’n bladsy en begin hardop voorlees. Luister hier: ‘Hy was nooit ongelukkig as gevolg van iets wat gebeur het nie, iemand wat hom te na gekom het, ’n tragedie wat nog spook nie; sy melankoliese uitkyk op die lewe was ’n integrale deel van sy wese, iets waarmee hy gebore is – geneties vasgelê soos die kleur van sy oë, sy rooi hare, die Leclerq-groottoon wat altyd korter is as die res. Niks wat sy of die kinders doen, maak ’n verskil nie. Net so min as wat hy sy bleek, besproete vel kan verander in ’n pigmentryke epidermis kan hy óf sy gesig sy ongelukkigheid met die lewe verlig.’ Hy kyk op na sy vriend. Inderdaad, ja. Ek ken sulke mense.

    Ek weet, sê René. Ek kon hierdie karakter as pasiënt gehad het. Hét trouens al. In my geval was dit ’n vrou; middeljarig en terminaal ongelukkig. Hy vat die boek terug en sit dit in sy tas.

    Dis moeilik om te glo dis hoe mevrou Kerr eens op ’n tyd gelyk het, sê Guido. Die ander doen darem iets omtrent hul voorkoms.

    Sy weet nie hoe sy lyk nie, haar verdoofde brein gekombineer met haar siektetoestand laat niks deur nie. Dis waarom ek ten minste die verdowing moes staak.

    Jy het my ondersteuning, sê sy vriend. Maar jy gaan teenkanting kry van suster Em. Sy is ’n fanatiese navolger van Albrecht se instruksies en om mee te begin ’n rigiede soort mens. Hy kon in haar oë geen kwaad doen nie. Het jy al haar opmerkings oor die nuwe meubels en gordyne in die sitkamer gehoor? Sy voel persoonlik beledig oor elke verandering wat jy aanbring.

    Sy is vervangbaar, as dit moet.

    René moet tot sesuur die aand wag om met suster Em te praat omdat sy nagdiens doen, en teen die laatmiddag staan hy in die deur van die ontspanningskamer en kyk na die mense wat daar sit. Karoline sit soos gewoonlik op die vensterbank, haar blik na buite gekeer en haar gesig weggedraai van die res van die geselskap. Hy wonder wat sy sou gedoen het as die kliniek ’n moderne gebou was; waar sou sy haar tuis gevoel het sonder breë vensterbanke om op te sit?

    By die tafel naaste aan haar sit André, ’n jong man met ’n slegte vel en hare wat in sy oë hang. Hy is besig om asbakkies en tydskrifte in netjiese stapels te pak; onder sy hand lê ’n Bybel. Hy glimlag skuldig toe hy René se oog tref en trek die oopgevoude dambordblad nader. Die skyfies klik tussen sy vingers soos hy hulle rondstoot.

    In ’n leunstoel sit mevrou Bern, ’n seniele ou dame, haar verdwaalde ogies op die stuk breiwerk tussen haar hande. Sy glimlag vir niemand in die besonder nie, sien hom trouens nie eens raak nie. Die res van die pasiënte sit na die flikkerende televisieskerm en kyk. Anke sit opgekrul in ’n stoel, die sokkerwedstryd kennelik vervelig. Sy gluur na Gilles, die nuwe pasiënt, ’n man in sy veertigerjare wat na drie egskeidings en talle aggressiewe vuisgevegte by die werk besluit het om hulp te soek. Dis hy wat die sokker wil sien en sy blameer hom daarvoor. Sy spring op toe sy René sien.

    Hy wil nie dat ek na my program kyk nie, pruil sy en vly haar teen René se arm aan. Sê vir hom.

    Gilles is nuut hier, troos hy. Laat hy maar vandag kyk waarna hy wil?

    Sy wil na verspotte reekse kyk, brom Gilles sonder om sy oë van die skerm weg te neem. Tipies vroumens.

    Ons het ’n stelsel hier, sê René vir hom. Daar is ’n boek waarin julle jul programme kan bespreek. Ons moet mekaar in ag neem.

    Hy’s ’n vark, sê Anke. Is dit nie waar nie, dokter?

    Nee, sê hy. Waarom gaan kyk jy nie na die stel in die klein sitkamertjie nie?

    Die ander pasiënte ignoreer hom, keer terug na hul take nadat hulle in sy rigting geglimlag of geknik het. Opeens klap André sy toring dambordskyfies uitmekaar. Hulle skiet klaterend oor die tafelblad, een mis Karoline se wang rakelings en oombliklik ruk sy haar kop weg, swaai om en kyk na André. Dit het so vinnig gebeur dat René wonder of hy hom nie verbeel het nie, want voordat André sy skyfies begin bymekaarmaak en weer opstapel, sit sy weer roerloos in die venster, haar gesig weggedraai. Maar hy voel tevrede, want in daardie sekonde het hy rou angs in haar oë gelees; die lewe is besig om terug te kom.

    Ek stem glad nie saam nie, sê suster Em toe hy later voor haar staan. Sy is vierkantig gebou; haar lessenaar, simbool van haar senior posisie, is tussen hulle. Hy is op haar terrein, hy moet weet wie hier die owerste oor ’n paar dosyn is.

    Ek is jammer om dit te hoor, sê hy beleef. Dit het onder my aandag gekom dat u ontevrede is oor my nuwe riglyne. Dis eintlik baie eenvoudig As ’n pasiënt gewelddadig is, hetsy teenoor homself of die ander, is daar rede vir medikasie. Is dit nie die geval nie, is dit onnodig en vertraag dit inderwaarheid my behandeling. Mevrou Kerr het so pas gereageer toe André een van sy skyfies byna teen haar gesig geklap het. Dis ’n baie goeie teken. En sy is nie gewelddadig nie, is sy?

    Nee, gee sy toe. Maar sy loop nou heeldag heen en weer. Vantevore het sy byna heeldag geslaap. Slaap is gesond.

    Nie in só ’n mate nie, sê hy streng. Fisiek het sy tog in die afgelope maande aangesterk. Sy is te jonk om heeldag te slaap, en buitendien, soos ek gesê het, is ons sessies totaal onproduktief terwyl sy verdoof is. Dis nou tien dae sedert ek die medikasie gestaak het. Het u enige ander nadelige gevolge opgemerk?

    Nee, erken sy teësinnig. Dis net die heen-en-weer-lopery. Kompleet soos ’n dier in ’n hok.

    By wyse van spreke is dit presies wat sy is. Ons wag nog ’n week, dan staak ek die slaappille ook.

    Dit gaan lol, voorspel sy somber. Dan gaan sy snags ook rondloop.

    Nie noodwendig nie, maar ons sal sien Sy het nog nooit enige selfmoordneigings geopenbaar nie?

    Nee. Ons hou hulle natuurlik altyd dop, maar dis Anke se spesialiteit, soos u weet. Sy skud haar kop. Ek kry haar gister waar sy ’n doos snesies staan en insluk. Een na die ander. Ek weet nie wat sy gedink het sy sal bereik nie – behalwe vreeslike maagpyn.

    Hy glimlag effens. Gee haar baie aandag. Kan sy nie die personeel met iets help nie? Iets eenvoudigs soos rakke regpak, iets wat haar belangrik sal laat voel. Van nut.

    Mens kan haar nie vertrou nie! snak suster Em. Die stoorkamer kan reggepak word, ja, maar sy kan die medisyne en goed begin sluk. Of die skêre gryp.

    Nie onder toesig nie. In elk geval, hou my op hoogte van enige veranderings in mevrou Kerr se gedrag. Goeienaand, suster.

    Hulle weet nie van my nes nie. Diep, donker nes. Eers was dit ’n kas, maar ’n kas is hoekig en hard. Die nes kan ek bou nes ek wil. Eers die buitekant. Eers gedink dis van takke. Grasstingels. Geweef soos ’n vinknes. Nee. Dit waai in die wind, dis oop en bloot. Te veel gevare. Kan afgeruk word. Kan aangeval word. Kan gesien word. Wil nie gesien word nie. Moet diep, diep wegkruip waar niemand my kan sien of hoor nie. ’n Boom. Groot, ou boom. Diep gat in sy vermolmde binnekant. Lank gevat, in die hospitaal nog. Moes grawe en grawe, elke minuut, elke uur tot my vingers bloei. Naels gebreek. Grawe en grou, al dieper in die stam in. Dieper en dieper totdat daar geen lig is nie. Geen geluid. Geen … nee, nee, néé! Toe die gat wyer maak, lekker ronde gat, diep in die binneste waar niemand kan bykom nie. Nie groot genoeg om te verdwaal nie. Kan nie verlore raak nie. Groot genoeg vir my lyf. Opgekrul in die diep gat. Maar dis hard. Nes moet sag wees voordat ek die bek kan toemessel. Geen lig. Donker en veilig. Veilig, veilig. Stukkies wol en vere. Alles wat sag is. Stukke lap. Weef dit in. Voer dit uit. Die mooiste nes in die wêreld. Die bek toegemessel. Niks en niemand binne nie. Ek. Veilig.

    Bach se orrelmusiek speel op die agtergrond terwyl René sy studeerkamer regpak. By die deur staan die laaste leë kartondoos. Dis stil, almal is al in hulle kamers, maar bedags het hy nie tyd om klaar te maak nie en hy is nie haastig om by sy kothuis in die agterste hoek van die tuin te kom nie. Dit was seker jare gelede die tuinier of opsigter se huis, maar is in die afgelope jare bloot as bergplek gebruik omdat niemand daar wou woon nie. Albrecht self wou so ver moontlik van die kliniek af bly. Maar René het dadelik die moontlikhede daarvan ingesien en dit laat restoureer toe Albrecht se aftrede die eerste keer ter sprake gekom het en die eerste tentatiewe ooreenkoms geteken is.

    Hy was moeg vir sy stadspraktyk en het vir die eerste keer deur Guido, saam met wie hy studeer het, gehoor van Albrecht se aftrede. Hy is ook nie spyt nie. Die atmosfeer van die plek het hom dadelik getref met sy eerste besoek verlede somer. Die mooi ou huis, die uitgestrekte gronde, die akkommodasie sodat hy nie meer daagliks in skel, senutergende verkeer hoef te sit om by sy kantoor te kon nie. Bowendien wou hy wegkom na die egskeiding, ’n ander soort lewe lei.

    Twee jaar lank was hy ’n gewone mediese praktisyn, maar die vrae wat tydens sy studentedae, selfs sy kinderdae, begin krap het, het dringender geword. Soos olieborrels op badwater, dink hy. Eers los van mekaar, blink, drywende kolletjies wat begin saamsmelt en uiteindelik ’n massa vorm wat nie langer geïgnoreer kan word nie, wat aan jou vel kleef en nie afgeseep kan word nie.

    Waarom word party pasiënte sieker as ander, waarom herstel die pasiënt met ’n positiewe geestesgesteldheid vinniger as die res? Hy het ’n pasiënt gehad wat sy terminale siekte oorwin het bloot omdat hy so geesdriftig teruggeveg het. En ’n ander een wat haar arm gebrand het met ’n doodnormale, koue spuitkannetjie bloot omdat sy onder die indruk was dat dit warm is.

    Ek was ingedagte, het sy gebieg. Ek was besig om my hare te spuit, maar my gedagtes was by die vleis op die stoof. Ek was bang dit brand aan. Die kannetjie het gegly, aan my arm geraak en soos u kan sien, ’n blaas gebrand.

    Omdat u gedink het dis warm?

    Ja.

    ’n Klein insident, maar vir hom die keerpunt. Hy het sy jong praktyk in sy vrou se hande gelos en teruggekeer na sy studies om hom as psigiater te bekwaam. Hy was nog nooit spyt nie. Sy huwelik sou heel waarskynlik buitendien op die rotse beland het omdat hy weer eens, soos toe hy ’n kind was, in ’n situasie beland het waar sy belangstellings gebots het met dié van die mense om hom. Hulle is vriendskaplik uitmekaar, nie haastig om te skei nie. Dis nou eers, nadat Marié iemand anders ontmoet het, dat hulle met die wettige prosedure begin het.

    In hierdie ou huis, ’n bietjie verslete, verweer deur die elemente, maar tog nog waardig na sewentig jaar, voel hy vir die eerste keer in sy lewe tuis. Die kothuis in die hoek van die tuin is klein in vergelyking met sy groot woonstel in die stad; die geute lek, die vensterrame ratel as die wind waai, die verouderde verhittingstelsel het antropomorfies gestalte gekry en moet gereeld herstel word. Maar hy is weg uit die gedreun van Brussel, hy kan saans die vensters oopmaak en na die gedrup van reën op die blare van die lindeboom voor sy slaapkamer luister. Saans stap hy oor die bevrore grasperk na sy huis, dae lank bly sy motor in die motorhuis staan. En die belangrikste: hy woon tussen sy pasiënte, hy kan betrokke raak soos nog nooit vantevore moontlik was nie.

    Hy sit terug op sy hurke en trek sy ou tikmasjien uit die kassie. Hy wou dit al wegpak omdat hy lankal net met ’n rekenaar werk, maar nou sit hy daarna en kyk, ’n peinsende uitdrukking op sy gesig. Dan staan hy op, sit die masjien op sy lessenaar neer en haal die oortreksel af. Hy blaas die stof af, tik eksperimenteel op ’n paar toetse en gaan haal ’n lap uit die aangrensende badkamer om dit skoon te vee. Hy maak seker dat daar ’n lint in is voordat hy dit optel en deur toe stap.

    Die meeste ligte is reeds afgeskakel, alhoewel dit maar

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1