Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Helde van Ouds: 'n Novella (Afrikaans Edition) (Afrikaanse Uitgawe)
Helde van Ouds: 'n Novella (Afrikaans Edition) (Afrikaanse Uitgawe)
Helde van Ouds: 'n Novella (Afrikaans Edition) (Afrikaanse Uitgawe)
Ebook107 pages1 hour

Helde van Ouds: 'n Novella (Afrikaans Edition) (Afrikaanse Uitgawe)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Engelagtige Spesiale Magte Kolonel Mikhail Mannuki'ili word wakker, noodlottig gewond, in sy skip wat neergestort het. Die vrou wat sy lewe red het 'n ongelooflike vermoë om te genees. Maar wie het Mikhail afgeskiet? En hoekom?
.
Ninsianna het nog altyd 'n spesiale verhouding met die godin gehad. Sy kom uit 'n lang lyn van toordokters en genesers. Toe sy die woestyn in vlug om die gedwonge huwelik aan die hoof se baasspelerige seun te ontsnap, was die laaste ding wat sy verwag het ʼn gevlerkte man wat uit die lug val!
.
Intussen, in die hemel, het Eerste Minister Lucifer, die Ewige Keiser se aangenome seun, 'n plan gemaak om sy onsterflik pa se wense te ignoreer.
.
Dit is lewe en dood in die eerste paaiement van die Swaard van die Gode wetenskapfiksie reeks, ‘n fantastiese oorvertelling van die mite oor gevalle engele.
.
Episode 1x01 van die "Swaard van die Gode" saga
.
Hierdie boek is NIE godsdienstige fiksie nie!
.
*
Afrikaanse taal, Afrikaanse boeke, Afrikaans language
Afrikaanse soekwoorde: Afrikaanse taalboeke, epiese fantasie, ruimteopera, romanse, militêre wetenskapsfiksie, militêre romanse, militêre fantasie, swaard en towery, drake, historiese romanse, antieke wêreld, uitheemse kontak, gratis Afrikaanse boek, free ebook, genetiese ingenieurswese, aksie en avontuur, engele, demone, oorlog

LanguageAfrikaans
Release dateAug 31, 2017
ISBN9781943036509
Helde van Ouds: 'n Novella (Afrikaans Edition) (Afrikaanse Uitgawe)
Author

Anna Erishkigal

Anna Erishkigal is an attorney who writes fantasy fiction under a pen-name so her colleagues don't question whether her legal pleadings are fantasy fiction as well. Much of law, it turns out, -is- fantasy fiction. Lawyers just prefer to call it 'zealously representing your client.'.Seeing the dark underbelly of life makes for some interesting fictional characters. The kind you either want to incarcerate, or run home and write about. In fiction, you can fudge facts without worrying too much about the truth. In legal pleadings, if your client lies to you, you look stupid in front of the judge..At least in fiction, if a character becomes troublesome, you can always kill them off.

Read more from Anna Erishkigal

Related to Helde van Ouds

Titles in the series (2)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Helde van Ouds

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Helde van Ouds - Anna Erishkigal

    HELDE VAN OUDS

    ('n Novella)

    deur

    Anna Erishkigal

    .

    Swaard van die Gode saga

    Episode 1x01

    .

    Afrikaanse Uitgawe

    Kopiereg 2012, 2017

    Alle Regte Voorbehou

    Opsomming

    Engelagtige Spesiale Magte Kolonel Mikhail Mannuki'ili word wakker, noodlottig gewond, in sy skip wat neergestort het. Die vrou wat sy lewe red het 'n ongelooflike vermoë om te genees. Maar wie het Mikhail afgeskiet? En hoekom?

    Ninsianna het nog altyd 'n spesiale verhouding met die godin gehad. Sy kom uit 'n lang lyn van toordokters en genesers. Toe sy die woestyn in vlug om die gedwonge huwelik aan die hoof se baasspelerige seun te ontsnap, was die laaste ding wat sy verwag het ʼn gevlerkte man wat uit die lug val!

    Intussen, in die hemel, het Eerste Minister Lucifer, die Ewige Keiser se aangenome seun, 'n plan gemaak om sy onsterflik pa se wense te ignoreer.

    Dit is lewe en dood in die eerste paaiement van die Swaard van die Gode wetenskapfiksie reeks, ‘n fantastiese oorvertelling van die mite oor gevalle engele.

    .

    Hierdie boek is NIE godsdienstige fiksie nie!

    Inhoudsopgawe

    Opsomming

    Inhoudsopgawe

    Toewyding

    'n Nota oor tyd...

    EPISODE 1x01: HELDE VAN OUDS

    Proloog

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Uittreksel: BOEK I: Swaard van die Gode

    Voorskou – Swaard van die Gode

    'n Nota van Anna

    Sluit aan my by Nuusbrief

    Voorskou: As Wense Perde Was

    Voorskou: ‘n Gotiese Kers Engel

    Iets oor die Skrywer

    Oor die vertaler

    Ander Boeke

    Die Skaakstukke

    Lys van spesies

    Kopiereg

    Eindnota

    Toewyding

    Ek wy hierdie boek aan al die dapper manne en vroue wat in die gewapende magte dien. Aan u wy ek die grootste, sterkste superheld om ooit die aarde te loop. Die Aartsengel Michael. 'n Soldaat ... net soos jy.

    .

    Jy is die wind onder ons vlerke. Dankie!

    'n Nota oor tyd...

    Alle tye in hierdie boek kom in chronologies orde voor, tensy spesifiek anders vermeld (d.w.s., drie ure gelede, of die teenwoordige tyd). Omdat die storie uit die oogpunt van verskillende karakters vertel word, is daar soms dalk 'n tyd-oorvleueling om die leser te laat opvang.

    Beide die Alliansie van die Sterrestelsel en die Sata'anic ryk bereken tyd van die dag wat die Ewige Keiser die ooreenkoms onderteken het wat die Melkweg tussen die twee keiserryke verdeel het (d.w.s., 152,000 + jaar). N.K. staan vir 'Na Keisers.' Die desimale punt na die jaar is die maand, d.i., 02=Februarie. Alle Sterrestelsel Standaard datums loop saam met die tyd op aarde.

    .

    152,323.02 = Februarie 2, 3390 V.C

    EPISODE 1x01:

    HELDE VAN OUDS

    Toe die mense op die aarde

    begin vermeerder

    en daar vir hulle dogters gebore is,

    sien die seuns van God dat die

    dogters van die mense mooi was,

    en hulle het vir hulle as vroue geneem

    almal wat hulle verkies het. [...]

    In dié dae was die reuse op die aarde,

    en ook daarna, toe die seuns van God

    by die dogters van die mense ingegaan

    en dié vir hulle kinders gebaar het.

    Dit is die geweldiges uit die ou tyd,

    die manne van naam.

    .

    Genesis 6:1-6

    Proloog

    Hoër Koninkryk

    Keiser Shay'tan

    SHAY'TAN

    Die twee ou gode het oor die sprankelende silwer sterrestelsel wat in die ruimte draai gebuig, en hulle volgende skuif beplan. So het hulle gedoen sedert die vroegste tye, god en die duiwel, twee antieke teëstanders vir ewig vasgevang in 'n skaakspel.

    Die groter van die twee gode, 'n enorme rooi draak, het 'n swart pion in die pad van 'n wit toring geskuif.

    Jy's uit pionne! het Shay'tan gedreun.

    Hof stukke is meer as pionne werd! Sy wit-geklede vyand het die pion maklik geneem. Hulle kan hulle vinnig ore aan sit.

    Ahh... Shay'tan se snoet het in 'n predatoriese glimlag verander. Jy het nie genoeg respek vir jou pionne nie. Dit maak nie saak hoe sterk jou hof stukke is nie— hy het 'n tweede swart pion geskuif om die toring te neem —jy sal nooit genoeg van hulle hê nie. Veral as jy gaan aanhou om hulle weg te gooi op nietige bewegings.

    Hy het die ongelukkige toring in die groeiende hoop verowerings, wat verspreid om sy troon lê soos gebreekte speelgoed, laat val. Die Ewige Keiser Hashem het ‘n verontwaardige uitdrukking nagemaak.

    Ek gebruik beter stukke vir 'n beter strategie! het hy gesê. Regtig, Shay'tan. Jy dink te korttermyn om die subtiliteite te verstaan!

    Wen gaan oor getalle! het Shay'tan gelag. Hy wat die meeste skaakstukke het wen.

    Die Keiser se bosagtige wenkbroue het saamgetrek in konsentrasie. Hy het 'n swart toring, wat diep in die onbekende gebied om ‘n planeet wentel, onder oog geneem.

    Waarmee is jy besig jou ou duiwel?

    Shay'tan het sy mees onskuldige glimlag aangesit, terwyl sy lang rooi stert swaai soos 'n kat wat 'n muis bekruip. Hashem het 'n wit ridder opgetel en gedink oor sy volgende skuif. Shay'tan se glimlag het verdwyn toe hy sien watter skaakstuk sy teenstander beplan om in die spel te bring. Sy leeragtige vlerke het gesprei terwyl Hashem die wit ridder in die rigting van sy grootste prys geskuif het.

    Wit ridder na Zoeloe sektor drie...

    O nee jy gaan nie!

    Shay'tan het sy swart rook gegryp en slaan dit op die sterrestelsel neer, die wit ridder word daardeur uit die ruimte gestamp.

    Die kamer het saamgetrek.

    Die plafon het in 'n sondak van wit lig verdwyn.

    Shay'tan! het 'n vrou geskree. Jy was veronderstel om jou beurt af te wag!

    'n Vae goue vorm het in die hemele sigbaar geword en oor hulle gehang asof hulle self skaakstukke op ʼn groter bord is. Met 'n draai van haar pols, het Sy-Wat-Is hulle van al hulle voorkennis gestroop en hulle terug in die sterrestelsel gegooi, om te sien hoe hulle manipulasies sou uitspeel in die sterrestelsel waaroor hulle altwee heers.

    Hoofstuk 1

    En ook daarna, toe die seuns van God

    by die dogters van die mense ingegaan

    en dié vir hulle kinders gebaar het.

    Dit is die geweldiges uit die ou tyd,

    die manne van naam.

    Genesis 1-6

    .

    Februarie – 3,390 VC

    .

    Pyn.

    Metaal het sy vlees deurboor in 'n draaiende, brandende, gillende bal van vonke. Hy het in angs gegorrel terwyl ʼn staal paal sy bors deurboor en hom soos

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1