Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Goue Vroue in Wonderland
Goue Vroue in Wonderland
Goue Vroue in Wonderland
Ebook58 pages34 minutes

Goue Vroue in Wonderland

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Groepie Towerinne beland in ’n storieboekavontuur. Tydens die ontrafeling van die verhaal ontdek hulle elkeen hulle Goue Eienskap wat van hulle die Goue Vroue maak.

In hierdie verhaal word 'n groepie van die Towerinne "Goue Vroue".

Hierdie boek is geskryf deur:
Aalsie Moller
Appeltjie de Kock
Christa Goud van Staden
Positief Goosen
Seegogga Groenewald
Toortsie Burger
Una Goud Steenkamp
Woordnoot Fourie

LanguageAfrikaans
Release dateSep 25, 2020
ISBN9781005504069
Goue Vroue in Wonderland
Author

Goue Vroue

Ons is 'n groep Afrikaanssprekende vroue wat elkeen haar eie blog het en saam stories skryf. Ons het baie pret en het op die internet 'n plek gevind waar ons ons eie wêreld beleef. Ons het ons eie verbeeldingsdorpie, Rebusfontein waar elkeen haar eie huisie het.

Related to Goue Vroue in Wonderland

Related ebooks

Related articles

Reviews for Goue Vroue in Wonderland

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Goue Vroue in Wonderland - Goue Vroue

    Hoofstuk 1. Towerinne word Goue Vroue - deur Positief

    In die VVVTT Hoofstuk 14 – Die brief stuur Vuurvliegie ’n brief en twee boeke aan die Towerinne. Een van die boeke is 1000 Places To See Before You Die en die Towerinne is vasberade om elkeen en nog meer te gaan sien in die VVVTT. Daar is ’n paar van die Towerinne wat elke keer teruggaan na Rebusfontein. Hulle verandering tot Goue Vroue kan jy hier lees. Ons het nooit verstaan waarom sy ook vir ons Alice in Wonderland gegee het nie, maar nou vind ons uit.

    WoordNoot het vir ons die allerpragtigste meent geskep in Rebusfontein, in die middel van die huisies. Voor die skepping is die huisies en sommer die hele Rebusfontein deeglik gefog (met ’n k), maar dankie tog party van ons het teruggekom, die stof van die wandelpad afgeskud en ons huisies behoorlik skoongemaak. Party Towerinne het hulle hele huis sommer so tjoeftjaf herbou en ’n nuwe begin in ons verbeeldingsplek, Rebusfontein, gemaak. Ek, nie vreeslik groot op skoonmaak nie, het net so ’n vinnige gedagte gegee aan hoe dit moet lyk en is toe vort om die meent te gaan verken.

    Siende dat al die ander nog werskaf of piekniek hou, is dit net ek wat in die meent ronddwaal. Ek wil so ’n rukkie op die bankie sit om my asem terug te kry. Coronamouna het my ook goed opgefog (met ’n k). So moeg is ek dat ek die bankie skoon mis sit. My hele lewe flits voor my oë verby, met my laaste gedagte voor ek die grond tref, dat die gras darem heerlik groen en welig is.

    Ek val en val, tyd vir honderde ander gedagtes. Ek maak my oë oop en sien dat, pleks van kaplaks op my kwas te gaan sit, ek besig is om deur ’n tonnel te val. Soos ek val word ek kleiner en kleiner. Ek land op my kwas op ’n vloer in ’n grot. Eenkant staan ’n botteltjie waarop geskryf staan: ‘Neem groot slukke, dan is dit vinniger klaar.’ Reg langs die bottel staan ’n kolwyntjie met versiering wat spel: ‘Eet my (ek belowe ek maak nie vet nie).’ Wat sal ek doen? Met die botteltjie in die een hand en die kolwyntjie in die ander, gewaar ek ’n haas met ’n keil. Sowaar, ek moes my kop êrens gestamp het in die val. Om die hallusinasies te stop, drink ek die hele botteltjie klaar. Ek krimp en krimp en krimp. Skielik sien ek ’n kwaaie mier op my afgestorm kom.

    Wraggies, ek het genoeg van gevegte gehad, met hierdie mier is ek nie lus vir baklei nie. Vinnig hap ek die koek. En ek groei en groei, die groeipyne is amper erger as die gewone hittegloede wat ek beleef. Ek sien die haas wink vir my en vinnig klim ek by die gat uit, vol

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1