Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die vierletterwoord
Die vierletterwoord
Die vierletterwoord
Ebook151 pages2 hours

Die vierletterwoord

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Clarissa Mentz is ’n gr. 11-leerder aan ’n dubbelmedium privaatskool wat verskeie uitdagings moet hanteer: sy moet vrede maak met die omstandighede waarin haar pa verdwyn het; sy moet besin oor haar verhouding met die skool se hoofseun; sy moet haar lojaliteite teenoor vriende in oënskou neem; asook die lewenswaardes wat sy onderskryf, evalueer.

Die verhaal speel af in ’n kontemporêre Suid-Afrikaanse skoolopset. Dit maak die uitdagings waarmee karakters gekonfronteer word, soveel meer oortuigend, en hul reaksies daarop relevant. Die hoofkarakter word multidimensioneel uitgebeeld, met haar sterk en kwesbare eienskappe in balans.

Keurders het hierdie boek aanbeveel vir die voorskryfmark: veral graad 10 tot 12 Addisionele Taal. In die algemene handel sal dit by meisies vanaf graad 7 byval vind.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 20, 2013
ISBN9780624062943
Die vierletterwoord
Author

Nelia Engelbrecht

Nelia Engelbrecht is in Klerksdorp gebore. In 1994 begin sy fiksie skryf – kortverhale en liefdesverhale. Haar jeugboek Pandora se boks is die wenner van 'n ATKV-kinderboektoekenning sowel as die Scheepersprys vir Jeuglektuur (2009). Sy werk tans as redakteur en skrywer in die Korporatiewe Sake-kantoor van die Potchefstroom-kampus van die NWU.

Read more from Nelia Engelbrecht

Related to Die vierletterwoord

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die vierletterwoord

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die vierletterwoord - Nelia Engelbrecht

    title%20page.jpg

    Nelia Engelbrecht

    Die vierletterwoord

    title%20page.jpg

    Tafelberg

    Hierdie boek word opgedra aan my hartsmense:

    Attie, Adriaan, JanDirk en Elmarie.

    Die see maak bokant sy kop toe. Sy oë brand van die soutwater. Dan sien hy die figuur voor hom. Sy hande vat klere vas en hy begin boontoe beur. Hulle snak albei na asem toe hulle bo kom. Hy sukkel totdat hy hom op die rotse het en probeer dan agterna klim. Gly. Vat die man op die rots se hand vas. Voel hoe die see aan sy lyf pluk.

    Dan verdwyn die son.

    butterflies

    1

    Dis môre my missing pa se verjaarsdag en ek probeer al heeldag om nie daaraan te dink nie.

    Stay in the moment. Dis my survival-mantra.

    Op die oomblik is dit darem nie te moeilik nie, want ek is diep in die dinges by my beste vriendin. Actually, ek dink sy haat my.

    Ek staan agter Penny en kyk saam met haar in die spieël.

    Dis skééf!sê sy.

    Ag, jy verbeel jou, lieg ek.

    Is nie – my hare is baie korter hierdie kant as aan die ander kant. En môre begin die skool!

    Ja, en jy’t die hele vakansie gehad om jou hare te laat sny, maar nee, vandag kerm jy oor jou hare te lank is – noudat al die haarkappers in Wilgendal vol bespreek is.

    Ek gooi die skêr op die spieëlkas neer en gaan lê op my bed. Penny staar na haarself in die spieël terwyl sy die een kant se hare trek, asof dit kougom is wat sy langer kan rek.

    Duane. Bel hom. Nou! Die wysvinger wat sy in my rigting rondswaai, bewe effens.

    Ek kom regop. Oukei, man, chill tog net.

    Duane antwoord gelukkig dadelik sy foon. Hi, ons het ’n hare-krisis. Jy moet kom help, anders moet Penny môre met ’n hoed skool toe gaan.

    Moenie vir my sê julle girls het weer met mekaar se hare gekarring nie, sê Duane kwaai.

    Wel, laat ek dit so stel: Penny se linkeroor steek meer uit as haar regteroor.

    Jééz, Clarissa. Sê vir Penny ek kom.

    Ek lui af terwyl Duane nog iets brom van ander mense se gaggies wat hy altyd moet uitsorteer.

    Ontspan, Duane is op pad.

    Ek moes van die begin af liewer dat hy my hare sny. Maar nee, jy dink mos jy kan alles op aarde doen.

    Ek en Penny is al van graad een af maats. Ons het saam voortande gewissel, gekys geraak en saam ons eerste bra’s gekoop. Mens kan maar sê ons is soos familie – dié dat ons so lekker baklei.

    Gaan maak vir my koffie, ek ly aan skok, beveel Penny en kyk my verwytend aan.

    Ek’s nie jou slaaf nie, weet jy? sê ek, maar staan tog op en stap kombuis toe.

    My ma kom by die agterdeur in toe ek die ketel aansit. Sy dra twee sakke kruideniersware.

    Hallo, Clarissa. Maak bietjie vir my plek op die tafel, asseblief?

    Hi. Ek skuif die bak vrugte op die kombuistafel een­kant toe. Hoe is Ma se nuwe baas toe?

    Die eienaar van die eiendomsbesigheid waar sy werk, het einde verlede jaar by die see gaan aftree en sy seun het van die stad af gekom om die besigheid oor te neem. Dit was vandag die nuwe baas se eerste dag.

    Hy is heel gaaf – ek dink ons gaan lekker saamwerk, sê sy terwyl sy pakke gevriesde groente in die vrieskas pak. Ek het Penny se bromfiets hier buite onder die afdak gesien. Maak jy vir julle koffie?

    Ja. Wil Ma tee hê?

    Nee, dankie, ek wil eers klaar uitpak.

    Ons koffie is al op toe ons Duane se vintage- Shelby Cobra wat sy pa vir hom vir Kersfees gekoop het, buite hoor stilhou.

    Hy ry al van graad tien af sonder ’n lisensie. Sy pa is een van Wilgendal se grootste boukontrakteurs en sy ma doen die besigheid se boeke. Hulle is so ryk, hulle kan toe-oë die boetes bekostig wat Duane so nou en dan kry.

    Dis vir hulle makliker om die tjeks uit te skryf as om my rond te ry. Which suits me fine, sê hy altyd.

    Die kleur op sy wange verander sommer van die gewone cappuccino-bruin na ’n melkerige latté toe hy vir Penny sien. Gee whiz, girls, hulle noem die plekke met die spieëls en haardroërs haarsalonne. Dis waar ’n mens jou hare laat sny, julle weet?

    "Hulle was almal vol bespreek vandag en toe sê Clarissa ek moet sit, sy sal sommer gou my hare sny. Hoe het sy nou weer gesê? O ja, iets soos: hoe moeilik kan dit nou wees," sê Penny en kyk boosaardig na my.

    Duane sit ’n metaaltassie langs my op die bed neer en haal ’n kam en skêr uit. Jy, sê hy en hou die punt van die skêr gevaarlik naby my neus, is beslis nie ’n professional nie. Van haarsny weet jy niks.

    Ag, jou dinges. En jy’s professional? kap ek teë.

    Ek weet meer as enige average girl in Palm Lane High van mooimaak af.

    Dis waarskynlik waar. Duane Willemse is ons skool se eie Glam Guru. Hy het al sakke vol geld verdien met make­overs. Daarom hou ek maar liewer my mond terwyl hy sy magic doen.

    Nog net hierdie puntjie … daar’s hy. Duane kom regop en beskou sy handewerk soos ’n trotse pa wat sy eerste baba in die oë kyk.

    Dankie, Duane, jy’s ’n pêl duisend, sê Penny.

    Duane draai na my. Moet ek nie jou eyebrows bietjie trim nie? Hulle lyk weird.

    Nee, dankie. Ek hou van hulle soos hulle is.

    Duane het al jare lank ’n ding oor my wenkbroue. En as hy nie daaroor moan nie, het hy ’n storie oor ek kastig nie genoeg grimering dra nie.

    Ek en Penny stap saam met Duane voordeur toe. Gedra julle nou, oukei? sê hy toe hy groet en wegry.

    Penny haal haar scooter se sleutels uit haar skouersak. Ek moet ook nou waai. Sê vir jou ma ek sê baai.

    Ek maak die voordeur toe en stap kombuis toe. Ek wonder wat eet ons vanaand. My ma is mal ook kos­maak, maar ek deel nie dié particular passie nie.

    Huisskoonmaak en wasgoed doen is vir my ook abso­­luut tydmors. Alles wat jy skoonmaak, word in elk geval weer vuil en vol kreukels.

    Gelukkig het ons vir Dorah wat in die oggende inkom. Sy’s baie nice. ’n Sterk vrou. Ek bewonder sterk vroue. Ek kry dit meestal reg om te maak of ek ook een is.

    My ma is nie in die kombuis nie. Ek kry haar in haar halfdonker kamer. Sy staan voor die venster en staar na die toe gordyne. Sy hou ’n geraamde foto vas.

    Is Ma oukei?

    H’mm? O, ja. Sy kyk af na my pa se foto. Dis môre sy verjaarsdag.

    Ek weet, ja. Ek skakel die lig aan. Ek sal help aand­­­­­ete maak as Ma wil. Enigiets om haar uit die donker kamer te kry.

    Dis nie nodig nie, dankie, ek het vir ons gaar lasagne by die Spar se deli gekoop. Ek sal net slaai maak.

    Ná ete kyk ons saam TV. Toe my ma gaan bad, gaan haal ek my sigarette in my kamer en gaan sit buite op die houtbankie in die voortuin. Dis so half weggesteek onder ’n akkerboom – soort van my eie Secret Garden.

    Ek rook al van graad nege af. Dit anker my soort van, sodat die golwe in my kop my nie diepwater toe kan sleep nie.

    My ma hou nie daarvan nie, maar sy erken darem dat dit beter is as om my naels te kou of te binge. Solank ek net nie in die huis rook nie en ook nie by die skool nie, sê sy.

    Ek rook klaar en gaan badkamer toe. Die vertrek ruik nog na my ma se badskuim. Ek maak die muurkassie oop. Sy’t vanaand vergeet.

    Ek vat die happy pill en ’n glas water vir haar. Ma?

    Kom in.

    Sy sit voor haar spieëlkas. Waar ander mense juweel­kissies en beeldjies op hulle spieëlkaste het, het my ma ’n shrine gebou. Vir my pa.

    Voor hulle troufoto lê sy horlosie en mansjetknope. Tot sy kam. Ek sweer as ’n mens mooi kyk, sal jy nog een van sy hare daarin kry.

    Hier’s Ma se pilletjie.

    O, dankie. Jy moet lekker slaap, my skat.

    Ek soen haar op haar hare. Dit ruik soos appels. Dankie. Ma ook.

    Ek bad klaar en lê lank op my bed en luister na Roxette, totdat die musiek die golwe wat in my ore suis, stil gemaak het en ek uiteindelik aan die slaap kan raak.

    Die volgende oggend, nog voor die son behoorlik op is, gaan die klokradio aan. Ek sukkel om uit droomland te kom, totdat ek die datum op die klokradio sien.

    My pa se verjaarsdag.

    Oukei, Clarissa, stay in the moment.

    Ek staan op en trek my T-shirt en sweetpak aan. Dis lekker buite so vroeg in die oggend. Die dag is nog vol potensiaal – mens kan actually nog hoop vandag gaan beter as gister wees.

    Hoop. Die famous vierletterwoord in my lewe.

    Die huise en bome flits by my verby toe ek begin draf. Ek is heeltemal verslaaf aan hardloop. Dis seker maar die endorfien. As dit nie daarvoor was nie, was ek lankal op twee pakkies sigarette en vyf pizzas per dag en het ek dalk nog drugs op die sideline gedoen ook.

    As ek hardloop, voel dit of my lyf een groot, awesome masjien is, met elke deel wat presies weet wát om wánneer te doen. Ek kan voel hoe my longe tot teen my ribbes uitsit en hoor hoe my hart die bloed en suurstof tot in elke spier en elke sel pomp.

    Om my ma gelukkig te hou, hou ek mooi by die roetes wat ek vir haar met ’n rooi koki-pen op ’n straatkaart van die dorp moes trek.

    As ek jou moet gaan soek, moet ek darem weet wáár om te soek, het sy gesê.

    Ek dink dis omdat sy bang is ek verdwyn

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1