Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Nina en die wacky hare
Nina en die wacky hare
Nina en die wacky hare
Ebook94 pages55 minutes

Nina en die wacky hare

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die ergste plaag denkbaar tref Laerskool Tierkop: kopluise! Nina en Jessie kom toevalllig af op bewyse dat dié plaag deur ‘n tydelike onderwyseres, juf. Morkel, begin is. Maar waarom sal sy die skool se naam skade wil doen? En hoe gemaak om die luise uit te roei, EN die skuldige aan die kaak te stel? Die hoof en ander onderwysers sal mos nooit twee graad vyfs se storie glo nie. Gelukkig is die Entrepreneursdag om die draai, en Nina en Jessie weet presies hoe om hulle plan uit te voer. Hulle het net die hele skool se samewerking nodig . . .
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateMay 20, 2012
ISBN9780624057277
Nina en die wacky hare
Author

Elizbè van der Colff

Elizbè van der Colff het in Bellville en Oudtshoorn grootgeword. Ná skool behaal sy haar B. Arbeidsterapie-graad. Hierna spesialiseer sy in kinderontwikkeling en bestuur haar eie privaatpraktyk. Sy skryf twee artikels oor kinderontwikkeling wat in Baba en Kleuter gepubliseer is. Sy woon saam met haar man, Nico en hulle drie kinders in De Tijger, naby Kaapstad.

Related to Nina en die wacky hare

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Nina en die wacky hare

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Nina en die wacky hare - Elizbè van der Colff

    Vir my super-oulike dogtertjie, Cara.

    EvdC

    Ek dra hierdie boek op aan Ouma Leen,

    wat gereeld my hare deursoek het vir

    goggas met daai kammetjie.

    CV

    1

    luis_3.psd

    Die solder

    O, hierdie plek is spooky! sê Nina toe haar kop deur die opening in die solder verskyn. Sy klim versigtig in en kyk om haar rond. Haar oë knip totdat sy gewoond is aan die skemer.

    Die vertrek is gepak met ou meubels waarvan die meeste met lakens toegemaak is. ’n Paar bokse staan rond. Alles is deurmekaar. Spinnerakke hang aan die dakbalke. Nina vryf haar kaal arms – sy voel skielik koud.

    Jessie, reeds binne, loop vol bravade deur die vertrek. Ag, is jy al weer bang? Ek wed jou ons gaan iets hier kry, iets wat ons kan verkoop vir ons entrepreneursprojek.

    Ons sal vinnig aan ’n idee moet dink vir die projek, ons tyd raak min, Jessie, sug Nina moedeloos. Juffrou Morkel het juis weer vandag so aangegaan daaroor. ’n Mens sou dink die entrepreneursprojek was háár idee … Iets kielie haar wang. Sy vryf daaroor en vee vies ’n spinnerak weg.

    Ja, man, vier dae is báie tyd. Ons sal aan iets dink. En ons gaan die beste punte in graad 5 daarvoor kry! sê Jessie met meer selfvertroue as wat sy behoort te voel. En daai prys vir die wenner!

    Ja, ja, maar as ons nie opskud nie, gaan Ciska sowaar die Xbox wen! Ek het gehoor sy is al goed aan die gang. Ek het probeer uitvis wat sy gaan doen, maar sy wil niks sê nie. Nina vryf haar neus. Dit voel of sy wil nies. Juffrou Morkel is darem maar suur – ek dink nie ek het haar al een keer die afgelope week vandat sy in Juffrou Steenkamp se plek is sien glimlag nie, sê Nina.

    Ja, ek dink ons doop haar sommer … Morpot! giggel Jessie. Sy kyk om haar rond. Dalk is iets hierbo weggesteek wat sommer baie werd is, soos in miljoene rande … ons moet dit net kry. Sy snuif. Atiesjoe! nies sy van die stofwolk toe sy die naaste laken van ’n homp aftrek.

    Jessie, die goed hierbo is nie antiek nie, net oud. Dis niks werd nie. Niemand by die skool sal hierdie goeters wil koop nie. In elk geval, dit ruik soos vrot ertjies hierbo! Sy hoor ’n ritseling agter haar. En hier is definitief rotte, ril Nina terwyl sy begin terugstap na die solderopening.

    Eina! gil sy toe sy oor iets struikel en val. Van waar sy op die grond op haar maag lê, sien sy tussen ‘n stoel se pote iets blink. Hier’s iets … sê sy en steek haar hand uit om dit op te tel.

    Wat’s dit? vra Jessie terwyl sy die voorwerp by Nina neem. ’n Sleutel?

    Dis vasgebind aan iets, merk sy op toe die sleutel se toutjie styftrek toe sy daaraan pluk. Versigtig loer die twee maats agter die stoel.

    ’n Kis! ’n Regte egte skatkis! Jippie, ons het ’n skat gekry! dans Jessie.

    Ook nuuskierig bestudeer Nina die kis, wat agter die stoel staan waaraan die sleuteltjie vasgebind is. Dit is ’n outydse houtkis. ’n Paar houtinsetsels voel grof onder haar hande en haar vingers maak patrone in die stoflaag op die deksel toe sy daaraan vat. Kom, sluit gou oop, hier is die sleutelgaatjie!

    hoofstuk%201a.TIF

    So, hier is jou wonderlike skat! lag Nina toe sy die klomp hoede binne-in sien en van hulle begin uithaal. Daar is ’n gekraakte spieël aan die binnekant van die deksel. Die een helfte van haar gesig lyk effens hoër as die ander kant toe sy daarin kyk. Sy giggel en steek vir haarself tong uit. Wonder wie s’n dit is, of liewer was, die goed lyk stokoud.

    Ek het geen idee nie. Dit moes seker die vorige eienaars van die huis s’n gewees het. My pa het mos eers die naweek die nuwe trapleer na die solder ingesit, so dis beslis nie ons s’n nie, sê Nina.

    Ja, ek het nooit eens geweet julle het ’n geheime kamer hierbo nie. Wonder wat van die ou trap geword het? Hier moes tog een of ander tyd een gewees het.

    Jy kan my eet as ek weet. Vandat ek kan onthou was dit maar so.

    Jessie haal ’n swart-en-rooi pet uit die kis en sit dit skeef op haar donker hare. Sy loer vir haarself in die gekraakte spieël.

    Nina, nou meer gerus, begin ook grawe tussen die hoede en sit vir haarself ’n rooi gebreide mus op. "Jessie, kom ons maak ’n haarstalletjie vir ons projek – ’n stalletjie met goeters wat jy in

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1