Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die dingesfabriek 4: Jannus en Kriek en die tydmasjien: Jannus en Kriek en die tydmasjien
Die dingesfabriek 4: Jannus en Kriek en die tydmasjien: Jannus en Kriek en die tydmasjien
Die dingesfabriek 4: Jannus en Kriek en die tydmasjien: Jannus en Kriek en die tydmasjien
Ebook78 pages25 minutes

Die dingesfabriek 4: Jannus en Kriek en die tydmasjien: Jannus en Kriek en die tydmasjien

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

In professor Arnoldus Snol se woonstel bo die museum staan ’n kas wat ’n KOLOSSALE geheim bewaar . . . Professor Snol weet alles van die dinosourusse van Gondwanaland af, daarom neem Oupa vir Jannus en Kriek om hom te ontmoet en inligting te kry vir ’n skooltaak. Maar wat het van die professor geword? Weke se pos lê onoopgemaak voor sy deur en niemand het hom onlangs gesien nie. Watter ongelooflike avontuur sal die tweeling en hulle eksentrieke oupa nóg beleef?
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJul 10, 2015
ISBN9780624073253
Die dingesfabriek 4: Jannus en Kriek en die tydmasjien: Jannus en Kriek en die tydmasjien
Author

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman is a pathologist in private practice and extraordinary professor in the Department of Medical Microbiology at the University of Stellenbosch. She contributed to Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009) and is the author of the Dogtective William, Dingesfabriek and Anna Atoom series, which was awarded the prestigious Alba Bouwer Prize in September 2013. Elizabeth and her family live in Welgedacht, near Cape Town.

Read more from Elizabeth Wasserman

Related to Die dingesfabriek 4

Titles in the series (1)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die dingesfabriek 4

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die dingesfabriek 4 - Elizabeth Wasserman

    DINGES%203%20%c2%96%20TITELBLADSY.tif

    Elizabeth Wasserman

    Illustrasies deur Astrid Castle

    Tafelberg

    Vir almal wat hou van

    leer en lees.

    Die wêreld van Jannus en Kriek

    Ons helde

    Doopname: Jannewario Frederikus Knoets en Krisantalia Renostrum Knoets, algemeen bekend as Jannus en Kriek. Hulle is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling.

    Adres: Huis Deurmekruis, Onder Afrit 7 van die snelweg, Naby die dokke

    Hulle ouers:

    Knersius en Soetlief Knoets. Knersius is die speltoetser van ’n groot uitgewery. Soetlief is ’n gevaarlike spioen.

    Hulle troeteldier:

    ’n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Sy is ’n wyfiemeerkat, maar haar voornaam is Meneer en haar van is Snoek.

    Hulle oupa:

    Hy is ’n avonturier, ’n uitvinder en ’n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy kelderlaboratorium. Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net ’n bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alles wat hy nie kan onthou nie dinges.

    Wie is Zip?

    Is hy een van Oupa se uitvindings? Niemand weet wat hy is of waar hy vandaan kom nie, maar hy het gehelp om hierdie boek te skryf.

    aw_Intro%20pages_Prof%20Snol_Dingesfabriek_4_FINALS.tif

    Dinosourusse

    "Pasop voor, ek is ’n Tyrannosaurus rex!" gil Dries Doringkop en stamp vir Bertie dat sy rugsak doer trek.

    Bertie is die kleinste seun in die klas.

    Boelie! sis Kriek en tel Bertie se rugsak vir hom op.

    "Tirannosourus was piepklein in vergelyking met Giganotosourus," grom Jannus.

    Wat weet jy, wysneus? Dries staan dreigend nader.

    aw_01_Dingesfabriek_4_FINALS.tif
    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1