Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Elf dae in Parys
Elf dae in Parys
Elf dae in Parys
Ebook270 pages3 hours

Elf dae in Parys

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

“Kyk!” sê Luc. “Dis wat ek vir jou wou wys. Sy word genoem ‘Die Gevleuelde Oorwinning van Samothrace’, en vir my is sy die tweede mooiste meisie in die Louvre.”
Emma bloos toe hy tergend na haar kyk. Die Franse verstaan sowaar die kuns van flirt! dink sy. Dalk word dit nog hier as skoolvak aangebied.
Emma is nie veel lus vir die Franse kursus in Parys nie – haar ouma se geskenk vir haar sestiende verjaarsdag. Maar die Stad van Lig betower haar gou, en met Luc as haar gids kry Parys se bekende bakens vir haar nuwe betekenis. Luc is toevallig daar wanneer vreemde goed begin gebeur: sy word amper toegesluit in die Musée d’Orsay, by die Eiffeltoring val ’n bedelaar haar lastig . . . en wie is die onvergeetlik mooi Oosterse meisie met die viool, wat maar net nie uit Emma en Luc se pad kan bly nie?
Fantasie, liefde, avontuur – in Parys is dit moontlik om dit alles oor ’n tydperk van elf dae te ervaar.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateAug 8, 2016
ISBN9780624077459
Elf dae in Parys
Author

Elizabeth Wasserman

Elizabeth Wasserman is a pathologist in private practice and extraordinary professor in the Department of Medical Microbiology at the University of Stellenbosch. She contributed to Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009) and is the author of the Dogtective William, Dingesfabriek and Anna Atoom series, which was awarded the prestigious Alba Bouwer Prize in September 2013. Elizabeth and her family live in Welgedacht, near Cape Town.

Read more from Elizabeth Wasserman

Related to Elf dae in Parys

Related ebooks

Related articles

Reviews for Elf dae in Parys

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Elf dae in Parys - Elizabeth Wasserman

    ELF DAE IN

    PARYS

    ELIZABETH

    WASSERMAN

    Tafelberg

    Vir almal wat graag deur die strate van Parys slenter.

    Voorspel

    Die eerste ding waarvan sy bewus raak, is die koue. Dit sypel deur haar vel tot in haar ruggraat. Sy maak haar oë stadig oop.

    ’n Deurdringende pyn klop in haar agterkop.

    Sy probeer regop kom, voel-voel met haar hande langs haar. Sy lê op ’n klam, harde oppervlak, en haar duimnael krap teen iets wat voel soos die kop van ’n spyker of ’n skroef.

    Waar is sy?

    ’n Sirene loei ver weg. Sy raak bewus van die geruis van verkeer en ander stadsgeluide, ver onder haar. Dan hoor sy iets: ’n nuwe geluid.

    Klop-klop. Klop-klop.

    Hoewe? En daarmee saam die geskuifel van sagte pote.

    Moet sy roep sodat hulle haar kan kry? Maar wat as dit gevaar bring?

    Moet sy eerder wegkruip? Of vlug?

    Wat maak sy hier, en hoe het sy hier gekom?

    * * *

    Hoe dit alles begin het

    Toe Emma die eerste keer gehoor het van die toer na Frankryk, het sy haar skaars daaraan gesteur.

    ’n Reis na Parys? het sy vir Salome gesê. Dis omtrent nommer 86 op my lys van dinge-wat-ek-graag-wil-doen-of-hê.

    Salome het haar verstom aangekyk. Is jy mal? Wie wil nou nie Parys toe gaan nie?

    Wel, ek sê nie ek wil glád nie gaan nie. Net nie nou nie. Nie voor ek die eerste 85 goed uitgesorteer het nie.

    Wat was alles op daardie lys van haar? Eksamen. Atletiek. Mathew met die mooi blou oë. En haar ma en pa se dinge … Maar wat kan sy daaraan doen?

    Parys! het Salome gesug. Dis so ver, ver van hier!

    Dít het haar aandag getrek. Ver het skielik goed geklink. Hoe verder, hoe beter.

    Maar Parys is tog steeds op dieselfde planeet of hoe – is dit ver genoeg?

    * * *

    Ek dink dit sal goed wees as Emma ’n bietjie kan wegkom, het sy haar ouma hoor sê. Ek meng nie graag by julle sake in nie, maar die kind het baie hooi op haar vurk.

    Sy wou nie afluister nie. Sy was toevallig op pad kombuis toe, geruisloos in haar sokkies. Sy het buite die deur vasgesteek en geluister.

    Ek weet, het haar ma gesug. Ek is jammer. Ek weet nie mooi hoe om haar te hanteer nie. Dis moeilik vir ons almal.

    Haar ma en ouma Hebsodemma was besig om tee te drink, soos die twee se gewoonte is as hulle dinge bespreek. Bespiegel. Skinder.

    Haar ma en ouma Hebs kom goed oor die weg, hulle het nie die gewone skoondogter-skoonma-struwelinge nie. Noudat haar pa koers gevat het, bring haar ouma nog meer tyd by hulle deur, kloek-kloek soos ’n hen met weerbarstige kuikens. Dit voel vir haar of ouma Hebs se wakende oog permanent op haar rug vasgenael is.

    Dit troos haar en stel haar gerus, al sou sy eerder dood as om dit te erken.

    Die skool reël ’n toer na Parys. Net elf dae in die wintervakansie.

    Sy kon haar ore nie glo nie. Hoe weet haar ouma daarvan?

    Ek weet nie so mooi nie, Ma. Haar ma se stem het vaag geklink, asof haar gedagtes iewers ver dwaal.

    Ek het nogal gewonder wat ek vir die kind kan gee vir haar sestiende verjaarsdag, het ouma Hebs gepor. Dis ’n belangrike een, sy word groot. Dis tyd dat sy die wêreld bietjie verken.

    Op haar eie? Haar ma se stem was skielik skerp.

    Waarom nie? Op sestien het ek al gewerk, ver van my ouerhuis af, en vandag se kinders is baie meer selfstandig. Boonop is daar selfone, jy kan elke dag met haar praat.

    Haar ma het nie geantwoord nie, net haar tee geroer.

    Emma, wil jy melktert hê? het ouma Hebs skielik, harder, gesê.

    Sy het gewip van die skrik en skuldig die kombuis binnegeskuifel. Hoe weet haar ouma altyd waar sy is?

    Nee dankie, Oumie.

    Vars gebak. Met laevetmelk, spesiaal vir jou!

    Die tert het heerlik geruik, maar die kaloriesom beduiwel mos alles. Elke happie soetgoed word die dreigende botsel van ’n spekrol wat net ’n walvis sal begeer. ’n Mens kan nooit jou waaksaamheid verslap nie. Selluliet, verstopte porieë, hare met gesplete punte … dis die soort verskrikkings wat jou toekoms kan vernietig.

    Komaan, jy groei nog. En jy’s gans te maer soos dit is!

    Ouma Hebs het ’n dun skyfie tert op ’n bordjie gelaai en vir haar tee geskink in een van haar ma se ligblou porseleinbekers. Met ’n blerts melk en sonder suiker, net soos sy daarvan hou.

    Dankie, Oumie. Ek vat dit maar kamer toe, ek moet leer vir ’n toets môre.

    Sy het haar kamerdeur dig agter haar toegetrek. Op haar bed, met sy kop op haar kussing, het Willem wakker geword en sy stert gekwispel vir die melktert.

    Joune! het sy hom belowe en haar op die kussings by die venster tuisgemaak, haar oorfone op haar kop geplak. In haar kamer kan sy die wêreld met al sy probleme ’n bietjie terugskuif. Musiek is haar troos, nie melktert nie, maar sy het eers ’n stewige hap gevat voor sy die res vir die spanjoel gevoer het.

    Maar wegkruip in jou kamer stuit nie die gang van die lewe nie. Voor sy geweet het wat haar tref, was sy op pad na Parys. Sy het uiteindelik min sê gehad in die besluit.

    Toe, Emma, ’n vakansie sal jou goed doen!

    Maar wat van Ma?

    Vandat haar pa uit die huis getrek het, voel sy soort van verantwoordelik vir haar ma. Nie dat haar ma dit agterkom nie, sy verdrink haarself in haar werk. Altyd besig, besig. Kop hoog, ken in die lug.

    Ek is piekfyn. Ons kan Skype of Facetime of wat mens ook al deesdae gebruik. Jy kan foto’s vir my stuur met WhatsApp of wat ook al. Dis net elf dae.

    En wat van Willem?

    Ouma Hebs het belowe sy sal met hom gaan stap, elke middag. Jy voer hom in elk geval te veel soetgoed. As jy terugkom, is hy sommer weer hups.

    * * *

    Salome wou vrek van jaloesie.

    Parys! Die stad van lig en liefde! O, ek wens ek het ook ’n ryk ouma gehad!

    Maar Emma was min lus. Sonder haar beste vriendin? Hoe kan dit pret wees?

    Net vyf ander kinders van haar skool gaan saam, en sy is nie maats met een van hulle nie. Drie van hulle ken sy skaars. Die skool is groot en dis maklik om net van ver af van iemand te weet, veral as julle nie ’n klas deel of saam sport doen nie.

    Van die ander twee meisies weet almal in die skool.

    Tombisa Alemayehu is nogals iets. Daar is haar hare: ’n yslike bos vlegseltjies wat sy elke dag in ’n ander formasie rangskik. Almal is jaloers op daardie hare: so anders, so eksoties. Daar is haar houding: regop soos ’n kers. Sy sweef rond in die skoolgange soos ’n model wat met ’n boek op haar kop rondloop, haar dikraambril op die punt van haar neus. Die onderwysers hanteer haar asof sy ’n Afrika-prinses is (haar ma is blykbaar ’n diplomaat iewers in Wes-Afrika). Sy kan vyf tale vlot praat.

    Hoekom wil sy saamgaan? het Clarissa gesnou. Haar Frans is dan perfek!

    Clarissa is die ander meisie van wie almal weet. Die klas se flerrie, ’n blonde bom wie se skoolrokkie altyd ’n aks bo die voorgeskrewe lengte sit. Sy word konstant omring deur haar gevolg Barbie-nabootsers, ’n giggelende maskarabende. Met ’n spul swaapagtige seuns wat om hulle draai soos brommers om ’n trop perde. Sy beroem haar op ’n kas vol ontwerpersklere en het ’n tong soos Tabasco.

    Clarissa was natuurlik eerste om haar naam op die toerlys te skryf.

    My pa het belowe hy sal my genoeg sakgeld gee om te shop tot ek drop. En die nagklubs in Parys is blykbaar smoking!

    Ek dink nie klubs is op julle itinerary nie, het Salome bitsig gesê. Die Louvre, ja. En sewentig ander museums. Juffrou Lategan sal julle nooit onder haar ysterklou laat uitglip nie.

    As Salome maar kon saamgaan! Sy weet altyd wat om te sê. Maar sy het nie Frans as vak nie. En boonop sal haar ouers nooit hul enigste dogter saam met ’n trop hiënas aangetrek soos skoolkinders na die vreemde stuur nie (haar ma se woorde).

    Juffrou Lategan, die Frans-onderwyseres, is Emma se heel laaste keuse vir ’n chaperone. Want juffrou Lategan is vir seker weird. Salome reken sy kort net ’n man in haar lewe, maar volgens Emma sal die manier waarop Lategan aantrek, en haar gewoonte om in ’n beswyming te gaan oor die simpelste gediggie of blommetjie, enige normale man deur die klankgrens laat bars so vinnig sal hy weghol.

    Emma het nie eens die program behoorlik gelees nie, net haar kanse bereken om die toer te oorleef:

    •Sewentien kinders van verskillende skole in die Kaap en Gauteng.

    •Vier onderwysers.

    •Elf dae in Parys.

    •Dis darem somer in Europa.

    Die slegste is dat sy op haar eie moet gaan. Sonder Salome. Sonder Mathew, die liefde van haar lewe, al weet hy dit nie. Sonder Willem, en ouma Hebs, en sonder haar ma.

    Grootword is ’n eenrigtingstraat, het ouma Hebs gesê. Jy kan nie omdraai nie, Emma. Vorentoe! En dis tyd dat jy so ’n entjie alleen gaan loop. Wie weet watter avonture daar op jou wag?

    Maar dit voel soos ’n verbanning. Sy wil bly. Tog, ’n klein stukkie van haar hart wil ook gaan. Dalk, net dalk, sal alles anders wees as sy terugkom.

    Vertrek

    Saterdagaand ontmoet die toergroep op OR Tambo Internasionale Lughawe by die Mugg & Bean. Op die vlug van Kaapstad af was daar reeds vier vreemdelinge van ander skole, twee meisies en twee seuns. Emma het hulle skaars gegroet. Sy het haar oorfone in haar ore gestop en ten spyte van juffrou Lategan se afkeurende blik almal geïgnoreer.

    Aan juffrou Lategan sal sy haar vir seker nie steur nie. Hoekom pluk die vrou haar wenkbroue so dun? En daai outfit! ’n Oorgroot hemp met paisleypatrone en sulke yslike swaaiende oorbelle. Weet sy dan nie Parys staan vir styl nie? Swart rompies, serpe, groot leerhandsakke, elegante skoene. Nie die pienk spykerhakke waarop die Lategan soos ’n parkiet op stelte rondtrippel nie!

    Meneer Thompson, van een van die Kaapse skole, spel vir hulle die reëls uit.

    Onthou, julle ouers het die verantwoordelikheid vir julle veiligheid aan ons toevertrou. Ons verwag dus dat julle deurentyd na my en Miena sal luister.

    Emma kyk om haar rond.

    Miena?

    Juffrou Lategan glimlag soetsappig en fladder haar wimpers. Werklik! En meneer Thompson dra ’n breë goue trouring. Emma sug. Net nie nóg drama nie.

    Kan ek vir jou ’n cappuccino bestel? vra ’n stem links van haar.

    Sy gluur na haar buurman. Dis een van die seuns uit die Paarl. Rugbyspeler?

    Windgat! besluit sy dadelik.

    Nee, dankie. Koffie hou my wakker en ek wil slaap op die vlug.

    Daar gaan lekker flieks wees om te kyk. Hy glimlag so met die een mondhoek. Sy snork en kyk weg. ’n Muffin dan?

    Lemoensap, dankie, en ek sal vir myself bestel.

    Meneer Paarl kry die boodskap en gee pad.

    Emma wil huil. Hoe gaan sy ooit hierdeur kom? Al hierdie lamlendige mense! Parys kan dalk pret wees, maar nie in súlke geselskap nie.

    Sy verlang al klaar na Salome. En as Mathew kon saamkom … Net verlede Vrydag het hy in tweede pouse nader gestaan en soort van ’n geselsie met haar aangeknoop. Hy wou weet wat sy en Salome die naweek gaan doen. Wou hy haar dalk uitvra? Maar toe kom Salome by die klas uit en hy begin stamel en vroetel en weet nie waar om te kyk nie.

    Salome het haar kuif op dáárdie manier uit haar oë gewip en gemaak of sy nie die groot oë raaksien wat Emma in haar rigting rol nie. Vir ’n oomblik het sy gewens Salome was nie altyd by haar nie. Beste vriendinne, ja, maar soms het ’n meisie ’n kans nodig.

    As Mathew hier was, kon hulle dalk langs mekaar op die vliegtuig gesit het. En in Parys, die romantiese Stad van Lig, sou sy saam met hom in die strate kon ronddrentel. Dalk iewers in ’n straatkafee gaan sit, net hulle twee. Saam kyk na die mense op straat, die mans almal met gestreepte hemde en swart berets, en daardie lang brode wat by hul inkopiesakke uitloer. Die Franse eet dit blykbaar vir ontbyt, middagete én aandete. Hmm, en kaas en uiesop, krakerige croissants met donkersjokolade diep ingebak in hul sagte binnekante.

    Mathew sou lastige ouens soos die breker van die Paarl van haar lyf kon weghou. Saam met hom sou die gedagte aan die Eiffeltoring en die Seine en die Louvre en al die ander Paryserige dinge haar meer opgewonde kon maak. Maar hy neem ook nie Frans as vak nie. En soos juffrou Miena Lategan nou besig is om te verduidelik, is die groot motivering vir die toer om hulle Frans te verbeter.

    Julle skryf die DELF-eksamens by die Alliance Française net twee weke ná ons terug is. En soos julle weet, moet julle ook ’n mondelinge eksamen doen. Dis nou julle kans om Frans te bemeester tot die vlak waar julle dit vlot kan praat – ons sal sorg vir geleenthede om so veel as moontlik Franse gesprekke te voer. Madame Flaubert, die bestuurder van die gastehuis, is nou wel oorspronklik Afrikaans, maar sy woon al jare lank in Frankryk en was met ’n Fransman getroud. Haar seun, Luc, is ’n jaar of wat ouer as julle, en hy sal julle touwys maak oor die Franse tradisies en gewoontes.

    O, ’n regte, egte Franse ou! koer Clarissa.

    Emma se selfoon biep. ’n WhatsApp van Salome.

    Waars jlle?

    Lughawe Jhb

    Enige hot ous?

    Hele Boishaai rgbyspn

    Kidding?

    Wt dink jy?

    Kom, dis tyd dat ons aanstoot, sê meneer Thompson, die selfverklaarde groepleier.

    Emma bekyk hom misnoeg. Verslete aktetas wat hy vir sy handbagasie gebruik, ’n sportbaadjie wat waarskynlik meer akriel as wol bevat, en ’n das wat mens nie te naby aan ’n vlam moet bring nie. Ouma Hebs het die belangrikheid van natuurlike vesel by haar ingeprent: katoen, wol of sy. Natuurlike vesel haal asem saam met jou lyf, akriel is soos ’n plastieksak wat jou porieë stadig versmoor.

    Sy tel haar rugsak op en streep agter die ander aan terwyl sy haar selfoon op flight mode sit. Sy sal haar gesprek met Salome hervat sodra die vliegtuig land. Die vlug is net bietjie minder as elf ure, as sy reg onthou.

    Agtuur môreoggend is sy in Parys.

    Aankoms

    Emma voel tam tot in haar tone. Die grootste euwel van vlieg is die gewaggery. Hulle land op die Charles de Gaulle-lughawe en taxi oor eindelose velde van beton, verby rye vliegtuie van alle groottes en vorms.

    Haar hart bly hang aan die laaste wolk waardeur hulle gedaal het. Sy is in ’n vreemde land, in ’n vreemde hemisfeer. Alleen, sonder ma of pa.

    Daar staan sowaar nog ’n SAA-Boeing op die aanloopbaan! Sy stert is die heel mooiste van almal, besluit sy. Air India. Swissair. KLM. Gaan sy ooit in haar lewe ’n kans kry om met hulle almal te vlieg?

    Om haar rumoer dit soos passasiers hulle boeke en brille tussen komberse en piepklein kussinkies probeer vind om hul handbagasie reg te kry vir die afklim. Uiteindelik skuifel hulle in rye verby die lugwaardinne wat die deur bewaak vir ’n laaste groet, dan deur metaaltonnels met venstertjies wat net hier en daar ’n loerkans gee. Buite is dit al lig, maar dit lyk trietsig: vaal lug, grou beton en ’n paar kolle kroes gras. Hulle kon enige plek in die wêreld geland het.

    Anderkant die loopgang verwelkom groot advertensieborde hulle: Bienvenue à Paris!

    Oe! Neem ’n foto van my!

    Clarissa druk haar selfoon in Emma se hand en gaan staan voor een van die borde. Sy gooi ’n arm in die lug soos

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1