Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Leë blikkies vol liefde en ander verhale: ’n Eerste Addisionele Taal Kortverhaalbundel vir die Senior Fase
Leë blikkies vol liefde en ander verhale: ’n Eerste Addisionele Taal Kortverhaalbundel vir die Senior Fase
Leë blikkies vol liefde en ander verhale: ’n Eerste Addisionele Taal Kortverhaalbundel vir die Senior Fase
Ebook265 pages2 hours

Leë blikkies vol liefde en ander verhale: ’n Eerste Addisionele Taal Kortverhaalbundel vir die Senior Fase

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

'n Splinternuwe bundel met kortverhale vir leerders in Gr 7-9! Onder andere is daar werk van Jeremy Veary, Jan van Tonder, Carina Stander, Diana Ferrus, EKM Dido, Derick van der Walt, Elrien Scheepers en Allison Matroos opgeneem. Die aanslag is perfek vir klasgebruik met woordelyste, 'n kort opsomming van elke verhaal en biografie van die skrywer, asook vrae en aktiwiteite na afloop van die lees. 'n Memorandum sal na publikasie by nb.co.za afgelaai kan word. 
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateJul 10, 2023
ISBN9781776073160
Leë blikkies vol liefde en ander verhale: ’n Eerste Addisionele Taal Kortverhaalbundel vir die Senior Fase
Author

Fiona Van Kerwel

Fiona van Kerwel is die projekbestuurder van die Woorde Open Wêrelde-projek, ’n taalgerigte projek van gemeenskapsinteraksie, aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is ’n oudlaerskoolonderwyseres en is passievol oor die ontwikkeling van lees, geletterdheid en die kunste, met Afrikaans as fokustaal.

Related to Leë blikkies vol liefde en ander verhale

Related ebooks

Related articles

Reviews for Leë blikkies vol liefde en ander verhale

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Leë blikkies vol liefde en ander verhale - Fiona Van Kerwel

    Voorwoord

    Wat ’n wonderlike voorreg om ’n lekkerlees kortverhaalbundel saam te stel. Opvoeders sê gereeld dat leerders nie genoeg lees nie, of dat hulle nie altyd verstaan wat hulle lees nie, maar ek glo kinders lees vandag bietjie anders. En daarom moet opvoeders lees anders benader.

    Die stories in hierdie bundel spreek tot jong lesers op verskeie maniere: Aktuele temas word aangespreek, daar is interessante karakters en wonderlike wêrelde wat leerders kan verken. Al hierdie bestanddele maak van Leë blikkies vol liefde iets baie besonders. Ek is seker dat leerders en opvoeders wat hierdie bundel lees sommer lekker in die stories sal inklim.

    Dit is my groot droom dat elke leerder in ons land die geleentheid sal kry om op ’n vriendelike wyse met Afrikaans om te gaan, sonder vrees of angs dat hulle nie sal verstaan wat hulle lees nie. Die outeurs in hierdie bundel het die stories so toeganklik as moontlik geskryf. Leerders vir wie Afrikaans ’n tweede of selfs derde taal is, gaan heerlik lees aan hierdie stories terwyl hulle Afrikaanse taal- en leesvaardighede geoefen en verbeter word.

    Die titel van die bundel word met waardering geneem uit die verhaal van EKM Dido oor Marius, wat in Sarepta se strate skarrel om blikkies bymekaar te maak vir kosgeld vir hulle gesin. Dit is voorwaar so dat liefde in soveel leë spasies gebring kan word deur stories soos hierdie.

    Groot dank aan almal wat bygedra het dat hierdie boek genot, waardering, ontwikkeling van vaardighede en, hopelik, ’n liefde vir ’n addisionele taal, aan lesers mag bring.

    Fiona van Kerwel

    Eerste liefde

    Sisca Julius

    Sisca Julius is besig met ’n meestersgraad in Afrikaans aan die Sol Plaatje Universiteit. Sy werk ook as onderwyseres en het ’n skryfkursus aan Iowa Universiteit voltooi. Die vakgebied leksikografie is waaroor sy die graagste praat. Sy is baie ongelukkig dat haar seuntjie op grootskool is, want nou voel sy oud. Sy woon tans in Kimberley.

    1.Bespreek die volgende: Wat is dit om verlief te wees?

    Wat doen verliefde tieners alles?

    2.Wat is die beste manier om iemand af te sê of ’n verhouding te beëindig?

    3.Hoe kan mense verlies hanteer en verwerk?

    ’n Man dink terug aan die eerste keer toe hy verlief geraak het in graad 10. Hy vertel wat hy alles vir die meisie gedoen het, en wat gebeur het. Hy het hom grootman gehou en haar oorlaai met presente. Sy was slim en het baie gehou van lees en van gedigte. Hy het graag op straat rondgehang met sy vriende. Maar om haar te beïndruk begin hy ook lees – en wie weet wat alles kan gebeur as jy eers begin lees?

    Eerste liefde

    Sisca Julius

    Daai poet-vrou¹ sê die art om te verloor is nie moeilik om te master nie: Baie dinge is gemaak met die intent om geverloor te word, dat die loss van dit geen disaster is nie. Haar huis se sleutels, haar ma se watch, plekke, name, twee riviere, ’n kontinent, nie ’n disaster nie. Nee, dit was nogal nou nog vir my ’n disaster. Ek was ’n popeye gemaak*.

    Ken* jy wat is elke week R60 Vodacom koop vir daai kind? Bos blomme. Los gwaais*. You name it. Toe hou ek vir my so romantic soos die Vader dit nie wil hê nie. As ons op die hoek by die kragboks gaan blom*, dan vat ek vir haar vetkoek, koop Chappies – heel romantic, man.

    En dié kind, sy like daai poem-kak. As ’n man wil impress daar, moet ek pouses by die nerds in die teervierkant* gaan sit en saamlees, en later toe ek my kom kry, recite ek voor die spieël met my tandeborsel in die hand:

    Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif*

    want niemand sal ’n boodskap wat rooi is skiet nie.

    Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek

    weet al die jagters sal dink dis die son.²

    Dan hoop en bid ek nou maar my ouens hoor nie dat die vroumens my so plathou* nie, want dan is ek die laitie wat poems lees net om vrou te kry. Ek laat praat nie só van my in die straat nie. Anyway, al hou ek my sterkgevreet* voor die braste*, ek het nie ’n flop met ’n vrou wat haar man kan staan nie. Sy moet net nie op my kop wil staan* nie: my spikes gaan plat word, en gel is duur. En ek gebruik nie Easy Waves nie, ek gebruik L’Oréal Studio Line Indestructible Extreme Gel wat R89,90 kos vir 150 ml, ek speel nie.

    Nou, die ding is, ek sal daai loss soos ’n man gevat het, maar ek het hard getry by die kind. Enige iets wat sy gevra het, het ek gedoen. Ek het boeke gelees, bra: Liefde laat jou Rice Krispies anders proe³, even Shakespeare se nonsense wat ek nie eers ken wát lees ek nou nie. Ek meen, wat is But I will wear my heart upon my sleeve for daws to peck at: I am not what I am?

    Rêrig, ek het gesien hoe trap* ons mos nou eers graad tien en elf, gaan saam matric ball toe, sy met ’n rooi rok en ek met die rooi das, heel to match. Ek sal mos nou Sportsman of the Year gewees het en sy die Dux. Ek het ’n future gesien met die kind.

    En toe gebeur dit so: Ek en my braskap* stap nog so aan oor die stowwerige strate, geduldig, gedienstig, gedweë*⁴ … hier kom die kind, en sy lyk wet*! Die hare is natglad uitgeblow, dit waai so side to side soos ’n blink gordyn in die wind, stywe jean, Carvelas*. En ek is mos nou daai trots, die manne moet sien as ou Shane eet, hy eet quality. Die ouens maak nog ’n sirkel om ons, hier breek die kind uit: Shane, ek gaan nou eerlik wees met jou, ek dink nie jy’s mature genoeg vir my nie.

    Na alles waardeur ek is vir die kind. Bra, my plak was morsaf*. Ek draai toe op die spot om, soos ’n man wat moeg gebuk loop, sy hart deur haat versteen, met sy liefde lank verwaarloos*, alleen, alleen, alleen.

    Jy moet ken, ek het daai vrou my alles gegee, tot my blou TapouT-hoodie*. Ek is sommer lus en loop baklei daai vroumens, maar ek is maer, ek kan nie loop baklei soos ’n man wat medical aid het nie.

    Oukei, dis nou verby. Ons liefde het gesterf met die oggendstond*, en ek moet maar begrawe*, bleek en stom*⁶. Ek was so hartseer, ek’t glad my eie poem loop skryf:

    Ons liefde het gevrek

    In die dinosaur se bek

    Jy vat my vir ’n gek

    So, jy moet ook maar voetsek

    Ek het gedink dat jy het lyn*

    Maar toe cause jy ook net pyn

    Jy hou jou hoog soos ’n crane

    Maar niemand mors met Shane!

    Sy dink mos sy’s Juliet wat wag vir Romeo om kom poems voor haar venster op te sê, wag tot sy dié een hoor! Ek gaan poetic is, tot by haar huis gaan met my poem, dit voor haar venster loop opsê, en daai meid* loop wys wat is immature: Ek loop haal my hele goete wat ek haar gekoop het, die biscuits, die vetkoek, die airtime, ek soek even my lucky sherbet-ring en my fake necklace.

    Woorde en uitdrukkings

    1.Wat dink jy van die optrede van die seun en die meisie?

    2.Let op die letterlike en figuurlike betekenisse in die teks.

    3.Dink jy die verteller begin hou van gedigte?

    4.Wat dink jy van die gedig wat die verteller self geskryf het?

    1.Wat dink jy is ’n poet-vrou? Beskryf kortliks in jou eie woorde.

    2.In die eerste paragraaf sê die poet-vrou dat sekere dinge gemaak is om te verloor. Noem van die dinge wat volgens haar gemaak is om te verloor sonder dat dit ’n disaster is.

    3.Watter geskenkies het die verteller vir sy meisie gekoop?

    4.Hoekom dink jy het die verteller pouses in die teervierkant saam met die nerds gesit?

    5.Wat het die verteller begin doen nadat hy in die vierkant begin kuier het?

    6.In die kortverhaal sê die verteller: En ek is mos nou daai trots, die manne moet sien, as ou Shane eet, hy eet quality.

    Dink jy daar is ’n ooreenkoms tussen die versreëls en die aanhaling van die verteller.

    Motiveer jou antwoord?

    7.Wat beteken dit om liefde bleek en stom te begrawe? Kies ’n gepaste antwoord:

    (a)Om in skok en stilte (sonder om iets terug te sê) te aanvaar dat die liefde verby is

    (b)Om ’n gat te grawe en niks te praat nie

    (c)Om liefde in ’n boks te sit en dit te begrawe.

    8.Die meisie sê voor sy vriende vir die verteller dat hy nie mature is nie en beëindig hul verhouding.

    8.1Dink jy dit is ’n goeie manier en rede om iemand af te sê? Motiveer kortliks.

    8.2Watter ander manier kon sy gebruik het om hom af te sê?

    8.3Aan die einde van die storie besluit die verteller om ’n gedig onder die meisie se venster te gaan lees en al sy presente terug te vra. Dink jy hierdie optrede van die verteller is mature of immature? Motiveer jou antwoord kortliks.

    9.As ons kyk hoe Shane en sy meisie hul verhouding hanteer het, sou jy kan sê dat tieners volwasse genoeg is om ernstige liefdesverhoudings te hanteer? Motiveer jou antwoord kortliks.

    Voltooi die woordsoek deur die korrekte antwoorde te omkring:

    1.Watter netwerk se lugtyd het die verteller gekoop?

    (Vodacom/MTN/Telkom)

    2.Die verteller het meesal lugtyd ter waarde van ___ rand gekoop.

    (tien/sestien/sestig)

    3.Wanneer het die verteller met die nerds in die vierkant gesit?

    (voor skool/pouses/na skool)

    4.Watter gel gebruik die verteller vir sy hare?

    (Clicks/L’Oréal/Easy Waves)

    5.Watter skoene het die meisie gedra?

    (Nike/Adidas/Carvela)

    6.Watter kleur was die verteller se TapouT-hoodie?

    (geel/groen/blou)

    7.Wat is die verteller se naam?

    (Sarel/Shane/Sedrick)

    8.Watter bekende kougom het hy altyd vir haar gekoop?

    (Chappies/Mentos/Orbit)

    9.Hulle het altyd ______ by die kragboks geëet.

    (roomkoek/botterkoek/vetkoek)

    10.Die verteller en die meisie is nou in graad ___.

    (twee/tien/nege)

    Skryf ’n gedig van 10–12 reëls oor verlief wees en ook oor hoe die liefdesverhouding opbreek. Fokus op die liefde tussen twee tieners en hoe dit eindig.

    Voorbereide leeswerk

    Lees die gedig voor wat jy geskryf het oor die liefde of kies ’n gedig om voor te lees. Probeer om met die nodige gevoel te lees, en wissel die tempo (stadig/vinnig) en volume (sag/hard) af.

    Ben en Luka

    Elizabeth Wasserman

    Elizabeth Wasserman is die skrywer van die gewilde Speurhond Willem-stories asook ander reekse vir jong avonturiers, soos Die avonture van Anna Atoom en die Dingesfabriek-reeks. Die Elf dae-reeks is reisverhale vir tieners en kom ook uit haar pen. Sy is in 1964 in Klerksdorp gebore en het in die Vrystaat grootgeword, waar sy ook later medies studeer het aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy geniet dit om in haar vrye tyd plante te kweek, voëltjies dop te hou en die wêreld te verken. Sy is tans op reis, op soek na nog stories. Om die verhaal van Ben en Luka te skryf, het sy bloot haar verbeelding laat gaan.

    1.Gesels oor kunsmatige intelligensie:

    1.1Verduidelik die term kunsmatige intelligensie.

    1.2Gee voorbeelde in vandag se lewe.

    1.3Voorspel hoe die toekoms met kunsmatige intelligensie kan lyk.

    2.Gesels oor troeteldiere:

    2.1Hoe versorg ons troeteldiere?

    2.2Wat is die waarde van troeteldiere?

    2.3Hoe kommunikeer troeteldiere?

    Vir Ben Malan, inwoner 4/4 van eenheid S23XRT878, Astral 3, was dit ’n groot dag toe hy interspesie-kommunikasie kon opstel. Uiteindelik sou hy met sy hond, Luka, kon kommunikeer. Hul eerste dag by die skool en die park sorg vir baie opwinding. Maar vir Luka, wat van ’n plaas af kom, is die stad dalk nie heeltemal so lekker nie.

    Ben en Luka

    Elizabeth Wasserman

    Ben Malan, inwoner 4/4 van eenheid S23XRT878, Astral 3. Kies vir u ’n wagwoord*.

    Ben dink ’n bietjie en tik op die sleutelbord* in: Ben&Luka.

    U wagwoord is gekies. Sekuriteit word versterk deur u persoonlike herkenningstelsel*.

    Bla-bla. Ben luister nie. Hy weet hoe dit werk: Alle troeteldiere kry deesdae mikroskyfies* vir interspesie*-kommunikasie met hul eienaars. Dis ’n klein operasie, en hulle het hom verseker dat die hond niks daarvan kon voel nie. Ben het self so ’n mikroskyfie agter sy linkeroor. Vir al wat hy weet, is hy daarmee gebore.

    Vir hom is dit niks vreemd nie. Ben het grootgeword in ’n wêreld waarin alles gekonnekteer is: hulle wooneenheid se voordeur sluit oop sodra een van die gesinslede nader kom; sy ma kry ’n boodskap op haar tablet as hy of sy broer net effens koorsig is, en ingeboude tegnologie in sy skoenveters waarsku hom voor dit begin reën.

    Hy steur hom nie veel aan sy ma se stories van goeters* wat by muurproppe* ingedruk moes word voor dit kon werk nie. Motors wat mens self moes bestuur, boeke met bladsye van papier, en honde moes aan leibande* rondgelei word, want hulle kon maar net ’n paar mens-woorde verstaan!

    Dit was lank gelede.

    ’n Glimlag trek oor Ben se gesig. Die nuwe huisdierstelsel is peutervry*: die wagwoord verseker dat selfs Ma of sy broer Dirk niks sal kan verstel* nie. In elk geval*, dis mos sy hond.

    "Troeteldier X003458286 is nou geregistreer op u rekening. Spesie: Canus familiaris. Ras: onbekend.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1