Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)
Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)
Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)
Ebook345 pages4 hours

Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)

Rating: 4.5 out of 5 stars

4.5/5

()

Read preview

About this ebook

Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met ’n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers én ’n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel idee dat die hele gesin saam op “wittebrood” moet gaan – om mekaar beter te leer ken.
Hierdie leerdervriendelike skooluitgawe van Marita van der Vyver se Sanlam-pryswenner bevat ’n leesgids met
• inligting oor die skrywer
• ’n inleiding tot die roman
• literêre begrippe
• hoofstukopsommings en woordelyste
• vrae en antwoorde
• assesseringsriglyne
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateJan 1, 2008
ISBN9780624067290
Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)
Author

Marita van der Vyver

Marita van der Vyver het drie romans vir jonger lesers geskryf voor haar eerste volwasse roman, Griet skryf ’n sprokie, die literêre landskap verander het. Sedertdien is sy ’n voltydse skrywer met vele topverkopers agter haar naam, soos ​Dis koue kos, skat​, ​Die dinge van ’n kind ​en ​Griet kom weer. Sy woon in Frankryk.

Related to Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe)

Rating: 4.375 out of 5 stars
4.5/5

4 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe) - Marita van der Vyver

    Die ongelooflike avonture van

    Hanna Hoekom

    (Skooluitgawe)

    Marita van der Vyver

    Leesgids saamgestel deur R.J. Kleynscheldt

    Tafelberg

    Deel 1

    Hoe om hierdie boek te gebruik

    Met die keuse van hierdie roman as voorgeskrewe werk vir gr. 12-leerders, het jy waarskynlik ’n behoefte om

    Hierdie boek sal jou help omdat dit vir jou baie inligting (infomation) gee sodat jy die roman beter sal verstaan. Dit gee jou nie net die romanteks nie, maar sluit ook die volgende in:

    Elke hoofstuk van die verhaal het ’n opsomming (summary) – In ’n neutedop.

    Elke hoofstuk bevat woordverklarings (word explanations) waarin moeilike en vreemde woorde verduidelik word.

    In sommige gevalle word die Engelse vertaling (translation) in kursief (italics) gegee.

    Verwysings (references) in die verhaal na byvoorbeeld Anne Frank, Perdita, ensovoorts word ook verduidelik.

    Oor elke hoofstuk word ’n aantal vrae en opdragte (ques­tions and assignments) wat jy tydens assessering kan ver­wag, gestel.

    Moontlike antwoorde (possible answers) en werkswyses is ingesluit.

    Daar is ’n glossarium (alphabetical list of words) wat sekere literêre teorieë en terme verduidelik.

    ’n Resensie (review) is ook ingesluit.

    Assesseringsmatrikse

    Hou die volgende in gedagte tydens jou lees en bestudering van die verhaal:

    Gebruik ’n aantekeningboek (notebook) waarin jy belangrike inligting kan neerskryf. (Vrae wat jy vir jou onderwyser wil vra, nuwe inligting wat jy tydens klasbesprekings kry, en­so­voorts).

    Maak seker dat jy elke woord, idioom en sin verstaan.

    Probeer eers self die vrae beantwoord en vergelyk dit dan daar­­na met die antwoorde wat gegee word.

    Beskou die antwoorde as riglyne (guidelines) en nie as die enigste moontlike antwoorde nie.

    Voorgeskrewe boeke moet ’n hele paar keer deurgelees word – saam met jou onderwyser en selfs saam met jou maats.

    Jou leeswerk eindig nie hier nie – maak seker dat jy ook an­der boeke lees.

    Gee aandag aan die volgende wanneer jy vraestelle beantwoord:

    As gevra word vir volsinne (full sentences), sorg dat die sin met ’n hoofletter begin, dat dit ’n werkwoord (verb) bevat en dat dit afgesluit word met ’n punt, vraagteken, uitroepteken of ellips. Al die ander letters is kleinletters behalwe die eerste letter van eiename (proper nouns).

    Skryf alles in lopende skrif (cursive writing). Sodoende sal die eksaminator nie twyfel oor hoofletters en of die woord los of vas gespel is nie.

    Maak seker dat jy die terme wat in literatuurvraestelle ge­bruik word, ken, byvoorbeeld benoem, beskryf, vergelyk, ver­dui­­delik, motiveer. (name, describe, compare, explain, motivate)

    Inleiding

    Die roman as genre

    Die roman (novel) is die naam wat teen die Middeleeue aan die langer geskrewe prosastukke gegee is wat nie soos ander geskrifte in Latyn nie, maar in die taal wat mense gepraat het, naamlik lingua romana, geskryf is. Die moderne roman word steeds in prosavorm (volledige sinne) geskryf en vertel ’n langer storie wat soms in hoofstukke verdeel is. In die meeste romans is daar ’n sentrale tema of ’n aantal temas. Die belangrikste elemente van die roman is die

    karakters

    gebeure (events)

    milieu

    Karakters

    Dit kan mense of diere in die verhaal wees wat sekere dinge doen en sekere emosies beleef. Karakters in een verhaal is nie almal ewe belangrik nie en daar word gewoonlik onderskei tussen hoof­karakters en newekarakters. Daar word dikwels verwys na ronde karakters wat goed beskryf word en wat die leser goed leer ken, teenoor plat karakters, wat nie so volledig beskryf word nie en meer op die agtergrond is. Ons leer die karakters ken deur:

    hulle woorde en gedagtes

    wat ander karakters van hulle sê

    hoe hulle in verskillende situasies optree.

    Die taalgebruik van ’n karakter moet geloofwaardig (credible) wees. Dit beteken dat die woordeskat, uitspraak, ensovoorts by die karakter moet pas. Grootmense (adults) moet nie soos kinders praat nie en andersom (vice versa) is ook nie aanvaarbaar nie. Te veel platvloerse (banal) taalgebruik kan vir die leser ook hinderlik (annoying) wees.

    Gebeure

    Gebeure verwys na alle handelinge (actions), emosies en den­ke (thoughts) in die verhaal. Opeenvolgende gebeurtenisse (conse­cutive events) word fyn deur die skrywer beplan sodat die leser die karakters kan leer ken. Verder word dit ook gebruik om die spanningslyn (line of suspense) in die verhaal te ondersteun en die leser geïnteresseerd te hou.

    Alle gebeure in die roman moet funksioneel wees. Dit beteken dat gebeure wat nie waarde toevoeg tot die verhaal nie, nie in die verhaal hoort nie.

    Verskeie soorte romans kan onderskei word, byvoorbeeld ’n reis­verhaal, ’n biografie (biography), wetenskapfiksie (science fic­tion), speurverhaal (detective story), en so meer. In die meeste ge­­valle is die verhaal ’n spel tussen die werklikheid (reality) en fiksie.

    Die roman verskil van ’n ander genre soos die drama deurdat die drama nie eintlik gelees word nie, maar bedoel is om op ’n ver­hoog opgevoer (performed on stage) te word. By nog ’n genre, poësie, is die ekonomiese gebruik en keuse van woorde belangrik. ’n Romanskrywer het baie meer woorde tot sy/haar beskikking omdat ’n situasie of ’n toneel in volledige sinne beskryf word.

    Milieu

    Die milieu sluit in:

    Tyd Dit verwys na wanneer (byvoorbeeld drie-uur Dinsdag, Januarie, tien jaar gelede, die toekoms), vir hoe lank (by­voor­beeld ure, dae, jare) die gebeure plaasvind. Verhale word dik­wels chronologies vertel – van die begin tot by die na­tuur­like einde. Skrywers gebruik verskeie tegnieke om die gedrag van karakters uit te beeld: Terugflits (flash-back) – gaan terug na die verlede; Vooruitonthulling (disclosure) – sê wat later in die ver­haal gaan gebeur;

    Ruimte Dit verwys na die plek of plekke waar die karakters die gebeure beleef. Deur die gebruik van bekende plekke word die verhaal baie realisties beleef.

    Agtergrond Dit word gebruik om na tydperke en om­stan­dighede te verwys en sluit tyd en ruimte in.

    Die funksies van die milieu:

    Dit maak die boek geloofwaardig (credible).

    Die leser leer meer oor verskillende lewenstyle (life-styles).

    Dit skep atmosfeer (mood).

    Dit verskaf agtergrond tot die sentrale konflik in die ver­haal.

    Dit bou die tema van die verhaal uit.

    Die verteller (narrator)

    Die skrywer kies ’n verteller om die verhaal te vertel. Dié persoon sê wat gebeur, hoe die ruimte lyk, en beskryf die karakters. Die skry­wer is nie die verteller nie. Die verteller is die stem (voice) wat aan die woord is. Die verteller skep die ruimte waarbinne die verhaal afspeel; bewerkstellig die verloop van tyd in die verhaal en dra die emosionele, sosiale en morele aard van ’n karakter op verskillende wyses aan die leser oor.

    Eerstepersoonverteller (ek-verteller) (I/first person narrator)

    Kenmerke:

    ’n Eerstepersoonverteller is self ’n karakter in die verhaal – gewoonlik die hoofkarakter (main character).

    Woorde soos ek, ons, my kom gereeld voor.

    Die illusie van werklikheid (reality) en geloofwaardigheid (credibility) word deur hierdie tipe verteller geskep.

    Die tipe verteller gee net sy/haar eie gedagtes en ervaring (experience). Die leser kry dus nie die ander karakters se pers­­­pektief nie. Aan die ander kant kan hierdie gebrek aan perspektief die spanning (suspense) verhoog, wat tot voor­deel van die verhaal kan wees.

    Derdepersoonverteller (third person narrator)

    Kenmerke:

    ’n Derdepersoonverteller is as ’t ware onsigbaar (invisible) en is nie ’n karakter in die verhaal nie.

    Hy of sy verwys na die karakters deur hul name of voornaamwoorde (hy, sy of hulle) te gebruik.

    So ’n verteller kan soms alwetend (omniscient) en alom­teen­woordig (omnipresent) wees.

    Hy of sy ken gewoonlik die karakters beter as wat hulle hul­self ken, wat hulle dink en beplan, hoe hulle voel en hoe hulle gaan optree.

    Die leser kan sien wat in al die karakters se gedagtes om­gaan.

    Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom as roman

    Die soort roman waarmee ons hier te doen het, is die jeugroman (youth novel) en dit teiken tienerlesers. Hoe ouer die tiener word, hoe minder stel hy/sy belang in verhale wat nie geglo kan word nie, soos diere wat praat en mense wat soos Superman kan vlieg. Tieners kan hulle beter inleef in verhale wat gaan oor dinge wat hulle ken en wat ook met hulle kan gebeur.

    In Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom skep die ver­wysing na bekende plekke soos Kaapstad, Tafelberg, Piketberg, die illusie dat dit ’n ware (true) verhaal is. Die moderne tiener kan maklik identifiseer met moderne dinge soos selfone en vier­trek­voertuie (4X4s) en moderne temas soos homoseksualiteit en proefbuisbabas (test tube babies). Die verbeelding (imagination) waarmee hierdie temas in die verhaal hanteer word, betrek (involve) die leser op ’n interessante manier.

    Hierdie verhaal word vanuit die perspektief van die eerste­per­soonsvertelling gedoen. Hanna Hoekom is die hoofkarakter en die stem wat die verhaal die hele tyd vertel. Ons weet die hele tyd wat sy dink en wat haar emosies is, maar ons weet net so min soos sy wat die ander karakters dink en ervaar. Omdat sy so ’n fyn waarnemer (observer) is en die leser dit duidelik kan raaksien, skep haar vertelling vertroue (trust) by die leser.

    1. Fabienne se fantastiese tande

    Liewe leser. Dis hoe ek my lewensverhaal wou begin. Toe kom loer Tibo oor my skouer en sê ek is simpel, dis nie hoe mens ’n storie begin nie.

    Wat weet jy? vra ek hom. Hoeveel stories het jy al geskryf?

    Tibo is agt. Gans te oud vir sy ouderdom, soos my ma altyd sê. Hy’s my halfbroer. Ek het ook twee stiefbroers.

    Wie wil jy hê moet jou storie lees? vra Tibo.

    Nie jy nie, snou ek hom toe. Loop speel met jou poppe.

    Hy speel nie rêrig pop nie. Wel, ek het hom laas jaar eenkeer betrap dat hy my ou Barbie-pop aantrek, maar toe ek hom daar­oor terg, het Mana woedend geword. Mana is my ma. Sy hou daarvan dat ek haar op haar naam noem. Sy glo dis sleg vir mens se gesondheid om normaal te wees.

    Niks verkeerd daarmee as seuns met poppe speel nie! het sy uitgeroep.

    Maar jy’t niks daarvan gehou toe ék met ’n Barbie gespeel het nie, het ek gesê. Hoekom is dit nou skielik oukei as hý met ’n Barbie wil speel?

    Dit het te doen met rolle, het Mana met rollende oë gesê. Ek sal nie daarvan hou as Tibo rugby speel nie, maar as jy wil rugby speel …

    Ek wil nie, het ek vinnig gekeer.

    Ek kon al sien hoe staan sy langs ’n modderige rugbyveld met een van haar hansworshoede op die kop en ’n termosfles vol groen tee onder die arm. Tussen al die ander normale ma’s en pa’s.

    Ek weet. Maar ás jy sou wou …

    So as ék mal genoeg is om my nek te breek in ’n skrum is dit oukei? Solank Tibo net nie sý nek …

    Jy weet dis nie wat ek bedoel nie!

    Mana het haar kop so wild geskud dat ’n verfkwas uit haar hare geval het. Binne-in haar bord sop. Sy’t die kwas uit die pampoensop gevis en min gepla verder geëet.

    Ek wil nie met poppe speel nie, het Tibo stuurs gesê. Ek het die pop net jammer gekry oor sy so kaal daar lê, toe trek ek vir haar klere aan.

    Dis nie so erg nie, Tibo, het ek probeer troos. Gavin het ook altyd sy suster se poppe aangetrek.

    Tibo het my aangekyk of daar paddas by my mond uitgeval het.

    Gavin is my pa. Hy dra meer grimering as my ma. Nee, nou laat ek hom soos ’n drag queen klink. Hy hou van ’n bietjie maskara as hy saans uitgaan, dis al. My ma dra glad nie grimering nie. Sy’t nie ’n rooi mond of pers ooglede nodig om raakgesien te word nie. Nie met ’n spul verfkwaste wat soos ystervarkpenne uit haar kop steek nie.

    Tibo het in elk geval nooit weer, sover ek kon agterkom, met my Barbie gespeel nie. Deesdae speel hy met Action Men, sulke tawwe seunspoppe wat kamoefleeruniforms dra. Maar nou die dag toe ek my gelukbringerpen onder sy bed soek, ontdek ek ’n Action Man in ’n aandrok vol blinkertjies. Met ’n goue handsakkie oor sy gespierde plastiekarm gehaak. Ek het gesê as hy nie dadelik my pen teruggee nie, vertel ek vir Yann daarvan.

    Dis wreed, ek weet, ek skaam my. Maar dit het gewerk. My pen met die sebravelpatroon het wonderbaarlik langs die tandeborsels in die badkamer verskyn. Hierdie huis is ’n oerwoud, sê Yann. En hy’s die koning van die oerwoud.

    Terug by Tibo se vraag: Ek sou natuurlik wou hê miljoene men­se moet my storie lees.

    Maar toe Tibo vanaand aan tafel vir Yann vertel dat ek my lewensverhaal begin skryf het, proes Yann in sy preiesop. Ons eet gereeld sop. Dis goedkoop en gesond, sê Mana, en mens kan dit van enigiets maak. Soms, veral teen die einde van die maand, proe haar sop of dit van dooie akkedisse gemaak is.

    Wie wil nou ’n veertienjarige skrywer se storie lees? vra Yann en lag dat die sop spat.

    Vyftienjarige, lig ek hom in. Oor ’n paar dae is ek vyftien.

    Mens sou dit nooit raai nie, sê hy met sy oë iewers onder my ken. Min of meer waar my borste sou gewees het as ek borste gehad het om van te praat. Yann is my sestienjarige stiefbroer. Hy glo dis sleg vir mens se gesondheid om nice te wees.

    Daar wás al tienderjarige skrywers wat beroemd geraak het, stry ek terwyl my wange warm word. Wat van Anne Frank of … of …

    Anne Frank het ’n lewe gehad waarin iets gebéúr het. En sy moes doodgaan voor sy beroemd geword het.

    Goed. Anne Frank was ’n vrot voorbeeld. Só graag wil ek nou ook nie beroemd wees nie.

    Almal het ’n lewe waarin iéts gebeur, troos Beyers toe hy sien hoe bek-af ek na my preiesop staar. En die res maak jy mos maar op. Skryf jou storie, Hanna.

    Beyers is my stiefpa. Ek sou graag wou sê my bose stiefpa, maar ek kan nie so openlik lieg nie, nie eens in ’n storie nie. Hy’s die beste man wat my ma nog ooit in haar lewe gehad het. Toe ek dit ’n paar maande gelede vir hom sê, kort ná hulle getrou het, lyk hy kamma in die gesig gevat.

    Ek’s die énigste man wat jou ma nog ooit in haar lewe toegelaat het. Kyk net na my voorgangers. ’n Moffie en ’n proefbuis!

    Beyers kan ’n woord soos moffie gebruik sonder dat jy jou nek deur jou skouers wil druk van verleentheid. Soms laat hy dit amper soos ’n eretitel klink. ’n Hele paar van sy pelle is moffies. Hy’s ’n akteur, sien. Jy sal hom miskien herken. Omtrent tien jaar gelede het hy die romantiese hoofrol in ’n baie gewilde TV-reeks gespeel. Vergete bloeisels? Bloeisels van vergetelheid? So iets. Beyers noem dit Bloeiende vergeetagtigheid. Met ’n spottende grynslag. Ek is in elk geval te jonk om dit te onthou. Dank jou sterre, sê Beyers.

    Hy het nog altyd verhoogwerk verkies, maar deesdae is daar nie meer baie verhoogwerk vir middeljarige wit mans nie. Dees­dae is hy ook radio-omroeper, televisie-aanbieder, voorleser by kunstefeeste, seremoniemeester by sakekonferensies … Hy háát sakekonferensies, maar dis ’n manier om ’n paar rand te verdien. En hy meen dis beter as Bloeiende vergeetagtigheid.

    Maar dis nie waaroor ek wou skryf nie.

    Die res maak jy mos maar op. Soos Beyers sê.

    Liewe leser, ek wil vir my ’n lewe opmaak. Die lewe van ’n amper vyftienjarige meisie met ’n eksotiese naam soos Fabienne. Sy’s ek, maar sy’s ook nie ek nie. My alter ego, soos juffrou Lieben­berg dit noem. Juffrou Liebenberg is my Afrikaans-onderwyseres. Sy’s erg opgetrek met die opstelle wat ek inlewer. Wonderlike verbeelding! skryf sy in die kantlyn. Ek wil nou nie ondankbaar klink nie, maar ek sou meer gehou het van: Wonderlike skryfkuns!

    Ek meen, ek wéét ek het ’n vrugbare verbeelding. Soms dink ek dis die enigste ding aan my wat nie bloot gemiddeld is nie. Wat die res betref – voorkoms, lengte en gewig, atletiese vermoë (of onvermoë), punte in die klas, gewildheid onder skoolmaats – dis alles so-so. Comme ci, comme ça. Soos my pa sê as hy wil maak of hy kan Frans praat. Ek’s nie juis mooi nie, maar ek’s darem ook nie so onooglik dat jy my vir Aspoestertjie se stiefsuster sou aansien nie. Ek’s beslis nie die middelpunt van aandag op partytjies nie, maar ek word darem nog genooi na partytjies. Selfs my pui­sies is gemiddeld. Ek het nie ’n akneeprobleem soos die arme ou in my klas wat die bynaam Krater gekry het nie. Maar ek het ook nie ’n vlekkelose vel soos my vriendin Sharon nie.

    Dis net my verbeelding wat my onderskei. En dit steek ek meestal maar weg van my maats. Op laerskool het ek dit gebruik om maats te wen, om die lekkerste speletjies uit te dink en die grillerigste stories op te maak, maar nou’s ek op ’n ouderdom waar verbeelding nie so belangrik is soos die regte haarstyl of ’n paar ingevoerde stewels nie.

    Die ander ding wat my onderskei, natuurlik, is my ingewikkelde gesinslewe. En dit steek ek meestal ook maar weg. Die kinders wat wel daarvan weet, soos Sharon, dink dit moet fantasties wees om so ’n buitengewone gesin te hê. ’n Mallerige ma wat jy op haar naam kan noem en ’n pa met peroksiedhare wat vir jou slangvellangbroeke uit Londen bring en ’n stiefpa wat nog net-net aantreklik genoeg is dat jy kan sien waarom hy lank gelede die hoofrol gespeel het in Bloeiende vergeetagtigheid. En dan is daar die twee bekkige agtjariges. En my ongelooflike cool sestienjarige stiefbroer!

    Maar ek hou nie van slangvellangbroeke nie. Of van strepe in my hare of ringe in my naeltjie of my wenkbroue of enige ander plek op my lyf nie. Nie eens aan my vingers nie. Ek is ’n enorme teleurstelling vir my trendy pa.

    Maar ek hét darem nog ’n pa. Een wat van bloed en bene gemaak is. Dink hoe moet die arme Tibo voel. Sy pa is van glas gemaak. Selfs ’n pa met peroksiedhare is beter as ’n deurskynende pa.

    Vyftien jaar gelede het Mana besluit sy wil ’n kind hê, maar sy wil nie ’n man hê nie. Toe sleep sy haar gay woonstelmaat nader om vir my te skep. Dis hoe sy dit stel – skep, asof sy van een van haar skilderye praat. Sy’t selfs met hom getrou. So ’n speel-speel-troue om die familie tevrede te stel. Ek het die foto’s gesien. Die bruidegom lyk so glamorous dat jy amper vergeet om na die bruid te kyk. Gavin straal in ’n wit syhemp en ’n langbroek van wit linne. Net so ’n titseltjie maskara om sy donker oë. Mana staan langs hom in ’n swart langbroekpak wat hy vir haar ontwerp het, met kneusblou kringe onder haar oë en ’n mislike uitdrukking om haar mond. Dit was ’n oggendtroue. In daardie stadium was sy elke oggend naar.

    ’n Klompie jare later (lank ná die egskeiding) besluit Mana sy wil nog ’n kind hê, maar beslis nie nog ’n man nie. Nie eens ’n speel-speel-man soos Gavin nie. Toe gaan sy oorsee en sy kies die mees fantastiese pa op aarde, ’n proefbuis van glinsterende glas, skoon en stil (baie stil) en sterk en tog ook breekbaar (baie breekbaar) om vir Tibo te vervaardig. ’n Proefbuis op ’n wit perd, kan jy maar sê. Wel, dis die storie wat sy vir Tibo vertel het toe hy nog simpel genoeg was om dit te glo.

    Interessant, nè? Ek is geskep, hy is vervaardig. Ek voel soos ’n skildery (soms ’n middelmatige skildery, soms ’n mislukking, nooit juis soos ’n kunswerk nie) en hy klink soos iets wat uit ’n fabriek kom. ’n Onderdeel van ’n masjien.

    En dan is daar my twee stiefbroers, Yann en Amos, wie se ma nou al tien jaar lank 29 jaar oud is. Sy woon in Amerika, waar sy maak of sy ’n belowende jong aktrise is, maar eintlik is sy ’n sukkelende ouerige aërobiese instruktrise. Sy’t ’n ongelóóflike lyf, volgens Yann. Borste soos ballonne. G’n wonder hy kyk so minagtend na my twee muskietbyte nie.

    Verstaan jy nou, liewe leser, waarom ek gewoonlik maar stilbly as my klasmaats oor hulle gesinne begin kla? Dis net te veel moeite om die hele affêre te verduidelik. Ek het al daaraan gedink om dit grafies voor te stel. ’n Plannetjie op te stel, soos daardie stambome wat jy voor in dik Russiese romans kry sodat jy elke keer gou daarna kan loer as jy vergeet wie nou weer op watter manier aan wie verbind is. Dan pluk ek net die plannetjie uit elke keer as ek iemand ontmoet, soos ’n visitekaartjie.

    Fabienne sal nie prentjies nodig hê om haar lewe te verduidelik nie. Fabienne se lewe is ’n reguit lyn van geluk. Glinsterend soos skoon glas. Fabienne se pa is ’n gewone, normale man met ’n gewone, normale werk. In ’n kantoor, beslis nie in ’n TV-reeks nie, of beter nog, in ’n spreekkamer. Iets met status, iets wat sekuri­teit aan ’n gesin kan gee, iets waarmee hy soveel geld kan verdien dat Fabienne amper nooit sop hoef te eet nie.

    Ná ek lank oor Fabienne se lewe gepeins het, het ek besluit haar pa moet ’n tandarts wees. En haar ma was ’n tandarts-assistent voor sy getrou het. Dis hoe sy Fabienne se pa ontmoet het. Nou is sy net ’n ma. Een wat netjies aantrek, nooit

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1