Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Meer as jou seerkry
Meer as jou seerkry
Meer as jou seerkry
Ebook253 pages3 hours

Meer as jou seerkry

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Hoe gaan jy aan as jy beroof is van die lewe wat vir jou kosbaar was? Die insig wat Johannes de Villiers verwerf het toe sy eie lewe uitmekaar geval het, is die inspirasie vir hierdie boek. Johannes gaan steek kers op by deskundiges en terapeute, maar ook veral by gewone mense wat deur die lewe platgevee is. Groei, vind hy, is nie om veerkragtig terug te bons na wie jy was voor dinge verkeerd geloop het nie. Maar jy kán dit oorleef -- en selfs sterker wees.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateApr 8, 2022
ISBN9780624093435
Meer as jou seerkry
Author

Johannes Bertus de Villiers

Johannes de Villiers is ’n skrywer en meditasie-instrukteur. Hy bedryf ’n jogaskool in Bloemfontein. Hy lei landwyd slypskole en naweekkursusse oor meditasie en mindfulness. Johannes was jare lank joernalis by Huisgenoot, Rapport en Die Burger, en ook voorheen dosent in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch.

Read more from Johannes Bertus De Villiers

Related to Meer as jou seerkry

Related ebooks

Related articles

Reviews for Meer as jou seerkry

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Meer as jou seerkry - Johannes Bertus de Villiers

    Vir Sandra,

    dankbaar

    Daar’s ’n kraak in alles. Dis hoe die lig inkom.

    – Leonard Cohen

    Groei in ’n stukkende lewe

    Afvlerk-mense

    Wat doen jy as jou lewe stukkend is? Hoe gaan jy aan as die lewe wat jy geken het, die lewe wat vir jou kosbaar was, van jou weggeneem is en jy weet jy sal dit nooit weer terugkry nie?

    In dié boek wil ek jou iets vertel wat jy dalk nie dadelik sal glo nie. Miskien gaan jy aanvanklik jou oë rol en dink ek is naïef. Maar ek hoop jy sal so ’n paar hoofstukke vasbyt dat ek jou van die volgende kan probeer oortuig:

    Daar is ’n klein rewolusie onderweg in hoe wetenskaplikes, terapeute en wysgere oor pyn en verlies dink.

    In die verlede het dié slim mense dikwels geglo hul taak is om ’n getraumatiseerde mens te troos, om jou te help om jou swaarkry te oorleef sodat jy eendag hopelik so half en half weer die mens kan wees wat jy voor jou terugslag was.

    Maar die afgelope jare is daar ’n groeiende insig dat jou pyn nie iets is wat jy net hoef te oorleef nie. Swaarkry, so onwelkom as wat dit ook al in mens se lewe mag wees, kan jou op die lang termyn ’n sterker, wyser en meer deernisvolle mens maak as wat jy voorheen was. Mits jy jou swaarkry reg benader.

    Dié proses word posttraumatiese groei genoem en is moontlik die sleutel wat jou lewe, ongeag hoe stukkend dit vandag is, kan transformeer. Die afgelope maande het ek met verskeie mense gesels – geleerdes, maar ook gewone vroue en mans wat op hul lewenspad erg seergekry het – om te hoor hoe dit werk.

    Wat volg, is wat ek by hulle geleer het.

    Die antieke Grieke het ’n fabel vertel van ’n man genaamd Ikarus wie se pa vir hom vlerke van was en vere gemaak het. Ikarus het per ongeluk te naby aan die son gevlieg, sy vlerke het gesmelt en hy het hom te pletter geval. Die les is dat jy nie te ambisieus moet raak nie. Hoe hoër jy vlieg, hoe meer sal jy jou alie sien die dag as jy val.

    Almal ken Ikarus se storie, maar ongelukkig leer omtrent niemand ooit daaruit nie.

    So twee jaar gelede het ek gevoel of ek in die stratosfeer sweef – ek was suksesvol en relatief bekend. Ek was die baas van ’n florerende sakeonderneming op Stellenbosch, en ek het in die Overberg in ’n groot gerestoureerde huis op die oewer van die Kleinrivier gewoon, die soort plek waaroor hulle in tydskrifte soos Country Life en Weg: Platteland skryf. Soms het ek op my stoep gesit, duur witwyn gedrink en my lippe tevrede geklap terwyl ek dink oor hoe goed die lewe my behandel. Gits, Minki van der Westhuizen het selfs op haar TV-program met my ’n onderhoud oor positiwiteit gevoer nadat ek ’n boek met die heuglike titel Blydskap geskryf het. As jy my toe geken het, sou jy dalk so ’n bietjie jaloers op my gewees het.

    Ek kan jou uit persoonlike ervaring vertel: Dis vrek lekker om hoog te vlieg.

    En toe, iewers in laat 2019 eet iemand in China ’n vlermuis (of so lui een van die teorieë). Dié persoon het ’n kiem opgetel, die kiem het ’n virus geword, die virus het oor die wêreld heen versprei, die wêreldekonomie het vinniger as Ikarus begin tuimel, en teen laat 2020, terwyl die mensdom angstig in hul huise en agter hul maskers geskuil het, moes ek my onderneming sluit, my huis prysgee en Bloemfontein toe trek om my lewe van voor af te begin.

    Kaboem! Plat op die aarde. Vere wat spat.

    Ten minste was ek nie alleen nie. Jy het dit seker al opgelet: Daar is deesdae stukkende mense oral waar jy kyk. Daar is mense wat in hierdie pandemie hul gesondheid of geliefdes verloor het. Mense wat in die gepaardgaande ekonomiese chaos hul werk of onderneming moes groet. Mense wat weens die isolasie of ander stressors hul huwelik sien wankel het, hartprobleme ontwikkel het of antidepressante moes begin drink. By tye het dit gevoel asof die laaste jare se wêreldgebeure ’n sluis oopgetrek het wat elke denkbare onheil oor die wêreld laat spoel het.

    Toe swaarkry in 2020 aan my deur kom klop, toe ek op die ouderdom van 45 werkloos word en in ’n dokter se spreekkamer sterker angspille moet vra, het ek begin wonder wat hou die toekoms vir my en al die ander afvlerk-mense in. Is daar ’n pad terug na die lig?

    Dis middel 2021. Ek sit in my klein huisie (veel kleiner as die een waarin ek ’n jaar tevore gewoon het) in die noorde van Bloem. Ek werk aan die een of ander iets by die kombuistafel.

    Meteens raak die wasmasjien, wat in die agtergrond besig moet wees om my lakens skoon te maak, stil. ’n Oomblik tevore kon ek nog hoor die masjien tap vol water, maar nou staan dit. Ek wag vergeefs dat die spinsiklus begin. Iets is nie reg nie, dink ek, en gaan stel ondersoek in. ’n Rooi liggie en ’n kode flikker op die paneeltjie.

    Wat doen mens nou? Die afgelope jaar se terugslae het my al so effens laat voel soos ’n hond wat mishandel is; ek verwag een of ander nuwe ramp om elke draai. Gaan die wasmasjien ontplof?

    Ek het die masjien al 12 jaar en die handleiding is lankal weg. Ek tik die modelnommer op Google in en kyk of daar ’n verklaring vir die vreemde kode is. Verwyder die filter en maak dit skoon. Die filter? Ek lewe alleen en niemand het my al ooit van so iets vertel nie. Ek soek op die masjien rond en kry ’n knoppie wat lyk of dit die punt van ’n filter kan wees, trek daaraan, en vir die eerste keer sedert ek die wasmasjien in 2009 gekoop het, haal ek die filter uit.

    Hier is ’n wenk: Moet nooit ’n wasmasjien se filter verwyder terwyl die drom vol water is nie.

    Die volgende oomblik kom minstens twintig liter water gevolg deur 12 jaar se opgehoopte snot, slym en hondehare met die krag van ’n brandslang deur die gat gespuit. ’n Swart drekkerige gemors stroom onder die yskas in, oorspoel binne sekondes die eet-sitkamer en vloei onderdeur die deur na die agterplaas. Die honde skarrel om betyds op die rusbank te spring en ek staan verstar soos iemand voor ’n aankomende tsoenami wat weet daar is geen sin om te probeer vlug nie.

    Vir ’n oomblik dink ek aan die beeld wat ek vroeër genoem het van ’n sluis wat in die Covid-19-era oopgetrek is om ’n magdom probleme oor die wêreld te laat spoel. In die rioolsloot waarin my huis meteens omskep is, voel dit my ek sien dryf al die gebroke drome en vernedering wat my lewe die voorafgaande jaar gekenmerk het.

    Dis net een te veel.

    Te hel hiermee, mompel ek, draai my rug op die gemors, pluk ’n bottel warm witwyn van die rak af, gaan klim in die bad en begin drink net so uit die bottel.

    Hoe werk dit? dink ek ná so vyf slukke en ’n paar droë snikke. Ek het dan so lekker hoog gevlieg. Kyk net waar sit ek nou. ’n Jaar tevore het ek duur wyn op my spoggerige stoep gedrink; nou drink ek warm witwyn in die bad.

    Het jy al ooit in jou bad gesit en gedink jy wil nie weer opstaan nie? Het die lewe jou al ooit só platgetrek dat iets soos ’n tegniese probleem in jou kombuis voel na die finale strooi wat jou gaan breek?

    Wonder jy ook soms hoe raak mens weer heel?

    Veerkragtigheid is ’n gonswoord wat mens die laaste ruk baie hoor. As jy iewers woon of werk waar mense korporatiewe selfhelpkursusse in Engels aanbied, het jy die begrip waarskynlik as resilience leer ken, maar die Afrikaanse woord is meer beskrywend. ’n Veer is die spiraalvormige ding in ’n matras of ’n motor se skokbrekers. As jy dit saampers en laat los, spring dit dadelik terug na die vorm wat dit voorheen gehad het. Veerkragtigheid impliseer iets soortgelyks: om ná ’n terugslag of trauma weer terug te bons na wie jy voorheen was.

    Deesdae sê baie motiveringsprekers en produktiwiteitskenners veerkragtigheid is ’n noodsaaklike deug vir ons tyd. Dis nou nodig om van die afgelope tyd se terugslae terug te bons.

    Maar ek wantrou dié begrip. ’n Trauma is per definisie iets wat jou ou lewe verwoes het. Hoe bons jy terug na ’n lewe wat nie meer bestaan nie? Daar is iets onrealisties en selfs wreed daaraan om vir mense wat hulself te pletter geval het, te vertel hulle moet hulself regruk.

    Die meeste mense se ervaring ná ’n terugslag lyk baie anders: Hul trauma of seerkry kom sit onder hul vel en wil nie wyk nie. Dit voel of iets in hul lewe onherroeplik verlore is. Jy raak so broos dat die geringste dingetjie, soos ’n stukkende wasmasjien, jou in ’n gat van selfbejammering laat val.

    En tog ... wat is dan die alternatief vir veerkragtigheid? Hoe oorleef jy as jy die pad terug na jou ou lewe verloor het?

    Daar waar ek in my bad sit, dikbek oor my stukkende wasmasjien en my stukkende lewe, vra ek my af of daar nie ’n derde weg is nie, iets tussen rubberballetjie-veerkragtigheid en die magtelose ellende van warm witwyn op Woensdagaand.

    Dit was rondom dié tyd dat my pad met dié van Anelise Kennedy gekruis het.

    Die eerste keer dat ek van haar gehoor het, was toe ’n gemeenskaplike kennis my vertel het dié Johannesburgse sielkundige werk veral met mense wat trauma en verlies beleef het. Wat die gemeenskaplike kennis my nie vertel het nie, was dat Anelise se lewe oor die jare heen deur ’n reeks traumas van haar eie gekenmerk is. Haar eerste huwelik het in ’n egskeiding doodgeloop. Haar tweede huwelik het geëindig toe haar man hom in ’n hotelkamer toegesluit en ’n dodelike dosis pille gedrink het.

    Een lente-aand in Johannesburg, so drie jaar voor ons ontmoeting, het ’n derde groot trauma Anelise getref.

    Sy was dié aand rustig by haar huis op die rusbank toe sy opkyk en ’n vreemde man die woonvertrek sien instap. Hy het ’n vuurwapen op haar gerig.

    As jy ’n geluid maak, skiet ek jou f- kop af, het hy gesê.

    Wat gevolg het, is ’n ervaring waaroor baie mense om verstaanbare redes nie eens sal kan praat nie, maar Anelise, ’n saggeaarde vrou, vertel dié verskriklike verhaal sonder trane, met ’n amper deemoedige glimlag op haar gesig. Al het die ervaring nie te lank tevore afgespeel nie, is sy verbasend rustig daaroor. Veel rustiger, byvoorbeeld, as wat ek was toe my wasmasjien gebreek het.

    Sy vertel haar ervaring in die teenwoordige tyd, asof sy dit alles nog voor haar oë kan sien afspeel:

    Die man lyk soos ’n kassier by die bank. Hy dra chino’s, ’n kraakvars wit hemp en ’n leerbaadjie. ’n Netjiese swartraambril. Geen balaklawa of so iets nie. Hy kyk my in die oë en praat met die Engelse aksent van ’n privaat seunskool.

    Iets van haar agtergrond as sielkundige skop in en Anelise begin praat in die rustige stem van ’n terapeut met die man. Meneer, dis oukei, sê sy. Jy kan ontspan en neem wat jy wil.

    As die storie daar sou eindig, sou dit reeds genoeg van ’n trauma wees. Maar dis nie die einde nie, dis net die begin.

    Kom ons gaan slaapkamer toe, sê die man.

    Daar is meteens ’n klip in Anelise se bors. Sy begin besef waarop dinge afstuur.

    In die slaapkamer wil hy die kluis sien. Daar is geen kluis nie, verduidelik sy.

    Jy dink ek is dom, sê die man. Jy speel speletjies met my. Ek gaan jou twee keer verkrag en dan gaan ek jou doodmaak.

    Hy vertel hy soek drie dinge: Vuurwapens, geld en diamante. Anelise, met haar kop geboë soos die man haar beveel het om te sit, antwoord sy het nie een van daardie dinge nie. Jy dink ek is dom, herhaal hy die rympie wat sy die res van die nag oor en oor sal hoor. Jy speel speletjies met my. Ek gaan jou twee keer verkrag en dan gaan ek jou doodmaak.

    Waar is haar man? wil die indringer weet.

    My man is dood, antwoord sy.

    Hoe?

    Hy het sy eie lewe geneem.

    Ag shame.

    Oor die volgende vier ure probeer sy hom paai, bied aan dat hy haar kostuumjuwele, die R400 in haar beursie, drank, die kuns teen haar mure en die Persiese mat vat, maar hy stel nie in dié dinge belang nie.

    Hy soek deur haar wasmasjien, haar noodhulpkassie. Uiteindelik pluk hy ’n laai oop – die een waarin Anelise die boksie met haar en haar oorlede man se platinumtrouringe wegsteek. Die boksie val uit.

    Meteens verander die man se kil, dreigende houding in aggressie.

    Ek gaan jou verkrag, want jy probeer speletjies speel met my, skel hy in haar gesig.

    Dis ’n rukkie later, nog pikdonker. Anelise sit met haar hande en voete vasgebind op die passasiersitplek van haar motor. Die indringer – nou die ontvoerder – is agter die stuurwiel. Wanneer hulle by haar woonkompleks uitry, probeer sy die pad na ’n kitsbank beduie sodat hulle haar geld kan trek en die man haar kan los, maar hy val haar in die rede. Hou jou bek, ek weet waarheen ek gaan.

    Barry Hertzog-laan flits verby, dan Louis Botha. En dan besef sy hulle ry na Alexandra, ’n brandarm township vol geweldgeteisterde krotbuurte in Johannesburg se noorde. En ek begin panic, onthou sy. Ek bid en al sinne wat ek kan uitkry, is dat die Here my lewe moet beskerm en dat hy guns in die man se hart teenoor my moet gee.

    Die man tik sy vinger op die maat van radiomusiek teen die stuurwiel. Die as van sy sigaret val by sy voete.

    Daar is geen ander motors op die pad nie, nie eens Johannesburg se normaalweg alomteenwoordige metropolisie nie. Anelise en haar ontvoerder ry Alexandra diep binne en hou tussen ’n klomp vervalle woonstelgeboue stil. ’n Tweede man leun by die bestuurderskant in en die ontvoerder oorhandig Anelise se bankkaarte en haar PIN-kodes.

    Ná ’n ruk lui die foon. Dis die tweede man wat van ’n kitsbank bel. Hy het Anelise se kodes verkeerd ingetik en die kaarte is geblok.

    Die ontvoerder is by ontplofpunt. Ek het niks uit die deal gekry nie. Ek het nie gewere gekry nie. Ek het nie geld gekry nie. Ek het nie juwele gekry nie. Nou moet ek jou doodmaak, jy weet te veel.

    Soos ’n slag teen die bors besef Anelise: Dis hier waar sy gaan sterf. ’n Stikdonker nag. Doodstil woonstelblokke in ’n vuil buurt. Haar lyk gaan in ’n vlak sloot in Alexandra begrawe word. Dit gaan later gevind word sonder enige aanduiding van haar identiteit.

    Sy het mooi saamgewerk, pleit sy by die man. Sy begin onderhandel. Sy het alles gedoen wat hy gesê het. Sy weet eintlik niks oor hom nie. Sy is ’n weduwee.

    Jy praat k-, skel hy. Hy maak sy gordel los en trek sy gulp oop.

    Dis drie-uur in die oggend. Daar is niemand naby hulle nie.

    Hy leun oor na haar. Sy kyk reguit in sy oë en probeer ’n laaste keer. Moet dit asseblief nie doen nie.

    Meteens verander iets in haar ontvoerder.

    Oukei, sê hy terwyl hy haar terugkyk in die oë. Jy kan gaan.

    En net so is dit verby.

    ’n Paar minute later is Anelise alleen met haar motor op die rand van Alexandra.

    Ek ry daar weg en toe begin ek bewe. Ek kan skaars bestuur. Ek het nie my bril nie, so al sien ek die blou borde, weet ek nie wat op hulle staan nie. Ek ry verby garages wat oop is, maar ek is te bang om daar te stop, want ek is bang hy kom agter my aan. Ek is te bang om in die truspieëltjie te kyk, want ek is bang ek sien hom. Toe ek opmerk ek is by Investec se kantoorgebou in Sandton, toe weet ek waar ek is en ry huis toe.

    ’n Trauma of ’n ontbering – hoe jy ook al jou terugslag wil beskryf – is ’n verlies, verduidelik Anelise. Iets gaan verlore en jy moet rou.

    Ek het in die maande ná die ontvoering deur ’n rouproses gegaan. Ek het gerou oor my onskuld. Oor my vertroue in die mensdom wat verlore was. Oor ek nie meer veilig gevoel het nie. Wanneer ek nou in die verkeer gesit het en die koerantverkopers het verbygeloop, was ek bang.

    Sy kon snags nie meer in haar huis slaap nie. En soggens, wanneer sy teruggekeer het om in haar spreekkamer (wat in die huis was) te werk, het sy met die oopmaak van die deur altyd ’n oomblik lank na haar asem gesnak uit vrees dat haar ontvoerder haar binne sou inwag.

    Ek het baie nagmerries gekry en ek was bang vir die donker. As dit begin skemer raak het, kon ek nie meer alleen in my huis wees nie.

    Wat Anelise beleef het, was die tipiese simptome van posttraumatiese stres en as dit was waar die storie geëindig het, sou niemand haar kon kwalik neem nie. G’n mens kan hom of haar ná so ’n voorval net afstof en aangaan nie.

    En tog het daar in haar geval iets belangriks gebeur.

    Drie dae ná die voorval het ek gesit toe ek ’n wonderlike ervaring gehad het. Dit het gevoel asof die Here met my praat en vir my sê: ‘Oukei goed, dis aaklig, maar dit hét nou gebeur. Dis nou verby. Jy kan nou kies tussen twee paaie – jy kan óf uit ’n plek van vrees lewe, óf jy kan met dankbaarheid vorentoe stap; en jy moet nóú kies. Toe neem ek die besluit om met dankbaarheid vorentoe te stap.

    Mens krap kop as jy Anelise se storie die eerste keer hoor. Met respek gesê, wat is daar om oor dankbaar te wees ná so ’n ervaring?

    Wel, antwoord sy, vernaamlik is sy nou ’n baie meer deernisvolle terapeut. Dis nie dat sy ooit beplan het om ’n traumaterapeut te word nie. Mense vind bloot uit dat sy in haar persoonlike lewe soveel ontwrigting deurgemaak het en dan wil hulle met haar gesels. Hulle voel sy sal beter verstaan.

    Ek verstaan nou mense se emosies op ’n dieper vlak. ’n Nuwe pasiënt sit nou anderdag voor my en kyk my so skepties op en af. ‘Voor ons begin, vertel my, ken jy pyn?’ vra sy. En dit was vir my fantasties om te sê ja, ek ken pyn deur en deur. ‘Ken jy vrees?’ vra sy toe. Ja, ek ken vrees. ‘Waar het jou vrees gesit?’ wou sy weet. In my maag, het ek geantwoord. Reg onder my naeltjie. En daar was so ’n sinksmaak in my mond.

    Nog ’n interessante ding het ná die ontvoering met haar gebeur: Nadat sy en ’n terapeut haar ervaring deurgepraat het, het die terapeut haar daarop gewys dat sy met haar kalm houding en die wyse waarop sy met die ontvoerder gepraat het, hom heeltyd rustig gehou het en sy emosies bestuur het sodat hy nooit finaal oorgekook en haar seergemaak het nie. Sy was

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1