Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Harry Griesel 2: Die spookplaag
Harry Griesel 2: Die spookplaag
Harry Griesel 2: Die spookplaag
Ebook201 pages1 hour

Harry Griesel 2: Die spookplaag

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Daar is ’n spookplaag in die dorp! ’n Hele klomp kinders in Otto se skool word skielik deur spoke geterroriseer en die spook van ’n Spaanse bulvegter wil sommer by Otto en sy tante kom intrek. Maar drie huisspoke en ’n pratende vlermuis is reeds heeltemal genoeg – Otto het beslis nie nog ’n huismaat nodig nie. Waar kom al hierdie verlore siele vandaan? En hoe gaan hulle van hulle ontslae raak? Wanneer ’n vreemde man opdaag wat kamtig Anti-Spookspuitgoed verkoop, begin Otto vermoed iets stink – letterlik! Gelukkig het sy vriend Harry, die Grieselgryper, goeie kontakte aan die Oorkant.
LanguageAfrikaans
Release dateJul 3, 2017
ISBN9780798175388
Harry Griesel 2: Die spookplaag
Author

Sonja Kaiblinger

Sonja Kaiblinger is in Krems gebore en het in 'n spookhuis grootgeword wat oor die 100 jaar oud is. Sy werk as onderwyser in Vienna. Behalwe om te skryf, is sy lief vir perdry en sy versamel ook leë agurkiebottels, wat sy teen 'n buitensporige hoë prys aan Grieselgrypers soos Harry verkoop. Haar Scary Harry-reeks is reeds in 11 tale vertaal.

Related to Harry Griesel 2

Titles in the series (3)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Harry Griesel 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Harry Griesel 2 - Sonja Kaiblinger

    SONJA KAIBLINGER

    Die Spookplaag

    Met illustrasies deur Fréderic Bertrand

    Afrikaans deur Irma Badenhorst

    Human & Rousseau

    Die ongenooide spook

    "O tto! Joe-hoe, is jy doof? kraai ’n stem. Opstaan, op­staan! Uit die bed uit!" Iets swiep deur Otto se hare en plons langs hom op die kussing neer. Otto maak sy oë op ’n skrefie oop. Vincent, sy troeteldier-vlermuis, sit voor hom.

    Otto brom ongeduldig, draai om en druk sy gesig dieper in sy kussing, terwyl hy sy oë styf toeknyp. Hy was in die middel van ’n spannende droom en wou graag weet wat volgende gaan gebeur.

    Grieselgryper Harry het hom na die Oorkant saamgevat. Maar hulle het nie die grieselrige roete gevat nie; hulle het sommer deur die ingang in die staanhorlosie gestap en in ’n kitsch, bont land agter die wolke beland, wat Otto op ’n manier aan Alice in Wonderland laat dink het.

    Vandat Otto toevallig met ’n regte, egte Grieselgry­per bevriend geraak het, droom hy baie van Harry en sy avonture. Harry het nog nie vir Otto saamgevat na die Oorkant toe nie, maar ’n paar weke gelede het hulle Philippe Bleu, die eienaar van ’n pretpark en boonop ’n spookdief, se besigheid laat vou. Selfs Vincent het vir ’n verandering gehelp en iets beteken. Intussen is hy ongelukkig weer sy ou self … ’n regte pyn!

    Toe kom nou! skree Vincent en spring op en af op Otto se kussing. Kyk hoe laat is dit al. Eerste periode: biologie. Toe, toe, toe – wikkel, slaapkous!

    Skielik voel Otto ’n skerp steekpyn in sy oorlel.

    Hy vlieg op en gluur woedend na sy troeteldier. Eina, Vincent, is jy mal? Jy’t my gebyt!

    Vincent grynslag, jy sien net vampiertande. Ek is enige wekker se moses!

    Jy’s seker nie lekker nie! Otto wys na die venster. Dis nog stikdonker buite. Mens kan nog die volmaan sien.

    Nonsens! Dis al sewe-uur in die oggend, hou Vincent hardkoppig vol en vou sy vlerke.

    Dis nog donker

    Dis al oggend!

    Donker!

    Oggend!

    Hou jou bek! Otto gaan lê weer op die bed. Hy gaan wraggies nie twee- of drie-uur in die oggend opstaan en skool toe gaan, net omdat ’n grootbek vlermuis dit so verkies nie. Vincent het al erger poetse as dít gebak.

    Hoor jy, Otto, Vincent swaai sy een vlerk voor Otto se neus rond, die staanhorlosie in die sitkamer het nou net begin slaan.

    Otto luister aandagtig. Een, twee, drie … Hy tel sowaar sewe slae.

    Vincent kyk triomfantlik na hom. Sien jy nou? Jy behoort teen hierdie tyd te weet dat tannie Sharon se horlosies nooit verkeerd is nie. Sy stel hulle elke aand.

    Ag, oukei. Otto sug en kom orent in die bed. As Vincent reg is, is hy reg. Otto se tannie versamel allerhande horlosies wat bekend is daarvoor dat hulle tot op die sekonde reg tyd hou. Maar hoekom maak die staanhorlosie in die sitkamer of dit al oggend is, as dit buite nog stikdonker is? Iets is nie lekker nie.

    Otto besluit om te gaan kyk wat aangaan. Hy kruip teësinnig uit die bed en loop met die trappe af sitkamer toe.

    Hy kan sy oë nie glo nie. Die horlosies wys almal verskillende tye! Volgens die groot staanhorlosie is dit sewe-uur. Die wysers van die koekoekhorlosie wat langs Otto teen die muur hang, wys dis middernag. Die houtdeurtjie gaan oop en die koekoek skree sy longe twaalf keer uit, terwyl die wekker van ’n digitale horlosie se alarm dieselfde tyd begin raas. Die syfers wys dis halfses in die oggend. Dis baie vreemd!

    Goeie genade. Watse onaardse lawaai is dit? Sir Tony duik langs Otto op. Hy dra gestreepte pajamas en ’n slaapmus met ’n tosseltjie op sy kop en hou ’n kers in sy hand. Is die koekoek koorsig?

    Sir Tony is een van die huisspoke wat in tannie Sharon se villa bly. Otto is die enigste een wat hulle kan sien. Hy het nie die vaagste benul hoekom hy hierdie bui­tengewone gawe het nie, maar hy is heeltemal oukei daar­mee.

    Sir Tony, Bert en Molly is glad nie grillerig nie; net baie veeleisend. Veral Sir Tony, wat dink hy is die eienaar van die huis. Dis waarom hy altyd ondersoek instel na alles wat verdag lyk.

    Ek het self nie ’n idee wat hier aangaan nie. Otto haal sy skouers op en skakel die lig aan om beter te kan sien wat fout is met die koekoekhorlosie. Op die oog af lyk die lelike ding heeltemal normaal. Tannie Sharon se horlosies is nooit stukkend nie. Wat gaan aan?

    Otto se woorde is nog nie koud nie, toe daar ’n rukwind deur die vertrek waai. Die kroonkandelaar rinkel en oom Archibald se foto langs die venster hang skielik skeef. Otto is die ene hoendervleis.

    Miskien is dit Bert en Molly wat ons ’n poets wil bak, sê Otto en krap ingedagte sy kop. Sy ander twee huisspoke gedra hulle baie keer soos twee stout kinders, maar vir tannie Sharon se horlosies het hulle gewoonlik ’n heilige respek.

    Ek dink nie so nie. Sir Tony skud sy kop. Skielik val die porseleinbeeldjies wat op die laaikas staan, op die vloer; kompleet asof ’n spookhand hulle afgooi. Die twee gedra hulle gewoonlik nie soos poltergeeste nie.

    Otto sien uit die hoek van sy oog hoe iets by die kaggel verbyflits. Die volgende oomblik draai die wysers van tannie Sharon se kaggelhorlosie in die teenoor­ge­stelde rigting.

    Otto dink skielik aan iets anders. Miskien … het ons hier met ’n ander spook te doen. Hy trek sy oë op skrefies, maar sien niks nie.

    Sir Tony lig sy welige wenkbroue. ’n Vreemde spook? Hier tussen my vier mure? Nee kyk, ek sien hom sommer gou-gou reg. Hy sweef tot op die kaggelhorlosie en rek sy nek. Wie is jy om sonder toestemming in Sir Tony se villa in te kom? Dis huisverstoring!

    Eintlik is dit al lankal nie meer Tony se villa nie, maar tannie Sharon s’n. Otto weet uit ondervinding om Sir Tony nie te onderbreek nie.

    In plaas daarvan om te antwoord, slaan die staanhorlosie in die hoek so ’n snaakse, dowwerige slag. Die wysers draai in teenoorgestelde rigtings.

    "¡Cállate! Hou jou mond, vetsak!" weerklink ’n giggelende stem uit die staanhorlosie. Verbeel hy hom, of hoor Otto ’n Spaanse aksent?

    Die volgende oomblik spring ’n skraal man uit die horlosie en gaan staan selfversekerd voor Sir Tony.

    "Die is nou mý spook-casa! My naam is Fernando, die stier­vegter van Sevilla."

    Die spook praat met ’n rollende r en stoot sy ken uit om ’n beter indruk te maak.

    Die vet bulle waarteen ek al geveg het, laat jou soos ’n louwarm Tortilla lyk! roep hy uit.

    Die spook is omtrent so groot soos Otto, het pikswart krulhare, ’n lang weglêsnor en dra ’n kostuum met goue versiersels. Met ’n blitsvinnige handbeweging haal hy ’n rooi doek uit en swaai dit voor Sir Tony se neus heen en weer. ¡Arriba!

    Goeie genade! Sir Tony rol sy oë en kyk neerha­lend na die nuwe kêrel. Hy oorweeg dit nie eens om die astrante vent te antwoord nie. Watter onnosele Grieselgryper het jou hier vergeet? Ek is seker Harry was al weer te lui –

    Wag ’n bietjie, klink ’n stem van die deur af op. Otto kyk vinnig van die misterieuse Torero na die deur, waar Harry juis op dié oomblik met ’n stapel agurkiebottels instap. Wie sê ek is vir hierdie misbaksel van ’n Speedy Gonzales verantwoordelik? Harry lyk lelik omgekrap. Jy moenie elke woord glo wat die spoke kwytraak nie, Otto! Amper gly een van die agurkiebottels uit sy hand uit.

    Otto kan nie help om te glimlag nie. Toe hy die ge­raamte met die mantel en die onpaar tekkies vir die eerste keer hier in die sitkamer ontmoet het, het hy amper ’n glips gehad. Maar dis iets van die verlede. Die Griesel­gryper is net té liefdevol om grusaam te wees en boonop het hy ’n goeie sin vir humor. Dis nie sy skuld dat hy dié soort werk doen nie.

    Harry stuur elke nag die agurkiebottels met die nuwe siele wat hy bymekaargemaak het na die Oorkant. Die ingang na die Oorkant is in tannie Sharon se sitkamer; nogal in die ou staanhorlosie.

    Ek sê maar net … mompel Sir Tony. Elke spook wat spook, sit mos net op aarde vas omdat een van julle Grieselgrypers hom nie betyds gevang het nie. Hy snuif betekenisvol. Jy is immers verantwoordelik vir hierdie deel van die stad.

    Harry sit die agurkiebottels op die tafel neer. Jy’s heeltemal reg. Hy vou sy skoenlappernet toe en stap na die vreemde spook. Maar met dié een het my Spaanse kollegas duidelik drooggemaak.

    Die Torero kyk uitdagend na hom. Wat daarvan? Ék bly nou in hier­die villa, hou hy vol en kyk in die sitkamer rond. "Ek hou van die atmosfeer hier. Die klomp horlosies laat die casa so … huislik voel."

    Harry tik met sy benerige wysvinger teen sy slaap. Dit klink hol. Huislik? Met die alewige getiktak? Die vent het nie al sy varkies op hok nie. Toe vra hy die spook: Hoe lank is jy nou eintlik al dood?

    Lank genoeg, blaf die Torero.

    Is dit al langer as die laaste volmaan? vra Harry.

    Otto luister gespanne. Harry het hom vertel dat die siele van dooie mense elke keer net tot die daaropvolgende volmaan na die Oorkant gestuur kan word. Daarna is hulle verdoem om as spoke op aarde te bly.

    Ek dink hy is al langer as dit dood, onderbreek Sir Tony hulle. Hy lyk al soos ’n regte spook.

    Dis waar, stem Otto saam. As iemand so pas die hede met die hiernamaals verwissel het, sweef sy siel soos ’n gloeiende rooi bal bokant sy kop rond. Hy het dit self gesien toe sy buurman, meneer Olsen, oorlede is.

    Harry dink ’n rukkie oor alles na. O wel, dis maklik om vas te stel of ons nog van die ou ontslae kan raak.

    Ai-jai-jai! Wat de guacamole … skel die klein spook, maar op daardie oomblik vou Harry sy skoenlappernet oor sy kop. Met ’n geoefende hand druk hy hom in ’n leë bottel en skroef die deksel styf toe. Al wat Otto kan hoor, is ’n dowwe geskel in Spaans van die spook se kant af.

    Kom ons kyk of die Oorkant hom nog gaan vat, mompel Harry, terwyl hy na die staanhorlosie se kant toe stap. Nadat die horlosie dertien slae geslaan het, maak hy dit oop en sit die bottel op die vervoerband. Dit duur net ’n paar sekondes voordat die vervoerband Harry se agurkiebottel weer uitspoeg. ’n Klein notatjie verskyn in die gleufie onder die horlosie se gesig.

    Harry hou die nota so dat Otto dit ook kan lees.

    FOUT! Afleweringstyd oorskry. Siel kan nie meer aanvaar word nie.

    Die spook in die bottel grynslag parmantig.

    Deksels, sê Harry vies en vat die bottel ’n bietjie teë­sinnig terug. Hy kyk na die inhoud. Wat gaan ek nou met die ou maak?

    Hy kan onder geen omstandighede hier bly nie, sê Sir Tony vasberade en vou sy arms.

    Otto stem saam met hom. Drie spoke, ’n pratende vlermuis en ’n chaotiese Grieselgryper is meer as genoeg vir hom. Hy sien nie ook nog kans vir ’n bakleierige Torero wat daarvan hou om met die horlosies se tyd amok te maak nie.

    Wag so ’n bietjie. Otto het ’n blink idee. Daar is ’n ou, vervalle villa in Pampoenstraat, reg langs Stian-hulle se huis. Stian is in my klas.

    Harry begin lag. Stian? Die outjie wat van pure bang­heid ’n glips gehad het toe hy my sien? Die een wat jou altyd so kwaad maak?

    Otto knik. Stian is ’n regte pes. Maar die windskeef huis op die bure se erf is die perfekte plek vir die spook. En as Stian met die spook deurmekaar raak … is dit mos ’n bonus.

    Ek kan hom soontoe vat en daar vrylaat, bied

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1