Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Harry Griesel 3: Die Spookmeesters
Harry Griesel 3: Die Spookmeesters
Harry Griesel 3: Die Spookmeesters
Ebook222 pages3 hours

Harry Griesel 3: Die Spookmeesters

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

'n Fortuinverteller trek oorkant die straat van Otto en tannie Sharon in en ewe skielik begin vreemde dinge in die buurt gebeur. Harry die Grieselgryper vind uit dat 'n gruwelgees die vrou se huis oorgeneem het! Dit is 'n baie gevaarlike soort spook en Grieselgrypers is hulpeloos teen hulle. Otto en Harry moet 'n spesiale eenheid van die SBI inroep: die spookmeesters. Maar dit lyk nie of die ouens hulle regtig wil help nie . . .
LanguageAfrikaans
Release dateSep 1, 2017
ISBN9780798175418
Harry Griesel 3: Die Spookmeesters
Author

Sonja Kaiblinger

Sonja Kaiblinger is in Krems gebore en het in 'n spookhuis grootgeword wat oor die 100 jaar oud is. Sy werk as onderwyser in Vienna. Behalwe om te skryf, is sy lief vir perdry en sy versamel ook leë agurkiebottels, wat sy teen 'n buitensporige hoë prys aan Grieselgrypers soos Harry verkoop. Haar Scary Harry-reeks is reeds in 11 tale vertaal.

Related to Harry Griesel 3

Titles in the series (3)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Harry Griesel 3

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Harry Griesel 3 - Sonja Kaiblinger

    SONJA KAIBLINGER

    Die Spookmeesters

    Met illustrasies deur Fréderic Bertrand

    Afrikaans deur Irma Badenhorst

    Human & Rousseau

    ’n Torero word verban

    Dis nooit rustig en stil in Radysstraat nommer agt, waar Otto bly nie. Nie eens in die nag nie. Dis omdat Otto nie alleen daar bly nie, want ’n hele klomp buitengewone inwoners bly saam met hom daar. Tannie Sharon, wie se huis dit is, versamel horlosies en ly aan ’n skoonmaakgier. Sy is mal daaroor om soveel lawaai as moontlik met die stofsuier te maak, en die getik van al die horlosies kan lelik op ’n mens se senuwees werk. Maar Otto se huisspoke is nog meer buitengewoon … dis nou Sir Tony, Bert en Molly, ’n klomp kamma-kwaai spoke wat glad nie grieselrig is nie. Laaste, maar definitief nie die minste nie, is daar Vincent, Otto se troetelvlermuis wat nie net kan praat nie, maar ook verskriklik stout is.

    Maar op hierdie spesifieke middag is dit amper spookagtig stil in die sitkamer. Só stil dat Otto dadelik ongemaklik begin voel. Geen stofsuierlawaai en geen Sir Tony wat kla hy kan nie met die lawaai in sy ore slaap nie. Net tannie Sharon se horlosies tik-tak soos gewoonlik. Daar is ook nie ’n spoor van die ander spoke nie en wat nog vreemder is, is dat tannie Sharon blykbaar ook nie by die huis is nie. Sy het nie eens ’n boodskap gelos nie. Dis ook nie hoe sy gewoonlik is nie.

    Otto besef hy is honger en gaan kombuis toe, waar hy vir Bert raakloop.

    Man, Otto, ek is dood van die honger, sê die huisspook steunend toe Otto die yskas oopmaak. Omdat Bert in die yskas bly, kan ’n mens hom gewoonlik daar kry. Het jy miskien iets om te eet saamgebring? Kyk net hier. Hy wys na die rakke en sug. Dis net ’n lugleegte.

    Jy kan nie van honger doodgaan nie, jy is mos al klaar dood, Bert, sê Otto met ’n glimlag en kyk in die kombuis rond. "Waar is tannie Sharon?’

    Bert trek sy skouers op. As ek maar geweet het. Sy is vanoggend hier weg en is nou nog nie terug nie, mompel hy moedeloos. Ek het gehoop sy het gaan inkopies doen. Hy haal ’n jogurthouer uit die agterste hoek van die yskas en kyk wantrouig daarna. Die vervaldatum is laas jaar s’n. Sies! Ek gaan dit nie eet nie. En hierdie verskrompelde kiwi kan jy ook maar vir jou hou. Ek hoop daar gaan binnekort iets eetbaars in hierdie huis wees, anders vreet ek van pure honger jou vlermuis op.

    Jy is seker nie lekker in jou kop nie, jou vraat! kom dit van Vincent se kant af. Otto se troetelvlermuis het seker nou net wakker geword, nadat hy die hele middag in Otto se skooltas geslaap het. Soos gewoonlik het Vincent saam met Otto skool toe gegaan sonder dat Otto daarvan geweet het. En soos gewoonlik het Vincent vir ’n klomp opwinding in die skool gesorg.

    Alhoewel Otto hom van die begin af verbied het om saam met hom skool toe te gaan, ignoreer Vincent hom altyd. Nadat hulle vanoggend opgestaan het, het hy skelmpies in Otto se penhouer geglip en tot ná liggaamsoefeninge se dubbelperiode vas lê en slaap in die houer. Toe het hy natuurlik fiks en honger gevoel, uit die skooltas geklim en in die geheim op ’n ontdekkingstog deur die Sybrand Swaelkop Skool gegaan.

    Hy het by ’n paar plekke gekuier – een daarvan was die oogholte van die menslike geraamte in die biologieklas. En toe het hy amper vir Ritteltit, die skool se hamster, gebyt en op die ou end ’n stuk kryt opgevreet, wat vir hom soos ’n vet wit maaier gelyk het.

    Otto kan sy sterre dank dat niemand dit kon regkry om Vincent te vang nie.

    Moeg, poegaai en al spoegend dat die wit krytwolke so waai, het die vlermuis toe weer in die tas geklim en besluit hy het genoeg gedoen vir die dag.

    Tot dusver is Otto se dag nie maklik nie en sy maag knor behoorlik van die honger. Hy hoop tannie Sharon kom gou huis toe en dat sy kos gekoop het – vir hom en vir Bert, wat nog nooit kon verstaan dat spoke nie veronderstel is om te eet of te drink nie.

    Toemaar, Vincent, dit was net ’n grappie. Bert vryf oor sy maag. Ek vind dit net onaanvaarbaar dat Otto se tannie nie na my fisieke behoeftes omsien nie en net sommerso verdwyn.

    Otto knik sy kop ingedagte. Tannie Sharon weet natuurlik niks van Bert en sy fisieke behoeftes af nie, maar die feit dat sy ook nie vir hom kos gelos het om te eet nie, laat hom nogal ’n bietjie wonder. Waar op aarde kan sy wees?

    Miskien het sy geëmigreer? stel Sir Tony voor toe Otto hom ná ’n lang gesoek uiteindelik in die geheime boekekamer, onder sy slaapkamer, raakloop. Dié moontlikheid sal die oudste huisspook natuurlik soos ’n handskoen pas. Die ou heks het uiteindelik besef die villa is my huis en sy het niks hier verloor nie. Ek wonder net hoekom sy nie haar irriterende horlosies saamgevat het nie, brom Sir Tony voort.

    Otto krap bietjie kop. Hy is taamlik seker tannie Sharon het nie geëmigreer nie. Sy sal hom nie sommer net so alleen los nie. Of sal sy?

    Sy het ook nie die wasgoed gewas nie, kla Molly, wat op die aardbol sit en al in die rondte draai. Daar is nog ’n hele stapel wasgoed in die wasgoedmandjie. Miskien het sy iets oorgekom? Dalk is sy ontvoer! Een van Molly se haarkrullers val van pure ontsteltenis uit haar hare. Dalk word sy as gyselaar aangehou … Deur misdadigers, skelms of ander boewe wat ’n oog op haar waardevolle horlosieversameling gehad het.

    Op haar horlosieversameling? Jy’s seker getik, Molly! sê Sir Tony verontwaardig. Hoekom sal misdadigers die lelike goed wil vat? Niemand sal die goed koop nie. Hy dink skielik aan nog iets. Maar miskien … wil hulle … die nuwe stofsuier gaps! Dis beslis baie werd. Hy gee ’n moedelose gil. Wat gaan ek sonder my stofsuier doen? Die stofsuier is my huis!

    Otto ignoreer Tony se gekerm en klim met die leer op na sy kamer toe. Hy voel ’n yslike knop op sy maag toe hy by die dakvenster uitkyk om te sien of tannie Sharon nie dalk op pad is huis toe nie. Al kan ’n mens nie Molly en Sir Tony se stories te ernstig opneem nie, kan hy nie help om te wonder of tannie Sharon nie tog iets oorgekom het nie.

    Dit sal nie die eerste tragedie in Otto se lewe wees nie. Nadat sy ouers meer as twee jaar gelede nie van ’n argeologiese uitgrawingsekspedisie af teruggekom het nie, is tannie Sharon die enigste naasbestaande persoon in sy lewe. Wat gaan gebeur as sy rêrig iets oorgekom het? Wat as Otto stoksielalleen agterbly?

    Op dié oomblik hoor hy hoe die voordeur onder toegemaak word. Hallo, Otto, koer ’n stem kort daarna van onder af. Tannie Sharon se stem! Otto se hart sing behoorlik van pure verligting. Hy hol soos ’n mal ding ondertoe, waar tannie Sharon besig is om haar jas op te hang. O, daar is jy, sê sy. Ek is jammer ek het nog nie vir jou kos gekook nie.

    Otto kan sy oë nie glo nie. Blykbaar makeer sy niks – inteendeel, sy lyk gelukkig en ontspanne en hoegenaamd nie asof haar lewe in gevaar was nie. Afgesien daarvan, het sy ’n massiewe muurhorlosie saamgebring, een wat soos die groot horlosie in die stasie se aankomssaal lyk.

    Tannie Sharon! Ek is so bly om jou te sien! Waar was jy? wil hy ongeduldig weet.

    Tannie Sharon glimlag. Oe, Otto, jy sal my nie glo nie, maar ons het nuwe bure. Om presies te wees, ’n nuwe buurvrou, en haar naam is Madame Olga. Sy bly oorkant ons in meneer Olsen se ou huis.

    Otto wonder. In meneer Olsen se ou huis? Fernando bly eintlik daar … die Spaanse spook wat hy nou die dag ontmoet het.

    Madame Olga is die gaafste en geselligste buurvrou wat jy jou ooit kan voorstel, sê tannie Sharon en sit die horlosie versigtig op die eettafel neer. Sy is ’n fortuinverteller en weet jy wat … sy het eers by ’n sirkus gewerk. Sy was glo ’n regte ster.

    ’n Ster? Al is dit ook waar, twyfel Otto baie of Fernando sy huis vrywillig met iemand sal deel. Hy het aangeneem dat die klein, ouerige huisie lank sal leeg staan, maar blykbaar het hy ’n fout gemaak.

    Madame Olga is ’n bietjie … hoe sal ek sê … anders, verduidelik tannie Sharon. Sy het al die elektriese goed uit haar huis geboender en gebruik net kerse. Sy sê enige elektriese stroomspanning pla haar terwyl sy met spoke praat. Sy het nie eens ’n TV nie.

    Otto byt op sy tande om nie iets te sê nie. Ja-nee, hy twyfel nie vir ’n oomblik dat Fernando woedend is nie. Hy weet die Torero is absoluut mal oor ’n soetsappige Spaanse sepie wat elke middag laat op TV wys. Hy voel amper jammer vir sy spookvriend, al kan hy self nie kop of stert van die Spaanse reekse uitmaak nie.

    O ja, en sy hou ook van horlosies, nes ek, babbel tannie Sharon voort, maar Otto luister net met ’n halwe oor. Hy kyk skielik na die horlosie op die eettafel, wat tannie Sharon seker van haar kuiertjie saamgebring het. Dit lyk of ’n spookhand die wysers al in die verkeerde rigting draai. Otto voel die ene hoendervleis.

    Sy het vir my haar ou muurhorlosie gegee om reg te maak, sê tannie Sharon wat intussen in die kombuis begin werskaf en nog niks van die horlosie se eienaardige gedrag agtergekom het nie. Raai ’n bietjie wat sy my as betaling aangebied het.

    "Pssst … Buenos dias, amigo, weerklink ’n sagte fluisterstem uit die horlosie. Otto hou asem op. Het hy verkeerd gehoor? Dis ek, Fernando, gaan die stem voort. Ek moet met jou praat, Otto. Dis baie dringend!"

    Fernando is in die horlosie! Otto kan nie die Torero sien nie, maar dis nie die eerste keer dat hy in ’n horlosie wegkruip en met die wysers peuter nie.

    Otto? Jy hoor nie wat ek sê nie. Tannie Sharon loer by die kombuisdeur uit. Ek wil jou gou vertel wat Madame Olga vir my wil gee vir die regmaak van haar horlosie.

    Otto kyk na sy tannie en probeer hard om te konsentreer. Um … um … miskien geld? raai hy. Hy brand om te hoor wat Fernando te sê het, maar hy kan onmoontlik nie voor tannie Sharon met die spook praat nie. Sy sal dink hy het al sy varkies verloor.

    Dalk ’n huis in die Bahamas? stel Sir Tony voor, wat nou net agter tannie Sharon opgeduik het. Dan sal ek, as regmatige eienaar van die villa, uiteindelik weer aan bewind wees, in plaas van hierdie plakker wat die huis beset. Hy wys na Otto se tannie en trek ’n gesig. Otto is maar te bly tannie Sharon kan Tony nie sien of hoor nie.

    ’n Yslike stuk kaas? raai Bert en vryf oor sy maag van pure hongerte.

    Iets baie beter as geld, verduidelik tannie Sharon en wys gelukkig en tevrede na die horlosie agter haar. Die wysers staan weer stil, al wys hulle heeltemal ’n ander tyd as netnou. Sy het my belowe ons gaan een van die dae ’n spookafspraak hou. Dis ’n sessie met spoke. Tannie Sharon se oë blink van opgewondenheid. Sy wil my help om oom Archibald te kontak. Is dit nie fantasties nie?

    Otto weet nie wat om te sê nie. Die fortuinverteller van langsaan wil kontak maak met die Oorkant? Om met tannie Sharon se man Archibald, wat verdwyn het, te praat? O, gonna!

    Madame Olga sê jy moet definitief ook vir haar kom kuier, voeg tannie Sharon by en trek die inkopielys van die yskas af. Sy wil jou graag leer ken. Sy sê sy hou van kinders.

    Sy glimlag. Ek gaan net gou supermark toe om kos vir aandete te koop. Miskien kan jy my intussen help en my gereedskap uit die pakkamer gaan haal. Dan kan ek dadelik vanaand aan Madame Olga se horlosie begin werk. Sy vryf haar hande. Ek kan nie wag vir die afspraak nie.

    ’n Oomblikkie later is tannie Sharon op pad winkels toe met haar inkopiesak. Otto voel skoon verward. Honderde vrae flits deur sy kop. Bly daar regtig ’n fortuinverteller langsaan? Iemand wat dalk met oom Archibald kontak sal kan maak? Sê nou maar sy vertel vir tannie Sharon een van Otto se geheime?

    Nog voordat Otto behoorlik nugter oor alles kan dink, staan daar ’n maer gestalte met ’n rooi mantel en swart snor voor hom. Fernando is sopnat gesweet van spanning en bewe soos ’n riet. "Otto, ek is so bly om jou hier te kry. Ek het myself in die horlosie uit die huis uit gesmokkel, ek het jou hulp nodig. Ons … ons het ’n emergencia – ’n krisis!"

    ***

    Ai-jai-jai, wat ’n gemors! kerm die Spaanse spook, terwyl sy oë onrustig oor die rakke en rakke vol boeke dwaal. Otto het hom vinnig boekekamer toe gevat, waar hy dadelik in die verste hoek gaan wegkruip het. Fernando bewe angstig. Hy vou sy rooi mantel van pure benoudheid al hoe stywer om sy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1